My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Akkerboukundige

Botaniese Plant- en Terreinaanleg

Die voordeel daarvan om 'n beroep in plantkunde te volg is dat daar baie vertakkings van spesialis rigtings en beroepsmoontlikhede is. Mense van baie verskillende agtergronde, aanlegte en belangstellings kan hierdie veld betree, en iets kies wat spesifiek by hul belangstellings pas.

As jy in grond en plante belangstel, dit geniet om in die buitelug te werk, en entoesiasties is oor wetenskap en biologie, dan sal jy heel waarskynlik dol wees oor hierdie beroep. Niks is meer vervullend as om 'n beroep te hê waaroor jy werklik passievol is nie, en terselfdertyd te weet dat jou werk tot voordeel van natuurlike hulpbronne is nie.

Akkerboukundiges is betrokke by gewas- en grondwetenskappe. Hulle maak gebruik van hul kennis van plante en grondsoorte om suksesvolle gewasproduksie te vermeerder, terwyl hulle omgewingsbewaring in ag neem. 'n Akkerboukundige ondersoek probleem gewasse en ontwikkel metodes en vind oplossings om die opbrengs van gewasse te verbeter. Hulle gee raad aan boere oor sake soos bemesting, dreinering, besproeiing, plantsiektes en plaagbeheer. Die gewasse waarmee hulle werk sluit in mielies, sonneblomme, katoen, suikerriet en vrugte.

Akkerboukundiges werk gewoonlik in die buitelug en het soms die geleentheid om na ander lande te reis om hulp te verleen en raad te gee oor suksesvolle gewas produksie. Matriek Wiskunde en Wetenskap is baie belangrik in hierdie beroep, terwyl Biologie en Aardrykskunde ook voordelig is. Daar is beroepsgeleenthede op die gebiede van navorsing, landbou, opvoeding en projekbestuur.

Die verbouing en verkoop van kits grasperke (ook bekend as grassooie) gee mense die geleentheid om onmiddellik 'n pragtige grasperk te geniet, sonder al die pynlike beslommernis van saadjies plant. Met die aantal geboue en ontwikkelings van die afgelope jare, het die kits grasperk besigheid 'n bloeitydperk beleef! Kits grasperk word aan residensiële ontwikkelings, kantoorkomplekse, sport- of atletiekvelde en gholfbane verskaf – die aanvraag is groot.

Die verbouing en verskaffing van kits grasperke behels egter meer as … die verbouing en verskaffing van kits grasperke! Kennis van verskillende grasse, grondsoorte, besmetting en chemikalieë is baie belangrik. Deeglike voorbereiding van die grond is ook noodsaaklik, as jy lowergroen grasperke wil verkoop wat lank sal hou. Die verwydering van afval, die uitvoering van verskillende grond toetse, en onkruid- en plaagbeheermaatreëls is baie belangrike stappe om te neem wanneer jy kits grasperke verkoop.

Daar is ook baie elemente wat in aanmerking geneem moet word wanneer jy grasperke verkoop, soos die dikte van die grasperk, en die natheid van die grasperk. Hierdie elemente gee 'n aanduiding van die gehalte of toestand van die sooie. Spesiale toerusting word ook benodig om die grasperk in repe op te sny, wat dan opgerol word en so gou as moontlik verkoop word om te verhoed dat hulle uitdroog.

Verenigings

Botaniese  vereniging van Suid-Afrika

Om lid te word van die botaniese vereniging van Suid-Afrika hou baie voordele vir lede in. Sommige voordele sluit in gratis toegang tot botaniese tuine, afslag by die winkels van die botaniese vereniging, en ontvangs van die tydskrif, Veld & Flora. Daar is ook geleentheid om deel te neem aan vrywillige programme, soos publikasies, bewaring, opvoeding en die ontwikkelingsfonds, deur bewustheid te kweek, fondsinsameling en/of hulpverlening deur middel van finansiële ondersteuning. Die botaniese vereniging het ook 'n program vir nalatings, wat bekend staan as die Heritage Circle. Deur eenvoudig 'n lid of ondersteuner van die vereniging te word, kan 'n mens trots wees in die wete dat 'n mens bydra tot die bewaring en wyse gebruik van 'n uitsonderlike blomme-nalatenskap.

www.botanicalsociety.org.za

ARC

Die Landbounavorsingsraad (ARC) se hoof doelwitte is om navorsing uit te voer, ten einde die landboubedryf te bevorder; om by te dra tot 'n beter lewensgehalte; en om die bewaring van natuurlike hulpbronne te fasiliteer.

www.arc.agric.za

Aanhalings:

"Niks is meer vervullend as om 'n beroep te hê waaroor jy werklik passievol is nie, en terselfdertyd te weet dat jou werk tot voordeel van natuurlike hulpbronne is nie."

"Die verbouing en verskaffing van kits grasperke behels egter meer as … die verbouing en verskaffing van kits grasperke!"







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan