My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

Sport

 Back   Print  Bookmark

- Baan en Veld Atletiek

- BASE-Spring

- Binnemuurse Strandvlugbal

- Branderry

- Driekamp

- F1 Grand Prix

- Fiets/Motorfiets Kragmetings

- Gholf

- Hardloop

- Hoogduik/ Kransduik

- Motorfiets Padwedren

- Rotsklim

- Rugby

- Seilbootresies

- Skateboarding

- Sneeumobiel Wedrenne

- Sneeuplank Ski

- Stampmotor Resies

- Swem

- Yshokkie

- ‘Jetski’

PROBEER HIERDIE...

Ek het eendag so 'n bietjie geëksperimenteer.  Ek het 'n lys van al die sportsoorte neergeskryf waaraan ek ooit deelgeneem het, afgesien daarvan of dit mededingend was, of nie.  Ek het 'n totaal van 56 sportsoorte behaal!  Duik diep in jou geheue en kyk bietjie hoe aktief jy is!

Daar bestaan 'n baie goeie filosofie waarby baie aktiewe mense leef.  'n Filosofie wat in vier eenvoudige woorde nie net raad oor sport kan gee nie, maar ook oor die lewe.  Om met die "Geen Pyn, Geen Gewin" (No Pain, No Gain) filosofie te leef, stel almal van ons die vraag.  Waarom?  Waarom verduur ons verlengde periodes van pyn om pret te hê?  My antwoord is eenvoudig – om ons mededingers die loef af te steek!

Sport is 'n universiële taal wat ons almal verstaan en praat.  Ek sal in hierdie uitgawe soveel sport dissiplines moontlik aanroer.  Ek sal in die volgende uitgawe deur grense breek en 'n in-diepte beskrywing van mededinging formaat, toerusting en geskiedenis van 'n spesifieke sportsoort bespreek.  Sit dus terug en wees ingelig.

MOTORSPORT

Om pedaal tot op metaal te trap!  Ek het gedink om met 'n groep sportsoorte te begin wat aan alle hoë-oktaan verslaafdes bekend is.  Baie soorte motorsport val binne hierdie groep, naamlik:

  • Formule 1
  • NASKAR
  • Tydrenne (Toer)
  • Knortjorre
  • Knortjor Wedrenne
  • Sleep Wedrenne (Drag Racing)
  • Straat Wedrenne
  • Formule Ford
  • Stampmotor Wedrenne
  • Le Mans
  • Super Motorfietse
  • "Motocross"

Wedrenne vind op 'n vasgestelde baan plaas en bestuurders baklei teen mekaar met 'n kombinasie van vinnige reflekse, vaardigheid en uitsonderlike bestuursvaardighede.  Skof wedrenne, soos Tydrenne en Toer gebeurlikhede, vereis meer uithouvermoë en stamina van die bestuurder, en nog meer belangrik, die voertuig self.

Motorsport, met sy hoë snelhede, is een van die gevaarlikste dissiplines in sport.  Motorsport het in 1994, het een van sy beste jaers, die Brasiliaan,  Ayrton Senna, sy lewe tydens die San Marino Grand Prix verloor.  Gelukkig vir ons, leef ons in 'n wêreld waar ontwikkeling in motor veiligheid elke dag verbeter. Hierdie is een sportsoort wat nie vir bang mense bedoel is nie.

BAAN EN VELD

Nou ja, die baan en veld groep is massief en sluit sportsoorte van alle groottes en vorms in.  Bal sport, raket en stok sportsoorte, span sportsoorte, individuele sportsoorte, en dieresport.  Waar begin ek?  Laat ons sien... ons het:

  • Atletiek
  • Fietsry
  • Marathon wedloop
  • Rugby
  • Sokker
  • Krieket
  • Hokkie
  • Lacrosse
  • Bofbal
  • "Aussie" Reëls
  • Amerikaanse Voetbal
  • Perdewedrenne
  • Polo (Perdesport)
  • Tennis
  • Vlugbal

Jy snap wat ek bedoel, né?  Die mees algemene sportsoorte begin binne hierdie groep, met meeste van die wêreld se atlete wat hulle geld hier verdien.  'n Hoof skouspel wat 'n groot persentasie van hierdie sportsoorte tentoonstel is die Olimpiese Spele wat tot sover as 776 V.C. teruggaan. 

ADRENALIEN OF UITERSTE SPORTSOORTE

 

Waarskuwing!  Die volgende mag sensitiewe lesers ontstel!

 

Adrenaline: - (N) Iets verskriklik wat ons liggaam homself gee wanneer aan stres en pyn blootgestel word!

Indien jy verlang om na die klank van brekende beendere, hoëspoed vryvalle en skreeuende aanhangers te luister, moet ek jou waarsku – dit is verslawend!  Die volgende is voorbeelde van aktiwiteite wat pyn veroorsaak:

  • Lugduik
  • Bungee spring
  • Vrye Styl "Motocross"
  • Afdraande en Vryry
  • Vryklim
  • Alpynse ski
  • Vryduik

Die enigste "vry" deel van hierdie sportsoorte is die gepaardgaande pyn!!!  Goed, al julle bang ouens kan nou weer julle oë oopmaak.  Meer besadigde sportsoorte volg nou!

BINNESHUISE SPORT

Om die elemente te ontduik het mense nagemaakte speelvelde binneshuis geskep; en sommige sportsoorte werk eenvoudig nie buite nie.  Met ander tipe speelvelde het ander tipe reëls ook gekom.  Reëls soos buite perke en 'n laer aantal spelers in 'n span.  Die sportsoorte wat ons tussen vier mure ingepas het:

  • Aksie Krieket
  • Aksie Netbal
  • Binneshuise sokker
  • Binneshuise Hokkie
  • Tafeltennis
  • Biljart, Snoeker en Poel
  • Binneshuise Atletiek
  • NBA (Basketbal)

Deur sport aktiwiteite binneshuis te laat plaasvind, verseker uitstekende spel toestande vir beide spelers en toeskouers tegelyk.  Die elemente raak soms té erg buite vir spel om plaas te vind, wat dikwels dan ook beteken dat spel gestaak moet word.  Deur items na binne te verskuif het nuwe idees vorendag gekom, sowel as uitvinding van sport nuwighede.

VLIEG SPORTSOORTE

Die mens het nog altyd na die lug opgekyk vir inspirasie.  Nou kyk die mens op en sien die potensiaal om 'n wedrenbaan 'n paar honderd voet in die lug op te hys; 'n klompie hoë-verrigting vliegtuie en die waaghalse om hulle te loods by te voeg en hulle kop-aan-kop teen mekaar in 'n wedren vir die vinnigste lugspoed te laat wedywer.  Lugwedrenne is basiese Motorsport met vlerke, en net soos motorsport, is daar ook verskillende verrigtings kategorieë.

  • Formule 1 Piloon Lug Resies
  • Formule 5
  • Landloop Trofee Resies

Verbasend genoeg is die mens reeds sedert die middel-1920's in lugwedrenne betrokke!  Indien jy in uiterste vliegkuns belangstel, sal hierdie een uitgawe wees wat jy nie wil misloop nie!

DANS AS SPORT

In teenstelling met wat algemeen geglo word, is dans nie net vir meisies nie.  Soos hulle sê: "Dit neem twee om te tango."  In hierdie geval sal dit twee individue van verskillende geslagte wees wat as 'n paar in Balsaal en Latyns-Amerikaanse danse deelneem.  Goed, ek erken dat nie alle danse benodig dat twee mense saam hoef te dans nie.  Dans dissiplines is as volg:

  • Balsaal
  • Latyns
  • Paso
  • Vrystyl
  • Ballet
  • Teater
  • Hiep-Hop

Dans is nie slegs vir vertoning nie, maar is ook 'n uitstekende manier om fiks te word en te bly.  Dans word ook deur sommige sportspanne, soos sokker, gebruik om ritme te kry.  Maar dit is weer 'n storie vir 'n ander keer.

GROOT BUITELUG

Jy is nie buite alvorens jy buite in die groot buitelug verkeer nie!

Moeder Natuur het ons van uitstaande speelvelde voorsien.  Hiedie velde verg geen onderhoud nie.  Slegs ons fisiese vermoëns bepaal wat buite perke is.  Wanneer jy nie verder kan gaan nie, is jy uit die spel.  Sportsoorte om na te kyk:

  • Snelstroom Vlottery (White Water Rafting)
  • Spoor Hardloop
  • Stap
  • Rotsklim
  • Abseil
  • Basis Spring
  • Bergfiets Ry
  • Jag

Jou teenstander?  Moeder Natuur self.  Sy word nooit moeg nie, en sy gooi ook nooit tou op nie.

WATERSPORT

Aa!!!  Die wêreld van H2O sport!  'n Sport aktiwiteit wat baie goedgesind teenoor die Suid Afrikaanse sport toneel is.  Ons land het van die wêreld se beste swemmers opgelewer, vanaf Roland Schoeman tot by Natalie du Toit.  Deur in die water te gaan, ding ons in die volgende mee:

  • Swem
  • Onderwater Hokkie
  • Waterpolo
  • Lewensredder (Professioneel)
  • Skuba duik
  • Hoog duik
  • Duik
  • Gesinkroniseerde Swem
  • Stralerski
  • Roei
  • Branderry

Dit verg top fisiese fiksheid van die alteet en 'n gesonde respek vir water om aan hierdie sportsoorte deel te neem.

Sport raak ons almal op een of ander manier.  Ons kan nie daarvoor wegkruip , of sê ons het dit vermy nie.

Justin Augustine





All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan