Mode en Bykomstighede
Mense wat met mode en bykomstighede werk, gebruik hul kennis van mode-neigings en ontwerptegnieke om sketse en modelle te skep vir die vervaardiging van klere, skoene, handsakke en verskeie ander mode-items. 'n Persoon wat hierdie veld wil betree moet 'n bogemiddelde gawe vir kreatiewe uitdrukking hê, 'n deeglike kennis van mode-neigings, en die vermoë om toekomstige modes te voorspel deur voortgesette navorsing op die nuutste mode ontwikkelings. Werknemers in die mode-bedryf werk gewoonlik nou saam om die produk te ontwerp, te vervaardig, te bevorder en te voorsien aan winkels of individuele kliënte. Werk in die mode-bedryf Die werk van 'n skoenmaker behels om stukke leer uit te sny en te vorm oor 'n raamwerk wat soos 'n voet lyk. Die volgende stap behels om die stukke aanmekaar te stik en die voetsole en hakke aan te heg. Skoenmakers maak gewoonlik gebruik van 'n verskeidenheid gespesialiseerde masjiene wat snywerk doen, stukke aanmekaar heg en afwerking doen. Skoenmakers verskaf ook ander dienste soos om verskeie soorte leer items te herstel. Projekte sluit gewoonlik die maak, versiering en herstel van skoene in, asook gordels, beursies, handsakke, en ander leer items. Sommige skoenmakers maak ook skoene op bestelling of verander bestaande skoene vir mense met voetprobleme of spesiale behoeftes. Tekstiel kleur tegnici is verantwoordelik vir die formulering van kleurstof om veselstowwe, garings en tekstielstowwe te kleur. Dit is hulle werk om die chemiese "resep" te meng om sowel natuurlike as sintetiese tekstiele te kleur. Oor die algemeen, behels sommige van hul take om uit te werk watter chemiese kleursel formule die regte kleur sal skep, en die regte tegniek en temperatuur vir die kleuring van tekstielstowwe. Hulle stel 'n voor-produksie monster saam van die kleursel en voer gehaltebeheer uit om te verseker dat die regte kleur gebruik word. Na die kleurproses, hou hierdie tegnici 'n rekord van die finale chemiese mengsel wat gebruik is, sodat hulle weer presies dieselfde resultate kan verkry, indien nodig. Hierdie werk het onlangs hoogs tegnies geword, omdat baie tekstiel kleurders nou rekenaarbeheerde instrumente gebruik om kleursels te meng. Uitstallingskunstenaars maak gebruik van hul kennis van produkte, kleur, beligting en ruimte om visueel aantreklike uitstallings te beplan, te skep en te reël, met die doel om kliënte te oorreed om te koop. Werk kan gevind word in klere-winkels en ander winkels wat uitstallings gebruik om kliënte te lok. Take sluit in om uitstallings te bou, mannekyne aan te trek, versierings te hang en tonele te bou in winkelvensters of elders in die winkel. Soms is hulle ook daarvoor verantwoordelik om te besluit hoe die winkel se goedere aangebied behoort te word en ontwerp hulle dan die winkel se algehele uitleg. Sommige uitstallingskunstenaars doen vryskut werk, en neem kontrakte aan van winkels of ander organisasies wat items moet uitstal, en ander word voltyds in diens geneem by een spesifieke maatskappy. Die mode-bedryf bied ook 'n aantal geleenthede aan kreatiewe mense wat nie besonder geïnteresseerd is in die praktiese sy van die ontwerpproses nie. Sommige van hierdie geleenthede sluit in werk as mode-skrywers, fotograwe en stiliste.
Suid-Afrikaanse mode-ontwerpersvereniging Die Suid-Afrikaanse mode-ontwerpersvereniging (SAFDA) is die amptelike liggaam wat opkomende ontwerpers ondersteun en ontwikkel. Die missie van SAFDA is om vennootskappe te snoer wat die stigting van 'n eiesoortige Suid-Afrikaanse ontwerpbedryf ondersteun, met erkende ontwerpstandaarde en die vermoë om internasionale mode neigings te beïnvloed. SAFDA is 'n agentskap wat daarop gemik is om jong ontwerpers te ontwikkel en aan besighede en markte bloot te stel. SAFDA is ook 'n nasionale agentskap wat die belange van Suid-Afrikaanse mode-ontwerpers verteenwoordig in alle sektore van die ontwerpbedryf. SAFDA se missie is: "om wêreldrang mode-klere te vervaardig en te bemark". Die doelstelling is: om vennootskappe te snoer met alle belanghebbendes in die ontwerpbedryf, plaaslik en internasionaal; om die vestiging van 'n eiesoortige Suid-Afrikaanse ontwerpbedryf aan te moedig, wat beïnvloed word deur die kulture en lewenstyle van Suid-Afrika; om standaarde te handhaaf wat vergelykbaar is aan enige ander, deur middel van 'n omgewing van opvoeding, opleiding en kompetisie; om internasionale mode-neigings te beïnvloed deur internasionaal uit te stal en die beste van Suid-Afrikaanse ontwerp met internasionale markte te verenig; en om as agent op te tree vir Suid-Afrikaanse mode-ontwerpers in die plaaslike en internasionale ontwerpersgemeenskap. www.safda.org.za Suid-Afrikaanse kleurders en afwerkersvereniging Die doelstelling van die Suid-Afrikaanse kleurders en afwerkersvereniging (SAFDA) is om die vooruitgang van wetenskap en tegnologie te bevorder, veral in die teorie en praktyk van die kleurkunste en tekstiel afwerking; om die middele te verskaf vir die wyer verspreiding en uitruil van kennis met betrekking tot die wetenskap en tegnologie van kleur en kleurverwante sake, aanwendingsmetodes, en die stowwe waarop kleur aangewend mag word; om opvoeding en navorsing aan te moedig in enige of al bogenoemde vakgebiede; en vir die bevordering van hierdie doelstellings, om vergaderings te hou vir die lees van verhandelings, lesings en bespreking, en om alles moontlik te doen wat bevorderlik is vir die bereiking van hierdie doelstellings. www.sadfa.org.za Die tekstiel federasie The tekstiel federasie (Texfed) tree op as die stem en spreekbuis vir sy lede oor sleutel bedryfskwessies. Sy fokusareas is handelsake en wetsveranderinge wat die bedryf raak. Afsonderlike strukture is geskep om arbeids- en onderhandelingskwessies te hanteer. www.texfed.co.za Vir meer inligting oor werk in die mode- en bykomstigheidsbedryf, sien asb. die November/Desember 2007-uitgawe van SA Career Focus Magazine. Chantelle Gradidge
"Fashion is in the sky, in the street; fashion has to do with ideas, the way we live, what is happening." – Coco Chanel Werk in die modebedryf is lewenskragtig, hoë-tempo, en altyd op die voorfront van kultuur en modeneigings. Styl is oral, en diegene in die bedryf is daarvoor verantwoordelik om nuwe voorkomste te skep en voor in die koor te wees met die nuutste swier en gier. Beroepe in die modebedryf strek van ontwerp tot stilering, en van konsultering tot die maak van patrone. Of dit nou is om nuwe ontwerpe te laat lewe, ontwerpe vir 'n spesifieke mark te interpreteer, ontwerpe te bemark, of om modeneigings te volg, met kreatiewe talent en vasberadenheid kan jy sukses behaal in die vestiging van ? opwindende en vooruitstrewende beroep in die modewêreld. Werke Patroonmakers interpreteer ontwerpe en mates in sketse of tekeninge wat hulle van mode-ontwerpers ontvang. Hulle trek dan buitelyne van die kledingstukke wat volgens die ontwerpe benodig word, om papierpatrone te skep. 'n Rekenaar word gewoonlik gebruik om die patroon te skep. Die patroon word dan per hand uitgesny en naaldwerkinstruksies word vir die vervaardigers uiteengesit. 'n Patroonmaker mag ook betrokke wees by die maak van monster kledingstukke, die maak van verstellings waar nodig, en die aanpas van patrone vir verskillende groottes. Patroonmakers moet 'n goeie kennis hê van naaldwerktoerusting, verskeie naaldwerkmetodes en materiale, en die vermoë hê om tekeninge te teken en te interpreteer. Handsakontwerpers skep en vervaardig handsakke. Die beste aspek van hierdie beroep is dat jy kan begin deur handsakke by die huis te ontwerp. Jy het slegs idees, ontwerpvernuf en 'n naaimasjien nodig! Amper almal dra een of ander soort sak waar hulle ook al gaan, en baie mense wil 'n ander sak vir elke geleentheid hê. Of dit nou 'n ander kleur of styl vir elke uitrusting is, of 'n babasak, 'n strandsak, of selfs 'n stylvolle, uitsonderlike rekenaarsak, die idees is eindeloos en die aanvraag geweldig. Jy kan sakke vir 'n kettingwinkel ontwerp, of om by 'n handwerkmark uit te stal, of op spesiale bestelling vir familie en vriende. Verenigings AFI Die visie van African Fashion International (AFI) is om wêreldwyd erken te word as die toonaangewende gesag op mode-verwante, strategiese bemarkingsinisiatiewe en mode-handelsmerke in Afrika. AFI beoog om die gehalte van mode-ontwerp produksie vanuit Afrika te verbeter, om Afrika-handelsmerke te bevorder, en om die profiel van mode-ontwerpers vanaf die kontinent dramaties te verbeter. www.africanfashionint.com SACTWU Die suider Afrikaanse klere- en tekstielwerkersunie (SACTWU) is die grootste unie in die klere-, tekstiel- en leerbedryf. Dit gee SACTWU die trefkrag om lede meer doeltreffend te verteenwoordig, en om salarisse te onderhandel vir die groot meerderheid werkers in die bedryf. www.sactwu.org.za Texfed Die tekstielfederasie (Texfed) het 'n uitstekende werkende verhouding met senior amptenare by die Departement van Handel en Nywerheid, insluitend die Minister; die raad op tariewe en handel; en doeane. Texfed glo dat daar 'n dringende behoefte is vir die tekstielbedryf om sterk standpunt in te neem, verteenwoordigend van alle vervaardigers, ten einde te verseker dat enige veranderinge aan handelswetgewing wat die potensiaal het om die bedryf te beskadig, vinnig en doeltreffend aangespreek word. Die federasie is van mening dat eenheid die sleutel tot die tekstielbedryf se oorlewing is, te midde van hedendaagse groot uitdagings, en dat dit noodsaaklik is vir groei en welvaart in die bedryf, nieteenstaande internasionale kompetisie. www.texfed.co.za Aanhalings: "… met kreatiewe talent en vasberadenheid kan jy sukses behaal in die vestiging van 'n opwindende en vooruitstrewende beroep in die modewêreld." "… jy kan begin deur handsakke by die huis te ontwerp. Jy het slegs idees, ontwerpvernuf en 'n naaimasjien nodig!" Chantelle Gradidge
|