Tuinontwerp
Werkers in die tuinontwerpsektor is verantwoordelik vir die skepping van "nie-natuurlike", dog treffende tuinontwerpe. Die asemrowende "mensgemaakte" verfraaiing wat ons in ons omgewing sien, soos rots-verskynsels, water-verskynsels, tuindammetjies, fonteine en pragtig ontwerpte swembaddens is gewoonlik die werk van tuinontwerpers. Die meeste soorte werk in hierdie sektor behels werk saam met 'n span professionele mense, soos professionele tuinontwerpers, besproeiing-afvloei deskundiges, tuinboukundiges, buitenshuise beligtingspesialiste, CAD (rekenaar-gesteunde ontwerp) ingenieurs, en projek beramers. Kliënte sluit in huiseienaars, ontwikkelaars, argitekte, besigheidseienaars, en selfs beroemde persone wat hul tuine wil opknap. As jy 'n beroep in hierdie lyn oorweeg, sal dit tot jou voordeel wees as jy kunstig is, 'n oog vir detail het, tekeninge kan verstaan en interpreteer, goed met jou hande kan werk, tegniese vaardighede het, en alleen kan werk, asook as deel van 'n span. Werk in tuinontwerp Water-verskynsels het uiters populêr geword oor die afgelope paar jaar – waarskynlik omdat soveel mense soek vir maniere om te ontspan en die dolle gejaag van die lewe te ontsnap. Daar is niks meer ontspannend as die kalmerende gekabbel van water nie. 'n Ontwerper van water-verskynsels moet die kliënt se visie van wat vereis word, beoordeel en verstaan, en dan ontwerpe en tekeninge maak vir die voorgenome projek. Hulle lê koste-beramings voor aan kliënte en hou toesig oor die werk van ander lede van die tuinmaak- of tuinontwerpspan. Die ontwerp en installering van water-verskynsels behels nie net die eintlike ontwerp en bou van 'n water-verskynsel nie, maar vereis ook kennis oor ander verwante onderwerpe soos, onder andere, waterplante, eksotiese visse en die beste pompe om te gebruik. Water-verskynsels word in baie verskillende vorms en groottes gebou en kan in die vorm van rotspoele, dammetjies met spoelklippies, 'n stroompie, 'n fonteintjie of 'n waterval wees – daar is soveel moontlikhede! Dit is opwindend en groot pret om rots-verskynsels te ontwerp. Ontwerpers van rots-verskynsels werk gewoonlik vir privaat individue wat, byvoorbeeld, besig is om 'n nuwe huis te bou, maar hulle kan ook tender vir groter kontrakte met, byvoorbeeld, ontwikkelaars of groot organisasies. 'n Ontwerper van rots-verskynsels stel data saam oor die kliënt se behoeftes, ontwerp die projek, lig die kliënt en die konstruksie-personeel in oor die landskap-verskynsels, keur die gehalte van materiale goed en inspekteer dikwels die konstruksiewerk tot voltooiing van die projek. Kliënte verlang gewoonlik rots-verskynsels wanneer daar geen natuurlike rotsagtige areas in 'n tuin is nie, of as 'n aantreklike oplossing vir 'n eentonige landskap. Materiale wat gebruik word sluit in sandsteen, leiklip en bedekking. Hierdie materiale, asook gespesialiseerde pleistertegnieke, word gebruik om besonderse skoonheid en funksionaliteit in spesifieke omgewings in te bring. 'n Swembad ontwerper word deur uitsonderlike uitdagings en geleenthede in tuinontwerp gekonfronteer. Faktore wat oorweeg moet word wanneer jy aan 'n swembadprojek werk sluit in veiligheid, privaatheid, gerief en, natuurlik, die estetiese verskynsels. Om swembaddens te ontwerp kan opwindend wees – jy kan werklik jou verbeelding laat vloei (geen doelbewuste woordspeling nie!). Van die konvensionele, gewone swembad (wat miskien net 'n ander vorm as ander het), tot kunsmatige strande, "eilande", watervalle, grotte, of selfs 'n "lui rivier" rondom iemand se jaart – die geleenthede vir jou kreatiwiteit is eindeloos. Met al bogenoemde aktiwiteite, sal 'n groot deel van die werk waarskynlik buitenshuis uitgevoer word en 'n bietjie inspanning verg, soos buk, oplig en dra. Die toestande kan modderig, nat, koud in die winter en warm in die somer weërs. Vroeë oggende en naweekwerk is aan die orde van die dag. SALI Die Suid-Afrikaanse tuinontwerp instituut (SALI) is gestig deur 'n groep progressiewe tuinontwerpers wat die potensiaal gesien het van die tuinontwerp bedryf in Suid-Afrika. Hulle glo dat die ware potensiaal slegs verwesenlik kan word indien tuinontwerp kontrakteurs in eenheid saamwerk, uitstekende werk lewer en 'n professionele beeld uitdra. SALI se missie is om die beeld en status van die tuinontwerp bedryf te verbeter en die deelname van alle rolspelers in die bedryf in suidelike Afrika te bevorder deur opleiding, hoër standaarde, professionalisme, etiese gedrag en sosiale interaksie aan te moedig deur gereelde vergaderings, konferensies, werkswinkels en skakeling met besigheids-, opleidings- en regeringsinstellings, statutêre liggame, nie-regerings organisasies, en werkgewer- en werknemer-organisasies. www.sali.co.za IPSA Die binnenshuise plant-ontwerp vereniging (IPSA) moedig binnenshuise plant-ontwerpers aan om idees te ontwikkel en te netwerk, in 'n poging om standaarde, asook 'n algemene kode van etiek, vir sy lede daar te stel. IPSA is verbind tot die verbetering van professionalisme, standaarde, die gehalte van ontwerp, installering en die instandhouding van binnenshuise plant-ontwerpe. http://www.krost.co.za/ipsa ILASA Die instituut van tuinargitektuur van Suid-Afrika (ILASA) is 'n vrywillige organisasie van lede binne die beroep van tuinargitektuur. Die doel van die instituut is om die beroep van tuinargitektuur te bevorder en om hoë standaarde van professionele diens te handhaaf; en om die beroep van tuinargitektuur te verteenwoordig in enige saak wat die belange van die lede van die instituut mag raak. www.ilasa.co.za LIASA Die landskap besproeiingsvereniging van Suid-Afrika (LIASA) is aktief betrokke by die bevordering van hoë standaarde van waterbewaring, ontwerp, gehalte en vakmanskap deur opleiding en sertifisering, volgens die nasionale watervoorsieningsreguleringswet. www.liasa.co.za Vir meer inligting oor werk in tuinontwerp, sien asb. die April 2007-uitgawe van SA Career Focus Magazine.
|