My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


Dier- en Veeartsenykunde

Diereliefhebbers put geweldige bevrediging daaruit om met diere te werk en hulle te help, maar om diere te versorg kan ook baie harde werk wees – sowel fisies as emosioneel.

Die vele werkgeleenthede in dieresorg is ook uiteenlopend. Werktitels en pligte is oneindig, afhangend van kwalifikasies, ondervinding en werkomgewing. Om met diere te werk kan uitgebreide en verskillende verantwoordelikhede behels, soos die skoonmaak van hokke (wat gewoonlik buk of kruip beteken, of die risiko om deur diere gebyt of gekrap te word); speel met diere of hulle geselskap te hou; om gedragsveranderinge waar te neem om siekte of besering te monitor; en meer wetenskaplike en komplekse werk, soos dié van 'n veearts.

Diereherberge en beskuttings, veeartseny praktyke, stalle, dieretuine en akwariums is maar 'n paar instellings wat werk bied aan mense wat diere versorg. Baie werkers in hierdie veld ontvang in-diens opleiding, maar sommige werke, soos dié van 'n dierkundige of veearts, vereis nagraadse opleiding in dierkunde.

'n Beroep in dierkunde en veeartsenykunde

Baie troeteldier eienaars beskou hul troeteldiere as deel van hul gesin. Die aanvraag vir oordadige en uitspattige dieresorg en -dienste, asook die gretigheid om uitermatige hoeveelhede geld op gehalte dieresorg te spandeer, is dus besig om met groot spronge toe te neem. Werkgeleenthede is volop in hierdie bedryf, alhoewel inkomste oor die algemeen laag is. Diere-beskuttings wat nie baie finansiële ondersteuning kry nie, moet gewoonlik meestal staatmaak op vrywilligers vir bystand met diere. Werkers in dieresorg werk normaalweg in die buitelug, in alle soorte weer, en dikwels met gevaarlike diere. Werkure is ongereeld en mag naweek skofte insluit.

Werk in hierdie veld

'n Veearts diagnoseer siek en beseerde diere deur die dier te ondersoek om die aard van die siekte of besering te bepaal, en dan die dier dienooreenkomstig te behandel, óf deur medikasie óf deur 'n operasie. Veeartse gee ook algemene raad aan eienaars oor inentings, diere-higiëne, voeding en dag-tot-dag versorging van diere, ten einde optimale dieregesondheid te bevorder. Veeartse behandel baie soorte diere: van honde, katte en plaasdiere tot voëls, visse en reptiele.

Om 'n veearts te word, moet 'n mens 'n graad in veeartsenykunde voltooi. Wiskunde, Wetenskap en Biologie is skoolvakke wat oorweeg moet word, as jy hierdie beroep in die oog het. 'n Mens moet ook goed met eienaars oor die weg kan kom en met hulle meegevoel toon, waar nodig, byvoorbeeld, as genadedood aan hul troeteldier toegedien moet word. Meeste veeartse begin as werknemers by gevestigde praktyke, en beweeg dan aan om hul eie praktyke te begin, wanneer hulle die vereiste toerusting kan bekostig. Lang werkure kan verwag word, veral wanneer jy op roep is, of in noodgevalle. Veeartse speel ook 'n groot rol in dierenavorsing.

'n Dierkundige is verantwoordelik daarvoor om navorsing op verskeie gebiede uit te voer wat verband hou met diere, soos teling, behuising, sanitasie, parasiet- en siektebeheer, dierevoeding, die beheer van 

opreg geteelde diere, en om voortdurend verbeterde praktyke op hierdie gebiede te ontwikkel, gebaseer op nuwe kennis wat ingewin is. Sommige verantwoordelikhede van dierkundiges sluit in raadgewing oor produkte en tegnieke om diereproduksie te verbeter, studie van die vereistes vir dierevoeding en die voedingswaarde van dierevoer, en studie van die invloed van omgewingsfaktore op die gehalte en hoeveelheid van diereprodukte, soos eiers of melk. Dierkundiges spesialiseer dikwels op 'n spesifieke gebied van dierenavorsing.

Die werk van 'n jokkie is nie net eenvoudig om 'n resiesperd te ry van die beginpunt tot die eindstreep nie. Ander verantwoordelikhede sluit in gesprekke met afrigters om strategieë te beplan voor die resies, en daarna, om prestasie in die resies te analiseer. Jokkies moet 'n sekere lengte wees (baie kort!) en moet voor elke resies "inweeg" om te verseker dat hulle aan streng voorskrifte vir gewig voldoen.

Stalbestuurders hou toesig oor die stalwerkers (stalwerkers hou gewoonlik die stalle in stand en versorg die perde), koördineer hul verantwoordelikhede, en inspekteer die stalle van tyd tot tyd om te verseker dat die hokke skoon en in stand gehou word. Hulle maak seker dat kos- en watertrôe skoon is en dat die diere genoeg voer het – die stalbestuurder bepaal gewoonlik die hoeveelheid voer wat die diere moet kry, en dit word tipies gemeet volgens vorige verbruik, gesondheid, aktiwiteit en die grootte van die dier. Stalbestuurders moniteer die diere vir enige tekens van siekte of besering, roep die veearts in, waar nodig, en behandel diere, by geleentheid, volgens instruksies van die veearts.

'n Voëlkundige is iemand wat voëls bestudeer; maar baie voëlkundiges werk nie uitsluitlik met voëls nie – hierdie beroep gaan dikwels hand-aan-hand met 'n beroep in, byvoorbeeld, ekologie of wildlewe. Voëlkundiges bestudeer voëls in hul natuurlike habitat om meer uit te vind oor hul oorsprong, gedrag, interaksies, lewensprosesse, siektes, omgewingsvoorkeure, groei, ontwikkeling en genetika. Voëlkundiges versamel ook monsters vir laboratorium studies in voëlkunde, voer disseksies uit, en berei versamelings voor vir mikroskopiese ondersoek. Chemikalieë en verskeie tipes wetenskaplike toerusting word gebruik om hierdie studies uit te voer; dus is Wiskunde, Chemie, Biologie, en Wetenskap goeie vakke om op skool te neem, ten einde hierdie jou beroep te maak. Ander pligte in hierdie beroep kan insluit om te help met die vangs en ring van  bedreigde spesies, data invoer en die voorbereiding van verslae. Voëlkundiges moet in goeie fisiese toestand wees, die vermoë hê om onafhanklik, asook in 'n span, te werk, gemotiveerd wees, en lang ure in alle weerstoestande kan werk.

Diere- en veeartsverenigings

SAAVT

Die Suid-Afrikaanse vereniging van veeartsenykundige tegnoloë (SAAVT) het ten doel om nouer samewerking en kontak tussen die land se veeartsenykundige tegnoloë te bewerkstellig en om 'n trots in die beroep onder al sy lede tot stand te bring. Die vereniging is verder betrokke by die samestelling van die studie curriculum vir die opleidingskursus, en die opdatering van die inhoud om tred te hou met vorderings op die gebied. Veeartsenykundige tegnoloë speel 'n belangrike rol in die handhawing van dieregesondheid en -produktiwiteit in Suid-Afrika.

www.saavt.co.za

SAVA

Die Suid-Afrikaanse veeartsenykundige vereniging (SAVA) stel homself ten doel om sy lede te dien, en om die status en beeld van veeartse te bevorder. Die vereniging is verbind tot die handhawing van die hoogste professionele en wetenskaplike standaarde; die gebruik van die professionele kennis, vaardigheid en hulpbronne van sy lede; asook die snoer van nouer bande met die gemeenskap, waardeur die gesondheid en welstand van diere en die mensdom bevorder word.

www.sava.co.za

SASAS

Die Suid-Afrikaanse vereniging vir dierewetenskap (SASAS) is 'n vereniging van dierkundiges wat die volgende gemeenskaplike doel het: om diere-landbou te beoefen en daaroor verslag te doen, gebaseer op wetenskap. Die SASAS-webwerf stel lesers in staat om 'n geweldige hoeveelheid interessante inligting oor dierkunde in Suid-Afrika te bekom.

www.sasas.co.za

BirdLife South Africa

BirdLife South Africa is the vooraanstaande organisasie in Suid-Afrika vir elkeen wat in voëls en hul voortbestaan belangstel. Die missie van die vereniging is om die genot, bewaring, begrip en studie van wilde voëls en hul habitat te bevorder.

www.birdlife.org.za

SAJA

Die Suid-Afrikaanse jokkie-vereniging is 'n nasionale liggaam wat gelisensieerde jokkies dwarsoor Suid-Afrika verteenwoordig. Die visie van die vereniging is om die welstand van alle lede te verbeter deur gelyke regte, veiligheid en lewensgehalte te verseker vir alle gelisensieerde jokkies in Suid-Afrika.

www.sajockey.co.za

Chantelle Gradidge


Diere liefhebbers put geweldige genot daaruit om met diere te werk en hulle te help, maar dit kan ook fisies en emosioneel baie harde werk verg om diere te versorg.

Daar is 'n wye verskeidenheid van werk in dieresorg.  Werkstitels en pligte is enorm en hang van opleiding, ondervinding en omgewing af.  Om met diere te werk behels uitgebreide en verskeie verantwoordelikhede soos hokke skoonmaak (wat gewoonlik beteken dat mens moet kniel, kruip, of die risiko loop om deur 'n dier gebyt of gekrap te word),  met die diere speel, of hulle van kameraadskap te voorsien, om na gedragsveranderandings op te let om siekte of besering dop te hou, en dan die meer wetenskaplike werk soos dié van diere- of veearts.

Diere hokke en skuilings, veeartseny praktyke, stalle, dieretuine en akwaria is maar 'n paar instellings wat werk aan diereversorgers bied.  Baie werkers op hierdie gebied ontvang direkte opleiding terwyl hulle werk, maar sommige werke, soos dié van diere wetenskaplike of veearts, benodig nagraadse grade in diere wetenskappe.

'n Loopbaan in Diereversorging en Veeartseny

Baie troeteldier eienaars beskou hulle troeteldiere as deel van hulle gesinne.  Daarom groei die aanvraag vir ruim en uitspattige dieresorg en dienste, en die begeerte om groot hoeveelhede geld op kwaliteit dieresorg uit te gee.  Werksgeleenthede is volop in hierdie bedryf, alhoewel salarisse gewoonlik laag is.  Diere skuilings wat min finansiële bystand ontvang, moet gewoonlik op vrywillige werkers staatmaak om met die diere te help.  Dieresorg werkers werk gewoonlik in die buitelug in alle weersomstandighede, en dikwels met gevaarlike diere.  Werksure is ongereeld, en kan naweek skofte insluit.

Verpligtinge in Dieresorg en Veeartseny.

'n Vee- of dierearts diagnoseer siek en beseerde diere deur die dier te ondersoek om die aard van die siekte of besering vas te stel.  Die dier word dan daarvolgens behandel, hetsy deur medikasie, of deur snykunde.  Veeartse gee ook algemene raad aan diere eienaars aangaande inentings, diere higiene, voeding, en dag tot dag versorging van diere om optimum diere gesondheid te verseker.  Veeartse behandel vele soorte diere, vanaf honde, katte en plaasdiere tot voëls, visse en reptiele.

Mens benodig 'n volle graad in veeartseny wetenskap om as veearts te praktiseer.  Wiskunde, wetenskap en biologie is skoolvakke wat oorweeg moet word om hiedie loopbaan te kan volg.  Mens moet ook goed met diere eienaars oor die weg kom, en wanneer nodig, met hulle empatiseer, soos byvoorbeeld as hulle dier uitgesit moet word.  Meeste veeartse begin as werknemers in gevestigde praktyke, en open dan later hulle eie praktyk wanneer hulle die nodige toerusting kan bekostig.  Lang werksure kan verwag word, veral wanneer die persoon op bystand is, of wanneer noodgevalle opduik.  Veeartse speel ook 'n groot rol in diere navorsing.

'n Diere wetenskaplike is verantwoordelik vir navorsing op verskeie gebiede wat betrekking op diere het, soos aanteel, voer, behuising, sanitasie, parasiet en siekte beheer, diere voeding, en beheer van opreggeteelde diere, en om voortdurend verbeterde praktyke op hierdie gebiede te ontwikkel, gebaseer op hierdie nuutgevonde kennis.

Sommige verantwoordelikhede van diere wetenskaplikes sluit raadgewing oor produkte en tegnieke in wat diere produksie pogings kan verbeter; die studie van diere voedings benodigdhede en voedingswaarde van dierevoeding, en die uitwerking van omgewings toestande op die kwaliteit en hoeveelheid van diereprodukte soos melk, of eiers te bestudeer.  Diere wetenskapliks spesialiseer dikwels in 'n spesifieke gebied van diere navorsing.  

'n Joggie se werk bestaan nie slegs daaruit om 'n renperd vanaf die wegspringhek tot oor die eindstreep op 'n renbaan te ry nie.  Ander verantwoordelikhede bestaan uit beraadslaging met die afrigters om strategieë vir die wedren te beplan, en om na afloop van die wedren gesprek te voer om vertoning te ontleed.  Joggies moet 'n sekere lengte wees (baie kort!) en moet voor elke wedren inweeg om te verseker dat hulle aan al die streng gewigsregulasies voldoen.

Stal bestuurders  hou toesig oor stalwerkers (wie se taak dit is om die stalle in stand te hou en na die perde om te sien), ko-ordineer hulle verantwoordelikhede, en inspekteer die stalle van tyd tot tyd om algemene netheid en instandhouding van die stalle te verseker.  Hulle maak seker dat water en voer houers skoon is, en dat die diere genoeg voer het – die stal bestuur bepaal gewoonlik hoeveel kos aan die diere gegee moet word, en dit word gewoonlik aan vorige inname, gesondheid, aktiwiteit en grootte van die dier gemeet.  Stal bestuurders monitor die diere vir enige tekens van siekte of besering, ontbied die veearts wanneer nodig, en behandel die dier volgens die veearts se instruksies.

'n Ornitoloog is iemand wat voëls bestudeer, maar baie ornitoloë werk nie uitsluitlik met voëls nie – hierdie loopbaan gaan dikwels hand-aan-hand met 'n loopbaan in – byvoorbeeld – ekologie of wildlewe.  Ornitoloë bestudeer voëls in hulle natuurlike habitat om meer oor hulle oorsprong, gedrag, tussenaksies, lewensprosesse, siektes, omgewings keuses, groei, ontwikkeling en genetika uit te vind.  Ornitoloë kollekteer ook monsters vir laboratorium studies in ornitologie, voer nadoodse ontledings uit, en berei versamelings voor vir mikroskopiese ondersoek. 

Chemikalieë en verskeie soorte wetenskaplike toerusting word gebruik om hierdie studies uit te voer, derhalwe is wiskunde, chemie, biologie en wetenskap goeie vakke om op skool te leer met die doel om hierdie loopbaan te volg.  Ander pligte in hierdie loopbaan kan die vang van bedreigde spesies insluit en hulle te ring (ringe op die pote sit), data inskrywings en voorbereiding van verslae.  Ornitoloë moet in goeie fisiese gesondheid verkeer, die vermoë hê om onafhanklik, sowel as in 'n span te kan werk, gemotiveerd bly, en lang ure in alle weersomstandighede te kan werk.

Diere en Veeartseny Verenigings

SAVVT

Die Suid Afrikaanse Vereniging van Veeartseny Tegnoloë (SAVVT) stel hulle ten doel om nouer samewerking en kontak tussen die land se Veeartseny tegnoloë te bevorder, en 'n gevoel van beroepstrots tussen lede aan te moedig.  Die vereniging is verder bemoeid met die samestelling van die studie kurrikulum vir die opleidingskursus, en om toe te sien dat die inhoud met bevorderings in die veld op datum bly.  Veeartseny tegnoloë speel 'n belangrike rol in die onderhoud van diere gesondheid en produktiwiteit in Suid Afrika.   www.saavt.co.za

SAVV

Die Suid Afrikaanse Veeartrseny Vereniging (SAVV) stel hom te doel om sy lede te dien, en die status en beeld van die veearts te bevorder.  Hulle is daaraan toegewys om die hoogste professionele en wetenskaplike standaarde te handhaaf, om professionele kennis, vaardighede en bronne van sy lede te gebruik, sowel as om nouer bande met die gemeenskap te skoei, en daardeur die gesondheid en welsyn van diere en die mensdom te bevorder.   www.sava.co.za

SAVDW

Die Suid Afrikaanse Vereniging vir Diere Wetenskap (SAVDW) is 'n liggaam van diere wetenskaplikes wat die volgende gesamentlike doelwit voor oë het: om oor diere landbou, op wetenskap gebaseer, te praktiseer en verslag te lewer.  Hulle webtuiste stel mense in staat om 'n geweldige hoeveelheid interessante inligting oor Diere Wetenskap in Suid Afrika te bekom.  www.sasas.co.za

Birdlife South Africa

Birdlife South Africa is die leidende organisasie vir almal in Suid Afrika wat in voëls en hulle oorlewing belangstel.  Sy doelwit is om die genot, bewaring, begrip en studie van wilde voëls in hulle habitat te bevorder.  www.birdlife.org.za

Die Suid Afrikaanse Joggie Vereniging is 'n nasionale liggaam wat gelisensieërde joggies in Suid Afrika verteenwoordig.  Sy doelwit is om die welsyn van al sy lede deur gelykheid, veiligheid en lewenskwaliteit vir alle gelisensieërde joggies in Suid Afrika te verhoog.  www.sajockey.co.za

Chantelle Gradidge  







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan