My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- 'n Spesialis in Bestralingsbeskerming

- Fotografiese Produksie-assistent

Tegnies

'n Mens kan 'n tegniese beroep kies uit 'n breë spektrum van dissiplines. Tegniese beroepe kom voor op die gebiede van vliegtuiginstandhouding; rekenaarwetenskap; motorbotsing tegnologie; nukleêre ingenieurstegnologie; radio- en televisie-uitsaaiwese; die meeste mediese sektore, soos laboratorium- of tandheelkundige tegnologie; en omtrent enige ander sektor!

Daar is 'n groot verskeidenheid studie-roetes en kwalifikasies om uit te kies in die tegniese bedryf – verskillende vakgebiede vereis verskillende soorte kwalifikasies en opleiding. Die tegniese bedryf fokus tipies op praktiese vaardighede – dit beteken dat jy dikwels beoordeel word met betrekking tot wat jy met jou hande kan doen, eerder as wat jy in 'n eksamen kan skryf.

Werk in die tegniese bedryf

Fotografiese produksie-assistente, beter bekend as fotografiese prosesseringswerkers, voer noukeurige werk uit wat verband hou met die ontwikkelingsproses van kamera film. Hul werk sluit in die redigering of manipulasie van fotografiese negatiewe en uitdrukke deur middel van verskillende metodes, soos chemiese of gerekenariseerde prosedures. Digitale kameras, wat elektroniese geheue gebruik, in plaas van film waarop beelde vasgelê word, word al hoe meer populêr, wat veroorsaak dat die aanvraag vir tradisionele fotografiese prosesseringswerkers al hoe minder raak. Daar is dus meer werkgeleenthede vir individue met kennis van rekenaars en digitale tegnologie. Daar sal egter steeds 'n aanvraag wees by sekere beroepsfotograwe, asook daardie paar individue wat die tradisionele film kamera verkies om foto's te ontwikkel en te druk.

Afhangende van die spesifieke werk, voer 'n bestralingsbeskerming spesialis 'n wye verskeidenheid pligte uit, soos toetsing van x-straal-toerusting, inspeksie van die areas waar die toerusting gebruik word, en evaluering van die bedryfsprosedures om bestralingsgevaar op te spoor en te beheer. Bestralingsbeskerming spesialiste besoek organisasies, soos hospitale of ander inrigtings, om masjiene te toets en te verseker dat die toerusting standaarde vir veilige hantering handhaaf. Gespesialiseerde instrumente en prosedures word vir hierdie toetsing gebruik. Hulle bereken ophopende bestralingsvlakke en verwys na regulasies om te bepaal of die mate van beskerming toereikend is om die bestralingsuitstralings te absorbeer. Hulle ondersoek die lisensies van toerusting operateurs vir egtheid, en neem bedryfspraktyke waar om die bekwaamheid van operateurs te bepaal in die gebruik van toerusting. Hulle beraadslaag ook met personeel om die prosedures en regsvereistes te verduidelik wat verband hou met die gebruik van toerusting, en demonstreer blootstellingstegnieke om prosedures te verbeter en die hoeveelheid bestraling wat aan die operateur gelewer word tot die minimum te beperk.

Elektroniese tegnici maak elektroniese toerusting reg, soos rekenaars, bedryfsbeheermiddels, oudio- en videostelsels, radarstelsels, seintoestelle, antennas, en baie ander elektroniese apparaatjies. Hulle toets foutiewe toerusting en wend hul kennis van die bedryf van elektroniese eenhede en stelsels aan om die oorsaak van 'n abnormale werking te diagnoseer. Hulle vervang dan die foutiewe onderdele of reguleer die meganiese onderdele deur gebruik te maak van verskeie stukke handgereedskap. Hulle hou ook opgawes van die herstel, regulering en toetsing wat uitgevoer is.  

Tegniese verenigings

TPSA

Die tegniese produksiedienste-vereniging (TPSA) is 'n vereniging van lede wat werksaam is in die verhoog-vermaaklikheidsbedryf. Die doelstellings van die TPSA is: om lede te lok wat die verhoog-vermaaklikheidsbedryf bedien – spesifiek op tegniese gebied; om hierdie lede se belange binne die produksiedienste-bedryf te verteenwoordig; om internasionale etiese en veiligheidstandaarde in te voer en te handhaaf; om die lewering van diens te ondersteun en te verseker; en om aktief die vooruitgang van kennis en vaardighede van sy lede en die produksiedienste-beroep te bevorder. Die TPSA verwelkom die lidmaatskap van enigiemand wat as 'n beroepspersoon werk met tegniese aspekte van die verhoog-vermaaklikheidsbedryf, maatskappye wat tegniese dienste verskaf vir die produksie van gebeurtenisse, en organiseerders van konferensies en gebeurtenisse. Assessorlede word genooi van die kleinhandel-, groothandel-, vervaardigings- en verspreidingsektor, asook eienaars of bestuurders van vermaaklikheidsplekke.

www.tpsa.co.za

SAASTA

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir die vooruitgang van wetenskap en tegnologie (SAASTA) is 'n agentskap van die nasionale navorsingstigting (NRF). SAASTA is die amptelike werktuig van die NRF vir die fasilitering van die bevordering van wetenskap en tegnologie in ons samelewing. Die NRF is die deurslaggewende publieke entiteit wat verantwoordelik is vir die ondersteuning van die menslike hulpbron kapasiteit vir navorsing, tegnologie en innoverende ontwikkeling op die gebied van wetenskap en tegnologie. Die mandaat van SAASTA is om openbare bewustheid, waardering en inskakeling van wetenskap, ingenieurswese en tegnologie in Suid-Afrika te bevorder.

www.saasta.ac.za

SMLTSA

Die doel van die vereniging vir mediese laboratorium tegnoloë van Suid-Afrika (SMLTSA) is om die beroep van mediese tegnologie in Suid-Afrika te bevorder en te reguleer. Die doelstellings van die SMLTSA is om mediese tegnoloë onder een liggaam te verenig; om 'n professionele liggaam te voorsien om die behoeftes van mediese tegnoloë aan te spreek; en om mediese tegnoloë van raad te bedien en hulle by te staan met die opvoeding en opleiding van mediese tegnoloë.

www.smltsa.org.za

Vir meer inligting oor werk in die tegniese bedryf, sien asb. die Januarie 2007-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

Chantelle Gradidge







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan