My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Marknavorser

- Onthaalkoördineerder

Bemarking

Bemarking is 'n uitgebreide en hoogs kompeterende bedryf. As jy dus 'n beroep in bemarking oorweeg, kan jy begin navorsing doen oor die uiteenlopende takke van hierdie bedryf, om presies uit te vind watter veld jou interesseer.

Sommige van die vele velde van bemarking sluit in handelsmerk-bestuur, advertensiewese, reklame-bemarking en direkte bemarking. Wanneer jy besluit het in watter veld jy belangstel, sal dit tot jou voordeel wees om te begin oplees oor die onderwerp, ten einde jou kennis en begrip van die spesifieke veld in die bedryf te ontwikkel.

Netwerking is van uiterste belang in bemarking en, in hierdie beroep, is dit 'n groot voordeel om 'n baie lang lys van kontakte te hê. 'n Wonderlike manier om te netwerk is om bemarkingsgeleenthede, konferensies en seminare by te woon, of om by besprekingsgroepe vir bemarking aan te sluit.

Praktiese ondervinding is ook 'n groot voordeel wanneer jy hierdie veld betree. Dit sou dus wys wees om klein, deeltydse werkies in bemarking te doen terwyl jy jou studies voltooi – dit sal sekerlik meer deure vir jou oopmaak wanneer jy werk soek.

Werk in bemarking

'n Marknavorser bestudeer marktoestande, ten einde die potensiële verkope van verskeie produkte of dienste te bepaal. Marknavorsers maak gebruik van navorsingstaktieke, soos opnames, meningsopnames en vraelyste om data in te samel, en statistieke te ondersoek en te analiseer, met die doel om toekomstige bemarkingsneigings te voorspel. Hulle samel ook inligting in oor hul mededingers, en analiseer pryse, verkope, en metodes van bemarking en verspreiding; en versamel data oor kliënte se voorkeure en koopgewoontes. Wanneer hulle al die inligting bekom het, berei hulle verslae en grafiese illustrasies voor om hul bevindinge te publiseer.

Gebeurtenis organiseerders is betrokke by die koördinering van verskeie funksies, van begin tot einde. Gebeurtenisse is uiteenlopend en kan funksies insluit soos troues, uitstallings, konferensies, reklame-funksies, produkbekendstellings en fondsinsamelingsgeleenthede. 'n Gebeurtenis organiseerder beplan 'n gebeurtenis, verseker die gladde verloop van die gebeurtenis, hou toesig oor die afbreek van die stellasies, en berei evalueringsverslae voor ná die gebeurtenis.

Tipiese aktiwiteite in hierdie werk sluit in navorsing van markte om geleenthede te identifiseer vir gebeurtenisse en skakeling met kliënte om hul presiese vereistes vir die gebeurtenis te bepaal. Skakeling met koerante, TV, radio en ander media, en die skryf van persvrystellings, ten einde die grootste moontlike blootstelling vir die gebeurtenis te kry, is ook die verantwoordelikheid van die gebeurtenis organiseerder. Hierdie beroep verg baie persoonlike betrokkenheid, en behels dikwels baie ure se werk, as deel van 'n span. Uitstekende kommunikasie- en organisatoriese vaardighede is noodsaaklik om die gladde en doeltreffende verloop van 'n gebeurtenis te verseker.

'n Kleinhandel bemarkingspesialis moet 'n hoogs gemotiveerde, georganiseerde spanspeler wees, met die vermoë om in 'n snelbewegende omgewing te werk. Kleinhandel-bemarkingspesialiste het 'n breë spektrum van verantwoordelikhede wat take insluit soos om algemene hulp aan die bemarkingspan te verleen, om jaarlikse kategorie- en produksieplanne te ontwikkel, om projekte vir handelsmerk-bemarking te bestuur, en om verkoop verslae te onderhou en te analiseer om behulpsaam te wees by toekomstige voorspellings en lynfunksie beplanning.

Bemarkingsverenigings

SAMRA

Die Suider-Afrikaanse bemarkingsnavorsingsvereniging (SAMRA) is 'n professionele liggaam van individue wat by elke aspek van bemarkingsnavorsing betrokke is – van beplanning, toesighouding en standaard-stelling vir die bedryf, tot onderrig en die bevordering van professionalisme in bemarkingsnavorsing. Die vereniging voorsien talle voordele aan sy lede, onder andere, die geleentheid om kennis te deel en te leer uit die ondervinding van ander lede. Sy hoofdoelstellings is: om te verseker dat professionele standaarde gehandhaaf word; om aan lede 'n opvoedkundige, inligtings- en sosiale forum te verskaf vir die bevordering van marknavorsing; om die belange van die marknavorsingsberoep in die breër samelewing te verteenwoordig; en om die professionele beeld en goeie naam van marknavorsing in ons samelewing te bevorder.

SAMRA se doelstellings sluit in die bevordering van marknavorsing, gebaseer op proefopnames en ander tegnieke; die beskerming van marknavorsing van invloede wat mag afbreuk doen aan sy empiriese basis; die verwydering van onetiese navorsingspraktyke; die bevordering van die hoogste bereikbare standaarde in die beroep; die bevordering van opvoeding en opleiding in marknavorsing; die verbetering van die bewusmaking, beeld en opvallendheid van marknavorsing in die samelewing; en die aanmoediging van navorsingsontwikkeling en voortdurende verbetering van navorsingstegnieke. www.samra.co.za

MA(SA)

Die doel van die bemarkingsvereniging van Suid-Afrika (MASA) is om die behoeftes van bemarkers te verteenwoordig, ten einde 'n omgewing te vestig wat maatskappye en individue in staat stel om hul bemarkingsbesighede optimaal te bedryf; om die geloofwaardigheid van bemarking as 'n professionele dissipline te handhaaf en te ontwikkel; en om geloofwaardige standaarde en etiek vir sy lede deur te voer. Die vereniging se belangrike prioriteit in die korttermyn is om 'n beter begrip van die behoeftes van belanghebbendes te ontwikkel, ten einde bevoegdheid aan hierdie belangegroepe, in besonder, te gee vir duidelike uitspraak en opklaring van waarde-voorstelle. Uiteindelik, is sy doelstelling om bevoegdheid te gee vir 'n grondwet, en 'n grondwet te ontwikkel, wat waarlik verteenwoordigend is van die hele bemarkingsbedryf. www.marketingsa.co.za

DMASA

Die direkte bemarkingsvereniging van Suid-Afrika (DMASA) het geweldige vordering in mobilisering van die bedryf gemaak, na die ontbinding van die bemarkingsfederasie van Suid-Afrika (MFSA). Aanvanklik, toe die DMA onder die MFSA-struktuur geval het, het die vereniging homself gevestig as 'n onafhanklike liggaam, wat nie slegs direkte bemarkers verteenwoordig nie, maar ook op die verbruiker fokus. Met dié dat die MFSA nie meer bestaan nie, was dit duidelik dat direkte bemarkers 'n liggaam nodig gehad het om die bedryf te reguleer en te beskerm. Deur die direkte bemarkingsvereniging van Suid-Afrika te hervestig, stel die DMASA homself ten doel om beide die bedryf en verbruikers teen onetiese of onkundige praktisyns te beskerm, en om druk uit te oefen teen nadelige wetgewing van regeringskant en ander reguleringsliggame. 'n Sleutelelement in DMA se aktiwiteite is die bevordering en uitbreiding van direkte bemarking binne die land. www.dmasa.org

Vir meer inligting oor werk in bemarking, sien asb. die September 2007-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

 







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan