|
Wel, waar begin mens? Daar is net so 'n wye verskeidenheid stokperdjies daarbuite as wat daar mense op hierdie planeet is. Net wanneer jy dink dat jy al die stokperdjies wat moontlik bestaan, opgeteken het, hoor jy van iemand wat 'n ander "eienaardige en wonderlike" stokperdjie beoefen. Ons sal hierdie maand begin deur jou 'n idee te gee van die soorte stokperdjies wat daar is. In die volgende uitgawe sal ons op een stokperdie konsentreer en dit ten volle bespreek. Eerstens, wat ìs 'n stokperdjie? Die Suid Afrikaanse "Concise Oxford" Woordeboek definieër 'n stokperdjie as "'n aktiwiteit wat gereeld vir plesier beoefen word." Meeste mense wat ek ken het een of ander stokperdjie, en meeste raak so opgewonde en passievol oor hulle stokperdjie dat ek wonder waarom hulle nie verkies om dit as loopbaan te beoefen nie. Kom ons begin deur verskillende stokperdjies rofweg in verskillende kategorieë te verdeel Kuns en handewerk Adrenalien verslaafdes Sport en speletjies Ander Indien jy nog nie 'n stokperdjie het nie, hoop ek dat jy iewers in hierdie artikel een sal raakloop wat jou belang sal aanwakker. Kuns en Handewerk Waarskynlik is kuns en handewerk die mees bekende en grootste stokperdjie wat onder dames geniet en beoefen word. Kralewerk Op hierdie tydstip is kralewerk waarskynlik die gewildste stokperdjie. Oral waar mens gaan, sien jy kralewinkels, boeke, werkswinkels en tydskrifte. Jy kan kralewerk feitlik oral toepas, vanaf juweliersware (insluitende horlosies, wat tans baie in die mode is), tot kaarte en handsakke. Jy kan ook items soos gordyne, kussings en beddegoed versier. Inderdaad, dit is tans so gewild dat dit onmoontlik is om maatskappye te lys wat krale werkswinkels aanbied. Jy kan begin deur na 'n kralewinkel te gaan wat werkswinkels in jou omgewing, of op die internet aanbied. Pergamano Papier handewerk waarin perkament papier en verskillende gereedskap gebruik word om kant uit papier te bosseleer en skep, is ook gewild. Jy kan pragtige kaartjies maak, plakboeke versier en ander verbasende kunswerke beoefen. Maar neem asseblief kennis dat hierdie 'n baie duur en tydrowende stokperdjie is. Jy kan leer oor hoe om hierdie kuns te bemeester deur werksessies by te woon wat deur 'n geregistreerde leerkrag aangebied word. Daar is ander maniere om te leer, maar geregistreerde leerkragte sal jou die korrekte tegniek leer wat die beste effek sal hê. Jy kan begin deur http://elizecrafts.co.za en www.pergakuns.co.za vir meer inligting te besoek. Fotografie Fotografie is een van daardie kunsvorms wat so gewild is, omdat jy jou kreatiwiteit in jou eie unieke styl uitdruk, en terselftertyd geld daaruit maak. Indien jy goeie fotos neem en hulle teen redelike pryse verkoop, sal dit vir jou tonne besigheid deur mondelingse reklame inbring. Die enigste aanvangskoste wat jy sal moet aangaan is die prys van 'n ordentlike kamera. Daar is nog diegene wat normale film kameras verkies, maar digitale kameras is besig om al hoe meer gewild te raak, selfs onder fotograwe. Die voordeel van 'n digitale kamera is dat jy baie fotos kan neem sonder om vir ontwikkeling en afdrukke te betaal. Jou kliënt kan sy/haar gunsteling fotos kies, dan hoef jy slegs die koste vir ontwikkeling aan te gaan. Ander Ander soorte kuns en handewerk stokperdjies sluit in: plakboekery, verf op materiale, maak van kaartjies, mosaiëk ('n prentjie wat gemaak word deur klein klippies, teëls of glas te rangskik), découpage (die versiering van die oppervlak van 'n item met uitgesnyde papier prentjies), deurstikwerk (quilting) (deur lae materiaal of opstopsel met stikwerk om 'n bed oortreksel, 'n warm kledingstuk te maak, of om 'n versierende effek te verkry), en vir die werklike talentvolle mense, skilder en sketswerk. Adrenalien verslaafdes Daar is 'n verskeidenheid stokperdjies vir die andrenalien verslaafdes onder ons om van te kies en keur. En wanneer jy moeg raak vir een, is daar altyd iets nuut om te sorg dat die adrenalien deur ons are pomp. Maak jou keuse – jy kan enigiets probeer, van rotsklim, waar jy teen rotswande uitklouter met behulp van spesiale toerusting en toue, tot waar jy taamlik vaardig moet wees om iets soos rekspring (bungee jumping) te doen (wat behels dat jy van 'n hoë plek afspring met 'n tipe rek wat om jou enkels vasgemaak is), en waar jy vooraf geen kennis oor die sport hoef te hê voor jou eerste probeerslag nie. Nog meer van hierdie sportsoorte sluit abseiling in waar jy 'n tou om jou liggaam gebruik en wat teen 'n hoër punt vasgemaak is om na benede te sak. 'n Nuwer tipe adrenalien-pomp sportsoort is boomtop toere. Boomtop toere laat jou die ondervinding geniet om ongeveer 30 meter bokant die bos se vloer deur die boomtoppe met 'n staal kabel langs te seil. Sommige van die meer bekende aktiwiteite is om op 'n vlot rivier af te seil, vierwiel motorfietse, valskerm seil (paragliding), en lugduik (waar jy teen die hoogste spoed kan val alvorens jy jou valskerm oopmaak). Aangesien ek dit al self gedoen het, kan ek tereg sê dat hierdie waarlik 'n ondervinding is wat jy nooit sal vergeet nie. Indien jy ooit die wêreld vanuit 'n voël se oogpunt wil beskou, kan jy dit gerus probeer. Indien jy hierin belangstel, is die grootste klub in Suid Afrika die Pretoria Lugduik Klub, en jy kan meer inligting op hulle webtuiste, www.iloveskydiving.co.za besoek. Ook 'n taamlike nuwe aktiwiteit is witdood haai hokduik. Hierdie is slegs vir die dapperstes waartydens jy binne die veiligheid van 'n hok kan duik en die kwaaiste roofdiere van die see so naby kan besoek dat jy aan hulle kan raak. Sportsoorte en spele. Ons het natuurlik altyd hierdie mense wat lief is vir sport, en om aktief te wees. Vir hierdie groep is daar seker die grootste verskeidenheid van keuses. Kyk na hierdie lys: Mededingende sportsoorte Toe ek met my navorsing begin het, het dit voorgekom asof daar "normale sport" soos rugby is, asook veelvormighied van die sportsoorte soos "raak"-rugby, sewes; netbal, aksie netbal; krieket, aksie krieket; hokkie, onderwater hokkie; sokker, aksie sokker. Vir aksie sportsoorte, probeer by een van die Aksie Sport Arenas aansluit. Vir die een naaste aan jou, kyk na hierdie webtuiste: www.actioncricket.co.za Gholf, die primêre "fatsoenlike heer" se spel, is 'n goeie stokperdjie om te beoefen. Om mee te begin, het jy nie die duurste stel stokke nodig nie. Jy kan 'n relatiewe goedkoop stel kry, maar bestee gerus bietjie geld om onderrig te ontvang. Indien jy met die verkeerde swaaihou begin, kan dit jou gholf loopbaan in die wiele ry, en jy sal nooit van 'n sub-10 hindernis af kan speel nie, wat nog te sê van gelykop. "Op jou eie" aktiwiteite Indien jy een van daardie mense is wat nie van mededingende sportsoorte, soos hierbo gemeld, hou nie, moenie moed verloor nie. Daar is 'n verskeidenheid ander aktiwiteite om van te kies. Hoe klink krygkundige sportsoorte vir jou – TaiBo, Karate, Yoga of Pilates. Of vir diegene wat die gimnasium besoek is daar gewig optel, fietsry of aërobiese oefeninge (of water aërobiese oefeninge). Vir iets wat meer energie verg, waarom nie probeer dans nie? Daar sal wél 'n styl wees wat jou persoonlikheid sal pas. Enigiets is deesdae beskikbaar, van Latyns-Amerikaans, Hip-hop, Modern en Jazz tot Ballet. Of wat van gimnastiek en akrobatiek? Buitemuurs Liefhebbers van die buitelewe kan gaan hengel, hardloop, fietsy, bergfiets ry, of wat van iets oos kleiduif skiet, of staproetes volg? Wat van sneeuplank ry, of ski? Motorfietse en motorkarre is ander sportsoorte wat deesdae meer aandag geniet. Water sportsoorte Indien jy daarvan hou om in die water te boer, probeer gerus skuba duik, snorkel duik, kanovaart, of swem. Selfs seiljag, waterponie ry, water ski en volgstroom plank ("Wake" boarding) waartydens jy op 'n kort, breë plank ry terwyl jy deur 'n motorboot gesleep word. Hierdie sportsoorte is baie prettig. Mense wat gelukkig is om aan die kus te bly, maar wat nog nie branderry of "bodyboarding" beoefen nie, kan gerus vlieër branderry probeer (waartydens 'n sterk vlieër jou op 'n klein branderplank sleep, of 'n bord op wiele op land sleep, of 'n sneeuplank op sneeu), of seiljag vaart. Beny jy daardie "koel" ouens op die strand? Moenie moed verloor nie, Joluka sal jou leer vlieër branderry, en jou die beste plekke wys om hierdie vinnig-groeiende sportsoort te bemeester. Gaan loer gerus daar in: http://www.joluka.co.za/sports/lesson_info.htm En raai wat – jy hoef nie noodwendig by die kus woonagtig te wees om dit te beoefen nie. Leisure Lakes se vindingryke kabel ski stelsel in Midrand is die perfekte plek om waterski/volgstroom plank aan te leer, of te kyk hoe die deskundiges dit doen. Indien jy na die koue wit goed soek om op te speel, kontak die Ski Klub van S.A. vir lesse op die bewegende "tapyt," of gaan Meadowvale toe waar jy ski of sneeuplank op nagemaakte ski hellings kan aanpak. Seuns se speelgoed O, en moet nie vergeet nie – seuns sal altyd seuns bly, dus is daar altyd afstand en radio beheerde goeters om mee te speel. Jy kan 'n verskeidenheid speelgoed van karre tot vliegtuie en helikopters kry, maar wees gewaarsku, hierdie stokperdjie kan jou 'n aardige bedrag uit die sak jaag. Indien jy jou vliegtuig laat verongeluk, moet jy die vlerke vervang, en dié se prys is hemelhoog!! Groter "speelgoed" is altyd gewild, dus waarom sluit jy nie by 'n 4x4 klub aan, indien jy gelukkig genoeg is om 'n 4x4 te besit nie. Indien jy nie so gelukkig is nie, probeer gerus knortjorre (go-karts). Dit is groot pret en nie so duur nie (en jy hoef nie vir die herstelwerk daaraan te betaal nie!) Selfs groter speelgoed is vliegtuie. Indien jy altyd gedroom het om 'n vliegtuig loods te word, waarom "doen jy dit" sommer nie? Dit sal jou ongeveer R30 000.00 uit die sak jaag om jou Private Loods Lisensie te bekom (PPL soos dit onder die vlieëniers bekend staan). Dit sal jou in staat stel om enige vliegtuig te loods op voorwaarde dat jy in 'n spesifieke vliegtuig onderrig ontvang het. Dit neem 40 ure om jou lisensie te bekom, maar jy mag miskien nie beloon word om 'n vliegtuig te loods nie. 'n Handel Loods Lisensie (ook bekend as CPL) neem 200 ure om te bekom, indien jy R120 000 in jou sak het. Die voordeel hiervan is dat jy as't ware betaal kan word om te vlieg indien jy gesertifiseer is. Indien jy droom om vir 'n lugdiens maatskappy te werk en passasiers te vervoer, moet jy jou Lug Vervoer Loods Lisensie (ook bekend as ATPL) bekom. Om hiervoor te kwalifiseer moet jy in besit van jou Handel Loods Lisensie wees, en 'n verdere 1500 ure vliegtyd voltooi om hierdie lisensie te voltooi. Die maatskappy vir wie jy werk sal die onkoste van hierdie lisensie dra. Ander Daar is nog vele ander stokperdjies, en dit is onmoontlik om van almal in een artikel melding te maak. Waarom vertel jy ons nie van jou stokperdjie nie? Skryf vir ons by info@careerfocus.co.za, Wie weet – dalk kan ons iets oor jou stokperdjie in die volgende uitgawe skryf. Marinda Keyter
|