My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Fasiliteerder van Fleksografiese Departement

Opvoeding- en Opleidingsektor

Laerskool is vir die meeste mense die eerste ondervinding van die opvoeding- en opleidingsektor. Die persoon wat die meeste uitstaan wanneer ek dink aan daardie jare is my Graad 2-juffrou.

Sy was baie ouer as al die ander juffrouens. Ek was verskriklik bang vir haar, maar terselfdertyd, het ek besonder baie van haar gehou. Sy was streng, maar ook baie besorg oor ons. Sy het net die regte mengsel van dissipline en pret in haar klasse gehad. Jy kon dit nie waag om te praat terwyl sy praat nie, maar as sy vrae gevra het, het ons almal gestoei vir haar aandag, en ons hande so vinnig as moontlik in die lug opgesteek.

'n Beroep in opvoeding en opleiding

Die opvoeding- en opleidingsektor in Suid-Afrika is geweldig groot, met meer as 11, 8 miljoen skool leerders in 2004, meer as 450 000 universiteitstudente, meer as 200 000 studente van die universiteite van tegnologie en meer as 460 000 kollege studente wat voortgesette opvoeding en opleiding ondergaan. Daar was amper 26 000 laer-, hoër-, gekombineerde en intermediêre skole, met 350 000 opvoeders (inligting verkry uit die Suid-Afrikaanse Jaarboek 2005/06, wat deur die regering gepubliseer is en beskikbaar is op www.gcis.gov.za).

As jy passievol is om van diens te wees vir ander (kinders of volwassenes), kyk gerus na sommige van die werkgeleenthede in hierdie bedryf.

Werk in pre-primêre, laerskool en hoërskoolopvoeding:

Kindersorg (educare/pre-primêr) is een van daardie werke waarsonder die moderne moeder nie kan klaarkom nie. Weens 'n styging in die aantal moeders wat van agt tot vyf werk, het die aanvraag vir gehalte dagsorgdienste met gekwalifiseerde opvoedingspersoneel, in die afgelope klompie jare gestyg.

Ek is seker ek hoef nie die werk van 'n onderwyser te verduidelik nie. As jy 'n onderwyser wil wees, is dit belangrik om van kinders te hou en hulle te verstaan. Onderwysers moet hul vakinhoud kan verduidelik en empatie met leerders hê. Daar is tipies drie groepe onderwysers, naamlik, pre-primêr, laerskool en hoërskool.

Om 'n skoolberader te wees, moet jy 'n graad in sielkunde hê, asook 'n diploma in opvoedkunde. Skoolberaders leer vaardighede aan kinders, om hulle te help om ná skool werk te kry en om beroepsbesluite te maak, en hulle voer IK, aanleg- en belangstellingstoetse uit. Sielkunde is van hulp wanneer leerders met sosiale en emosionele probleme beraad moet word, in die geval van die egskeiding van hul ouers, druiping of 'n onvermoë om vriende te maak.

'n Skoolhoof het ook geen bekendstelling nodig nie. Ek is seker die meeste van ons was al ten minste eenkeer in die skoolhoof se kantoor. 'n Skoolhoof moet bestuurs- en kommunikasievaardighede, kennis van al die vakke en 'n aanvoeling vir kinders hê. Hy of sy is verantwoordelik vir die finansies, werwing van personeel, asook alles wat by die skool gebeur.

Koshuis matrones moet van kinders hou en hulle verstaan, of anders mag die werk ondraaglik word vir beide die matrone en die kinders! Die pligte van 'n koshuis matrone sluit in toesighouding oor kinders, personeel, die kombuis en die wassery, en ander koshuis take. Die belangrikste is dat 'n matrone 'n goeie probleemoplosser moet wees, omdat sy na studente se probleme moet luister en hulle probeer oplos.

Werk in tersiêre, volwasse en verdere opvoeding

Goeie lektore is passievol oor hul vakgebied en het die vermoë om dit vir hul studente interessant te maak. As 'n lektor, moet jy geduldig, simpatiek en behulpsaam wees.

Huishoudkundiges is besorg oor mense en hul welstand. Hulle leer mense om hulpbronne te gebruik wat byderhand is, om 'n beter leefwyse in hul huise te verkry.

'n Volwasse opvoeder, wat op professionele ontwikkeling fokus, bied saans en oor naweke kursusse aan die publiek, wat beroepsmense nuwe vaardighede leer of 'n nuwe benadering tot 'n onderwerp. Jy moet 'n deskundige wees op die gebied wat jy doseer en die vermoë hê om ander te leer.

Hulle bied klasse aan oor 'n verskeidenheid onderwerpe, wat strek van persoonlike groei (doelstelling, die speel van 'n musikale instrument) tot vaardighede vir ekonomiese oorlewing (tuinmaak, werk soek) en interpersoonlike vaardighede (kommunikasie, verryking van verhoudings). Mense in sorggewende beroepe, soos verpleegsters, maatskaplike werkers en sielkundige bied dikwels hierdie klasse aan.

Basiese volwasse opvoeders leer geletterdheid en help studente om Graad 10 of 12 deur te kom.

Opleidingsbeamptes herken en los prestasie-probleme op wat werkers mag ondervind. Hulle beoordeel werkers se vermoëns en karakters en kanaliseer hulle in geskikte beroepe.

Ander werke in die sektor:

Curriculum beplanners/ontwikkelaars, en nie onderwysers nie, is die mense wat besluit watter vakke (en inhoud) gedek moet word tydens leerders se opvoeding.

Fiksheidsinstrukteurs is diegene wat gewoonlik by 'n gym werk. Hul doel is om mense af te rig om fisiese fiksheid te bereik en te handhaaf.

Sport opleidingskonsultante is 'n variasie op bogenoemde. Hulle gebruik hul kennis om gespesialiseerde oefenprogramme vir sportmanne en -vroue uit te werk.

'n Gesondheid opvoeder werkby 'n hospitaal of kliniek om mense op te voed oor gesondheidsorg kwessies, soos VIGS of gesinsbeplanning.

Vertalers het 'n aanleg vir tale. Die verskil tussen 'n vertaler en 'n tolk is dat 'n vertaler geskrewe dokumente vertaal, terwyl 'n tolk op die daad mondelings vertaal, soos wat 'n persoon praat.

Opvoedings- en opleidingsowerhede

Education, Training and Development Practices – Sector Education and Training Authority (ETDP-SETA) (Opvoedings-, Opleidings- en Ontwikkelingspraktyke – Sektor Opvoedings- en Opleidingsowerheid)

Die ETDP-SETA fasiliteer die ontwikkeling van vaardighede in die opvoedings-, opleidings- en ontwikkelingsektor. Hierdie owerheid se doelstellings is om tekorte aan vaardighede en opleidingsbehoeftes te identifiseer en om die vaardighede van werkers in die sektor op alle vlakke te ontwikkel. Die sektor voorsien opvoedings- en vaardigheidsprogramme om die behoeftes aan vaardighede aan te spreek. (www.etdpseta.org.za)

South African Qualifications Authority (SAQA) (Suid-Afrikaanse Kwalifiseringsgesag)

SAQA verseker dat die gehalte van opleiding en opvoeding in Suid-Afrika hoogstaande is en gelyk aan internasionale standaarde. (www.saqa.org.za)

Department of Education (DOE) (Departement van Opvoeding)

Die visie van die Departement van Opvoeding is om aan alle mense toegang te gee tot lewenslange opvoedings- en opleidingsgeleenthede, wat weer bydra tot die verbetering van lewensgehalte en die bou van 'n vreedsame, vooruitstrewende, demokratiese samelewing. (www.education.gov.za)

Local Government Sector Education Training Authority (LGSETA) (Plaaslike Regeringsektor Opvoedings- en Opleidingsgesag)

Die LGSETA strewe om die vlak, gehalte en toepaslikheid van opvoeding en opleiding in die sektor te verhoog, en moedig vennootskappe aan tussen die publiek en privaat organisasies om werkgewers, werknemers en werkloses te bevoordeel. (www.lgseta.co.za)

Ek weet nie of my Graad 2-onnie my onthou het vir solank as wat ek haar onthou het nie, en dit maak nie eintlik saak nie. Maar wat ek wel weet, is dat sy 'n geweldige indruk op my gemaak het (en heel waarskynlik op verskeie ander leerders ook).  Sy het my geleer dat, ten spyte van hoe oud jy is, jy steeds 'n verskil in iemand anders se lewe kan maak. Sy het my geleer dat jy gesaghebbend en gerespekteer deur ander kan wees, en steeds 'n gawe mens kan wees. Sy het my geleer dat jy gedissiplineerd kan wees, maar steeds baie pret kan hê. Alhoewel ek geensins kan onthou watter vak sy gegee het nie, sal ek vir ewig dankbaar teenoor haar wees vir hierdie lewenslesse wat sy my geleer het.

Dit is die soort impak wat 'n persoon wat in die opvoeding- en opleidingsektor werk, op iemand se lewe kan hê. As dit jou droom is om met kinders te werk of om 'n verskil in ander mense se lewens te maak, is hierdie die roeping vir jou!

Marinda Lodewyck

 


Laerskool is meeste mense se heel eerste ondervinding van die opvoeding en opleiding sektor.  Die persoon wat by my die meeste uitstaan wanneer ek aan daardie jare dink, is my Graad 2 onderwyseres.  Sy was baie ouer as die ander onderwys personeel.  Ek het haar gevrees, maar terselftertyd was ek ook besonders lief vir haar.  Sy was streng, maar ook baie besorgd.  Sy het net die regte mengsel dissipline en pret in haar klasse gehandhaaf.  Jy het nie durf praat wanneer sy gepraat het nie, maar wanneer sy vrae gestel het, het almal van ons vir haar aandag gewedywer met ons hande wat in die lug rondgewaai het.

'n Loopbaan in Opvoeding en Opleiding

Die opvoeding en Opleiding sektor in Suid Afrika is enorm met "meer as 11.8 miljoen skool leerlinge in 2004, meer as 450 000 uinversiteit studente, meer as 200 000 universiteit van tegnologie studente, en meer as 460 000 verdere opvoeding en opleiding kollege studente.  Daar was byna 26 000 primêre, sekondêre, gekombineerde en intermediêre skole, met 350 leerkragte" (uit die Suid Afrikaanse Jaarboek 2005/2006 aangehaal en deur die Regering uitgegee en beskikbaar by www.gcis.gov.za 

Indien jy passievol oor diens teenoor andere voel (kinders of volwassenes), kyk gerus na sommige van die loopbane in hierdie nywerheid.

Loopbane in primêre en sekondêre opvoeding

Kindersorg ("Educare/Pre-Primêr") is een van daardie tipe soorte werk waarsonder die moderne moeder nie kan klaarkom nie.  As gevolg van 'n toename in die aantal moeders wat van agt tot vyf werk, is die veriestes vir kwaliteit dagsorg fasiliteite met gekwalifiseerde opvoedkundige personeel in die laaste paar jaar aan die toeneem.

Ek is daarvan seker dat ek nie nodig het om die werk van 'n LEERKRAG te verduidelik nie?  Om 'n onderwyser te wees, is dit belangrik om van kinders te hou en hulle te verstaan.  Onderwysers moet hulle vakke kan verduidelik, en empatie met leerlinge hê.  Onderwysers werk tipies in een van drie groepe soos pre-primêr, primêr, of sekondêre skool leerkragte.

Jy benodig 'n graad in sielkunde en 'n onderwys diploma om 'n skool raadgewer te wees.  Hulle leer vaardighede aan kinders om hulle te help om werk te kry wanneer hulle skool verlaat; om loopbaan besluite te neem, en hulle pas IK,  aanleg en belangstellingstoetse toe.  Sielkunde help wanneer kinders hulp met emosionele probleme soos egskeiding, agteruitgang in skoolwerk, of die onvermoë om vriende te maak, benodig.

'n Skoolhoof/Prinsipaal benodig ook geen voorstelling nie.  Ek is daarvan seker dat meeste van ons minstens een of tweekeer al in die hoof se kantoor beland het!  'n Skoolhoof benodig bestuurs- en kommunikasie vaardighede, kennis van al die vakke, en vermoë om met kinders te empatiseer.  Hulle is vir al die finansies, werwing van personeel, sowel as alles wat by die skool gebeur, verantwoordelik.

Koshuis Matrones moet kinders verstaan en lief wees vir hulle, of so nie, sal die werk dalk onuithoubaar vir beide matrone en kinders raak!  Koshuis moeders se pligte sluit in om toesig te hou oor kinders, personeel, kombuis, waskamer en ander slaapsaal take.  Nog meer belangrik, 'n matrone moet 'n goeie oplosser van probleme wees, omdat hulle na die leerlinge en studente se probleme moet luister en hulle probeer oplos.

Loopbane in tersiêre, volwasse en verdere opvoeding

Goeie lektore is passievol oor hulle vak en beskik oor die vermoë om dit op interessante wyse vir studente aan te bied.  As lektor moet jy geduld en begrip hê en behulpsaam wees. 

Tuis Ekonome is besorg oor mense en hulle welsyn.  Hulle leer mense om van beskikbare bronne gebruik te maak om 'n beter lewe in hulle tuistes te skep.

'n Volwasse Opvoeder wat op professionele ontwikkeling fokus, bied saans en oor naweke kursusse aan die publiek en leer professionele mense nuwe vaardighede, of 'n nuwe benadering tot 'n vak.  Jy moet 'n deskundige op die gebied wees wat mense leer, en jy moet oor die vermoë beskik om andere te leer.

Basiese Volwasse Opvoeders doseer geletterdheid en help studente om Graad 10 of 12 te slaag.

Volwasse Opvoeders bied klasse in 'n verskeidenheid onderwerpe aan wat van persoonlike groei (doelstelling, om 'n musiekinstrument te speel, ens) wissel tot vaardighede vir ekonomiese oorlewing (tuinmaak of werk soek) en interpersoonlike vaardighede (kommunikasie, verryking van verhoudings).  Mense in die versorgings beroepe, soos verpleegsers, welsynswerkers en sielkundiges bied dikwels hierdie klasse aan.

Opleidings Offisiere herken en los werkverrigting probleme op wat werkers mag ondervind.  Hulle takseer werkers se vermoëns en karakters en kanaliseer hulle in toepaslike loopbane.

Ander poste in die sektor

Kurrikulum beplanners/ontwikkelaars, en nie die leerkragte nie, is die mense wat besluit watter vakke (en die inhoud daarvan) leerlinge tydens hulle opvoeding moet dek.

Fiksheid Instrukteurs is daardie mense wat gewoonlik by 'n gimnasium werk.  Hulle doelwit is om mense af te rig om fisiese gesondheid te bereik en dit te handhaaf.

Sport Opleidings konsultante is 'n variasie op bogenoemde mense.  Hulle gebruik hulle kennis om gespesialiseerde oefenprogramme vir sport manne en vroue uit te werk.

'n Gesondheids opvoeder werk by 'n hospitaal of kliniek om mense oor gesondheids kwessies soos Vigs of gesinsbeplanning op te voed.

Vertalers het 'n aanvoeling vir tale.  Die verskil tussen 'n vertaler en 'n tolk is dat 'n vertaler tyd het om die korrekte woord in 'n woordeboek op te soek, terwyl 'n tolk binne sekondes moet vertaal or vertolk.

Opvoeding en opleidings owerhede

"Education, Training and Development Practices - Sector Education and Training Authority (ETDP-SETA)" 

DieETDP-SETA vergemaklik vaardigheids ontwikkeling in die opvoeding, opleiding en ontwikkeling sektor.  Hulle doelwitte is om 'n tekort aan vaardigheids tekorte en opleidings behoeftes te identifisser en om die vaardighede van werkers op alle vlakke in hierdie sektor te ontwikkel.  Hulle voorsien opvoedkundige en vaardigheid programme om die vaardigheid behoeftes aan te spreek.  www.etdpseta.org.za

"South African Qualifications Authority (SAQA)"

SAQA verseker dat die kwaliteit van opleiding en opvoeding in Suid Afrika uitstekend is en gelyk aan internasionale standaarde. www.saga.org.za

(Department of Education (DOE)   (Departement van Opvoeding (DVO) 

Die visie van die Departement van Opvoeding is om aan alle mense lewenslange toegang tot opvoeding en opleidings geleenthede te gee, en wat weer op hulle beurt daartoe bydra om lewenskwaliteit te verbeter en 'n vreedsame, voorspoedige demokratiese gemeenskap te bou. www.education.gov.za

Local Government Sector Education Training Authority (LGSETA) (Plaaslike Regering Sektor Opvoeding en Opleidingsowerheid (PRSOOO)

Hierdie liggaam stel dit ten doel om die vlak, kwaliteit en toepaslikheid van Opvoeding en Opleiding in die Sektor te verbeter, en vennootskappe tussen die publiek en private organisasies aan te moedig om werkgewers, werknemers en werkloses te bevoordeel.  www.lgseta.co.za

Ek weet nie of my Graad 2 onderwyseres my so lank onthou het as wat ek haar onthou nie, en dit maak nie regtig saak nie.  Wat ek wél weet is dat sy 'n geweldige indruk op my lewe gemaak het (en waarskynlik ook op die lewens van ander leerlinge).  Sy het my geleer dat dit nie saak maak hoe oud mens is nie, jy kan wél 'n verskil aan iemand anders se lewe maak.  Sy het my geleer dat mens gesaghebbend, maar nogtans 'n "gawe" persoon kan wees en deur almal gerespekteer word.  Sy het my geleer dat mens gedissiplineerd kan wees, maar dat mens nogtans baie pret kan hê.  Alhoewel ek nie meer kan onthou watter vak sy gedoseer het nie, sal ek nogtans altyd dankbaar teenoor haar wees vir hierdie lewenslesse wat sy my geleer het.

Dit is hierdie soort indruk wat iemand in opvoeding en opleiding in andere se lewens kan maak.  As jy droom om met kinders te werk, of 'n verskil in andere se lewens te maak, is hierdie die beroep vir jou!

Marinda Lodewyckx 


 

'n Beroep in opvoeding en opleiding behels die beplanning, koördinering en bestuur van opvoedings- en opleidingsprogramme vir alle soorte instellings. Werk in hierdie sektor is nie slegs beperk tot skole, kolleges en universiteite nie. Om te leer is 'n lewenslange proses. Verdere opleiding en ontwikkeling vir personeellede is dus algemene gebruik in die meeste maatskappye en besighede vandag.

Informele opvoeding verwys na leergeleenthede, soos werkwinkels, seminare, volwasse opvoeding, of enige ander opleiding wat mense die geleentheid bied om nuwe dinge te leer, vaardighede en kennis op te skerp, en vlakke van bedrewenheid te verhoog.

Alle opvoeders en opleidingsbeamptes behoort uitgebreide kennis te hê van verskeie leermetodes, asook menslike ontwikkeling en gedrag. Hulle behoort vaardig te wees in navorsing, analise, en die evaluering van inligting, en uitstekende luister- en kommunikasievermoëns aan die dag te lê. Beplanning is ook belangrik in hierdie sektor, so organisatoriese en tydbestuursvaardighede is onontbeerlik.

Werk in opvoeding en opleiding

Ontwikkelaars van opleidingsmateriaal stel opleidingsprogramme saam en bied hulle aan. Hulle bespreek organisasies se opleidingsbehoeftes met hulle en kom met gepaste, spesiaal ontwikkelde opleidingsprogramme vorendag. Hulle samel inligting in oor organisatoriese beleid, prosedures, regulasies en tegnologieë, en formuleer riglyne vir opleiding. Hulle gebruik hul kennis van opleidingsbehoeftes om die instruksie metodes, asook die geskikste leerhulpmiddels, te bepaal om in 'n spesifieke instansie te gebruik. Metodes van instruksie hang af van faktore, soos of dit vir individuele of groep opleiding is, en die styl van die opleidingsessies, soos of dit 'n konferensie of 'n werkwinkel is. Leerhulpmiddels kan insluit opleidingshandboeke, multimedia visuele hulpmiddels, rekenaar praktiese klasse, of eenvoudige notas.

Fasiliteerders van fleksografiese departemente lei individue op wat die fleksografiese drukkersbedryf betree. Hulle dek sake, soos die installering, programmering, veiligheid, instandhouding en herstel van fleksografiese drukkersmasjinerie en toerusting. Hierdie fasiliteerders gee ook praktiese demonstrasies van, byvoorbeeld, instandhouding en herstel, prosedures vir kleur-passing en die gebruik van meetinstrumente. Die fasiliteerder van die fleksografiese departement neem ook eksamens waar en skryf prestasieverslae oor vakleerlinge se werkverrigting, vordering en vermoëns. Daar word van fasiliteerders verwag om aan vergaderings, seminare en werkwinkels deel te neem, om die nuutste en nuttigste inligting te bekom, wat hul vaardighede sal verbeter, tot voordeel van die opleidingsinstelling sal wees, en vakleerlinge sal bevoordeel.

Opvoedings- en opleidingsverenigings

APPETD

Die vereniging van privaat verskaffers van opvoeding, opleiding en ontwikkeling (APPETD) is die nasionale liggaam wat die belange van privaat verskaffers van opvoeding, opleiding en ontwikkeling in Suid-Afrika verteenwoordig. Dit word erken as 'n etiese liggaam wat strewe vir die totstandkoming en handhawing van die hoogste standaarde van opvoeding en opleiding dwarsdeur die bedryf. As lid van hierdie verteenwoordigende nasionale liggaam van privaat verskaffers, word jou stem gehoor en jou behoeftes uitgespreek, waar dit saakmaak. Lede kry die geleentheid om as 'n gemeenskaplike stem saam te werk om mekaar te help met die snelbewegende veranderinge wat plaasvind binne die opvoeding en opleidingsarena in Suid-Afrika.

www.appetd.org.za

ASDFSA

Die vereniging vir die fasilitering van vaardigheidsontwikkeling in Suid-Afrika (ASDFSA) verteenwoordig praktisyns in vaardigheidsontwikkeling – insluitend fasiliteerders, assessors, moderators en verskaffers van opleiding. Die ASDFSA hou gereelde werkwinkels en seminare dwarsoor die land om inligting te deel. Lede kry aansienlike afslag op registrasiefooie by hierdie geleenthede. Daar word van lede verwag om 'n gedragskode en die grondwet na te kom.

www.asdfsa.co.za

IEASA

Die internasionale opvoedingsvereniging van Suid-Afrika (IEASA) is gestig na aanleiding van die behoefte aan universiteite en technikons in Suid-Afrika, in reaksie op internasionale neigings in opvoeding. Die missie van IEASA is om die internasionalisering van hoër opvoeding voor te staan, te bevorder en te ondersteun, deur 'n professionele forum daar te stel vir instellings en individue om uitdagings aan te spreek en geleenthede te ontwikkel in die sfeer van internasionale opvoeding.

www.ukzn.ac.za/ieasa

Chantelle Gradidge

 

                 







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan