My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Huishulp

Skoonmaak en Huishouding

Daar is geweldig baie werkgeleenthede in hierdie sektor. Meeste geboue en huishoudings vereis dat werkers persele skoonmaak en in stand hou. 'n Mens hoef net na al die nuwe ontwikkelings te kyk – kantore, huise, skole, hospitale en fabrieke – om te besef dat skoonmakers en instandhoudingswerkers oral baie gesog is.

Deesdae is tydsbeperkinge die algemene uitdaging in die gemiddelde besige huishouding of kantoor. Daarom het baie mense nie tyd om hul werk- of blyplek skoon en netjies te hou nie. Hulle maak staat op huishulpe, kontrak skoonmakers of soortgelyke werkers om hul lewens makliker te maak, sodat hulle kan fokus op ander belangrike tydrowende sake.

Skoonmaak- en instandhoudingswerk is gewoonlik arbeidsintensief. Enigeen wat belangstel in werk in hierdie sektor moet fisies fiks en hardwerkend wees. Pligte kan verskeie aktiwiteite behels, wat insluit om privaat huishoudings netjies en skoon te hou, beddens in hotelle op te maak, restourant tafels skoon te maak na kliënte klaar geëet het, hospitaal vloere te ontsmet en te steriliseer, en sportgronde in stand te hou.

Die hoof verantwoordelikheid van 'n terreinopsigter is om sportgronde te versorg, soos krieket en rugby velde, of tennisbane. Hul pligte sluit in die installering en instandhouding van toerusting, soos nette, pale en beskermende bedekking, en die algemene instandhouding van die geboue op die gronde, insluitend verf- en herstelwerk. Take verskil gewoonlik, afhangende van seisoenale of weerstoestande. Terreinopsigters ontvang dikwels opleiding in die werksituasie, maar kan ook kies uit 'n reeks toepaslike kwalifikasies om te verwerf.

Soos wat meer en meer moderne vrouens die besigheidswêreld betree, is daar 'n betekenisvolle toename in die aanvraag na huishoudelike hulp. Die verantwoordelikhede van huishulpe sluit take in soos afstof, poleer, vee, vloere was, stofsuig en ander algemene skoonmaak aktiwiteite. Wasgoed was, stryk en klere vou is ook alledaagse verantwoordelikhede van 'n huishulp. Daar word ook van sommige huishulpe vereis om silwerware te poleer, vensters te was, kruideniersware te koop en kinders te versorg. Dit is 'n geweldige groot stap vir ouers om hul kinders in die sorg van 'n huishulp te plaas, maar daar is baie huishulpe wat dit as 'n ware voorreg sien en wat die werkgewer se gesin as 'n uitbreiding van hul eie sien. Huishulpe het gewoonlik die keuse om by hul werkplek te slaap, of om daagliks per taxi of bus werk toe en terug te reis.

Verenigings

NCCA

Die nasionale kontrak-skoonmakersvereniging is verbind tot die ontwikkeling en daarstelling van geskikte standaarde vir die kontrak-skoonmakersbedryf. Die vereniging se missie is om leiding te gee aan die bedryf deur 'n professionele omgewing te skep. Dit word gedoen deur bedryfsaktiwiteite te fasiliteer en te koördineer, met die doel om die verlangde voordele vir lede en die gemeenskap as geheel te verkry.

www.ncca.co.za

ISSA

Die "Worldwide Cleaning Industry Association" (ISSA) is vasbeslote om die leidende vereniging te bly vir die skoonmaakbedryf. Die vereniging stel homself ten doel om 'n gemeenskaplike stem vir die bedryf te skep op die gebiede van ekonomie, politiek en die gemeenskap, vandag en in die komende jare. Die ISSA beoog om die leidende hulpbron vir inligting, opvoeding, netwerking en handelsgeleenthede te wees, asook die leidende stem in die regering en die gemeenskap vir firmas binne die skoonmaakbedryf wêreldwyd.

www.issa.com

Aanhalings:

"Enigeen wat belangstel in werk in hierdie sektor moet fisies fiks en hardwerkend wees."

"Soos wat meer en meer moderne vrouens die besigheidswêreld betree, is daar 'n betekenisvolle toename in die aanvraag na huishoudelike hulp."

 







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan