My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Baanopsigter

- Meubelmaker

- Pompjoggie

- Sandspuiter

- Teëllêer

- Terreinopsigter

Handvaardigheid en Fisiese Arbeid

Baie beroepe vereis handvaardigheid – van die basiese werk van tikster tot dié van 'n tegnikus in biomediese toerusting – en net soveel beroepe vereis fisiese arbeid; of dit nou matig of intens is.

Mense argumenteer oor watter soorte werk meer veeleisend is – dié wat fisiese arbeid verg of dié wat geesteswerksaamheid verg. Sommiges beweer dat, om geestelik gedreineer te voel na 'n lang dag se werk wat, byvoorbeeld, rekenaarprogrammering behels, erger is as die veeleisende taak om, byvoorbeeld, 'n huis te bou. Die "brein-gimnaste" motiveer hul standpunt deur te sê dat mense wat fisiese arbeid verrig ten minste fisies kan ontspan na 'n harde dag se werk, waar diegene wat meer met hul brein werk, nooit kan ophou dink oor kwessies in hul werk nie – hulle kan nie hul werk by die werk los nie.

Wel, ek los dit vir jou om te debatteer en tot jou eie slotsom te kom, maar, oor die algemeen, vereis werk wat geesteswerksaamheid verg, meer akademiese opleiding as praktiese opleiding, en werk wat fisiese arbeid verg, meer praktiese opleiding as akademiese opleiding.

Werk wat handvaardigheid en fisiese arbeid verg

Teëllêers moet puntenerig in hul werk wees, wanneer dit kom by akkurate mates en berekeninge. Werk kan strek van teëlwerk vir 'n kombuis of badkamer tot teëlwerk vir 'n hele hotel of restourant. Sommige teëllêers voer ook gespesialiseerde werk uit, soos om mosaïek mure te skep. Tipies, raadpleeg teëllêers individuele kliënte oor die ontwerp en uitleg van die projek, of hulle volg planne wat deur argitekte of ander ontwerpers en bouers opgetrek is. Teëllêers merk 'n area uit, sny die teëls volgens grootte en vorm, berei oppervlaktes voor vir die teëls, en eindig met die bryvulling ("grouting"). Teëlwerk kan fisies veeleisende werk wees en behels dikwels om swaar hope teëls of boustof op te tel.

Kunshandwerkers wat meubelstukke ontwerp en maak, soos stoele, tafels, laaikaste en stoor- of vertoonkaste, staan algemeen bekend as meubelmakers, maar hierdie term is breed en hang af van die spesialiteit van die kunshandwerker, soos 'n "smee-yster kunshandwerker" of "kabinetmaker". Hierdie meubelmakers is dikwels betrokke by die ontwerp van meubels volgens bestelling, en gebruik hand- en kraggereedskap, en masjiene soos verdiepers, skawers, bore, sae, sweismasjiene en afskuurders.

Meubelmakers is gewoonlik hoogs begaafd in hul werk en in staat om yster, of hout met uitsonderlike grein en kwaste, te omskep in voorwerpe van voortreflike prag. Alhoewel daar steeds baie van hierdie begaafde werkers in die veld is wat nog handgereedskap gebruik om uitsonderlike ontwerpe te skep, is daar definitief 'n toenemende neiging om outomatiese produksieprosesse te gebruik, veral in die groter meubelbesighede, wat gerig is op massaproduksie. 'n Meubelmaker se werk behels die verkryging of skepping van 'n ontwerp, die bymekaarbring van materiale vir die bou, sny en vorming van die yster of hout, die inmekaar pas van die dele, en die polering van die finale stuk. Verskeie vaardighede is nodig by die maak van meubels, soos die vermoë om met hand- en masjiengereedskap te werk, en tegniese tekeninge te interpreteer. Jy moet ook punteneurig wees en aandag aan detail gee.

Verenigings wat verband hou met handvaardigheid en fisiese arbeid

Departement van Arbeid

Die Departement van Arbeid publiseer wetgewing wat arbeidspraktyke en -aktiwiteite reguleer. Dit speel 'n betekenisvolle rol in die vermindering van werkloosheid, armoede en ongelykheid deur die uitvoering van 'n stel beleidspunte en programme, wat ontwikkel is in samewerking met maatskaplike vennote, en wat gemik is op die verbetering van ekonomiese doeltreffendheid en produktiwiteit; vaardigheidsontwikkeling en werkskepping; gesonde arbeidsverhoudings; die uitskakeling van ongelykheid en diskriminasie in die werkplek; en die verligting van armoede.

www.labour.gov.za

FBUMA

Die meubel-, beddegoed- en stoffering-vervaardigersvereniging (FBUMA) dien as die gesamentlike liggaam van werkgewers (besighede) in die bedryf en is dus, in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge, geregistreer as 'n werkgewersorganisasie. FBUMA verteenwoordig sy lede in gesamentlike bedinging met unies op bedryfsvlak. Hierdie onderhandelings vind plaas by die meubel bedingingsraad en sluit in onderhandeling oor lone en indiensnemingsvoorwaardes vir meeste werkgewers in die bedryf.

FBUMA se rol en gesamentlike bedinging van hierdie aard verskaf, onder andere, die volgende voordele: FBUMA-lede word in staat gestel om gesamentlik deel te neem aan die self-regulering van die terme en voorwaardes van diens van die meeste werknemers in die bedryf; standaarde word gestel wat van toepassing is op alle werkgewers in die bedryf, insluitend nie-FBUMA-lede; bedryfsooreenkomste verhoed werkgewers om met mekaar mee te ding op grond van terme en voorwaardes van indiensneming, wat 'n gelyke speelveld verseker; meganismes word daargestel om voldoening aan bedryfsooreenkomste te monitor en af te dwing; 'n doeltreffende voorstel- meganisme word vir die bedryf tot stand gebring; nadelige loononderhandelings op maatskappyvlak word verhoed – hulle doen dikwels skade aan verhoudings en veroorsaak wantroue; en die risiko vir werkgewers van geïsoleerde werkstakings gedurende loononderhandelings word tot die minimum beperk, veral by klein en middelslag werkgewers.

FBUMA vervul nog 'n belangrike rol in dat dit dien as die gemeenskaplike stem van werkgewers, in samewerking met die betrokke regeringsdepartemente. As 'n werkgewersorganisasie, het FBUMA ook die regstatus om sy lede te verteenwoordig in gesamentlike litigasie op arbeidsgebied, indien die behoefte sou ontstaan. www.fbuma.co.za

Vir meer inligting oor werk wat handvaardigheid en fisiese arbeid behels, sien asb. die Augustus 2007-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

 


 

Beskik jy oor die vaardigheid, grasie en bedrewenheid of vinnige en goed-gekoördineerde bewegings om met jou hande te maak?  Geniet jy handewerk waarmee jy jou vernuf en kreatiwiteit kan tentoonstel?  Indien jy "ja" geantwoord het, sal jy miskien navorsing oor loopbane wil doen waar jy jou toegepaste kreatiwiteit op die proef kan stel.  Sommige van hierdie loopbaan opsies sluit glasblasery, skilder en stoffeerwerk in.

'n Loopbaan wat fisiese arbeid betref, verg soms 'n matriek sertifikaat, of selfs 'n Baccalaurius graad, maar opleiding terwyl jy werk is meestal belangrik om die vaardighede te kry wat op hierdie gebied benodig word.  Loopbane op hierdie gebied kan aktiwiteite soos stene lê, pleisterwerk en verf van geboue insluit, asook na die sekuriteit van die geboue omsien – hetsy dit 'n woonhuis, of kantoorblok is; die hantering van alle soorte hande- en kraggereedskap; steiers oprig; en opruiming van enige rommel en afval.

'n Loopbaan waarin Hande vaardigheid en Fisiese Arbeid gebruik word.

'n Loopbaan in hierdie rigting verg inisiatief en vernuf, sowel as 'n optimistiese en selfversekerde houding.  Die vermoë om versigtig en metodies te werk, sowel as die vermoë om take te verrig wat fisies veeleisend is, is uiters belangrik.  Baie poste op hierdie gebied bied die geleentheid aan skoolverlaters om die beroep te betree deur 'n meer gekwalifiseerde werker te help sodat hy (die skoolverlater) die nodige vaardigheid en ondervinding kan aanleer.  Daar is gewoonlik geleenthede om na hoër posisies op 'n later stadium bevorder te word, en kan die persoon dus meer uitdagende take aanpak en meer onafhanklik werk.

Poste wat Hande Vaardigheid en Fisiese Arbeid behels

Messelaars en Pleisteraars bou en herstel mure, vloere, kaggels, skoorstene en ander strukture, waartydens hulle stene, beton, klip en ander materiale gebruik.  Messelwerk is 'n noodsaaklike deel van bouwerk, en 'n messelaar moet seker maak dat sy werk akkuraat is en ontwerp vereistes nakom.  'n Messelaar moet planne of tekeninge kan lees om uit te vind hoe die struktuur gebou moet word.  Projekte kan die volgende insluit: aan nuwe opdragte werk, of uitbreiding en restourasie van bestaande geboue.  Pleisteraars fokus meer op die finale voorkoms, byvoorbeeld 'n gladde, of getekstuurde afwerking op beton oppervlaktes soos mure, sypaadjies of randstene.  Soms word dit van hulle verwag on ingewikkelde dekoratiewe of ornamentele werk te doen.  'n Persoon wat hierdie loopbaan binnetree moet fisies gesond en sterk wees, en gemaklik voel om op hoë plekke te werk.  Veiligheidsklerasie word dikwels benodig.

Glasblasery is die proses om glas in nuttige vorms te omskep onderwyl dit in 'n kokende, semi-vloeiende staat verkeer.  Die glasblaser neem die gesmelte glas en vorm dit in verskillende vorms terwyl dit afkoel.  'n Blaasyster, ook bekend as 'n "pontil" of "punty" word gebruik om die voorwerp te vorm.  Die glasblaser blaas deur die hol yster terwyl hy dit in verskillende rigtings al in die rondte draai om 'n spesifieke, gewenste resultaat te behaal.  Apparate soos tange, 'n paletmes en hout blokke word gebruik om die eindproduk sagkens af te rond.  Hierdie is 'n  hoogs-gespesialiseerde beroep wat uitstekende hande vaardigheid en goeie hand-oog koördinasie verg.  Die werk word gewoonlik in 'n fabriek uitgevoer waar toestande warm en lawaaierig is, en werkslui benodig dus beskermende toerusting.

'n Slotmaker voorsien, monteer, versien en herstel 'n wye reeks slotte en sekuriteitstelsels.  Slotmakers gee raad oor maniere om die sekuriteit in huise, sowel as besigheidspersele, te verbeter.  Hierdie mense is uiters vaardig en kan feitlik alles doen wat slotte betref, vanaf basiese sleutel snyding tot nood oopmaak prosedures, sowel as die installasie van gesofistikeerde sekuriteit stelsels.  Slotmakers bied gewoonlik 'n 24-uur uitroep diens aan.  Hulle kan ook in kleinhandel sakeplekke werk waar hulle advies aan die algemene publiek verskaf, sowel as die verkoop van sekuriteits produkte.  Hierdie werk vereis tegniese vaardighede, sowel as 'n belang in meganiese en elektroniese toestelle.  'n Belangrike aspek van hierdie diens is om diskreet en vertrouelik te wees om die publiek se vertroue te wen.

'n Skilder of Verwer bring die finale afwerking aan die binnekant en buitekant van geboue aan om hulle 'n aantreklike voorkoms te gee wat by die omgewing sal aanpas, en by die gebou se omgewing bygevoeg word.  Skilders gee raad oor keuses van kleure, sowel as die regte keuse van verf of afwerking vir 'n spesifieke oppervlakte, terwyl hulle faktore soos duursaamheid en die kliënt se wense in ag neem.   'n Goeie kennis van die samestelling van verf en kleur harmonie is noodsaaklik.  Skilders kan gewoonlik ook verskeie ander afwerkings soos vernis en hout beits (stain) aanbring. Hulle moet weet hoe om verskillende oppervlaktes voor te berei, en watter stuk gereedskap benodig word om die gewenste effek van elke stuk werk te verhoog.  'n Skilder moet  met veiligheid en gesondheids regulasies vertroud wees, fiks wees, en gemaklik voel om op en in hoë plekke te werk.

Stoffeerders maak meubel items soos rusbanke, stoele en matrasse met opstopsels en ander materiale toe.  Produksie stoffeerders werk in fabrieke en stoffeer nuwe meubels deur moderne materiale soos skuim en poliëster te gebruik.  Hulle maak van 'n krammasjien (stapler) gebruik om die materiale aan die raamwerk van die meubelstuk vas te heg.  Kunstige stoffeerders werk ook soms aan nuwe meubels, maar doen gewoonlik herstoffering van ou, verslete meubels wat opgekikker moet word. Sommige stoffeerders verkies om antieke meubels te restoureer.  Hierdie loopbaan is vir mense wat trots op hulle werk is.  Hulle moet oor die vermoë beskik om netjies en akkuraat te werk, sowel as 'n rekenkundige vermoë hê om kostes te bereken en materiale akkuraat op te meet.  Hoflikheid en vriendelikheid is ook belangrik in hiedie werk, daar stoffeerders dikwels direk met kliënte skakel.

Handevaardigheid en Fisiese Werk Verenigings

SAGKV/SAGAS

Die Suid Afrikaanse Glas Kuns Vereniging (SAGKV) se doelwit is om die studie van glas in alle aspekte in Suid Afrika te bevorder; om homself met alle kunstenaars en werkers op hierdie gebied te vereenselwig, en om onderrig en tegniese ondersteuning aan te moedig; om met soortgelyke organisasies in die buiteland te skakel; en om 'n belang in glaskuns onder Suid Afrikaners aan te moedig en ontwikkel.  (www.sagas.co.za(Jammer – kan webwerf nie oproep nie)

SVSA/LASA

Die Slotmakers Vereniging van Suid Afrika (SVSA) is die verteenwoordigende liggaam vir die slotmakers nywerheid in the land, met takke in die Oostelike Provinsie, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Noordelike Provinsie en Wes Kaap.  Die vereniging bied produkte en tegniese werkswinkels aan sy lede, raad oor werksprobleme, die uitruil van idees, wenke en vernuftighede, sowel as slotmakery opleiding volgens nasionale standaarde.  (www.lasa.co.za)

SV V/CMA

Die Sement Vervaardigers Vereniging (SVV ) is in 1972 gestig.  Die vereniging se hoofdoelwit is om die toenemende en mees effektiewe gebruik van segmentale blok plaveisel, beton dakteëls, beton terughoudende blokke, vloer plate, beton messelwerk en beton pype vir argitekte, ingenieurs, kontrakteurs en eindverbruikers tot voordeel van almal te bevorder.  Om hierdie doelwit verder na te kom, bied die SVV 'n raadgewende diens, tegniese lesings, onderrig en opleidings kursusse, promosies, publikasies en navorsings terugvoering aan.  (www.cma.org.za)

Chantelle Gradidge 

 







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan