My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Keramiek Kunstenaar

Kuns en Kreatiwiteit

'n Sin vir kreatiwiteit en 'n wilde verbeelding is talente wat gewoonlik deur hierdie beroepspaadjie vereis word. Beroepe in die kunste trek baie mense aan, wat hul kunstalent en kreatiewe vermoëns wil gebruik om hul brood en botter te verdien. Maar die kompetisie daarbuite is intens. Gevolglik, sou 'n universiteitsgraad of ander tersiêre opvoeding in die kunste uiters waardevol wees vir diegene wat 'n sukses van hierdie beroep wil maak.

Werkomgewings verskil hemelsbreed in hierdie veld. Sommige kunstenaars werk in 'n tipiese kunsstudio, waar hulle óf studio-ruimte deel met ander kunstenaars, óf alleen werk van hul eie huis af. Ander werk in kantoorgeboue, by 'n lessenaar (rekenaar grafika), of by die plek waar hulle eintlik hul kunswerk ten toon stel.

'n Studio-omgewing het gewoonlik goeie beligting en goeie lugtoevoer, maar sommige kunstenaars word dikwels blootgestel aan die walms van gom, verf of ink. Soos met enige ander beroep, mag kunstenaars wat rekenaars gebruik vir uitgebreide tydperke, rugpyn, stremming van die oë en vermoeienis ervaar.

Baie kunstenaars kies ook om kunsklasse te gee of werkwinkels aan te bied oor verskeie kunsonderwerpe, omdat hulle dikwels maniere moet vind om addisionele inkomste te verdien.

'n Beroep in kuns en kreatiwiteit

Alhoewel dit 'n baie kompeterende beroepspad is, is daar op baie gebiede werkgeleenthede vir kunstenaars, soos in uitgewery, by advertensie- en ontwerpagentskappe, in die rolprent- en videobedryf, en by agentskappe wat rekenaarstelsels ontwerp.

Standaard werkure is gewoonlik aan die orde van die dag, tensy jy vir jouself werk, of daar spertye is wat nagekom moet word wat oortyd mag vereis. Kunstenaars wat vir hulself werk kan gewoonlik hul eie ure bepaal, maar dit mag wees dat hulle baie tyd en moeite in die bemarking en verkoop van hul werk moet insit, of in die opbou van hul naam in die veld.

Werk in kuns en kreatiwiteit

Weens die toenemende gebruik van tegnologie en rekenaars, het prenttekenaars, oor die algemeen, beter werkgeleenthede as ander kunstenaars. Die rede hiervoor is dat die aanvraag vir hierdie kunstenaars aan die toeneem is, soos wat die aanvraag vir meer realistiese video-speletjies, spesiale effekte op televisie, en 3D-tekenprente toeneem. Prenttekenaars werk meestal in die rolprent- en videobedryf, die advertensiewese, en met die ontwerp van rekenaarstelsels. Hulle teken gewoonlik per hand, asook met gebruik van rekenaars, om die reeks prente te skep wat die beelde of spesiale effekte vorm wat ons in rolprente, televisieprogramme, advertensies en rekenaarspeletjies sien. Verdienste in hierdie veld is gewoonlik baie hoog.

Kunstenaars kies gewoonlik om óf realistiese óf abstrak kuns te skep, en hulle kies uit 'n verskeidenheid metodes om hulself uit te druk, soos verf, illustrasie, skets, of beeldhou. Kunstenaars is gewoonlik baie talentvol wanneer dit kom by die skepping van kuns wat hul idees, gedagtes en gevoelens uitbeeld. 'n Wye reeks materiale kan gebruik word, insluitend olieverf, waterverf, akriel, pastel, potlood, pen en klei. Inkomste verskil beduidend van kunstenaar tot kunstenaar, maar baie van hulle kan nie slegs staatmaak op die inkomste uit hul kunswerk nie, en moet dus deeltydse werk elders vind om kop bo water te hou.

Om 'n bloemis te word, vereis nie werklik formele opleiding nie – jy het 'n bietjie leiding van 'n deskundige nodig, asook 'n mate van kreatiwiteit, om 'n aantreklike blommerangskikking na vore te bring. Bloemiste ontwerp uitstallings deur blomme, houers en linte bymekaar te voeg, en hulle in ruikers of ander rangskikkings te rangskik vir geleenthede soos bruilofte en begrafnisse, of hulle maak net iets eenvoudig om iemand 'n gelukkige verjaardag toe te wens. Bykomstighede soos speelgoed, kerse of geskenkmandjies kan ook gebruik word om rangskikkings meer kreatief te laat lyk, of om hulle vir enige geleentheid aan te pas. Bloemiste wat vir hulself werk benodig vaardighede om hul eie besigheid te bedryf. Hulle moet, oor die algemeen, die uitkies en aankoop van blomme hanteer, die aanstelling van personeel en toesighouding, asook die finansiële sy van die besigheid.

Die werk van 'n fotograaf is gewoonlik om beelde van goeie gehalte vir verskeie doeleindes te skep. 'n Professionele fotograaf moet oor goeie tegniese vaardigheid en uitstekende kreatiewe vermoë beskik. Om 'n aanloklike prent te skep, vereis dat jy 'n oog het om iets of iemand uit te kies en dan uit te beeld om die verlangde effek of agtergrond te verkry. Die keuse van toerusting is belangrik vir verskillende tipes beligting, skote uit verskillende hoeke, en baie ander tegnieke om daardie spesiale foto vas te vang. Baie fotograwe werk vir hulself en meeste fotograwe vandag gebruik digitale kameras eerder as konvensionele film kameras. Dit hang gewoonlik af van persoonlike voorkeur, asook die aard van die opdrag.

Verenigings in kuns en kreatiwiteit

Die vereniging vir visuele kunste (AVA) het ten doel om visuele kuns en kunstenaars in Suid-Afrika te bevorder. Dit behels sowel gevestigde as opkomende kunstenaars, asook dié wat formeel opgelei is en dié wat hulself geleer het. Die AVA hou gereeld uitstallings. Kunstenaars wat hul kunswerke wil uitstal, hoef nie lede van die vereniging te wees nie. Alle kunswerk moet egter 'n keuringsproses ondergaan. www.ava.co.za

NAC

Die mandaat van die Nasionale Kunsteraad (NAC) is om aan mense geleenthede te bied om die kunste te beoefen; om die waardering, begrip en genot van die kunste te bevorder; om die algemene toepassing van die kunste in die gemeenskap te bevorder; om die uitdrukking van 'n nasionale identiteit en bewustheid deur middel van die kunste aan te wakker; om die reg van enige mens tot vryheid in die uitvoering van die kunste te handhaaf en te bevorder; om aan histories agtergeblewenes enige addisionele hulp te gee, wat nodig mag wees om aan hulle groter toegang tot die kunste te bied; om historiese ongeregtighede aan te spreek by die voorsiening van infrastruktuur vir die bevordering van die kunste; om nasionale en internasionale skakeling tussen individue en instellings, met betrekking tot die kunste, te bevorder en te bewerkstellig; om die kunste te ontwikkel en te bevorder; en om uitmuntendheid aan te moedig, met betrekking tot bogenoemde. www.nac.org.za

Umlilo-vereniging vir fotograwe

Die Umlilo-vereniging vir fotograwe stel homself ten doel om bewusmaking van kreatiewe uitdrukking te verhoog; om werkgeleenthede te skep; om bewusmaking van fotografie by beroepsvoorligting in skole te verhoog; om 'n fotografie forum vir histories agtergeblewe individue te skep, waar kollektiewe mededinging moontlik is; om die gemeenskap te ontwikkel, in terme van toegang tot infrastruktuur, en finansiële en tegniese bystand; om die vereniging strategies te ontwikkel en te diversifiseer na ander media opsies, soos joernalisme, videografie, verfilming, tafeluitgewery, digitale fotografie en uitbeelding, asook grafiese ontwerp; om al hierdie media aan die jeug, vrouens en ander belanghebbendes oor te dra, en daardeur gelyke regte aan te moedig; om verskeie uitsonderlike kunstenaars en deskundiges in verbandhoudende velde uit te nooi om die vereniging op 'n gereelde basis toe te spreek en hul ondervindings te deel; om plaaslike, nasionale en internasionale fotografiese uitstallings te hou en aan hulle deel te neem, met die oog op die blootstelling van individuele talente in Suid-Afrika en oorsee; om fotografie te stimuleer en te laat herlewe, met die doel om bewuswording by die publiek aan te moedig en te skep oor die belangrikheid van fotografie by die bewaring van hul historiese en kulturele erfenis; en om waaksaamheid aan te wakker oor uitbuiting en onwettige kopiëring van die werke van lede deur gewetenlose elemente in die bedryf. www.photocentre.org.za/umlillobody.htm

Chantelle Gradidge


 

'n Kreatiewe aanleg en wilde verbeelding word gewoonlik vir hierdie beroep benodig.  Loopbane in die kunste trek baie mense aan wat hulle kuns talente en kreatiewe vermoë wil gebruik om hulle brood en botter te verdien.  As gevolg hiervan sal 'n universiteitsgraad of ander tersiëre opleiding in die kunste uiters waardevol vir diegene wees wat 'n sukses van hierdie loopbaan wil maak.

Werk omgewings wissel grootliks in hierdie tipe beroep.  Sommige kunstenaars werk in 'n tipiese kuns ateljee waar hulle ruimte met ander kunstenaars deel, of in hulle eie tuiste.  Andere werk in kantoor geboue, by 'n lessenaar (rekenaar grafieke), of in dieselfde plek waar hulle hulle werk uitstal.

'n Ateljee omgewing is gewoonlik aangenaam, goed belig en geventileerd, maar sommige kunstenaars word dikwels aan dampe van gom, verf of ink blootgestel.  Soos dit in enige ander beroep gaan, sal kunstenaars wat rekenaars vir lang tydperke gebruik, rugpyn, stremming in die oë en moegheid ondervind.

Baie kunstenaars kies ook om kunsklasse te gee, of werkswinkels oor verskeie kuns onderwerpe te hou, want hulle moet dikwels op ander maniere staatmaak om 'n ekstra geldjie te verdien.

'n Loopbaan in Kuns en Kreatiwiteit

Alhoewel hierdie 'n baie mededingende loopbaan is, bestaan daar vele werksgeleenthede vir kunstenaars in uitgewersmaatskappye, reklame agente, ontwerp firmas, rolprent en video nywerhede, en rekenaar stelsel ontwerp agentskappe. 

Standaard werksure kan gewoonlik in hierdie beroepe verwag word, tensy jy vir jouself werk, of wanneer daar spertye nagekom moet word sodat dit dikwels oortyd werk beteken.  Self-aangestelde kunstenaars kan gewoonlik hulle eie ure vasstel, maar moet miskien meer tyd en inspanning daaraan bestee om hulle werk te verkoop, of 'n reputasie vir hulleself op te bou.

Loopbane in Kuns en Kreatiwiteit

Vanweë toenemende gebruik van tegnologie en rekenaars, het animeerders gewoonlik beter loopbaan kanse as ander kunstenaars.  Die rede hiervoor is omdat die aanvraag vir hierdie kunsenaars aan die groei is, soos die vereistes vir meer realistiese video speletjies, spesiale effekte op TV, en 3D geanimeerde rolprente toeneem.  Animeerders werk meestal in rolprent en video nywerhede, reklame, en rekenaar stelsel ontwerpe.  Hulle teken gewoonlik met die hand, en maak ook gebruik van rekenaars om die reeks prente te skep wat die beelde of spesiale effekte ontwerp wat ons in rolprente, televisie programme, advertensies en rekenaar speletjies te sien kry.  Verdienste op hierdie gebied is gewoonlik baie hoog.

Kunstenaars kies gewoonlik of hulle realistiese of abstrak kuns wil produseer.  Hulle maak dan ook van verskeie metodes gebruik om hulleself uit te druk, soos skilder, illustreer, skets of beeldhouwerk.  Kunstenaars is gewoonlik baie talentvol wanneer dit by die skepping van kuns kom wat hulle idees, gedagtes en gevoelens uitbeeld.  'n Groot verskeidenheid materiale kan gebruik word, insluitende olieverf, waterverf, akrielverf, pastelkryt, potlode, penne en klei.  Verdienste kan van kunstenaar tot kunstenaar wissel, maar baie van hulle kan nie slegs deur hulle werk op 'n inkomste staatmaak nie, en moet dus dikwels ander deeltydse werk soek om die wolf van die deur af weg te hou.

Formele opleiding is gewoonlik nie nodig om 'n bloemiste te word nie – dit is iets wat 'n bietjie leiding van 'n deskundige verkry word, sowel as kreatiwiteit om 'n mooi rangskikking met blomme te skep.  Bloemiste ontwerp uitstallings deur blomme, houers en linte uit te soek en hulle in ruikers, of ander rangskikkings vir geleenthede soos troues, begrafnisse, te rangskik, of sommer iets eenvoudigs om iemand 'n gelukkige verjaarsdag toe te wens.  Bykomstighede soos speelgoed, kerse of geskenk mandjies kan ook bygevoeg word om dit kreatief te laat lyk, of die rangskikking aan te pas om by enige geleentheid te pas.  Self-aangestelde bloemiste benodig vaardighede om hulle eie besighede te bestuur.  Gewoonlik moet hulle die uitsoek en aankoop van blomme hanteer, die huur van personeel en toesig oor hulle te hou, sowel as die finansiële sy van die besigheid te bestuur.

'n Fotograaf se werk bestaan oor die algemeen daaruit om goeie kwaliteit beelde vir verskeie doeleindes te produseer.  'n Professionele fotograaf benodig goeie tegniese vaardigheid en 'n uitstekende kreatiewe vermoë.  Dit verg vermoë om 'n goeie foto met vaardigheid uit te soek en iets of iemand te weergee met die doel om 'n gewensde effek en agtergrond te bereik.  Keuse van toerusting is belangrik wanneer dit by verbetering van voorkoms betref, soos verskeie tipes agtergrond beligting, fotos vanuit verskillende hoeke te neem, sowel as baie ander tegnieke.  Baie fotograwe werk vir hulleself, en meeste fotograwe maak vandag van digitale kameras gebruik instede van die konvensionele film kameras.  Dit hang van persoonlike keuse, sowel as die aard van die foto af.

Verenigings in Kunste en Kreatiwiteit

VVK

Die Vereniging vir Visuele Kunste (VVK) streef daarna om visuele kunste en kunstenaars in Suid Afrika – beide gevestigde sowel as opkomende kunstenaars - te bevorder en na vore te bring.  Dit sluit diegene in wat formeel opgelei, of self-opgelei is.  Die VVK hou gereeld uitstallings.  Kunstenaars wat hulle kunswerke will uitstal hoef nie lede van VVK te wees nie, maar al die kunswerke gaan deur 'n keurings proses.  www.ava.co.za

Die mandaat van die Nasionale Kunste Raad (NKR) is om geleenthede aan mense te bied om die kunste te beoefen, om die waardering, begrip en genot van die kunste te verstaan, om die algemene toepassing van die kunste in die gemeenskap te bevorder; om die uitdrukking van 'n nasionale identiteit en bewustheid deur middel van die kunste aan te moedig; die regte om die histories benadeeldes sulke bykomende hulp en bronne te verleen om hulle groter toegang tot die kunste te gee; om nasionale en internasionale skakeling tussen individue en instellings ten opsigte van die kunste te bevorder ; om die kunste te ontwikkel en te bevorder; en om uitmuntenheid  ten opsigte hiervan aan te moedig.  www.nac.org.za

Umlilo Fotografiese Vereniging

Die Umlilo Fotografiese Vereniging se doelwit is om bewustheid van kunstige uitdrukking aan te wakker; om werksgeleenthede te skep; om 'n bewustheid van fotografie in skole, onder loopbaan leiding opsies te skep; om 'n fotografiese forum vir voorheen-benadeelde individue te skep waar kollektiewe onderhandeling moontlik is; om die gemeenskap in terme van toegang tot infrastruktuur, finansiële en tegniese hulp te ontwikkel; om assosiasie na ander media opsies strategies te ontwikkel en diversifiseer, soos byvoorbeeld joernalistiek, videografie, verfilming, digitale fotografie en uitbeelding, sowel as grafiese ontwerp; om al hierdie media na die jeug, vroue en ander belangstellende partye oor te dra en daarby gelykheid aan te moedig; om verskeie uitstaande kunstenaars en deskundiges op soortgelyke gebiede uit te nooi om die vereniging op gereelde grondslag aan te spreek en hulle ondervinding te deel; om plaaslike, nasionale en internasionale fotografiese uitstallings te reël en daaraan deel te neem met die doel om individuele talente in Suid Afrika en elders bloot te stel; om fotografie te stimuleer en weer te laat herleef met die doel om die publiek aan te spoor en bewustheid oor die belangrikheid van fotografie in die bewaring van hulle historiese en kulturele erfenis te skep; en om waaksaamheid teen uitbuiting en kaping van lede se werk deur gewetenlose elemente in die nywerheid aan te wakker. www.photocentre.org.za/umlillo_body.htm

Chantelle Gradidge         

 


As jy lief is vir teken, verf, beeldhou, skryf of ontwerp, is daar baie beroepsmoontlikhede en geleenthede in die kunswêreld om jou talente uit te leef. Kuns is nie net eenvoudig die vermoë om 'n prent te skilder nie; daar is baie vorms van kuns en baie maniere waarop jy jou uitsonderlike talent en individualiteit tot uiting kan bring.

In hierdie artikel, kyk ons na die beroepe van 'n produksie pottebakker en 'n keramis. Pottebakkers- en keramiek voorwerpe word van 'n mengsel van klei, water en verskeie byvoegsels gemaak. Hierdie konkoksie word dan in 'n vorm of voorwerp gevorm, en teen 'n geweldige hoë temperatuur in 'n oond gebak. Die finale produk is gewoonlik iets van estetiese waarde of met 'n funksionele doel.

'n Produksie pottebakker is 'n persoon in die pottebakkersbedryf, wat stelle van pottebakker stukke vervaardig vir massa-produksie. Hierdie pottebakkers fokus nie gewoonlik op die skepping van uitsonderlike kunswerke nie, alhoewel die produkte steeds van hoë gehalte en oorspronklik kan wees. In hierdie lyn van erdewerk produksie, word die klem op die gespesialiseerde massa vervaardiging van goedere geplaas. Produksie pottebakkers is ook betrokke by die ontsyfering van die vereistes vir produkte, en by skakeling met kliënte, kunstenaars en ontwerpers. In toesighoudende rolle, hou produksie pottebakkers gewoonlik toesig oor al die werkers in die algehele vervaardigingsproses.

Keramiek kunstenaars (keramiste) is meer betrokke by die ontwerp en skepping van uitsonderlike, onnavolgbare voorwerpe. Hierdie kunstenaars verkoop gewoonlik hul kuns direk van hul eie studio of 'n kunsgalery. Hulle stel ook hul kunswerke uit by handwerkmarkte, of in winkels wat handwerk en kunsvoorwerpe verkoop. Keramiste vervaardig óf items met die hand, óf hulle gebruik 'n spesifieke vorm of 'n pottebakkerswiel om hul kunswerke te skep.

In beide hierdie beroepe, sou dit voordelig wees om 'n portefeulje van jou werk saam te stel om aan voornemende werkgewers, of aan kliënte wat iets spesifiek wil bestel, voor te lê. Hierdie veld vereis ook dat kunstenaars op die hoogte bly met die nuutste tegniese ontwikkelings, nuwe materiale en moderne ontwerpneigings in die bedryf. Dit kan gedoen word deur moderne kort kursusse en werkwinkels by te woon. Ander vereistes vir 'n suksesvolle beroep in pottebakkery en keramiek is kreatiwiteit, 'n waardering vir kleur en vorm, en kennis van al die materiale en prosesse wat betrokke is.

Kunsverenigings

AVA

Die hoof prioriteit en doelwit van die Vereniging vir Visuele Kunste (AVA) is die bevordering en vordering van visuele kunste en kunstenaars in Suid-Afrika. Besondere klem word geplaas op gevestigde en opkomende kunstenaars van die Wes-Kaap, wat formeel opgelei is of hulself geleer het.

www.ava.co.za

Die Kunsvereniging, Pretoria

Die Kunsvereniging, Pretoria strewe om alle aspekte van die visuele kunste op 'n doeltreffende en geïntegreerde manier te bevorder en te ontwikkel. Die vereniging se missie is om aan kunstenaars die geleentheid te bied om hul werk vir die publiek uit te stal; om deur middel van verskeie projekte bewustheid van die visuele kunste onder die algehele bevolking aan te wakker; en om die geleentheid te skep vir kunstenaars om hul vaardighede te ontwikkel.

www.arts.co.za/artspta

Keramiek Suider Afrika

Die doel van Keramiek Suider Afrika is om 'n verteenwoordigende forum daar te stel vir die aanmoediging en bevordering van die kuns en tegniek van keramiek in suider Afrika. Die veld behels al die toepaslike prosesse wat waarde aan klei toevoeg. Die vereniging ondersteun en bevorder die bewusmaking van die estetiese waarde van keramiek; die ontwikkeling van hierdie kuns en tegniek as 'n medium vir ekonomiese bemagtiging; en die aktiewe uitlewing van lewensgenot met alle pogings, met gebruik van die medium van klei.

www.ceramics.org.za

Aanhalings:

"Kuns is nie net eenvoudig die vermoë om 'n prent te skilder nie; daar is baie vorms van kuns en baie maniere waarop jy jou uitsonderlike talent en individualiteit tot uiting kan bring."

"… sou dit voordelig wees om 'n portefeulje van jou werk saam te stel om aan voornemende werkgewers, of aan kliënte wat iets spesifiek wil bestel, voor te lê."

Chantelle Gradidge







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan