Regte
In teenstelling met wat jy op TV sien, hoef jy nie opvallend aantreklik of besonder glad met die tong te wees om 'n prokureur te word nie. Jy moet egter 'n graad in regte voltooi en 'n balie-eksamen deurkom. En dit is slegs die begin van hierdie intellektueel uitdagende beroep. Wette is die manier waarop die samelewing sy gedrag reguleer. Reëls word ingestel om aanvaarbare gedragskodes in te boesem, en om raamwerke daar te stel om gedinge op te los. Wette reguleer amper alles in ons daaglikse lewens – van hoe ons besigheid doen en onsself in die openbaar gedra, tot die manier waarop ons bestuur. Die gemiddelde burger verstaan nie altyd die wet so maklik nie, en dit is waarom individue en maatskappye professionele mense aanstel om hulle by te staan met regsake. Almal sal waarskynlik op een of ander stadium van hul lewe 'n prokureur of ander regsadviseur benodig. Kwalifikasies is nie genoeg om jou voor te berei om regte te beoefen nie; hierdie beroep verg harde werk, tonne navorsing, en ekstra lang werkure voordat jy met selfvertroue jouself 'n suksesvolle prokureur met aansien kan noem. So, voordat jy besluit om 'n beroep in regte te volg, maak seker dat jy verbind is tot die vooruitsig van 'n beroep wat vereis dat jy op 'n logiese, kritiese en vindingryke manier dink en redeneer; dat jy bereid is om baie ure oortyd te werk, insluitend naweke; en dat jy gewillig is om sommige groot dilemmas van die samelewing aan te pak. Werk op regsgebied Hofklerke is beamptes van die hof wat primêr verantwoordelik is vir die skepping en instandhouding van dossiere en dokumente vir die hof. Hulle berei hofverslae voor en voer sekere pligte van die hof uit namens die magistrate of regters. Ander pligte van 'n hoofklerk is om getuies en beoordelaars in te sweer en om die publiek by te staan met verskeie sake of navrae. Die hofklerk moet nie verwar word met 'n regsklerk nie. 'n Regsklerk is 'n prokureur wat die regter bystaan met die maak van regsbesluite. Openbare aanklaers is strafregkenners vir die regering. Hulle is die hoof regsverteenwoordigers, wat misdadigers aankla namens die nasie of die gemeenskap, en daar word dus dikwels na hulle verwys as "die samelewing se prokureur". Aanklaers besluit wie vervolg moet word in kriminele aangeleenthede en wat die aanklagte behoort te wees. Hulle hou 'n verhoor namens die regering en lê bewysstukke voor die hof. Dit is noodsaaklik dat staatsaanklaers uitgebreide navorsing doen oor sake wat verband hou met hul saak, ten einde deeglik voorbereid te wees vir die betoog. Die pligte van staatsadvokate is soortgelyk aan dié van staatsaanklaers. Staatsadvokate berei strafsake voor, verskaf regsopinies, en gee leiding aan staatsaanklaers. Hulle het ook die gesag om te besluit of regsaksie teen 'n persoon geneem behoort te word of nie. Regsvereniging van Suid-Afrika Die Regsvereniging van Suid-Afrika is die sambreel liggaam van die prokureursberoep in Suid-Afrika. Die Regsvereniging het ten doel om die gemeenskaplike belange van sy lede te bevorder, en neem te alle tye die breër belange van die publiek vir wie die beroep bedien, in ag. www.lssa.org.za Swart regtersvereniging se regsopvoedingsentrum Die swart regtersvereniging se regsopvoedingsentrum (BLA-LEC) is daaraan verbind om aan die regsgemeenskap en verwante beroepslui die nuutste en mees relevante inligting en tegnieke te voorsien, wat krities is vir die ontwikkeling van die professionele kompeterende voordeel wat nodig is vir die verwesenliking van gelykheid van geleenthede. Lidmaatskap van die vereniging is oop vir alle prokureurs en voornemende prokureurs wat BLA se beleid en beginsels aanvaar en hulle onderwerp aan sy handves, afgesien van kleur, ras, geslag of geloof. www.bla.org.za Regshulpbronne-sentrum Die regshulpbronne-sentrum (LRC) is 'n onafhanklike, kliënt-gebaseerde, nie-winsgewende openbare belange regskliniek, wat regte as 'n instrument van geregtigheid gebruik. Die kliniek werk vir die ontwikkeling van 'n ten volle demokratiese samelewing, gebaseer op die beginsel van selfstandige gelykheid, deur gratis regsdienste te bied aan weerlose mense en agtergeblewenes, insluitend die armes, hawelose mense, en landelose mense en gemeenskappe van Suid-Afrika, wat diskriminasie beleef weens ras, klas, geslag of gestremdheid, of weens sosiale, ekonomiese en historiese omstandighede. Die LRC is 'n regskliniek wat kreatiewe en doeltreffende oplossings soek deur gebruik te maak van 'n reeks strategieë, insluitend inslag wetgewing, wetshervorming, deelname aan vennootskappe en ontwikkelingsprosesse, opvoeding, en netwerking binne en buite Suid-Afrika. www.lrc.co.za Pretoria balie-vereniging Die Pretoria balie-vereniging se webwerf stel die beroep van advokaat bekend, asook die dienste wat advokate lewer en die rol wat deur die balie-vereniging in die Suid-Afrikaanse regsberoep gespeel word. Dit bied ook aan lede van die Pretoria balie die geleentheid om hulself bekend te stel aan gebruikers van regsdienste wêreldwyd. www.pretoriabar.co.za Die vereniging van staatsadvokate Die vereniging van staatsadvokate strewe om 'n doeltreffende vervolgingsdiens in Suid-Afrika te bevorder; om verhoudings te reguleer tussen sy lede en hul werkgewers; om die status en belange van sy lede te bevorder; om met internasionale vervolgingsliggame te affilieer en aan hulle deel te neem; om voorgestelde wetgewing of ander maatreëls wat die belange van sy lede raak te bevorder, te ondersteun of teë te staan; en om die skikking van geskille tussen sy lede en hul werkgewers op wettige maniere aan te moedig en by te staan. www.stateadvocate.org Vir meer inligting oor werk op regsgebied, sien asb. die Mei 2007-uitgawe van SA Career Focus Magazine.
|