My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Hondeteler

Landbou en boerdery

'n Beroep in landbou en boerdery behels dikwels veeleisende buitenshuise aktiwiteit in all soorte weer. Die werkure is lank en 'n mens kry skaars kans om 'n dag af te neem, maar diegene wat hierdie veld betree is gewoonlik dol daaroor om in die buitelug te wees en geniet, oor die algemeen, die lewensgehalte van 'n plattelandse gebied. Vir hulle oortref die voordele dus by verre die nadele.

Werk op hierdie gebied is volop, maar die meerderheid beroepe in die landbou- en boerderysektor sentreer om veeteelt; die bedryf, instandhouding en ontwerp van masjinerie, toerusting en algemene implemente in landelike gebiede; die plant en oes van gewasse; die ontwerp en installering van besproeiing- en watervoorsieningstelsels; asook die versekering dat ons kos veilig is om te eet.

Voorkomingsmaatreëls, soos die nakoming van veiligheid prosedures wanneer jy aan plaagdoders en ander gevaarlike chemikalieë blootgestel is, asook die toepassing  van veiligheidsmaatreëls wanneer jy met landboumasjinerie werk, verseker dat potensiële besering in hierdie lyn tot 'n minimum beperk word.

'n Beroep in landbou en boerdery

'n Inkomste uit landbou word sterk deur die weer (in gewasproduksie) en siektes (in veeteelt) beïnvloed. In gewasproduksie, moet boere die beste tyd bepaal om saad te plant, bemesting en chemikalieë toe te dien en gewasse te oes en te bemark. Hulle moet ook gebruik maak van verskillende strategieë om hulself teen onvoorsiene veranderinge in die mark te beskerm.

Basiese plaaswerkers leer deur in-diens opleiding, terwyl ander beroepe in landbou gewoonlik 'n graad in landbouwetenskap vereis. Vordering van werkers op landbougebied hang af van motivering en ondervinding. Dié wat hard en vinnig werk, wat oor goeie kommunikasievermoëns beskik, en wat toegewyd is aan die werk, mag vinnig opgang maak tot hoër posisies.

Werk in die landbousektor 


'n Landbou-ingenieur
is iemand wat ingenieurstegnologie gebruik, asook 'n kennis van biologiese wetenskappe, om hom toe te spits op kwessies wat landbou-ingenieurswese raak, en om hulle op te los. 'n Landbou-ingenieur ontwikkel ontwerpe vir (en hou toesig oor die konstruksie van) strukture en aanlegte in die landbousektor. Projekte mag die konstruksie van landelike elektriese kragtoevoerstelsels insluit; die vervaardiging en konstruksie van toerusting en masjinerie; die installering en beheer van beligting, hitte, lugversorging, watervoorsiening en afvalverwydering stelsels in landelike strukture of geboue; die beplanning van besproeiing, dreinering en vloedbeheer stelsels om grond- en waterbewaring te bevorder; en metodes om die verwerking van landbouprodukte te vergemaklik. Landbou-ingenieurs bestudeer probleme, soos die invloed van temperatuur, humiditeit en lig op plante of diere, en ontwikkel strategieë en die middele om hierdie probleme reg te stel. 'n Landbou-ingenieur word gewoonlik toegewys tot 'n spesialisgebied.

Die werk van landboukundige voedsel wetenskaplikes speel 'n belangrike rol in die handhawing van voedselvoorsiening en om die veiligheid van voedsel te verseker. Landboukundige wetenskaplikes bestudeer gewasse en diere, en ontwikkel metodes om die gehalte van voedsel te verbeter, soos die geur, kleur en voedingswaarde, asook die fisiese, chemiese, en mikrobiologiese samestelling, van voedsel. Hulle gebruik hul wetenskaplike kennis om nuwe of beter maniere te ontwikkel om voedselsoorte te preserveer, te verwerk, te verpak, te stoor en af te lewer.

Sommige voedselwetenskaplikes analiseer voedsel inhoud om vlakke van vitamiene, vet, suiker of proteïene te bepaal, of soek plaasvervangers vir skadelike of ongewenste byvoegsels, soos nitriete. Ander voedselwetenskaplikes dwing regeringsregulasies af deur voedselverwerking gebiede te inspekteer en te verseker dat sanitasie, veiligheid, gehalte en standaarde van afvalbestuur nagekom word. 'n B-graad word vir hierdie lyn van werk vereis.

'n Plaaswerker is gewoonlik verantwoordelik vir baie arbeidsintensiewe take op 'n plaas. Hierdie take kan behels om trekkers te bestuur; te ploeg; vee of pluimvee te versorg; plaasimplemente en meganiese toerusting te herstel en in stand te hou; stoorplekke en stalle skoon te maak; saailinge te plant; vrugte en groente in oestyd te pluk; en 'n hooimied met 'n hooivurk te pak, of om bale hooi op vragmotors te laai. Plaaswerkers moet dit geniet om in die buitelug te werk en fiks genoeg wees om die veeleisende arbeid wat met hierdie werk gepaard gaan, te hanteer.

Die verantwoordelikhede van 'n boer is talryk en uiteenlopend, maar, oor die algemeen, behels dit die kweek van gewasse en veeteelt. Boere moet die tipe gewasse bepaal wat hulle wil kweek, of die vee wat hulle wil teel, deur faktore te oorweeg soos marktoestande, die weer, en die grootte en ligging van die plaas. Die boer selekteer en koop saad, bemesting, plaasmasjinerie en voer, en is verantwoordelik vir die verkoop van gewas- en veeprodukte. 'n Boer neem ook plaaswerkers in diens om gewasse, soos mielies of tabak, te plant, te kweek, en te oes, asook om te help om na vee, soos beeste, skape of perde, om te sien, en hou ook toesig oor werkers. Kennis van optekening vir bestuurs- en belastingdoeleindes is 'n addisionele voordeel in hierdie beroep.

Landbou- en boerdery-verenigings

OSA

Organies Suid-Afrika (OSA) skakel met boere, kleinhandelaars en die regering om die doelstellings van die organiese beweging te bevorder, tot voordeel van produseerders, verwerkers, verbruikers en ons omgewing. Dit verskaf 'n netwerk vir alle organies-georiënteerde mense om te kommunikeer en saam te werk vir die volhoubare beskerming van ons natuurlike hulpbronne. OSA stel homself ten doel om organiese landboupraktyke te bevorder en te verhoog; om bewustheid van volhoubare boerderymetodes te verhoog; en om te help met die erkenning van die natuurlike verhouding tussen die grond, plante, diere en die mensdom.

www.organicsouthafrica.co.za

ARC

Die Landbounavorsingsraad (ARC) se visie weerspieël sy kernbesigheid en vier sy uitsonderlike rol, in erkenning van sy posisie as die hoof landbounavorsingsinstituut in Suid-Afrika. Die visie beklemtoon die behoefte om die vermoëns van die ARC saam te snoer om te verseker dat dit 'n organisasie word wat bekend is vir sy uitmuntendheid in sy kernbesigheid. "Die Landbounavorsingsraad is 'n vooraanstaande wetenskaplike instelling wat basiese en toegepaste navorsing met vennote uitvoer om nuwe kennis voort te bring, menslike kapitaal te ontwikkel en innovering in landbou aan te wakker, deur tegnologiese ontwikkeling en verspreiding, en kompeterende kommersialisering van navorsingsresultate, ter ondersteuning van die ontwikkeling van 'n vooruitstrewende landbousektor".

www.arc.agric.za

AGRISA

Agri Suid-Afrika (Agri SA) is 'n organisasie wat die volhoubare winsgewendheid en stabiliteit van kommersiële landbouprodusente en agri-besighede bevorder deur sy betrokkenheid en insette op nasionale en internasionale vlak.  www.agriinfo.co.za

NAMC

Die Nasionale Landboubemarkingsraad is 'n statutêre liggaam wat gestig is in terme van die Wet vir raadgewing aan die Minister van Landbou en die Suid-Afrikaanse landboubedryf oor sake wat verband hou met die bemarking van landbouprodukte. www.namc.co.za

SAAFoST

Die Suid-Afrikaanse vereniging vir voedselwetenskap en tegnologie (SAAFoST) is die vereniging vir voedselwetenskaplikes, tegnoloë en ander beroepsmense wat die voedselbedryf en geallieerde bedrywe in Suid-Afrika bedien. Die organisasie verskaf waardevolle geleenthede vir netwerking, en die deel van kennis en publikasies, aan sy lede. SAAFoST bevorder opvoeding en professionalisme, asook 'n geskikte wetgewende struktuur in die bedryf. www.saafost.org.za

Chantelle Gradidge

 


'n Loopbaan in landbou en boerdery behels dikwels veeleisende buitelug aktiwiteit in alle soorte weersomstandighede.  Die werksure is lank, en 'n boer kry selde die geleentheid om 'n dag af te vat, maar diegene wat hulle hierin begeef is gewoonlik passievol om in die buitelug te verkeer, en geniet gewoonlik 'n lewenskwaliteit in 'n landelike gebied.  Dus oortref die voordele by verre die nadele.

Daar is baie soorte werk in hierdie bedryf, maar meeste loopbane in landbou en boerdery is om lewende haweteelt gesentreerd; die werking, onderhoud en ontwerp van masjinerie; toerusting en algemene fasiliteite in landelike gebiede; die plant en oes van gewasse; die ontwerp en installasie van besproeiïng en water voorsiening stelsels; sowel as om te verseker dat die kos wat ons eet, veilig is.

Veiligheidsmaatreëls, soos om veiligheids prosedures te volg wanneer mens aan insekdoders en ander gevaarlike chemikalieë blootgestel word, sowel as toepassing van veiligheidsmaatreëls wanneer daar met plaas masjinerie gewerk word, sal verseker dat moontlike beserings in hierdie tipe werk tot 'n minimum beperk word.

'n Loopbaan in Landbou en Boerdery.

Inkomste uit landbou (die aanplant van gewasse) en siektes (onder lewende hawe) word sterk deur weersomstandighede beïnvloed.  Saaiboere moet bepaal wanner dit die beste tyd is om te saai, bemesting en chemikalieë by te voeg, en wanneer om te oes, en die oeste te bemark.  Hulle moet ook van verskillende strategieë gebruik maak om hulleself van onvoorspelbare veranderings in die mark te beskerm.

Basiese plaaswerkers leer deur opleiding terwyl hulle werk, waaras ander landbou loopbane gewoonlik 'n graad in landbou wetenskap benodig.  Bevordering van landbou werkers hang van motivering en ondervinding af.  Diegene wat hard en vinnig werk, wat oor goeie kommunikasie vaardighede beskik, en aan die werk toegewyd is, mag vinnig na hoër posisies bevorder word.

Soorte werk in Landbou en Boerdery.

'n Landbou Ingenieur is iemand wat van ingenieurs tegnologie gebruik maak, saam met 'n kennis van biologiese wetenskappe, om na landboukundige ingenieur sake om te sien en op te los.  'n Landbou ingenieur ontwikkel ontwerpe vir (en hou toesig oor die oprigting van) strukture en fasiliteite in die landbou sektor.  Projekte kan die konstruksie van landelike elektriese kragstelsels insluit; die vervaardiging van toerusting en masjinerie; die installasie en beheer van beligting, hitte, lugreëling, water voorsiening en afval verwydering stelsels in landelike strukture of geboue; beplanning van besproeiïng, dreinering en oorstromingsbeheer stelsels om grond en water te bewaar, en metodes om die verwerking van landbou produkte te vergemaklik.  Landbou ingenieurs bestudeer probleme soos die uitwerking van temperatuur, humiditeit en lig op plante of diere, en ontwikkel strategieë en die wyse om sulke probleme reg te stel.  'n Landbou Ingenieur word gewoonlik na 'n area van spesialiteit aangewys.

Die werk van landbou voedsel wetenskaplikes speel 'n belangrike rol in die instandhouding van voedsel voorsiening en sorg vir die beveiliging van voedsel.  Landbou wetenskaplikes bestudeer gesaaides en diere en ontwikkel metodes om die kwaliteit van voedsel, soos geurigheid, kleur en voedingswaarde te verbeter, sowel as die chemiese en mikrobiologiese samestelling van voedsel te bestudeer.

Hulle gebruik hulle wetenskaplike kennis om nuwe, of beter maniere vir die bewaring, verwerking, verpakking, berging en aflewering van voedselsoorte te ontwikkel.  Sommige voedsel wetenskaplikes ontleed voedsel inhoud om vlakke van vitimines, vet, suiker, proteïene te ontleed, of hulle soek na skadelike en ongewensde plaasvervangers soos nitrate.  Ander voedsel wetenskaplikes volg regeringsregulasies deur voedsel verwerking areas te inspekteer en te verseker dat sanitasie, veiligheid, kwaliteit en afval beheer standaarde gehandhaaf word.  Hierdie tipe werk vereis 'n BA universiteitsgraad.

'n Plaaswerker is gewoonlik verantwoordelik vir vele arbeids-intensiewe take op 'n plaas.  Hierdie take kan bestuur van trekkers, saai van gewasse, lewende hawe of pluimlewende hawe versorging, herstel en onderhoud van plaas implemente, skoonmaak van skure en stalle, saailinge plant, pluk van groente en vrugte wanneer geoes word, en hooi op miedens pak, insluit, of bale hooi op vragmotors laai.  Plaaswerkers moet dit geniet om in die buitelug te werk, en moet fiks genoeg wees om die harde arbeid in hierdie werk te kan behartig.

Die boer het baie verskillende verantwoordelikhede, maar is gewoonlik betrek by die produksie van gesaaides, en lewende haweteelt.  Boere moet bepaal watter tipe gewasse om te saai, of lewende hawe om te teel, deur faktore soos mark toestande, die weer, en die grootte en ligging van die plaas.  Die boer soek en koop saad, bemesting, plaasmasjinerie en voer, en is verantwoordelik vir die verkoop van gewasse en lewende hawe produkte. 'n Boer huur plaaswerkers en hou toesig oor hulle om gewasse te plant, bewerk en gewasse soos mielies of tabak te oes, sowel as om met die versorging van lewende hawe soos beeste, skape of perde te help. Kennis van rekord hou vir bestuurs- en belastingsdoeleindes sal 'n ekstra voordeel in hierdie loopbaan wees. 

Landbou en Boerdery Verenigings (LBV)

Organiese Suid Afrika (OSA) verskaf tussenvoering met boere, kleinhandelaars en regering om die doelwitte van die organiese beweging te bevorder wat tot die voordeel van produseerders, verwerkers, verbruikers en ons omgewing strek.  Dit voorsien 'n netwerk vir alle organies-denkende mense om vir die volhoubare beskerming van ons natuurlike bronne saam te werk.  OSA dien om organiese landbou metodes te bevorder, om bewussyn van volhoubare boerdery metodes te verhoog, en om te help om die natuurlike verwantskap tussen grond, plant, die en mens te herken. 

www.organicsouthafrica.co.za

LNR

Die Landbou Navorsingsraad (LNR) visie weerspieël sy kern besigheid en vier sy unieke rol, daar dit sy posisie as die hoof landbou navorsings instelling in Suid Afrika beklemtoon.  Die visie beklemtoon die noodsaaklikheid van LNR se bekwaamhede om te verseker dat dit 'n organisasie word wat bekend staan vir sy uitmuntenheid op sy kerngebied van besigheid.

"Die Landbou Navorsingsraad is 'n premie wetenskaplike instituut wat basiese en toegepaste navorsing met vennote deel om nuwe kennis te verwek, om menslike kapitaal te ontwikkel en nuwighede in landbou deur tegnologiese ontwikkeling en verspreiding, en mededingende kommersialisasie van navorsings uitslae ter ondersteuning van 'n voorspoedige landbou sektor te bevorder.

www.arc.agric.za

AGRISA

Agri Suid Afrika (Agri SA) is 'n organisasie wat die volhoubare voordeligheid en stabiliteit van kommersïele landbou produseerders en agri besighede bevorder deur sy betrokkenheid en insetsels op nasionale en internasionale vlak.  www.agriinfo.co.za

NLB

Die Nasionale Landbou Bemarkingsraad (NLB) is 'n statutêre liggaam wat in terme van die Wet opgestel is om die Minister van Landbou, en die Suid Afrikaanse Landbou Nywerheid raad te gee oor sake wat betrekking op die bemarking van landbou produkte het.   www.namc.co.za

SAAFoST

Die Suid Afrikaanse Vereniging vir Voedsel Wetenskap en Tegnologie ( SAV V WT) is die Liggaam vir Voedsel Wetenskaplikes, Tegnoloë en ander professioneles wat die voedsel en verwante nywerhede in Suid Afrika dien.  Die organisasie voorsien sy lede van  waardevolle netwerk en mededeling van kennis oor gebeurlikhede en publikasies.  SAAFoST bevorder opleiding en professionalisme, sowel as 'n toepaslike geregtelike struktuur in die nywerheid.  www.saafost.org.za

Chantelle Gradidge      







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan