My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Ambassadeur

Buitelandse Dienste

'n Beroep in buitelandse diens verskaf die geleentheid om jou land te verteenwoordig en te bevorder deur positiewe verhoudings met ander lande tot stand te bring. Baie werke in hierdie bedryf vereis dat applikante 'n streng keuringsproses ondergaan om te verseker dat hulle aan die vereistes voldoen, soos 'n aangename persoonlikheid, eerlikheid, goeie oordeel, toewyding, en bo-gemiddelde algemene kennis. Die vermoë om vlot en oortuigend te kommunikeer is ook noodsaaklik.

Meeste werk in buitelandse diens verleen die geleentheid om oorsee te reis om betekenisvolle politiese, ekonomiese of gesondheidskwessies soos MIV/VIGS, met die gasheer land se regering te bespreek. Dit kan soms moeilik wees om van land tot land te reis of te beweeg, as jy 'n gesin het, en dit is hartseer wanneer jy vriende gemaak het en dan moet aanbeweeg na 'n nuwe plek, maar die voordele maak dikwels op vir die nadele.

Werk in buitelandse diens

Ambassadeurs is gewoonlik die hoogste internasionale verteenwoordigers in die regering. Hulle beheer al die administrasie van buitelandse missies of ambassades. Meeste lande het ambassades in die buiteland om verhoudings met hierdie lande op te bou, en om burgers by te staan wat die buiteland besoek, wat toegang tot verteenwoordigers van die tuisland benodig wat oor gevolmagtigde status beskik.

Indien probleme tussen lande ontstaan, tree die ambassadeur op as die verteenwoordiger van sy of haar land. Hy of sy ontmoet met die leiers van die gasheer land en probeer om die probleme op te los. Ambassadeurs is gewoonlik charismatiese mense met 'n spesiale soort charisma wat mense aantrek, en dus onmiddellik bande met andere vorm en hul sfeer van invloed vergroot met mense van alle agtergronde.

Internasionale medianavorsers moniteer internasionale ontwikkeling en wêreldneigings deur feitelike inligting of statistiese data te versamel en te analiseer. Hulle verifieer die versamelde inligting en skryf artikels of stel verslae saam vir kliënte of vir publikasies. Onderhoudvoering met kundiges, voortgesette media oorsigte, en deurlopende navorsing is sommige van die metodes waarop inligting ingesamel word. Hulle organiseer die versamelde materiaal en stel inligting saam volgens 'n voorgeskrewe styl en formaat. Medianavorsers werk as 'n span, en doen ondersoek oor onderwerpe van belang wat van toepassing is op die betrokke tema.

Nog 'n gebied van verantwoordelikheid vir 'n medianavorser sluit in akkurate voorstelling van die data aan kliënte. Dit is nie ongewoon om oortyd te werk in hierdie beroep nie, aangesien streng sperdatums nagekom moet word. Medianavorsers moet die vermoë hê om inligting vinnig in te neem, oor uitstekende kommunikasievaardighede beskik (geskrewe en mondelings), en vindingryk en innemend wees. Hulle moet ook belangstel in sake van die dag.

Buitelandse sake departement en verenigings

DFA

Die visie van die Departement van Buitelandse Sake (DFA) is om te strewe vir die opbou van 'n Afrika-vasteland, wat vooruitstrewend, vreedsaam, demokraties, nie-rassisties, nie-seksisties en verenig is, en wat bydra tot 'n wêreld wat regverdig is en gelyke regte ondersteun. Sy missie is om toegewyd te wees aan die bevordering van Suid-Afrika se nasionale belange en waardes, die Afrika Renaissance en die skepping van 'n beter wêreld vir almal.

Sy doelstellings is: om Suid-Afrika se nasionale belange en waardes deur bilaterale en multilaterale interaksie te beskerm en te bevorder; om Suid-Afrika se internasionale verhoudings aan te knoop en te koördineer en om sy buitelandse beleidsdoelstellings te bevorder; om internasionale ontwikkelings te moniteer en die regering te adviseer oor buitelandse beleid en verwante huishoudelike sake; om Suid-Afrika se  gesag en gebiedsintegriteit te beskerm; om by te dra tot die formulering van internasionale reg en om respek vir die voorsienings daarvan te verhoog; om multilaterale verhoudings te bevorder om 'n internasionale stelsel te verseker wat op reëls gebaseer is; om 'n moderne, doeltreffende en uitstekende departement te handhaaf; om 'n konsulêre diens aan Suid-Afrikaanse burgers oorsee te verskaf; en om 'n uniek Suid-Afrikaanse staatsprotokol diens van wêreldgehalte te verskaf.

www.dfa.gov.za

FCA

Die buitelandse korrespondente-vereniging van suider-Afrika (FCA) is 'n nie-winsgewende organisasie wat die belange verteenwoordig van baie internasionale joernaliste wat in suider-Afrika gevestig is. Die vereniging hou byeenkomste met nuusmakers dwarsdeur die jaar, en tree ook op as 'n waghond vir persvryheid. Die organisasie strewe daarna om te verseker dat sy lede dwarsdeur die streek kan werk sonder om geïntimideer of onder aanslag te kom. Sy webwerf verskaf 'n aantal dienste aan lede en besoekende joernaliste. Gebruikers sal skakels vind na regerings- en nie-winsgewende agentskappe, lugrederye en plaaslike koerante; kontakte vir mede-joernaliste en fotograwe; asook inligting aangaande visum- en reisvereistes in die lande van suider-Afrika.

www.fcasa.co.za

SAMGI

Die suider-Afrikaanse media en geslag instituut (SAMGI) bevorder menseregte deur die reeks stemme te vermeerder wat in suider-Afrika gehoor kan word, deur middel van deelnemende opvoeding, voorspraak, druk uitoefening en media produksie om die status van vrouens te verbeter.

www.samgi.org.za

Vir meer inligting oor werk op die gebied van buitelandse sake, sien asb. die Februarie 2007-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

Chantelle Gradidge 

 


 

Om vir hierdie loopbaan te studeer, benodig mens 'n belang in politiek en buitelandse beleid; belang in die organisasionele samestelling en funksies van internasionale regerings organisasies, sowel as 'n begeerte om daaglikse gebeure, mense en die reg te studeer.

Daar is vele eksperimentele geleenthede beskikbaar aan diegene wat hierdie werk wil doen, byvoorbeeld deeltydse werk en internskappe met regerings agente of politieke partye, sowel as om in studente organisasies, vrywillige agentskappe en werwing betrokke te raak.

'n Loopbaan in buitelandse diens

Die hoofdoel van 'n diplomaat of buitelandse diens beampte is om positiewe en gunstige betrekkinge met ander lande te vestig.  Hierdie individu verteenwoordig die tuisland in alle buitelandse sake, soos buitelandse beleid aan die gasheer land oor te dra, en die tuisland op hoogte van alle politieke, ekonomiese, strategiese, handel en gemeenskaps ontwikkelings van die gasheer land te hou. 

Diplomate is daarvoor verantwoordelik om hulle lande te verteenwoordig en boodskappe tussen die lande te kommunikeer.  Kommunikasie en verduideliking van beleide en doelwitte is belangrik in hierdie loopbaan, sowel as spesifieke dokumente oor huidige stand van sake voor te lê, sowel as om internasionale konferensies by te woon.

Dit is die buitelandse sake beampte se taak om verhoudings tussen lande te verbeter en die gasheer land se opinie aangaande die tuisland positief te beïnvloed.

Ander werk in buitelandse diens.

Historici bestudeer en vertolk die verlede om vas te stel wat gebeur het, en waarom.  Die term "historikus" dek 'n breë spektrum van loopbaan opsies en werk.  Skole, universiteite, biblioteke, museums, private ondernemings en regerings kantore is maar sommige van hierdie areas.  Historici doen navorsing oor die verlede, ontleed en vertolk dit.  Hulle maak van baie bronne van inligting gebruik in hulle navorsing, insluitende regerings rekords, koerante, fotos, sowel as ongepubliseerde manuskripte soos persoonlike dagboeke en briewe.  Historici fokus gewoonlik op 'n spesifieke land of gebied, tydvak and velde soos kulturele, politieke en diplomatiese geskiedenis.  Hulle help ook om argief materiaal, kunsprodukte en historiese plekke te bewaar.  Historici kan loopbane soos opvoeders, navorsers, mededelers, advokate volg, en kan selfs hulle eie navorsing, geskrifte en ontleed vaardighede in besighede en verenigings gebruik.  Talle museums, hitsoriese verenigings, regerings agentskappe en ander organisasies bied internskappe, of vrywillige navorsings geleenthede aan diegene wat graag historici wil word.

'n Vertaler se werk is om tekste van een taal na 'n ander oor te vertaal.  'n Vertaler se werk wissel van finansiële geskrifte na pers artikels en opvoedkundige tekste, of in die buitelandse diens afdeling te werk waar hy/sy as vertaler vir die regering optree, om maar net 'n paar op te noem.  Vertalers moet oor uitstekende skryf- en ontledingsvermoë beskik, en omdat die dokumente wat hulle vertaal, akkuraat moet wees, moet hulle ook goed kan redigeer.  Hierdie taal deskundiges vertaal nie eenvoudig woorde nie – hulle gee begrippe en idees tussen tale deur, en hulle moet 'n deeglike begrip van die inhoud waarmee hulle werk, beskik.  Hulle moet ook sensitief teenoor die kulture verbonde aan die tale waarin hulle vaardig is, wees.  Baie vertalers werk vryskut, en daarom is hulle skedules somes onvoorspelbaar, wisselend van lang periodes van geen werk, tot projekte wat lang en ongereelde ure verg.  Vryskut werk bied egter verskeidenheid en buigbaarheid, en laat baie werkers toe om te kies watter werk hulle wil aanvaar, en watter nie.

Om buitelandse sake amptenaar te word, bied 'n wêreld van geleenthede, maar dit is nie sommer enigiemand se werk nie.  Terwyl sommige die werk as uitdagend, opwindend en lonend beskou, sal andere dit as ietwat onvanpas beskou.  Maar indien jou lewensstyl buigbaar is, en jy deur die wêreld wil reis, nuwe kulture ondervind, en in diens van jou land wil werk, dink gerus oor 'n loopbaan in buitelandse diens.

Buitelandse Diens Verenigings.

DBS/DFA

Departement van Buitelandse Sake (DBS)

Die Departement van Buitelandse Sake (DBS) is verantwoordelik vir die formulering, koördinasie, implementering en bestuur van Suid Afrika se buitelandse beleid en internasionale verhouding program.  Dit staan in beheer van buitelandse verhoudings, buitelandse verteenwoordiging en konsulêre dienste.  Die rol van die Departement van Buitelandse Sake is om Suid Afrika se buitelandse beleid te verwesenlik.  Hierdie word gelei deur 'n onderneming om menseregte te bevorder, demokrasie, justisie en internasionale reg, internasionale vrede en internasionaal aanvaarde meganismes om konflikte op te los; Afrika in wêreld gebeure; en ekonomiese ontwikkeling deur streeks- en internasionale samewerking.  (http://www.dfa.gov.za)

SAVI/SATI

Die Suid Afrikaanse Vertalers Instituut (SAVI) bestaan reeds sedert 1956.  Dit is in Johannesburg met 'n aanvanklike ledetal van 17 gestig.  Die doel was om aan "die vertaler professionele status en trots te verleen, en om 'n eerbare posisie vir die vertalings beroep tussen ander beroepe te verseker.  Die Instituut wil beskerming op twee fronte voorsien: dit wil sy lede beskerm en terselftertyd die publiek wat van vertalingsdienste gebruik wil maak, beskerm."  SAVI is 'n Instituut wat bystand verleen en daarna strewe om die belange van vertalers, sowel as diegene in soortgelyke beroepe, te ondersteun en beskerm.  Lidmaatskap is oop vir enigiemand wat in vertaalwerk en die verwante beroepe belangstel.  (http://www.translators.org.za)

SAIIS/SAIIA

Die Suid Afrikaanse Instituut vir Internasionale Sake (SAIIS) is 'n onafhanklike, nie-regerings organisasie wie se doelwit dit is om 'n verstandhouding van internasionale kwessies tussen Suid Afrikaners te bevorder.  SAIIS is in 1934 in Kaapstad gestig en streef daarna om op te voed, in te lig en kontak tussen mense te vergemaklik wat oor Suid Afrika se plek in die wêreld besorg is, en om tot die openbare debat oor buitelandse beleid by te dra.  SAIIS vervul vier rolle, naamlik openbare onderrig, gespesialiseerde navorsing, internasionale netwerk en ontwikkeling van leierskap.  (http://saiia.org.za)

SAHA

Die Suid Afrikaanse Historiese Argief (SAHA)is 'n nie-regerings organisasie wat daaraan toegewyd is om die strewe vir geregtigheid in Suid Afrika te ondersteun en op te teken.  SAHA is in die 1980's gestig en sy doelwit was om die herneming van ons verwaarloosde geskiedenis te bevorder, sowel as om geskiedenis in wording op te teken.  Dit strewe ook om onlangse en gewese versamelings van geskiedrolle te bewaar en te skep.  SAHA het in 2001 sy Vryheid van Inligting oopgestel, "daaraan toegewyd tot die Bevordering van Toegang tot Inligtings Wet" om die grense van vryheid tot inligting uit te brei, en om 'n argief van materiale op te bou wat onder die Wet vir openbare gebruik vrygestel is.  (http://www.saha.org.za)

Chantelle Capper







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan