My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


Maatskaplike Ontwikkeling

Suid Afrika is 'n land met geweldige groot moontlikhede, maar as gevolg van maatskaplike behoeftes, moet hierdie moontlikhede nog na vore kom.  Die welsyn van 'n gemeenskap is uiters belangrik vir 'n goeie demokrasie en ekonomiese weslyn.

Die maatskaplike ontwikkeling sektor omvat werk tot oplossings van probleme binne die gemeenskap.  Punte soos MIV en Vigs, armoede, mishandeling en geweld, gemeenskaps veiligheid, marginalisasie, diskriminasie, volhoubaarheid en toeganklikheid van bronne word na gekyk.

Volgens die Suid Afrikaanse Jaarboek 2005/2006, "Streef die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling om 'n besorgde en geïntegreerde stelsel van maatskaplike ontwikkelingsdienste te bou wat menslike ontwikkeling vergemaklik, en die lewenskwaliteit van Suid Afrikaners te vergemaklik."

'n Loopbaan in Maatskaplike Ontwikkeling

'n Loopbaan in maatskaplike ontwikkeling kan baie lonend wees, maar ook baie moeilik.  Om in hierdie sektor te werk, moet die persoon werklik in die welvaart, ontwikkeling en welsyn van ander mense belangstel.  Die belange en probleme van 'n gemeenskap sal die persoon se hoof besorgdheid wees.

Mense wat in maatskaplike ontwikkeling se nywerheid betrokke is, kan enige plek vanaf regering, besigheid sektore, nie-regerings organisasies, gemeenskaps-gebaseerde organisasies, godsdienstige organisasies, inrigtings, privaat praktyke en die informele sektor werk.  Indien jy werklik vir die gemeenskap omgee, kyk dan gerus na sommige van die loopbane wat in die maatskaplike ontwikkeling se nywerheid sektor te vinde is.

Poste in maatskaplike en gemeenskapswerk

'n Maatskaplike werker is 'n opgeleide professionele persoon  wat mense bystaan om maatskaplike tekortkominge te bowe te kom.  Hulle werk gewoonlik met gevalle, groepe, of die gemeenskap.  'n Maatskaplike werker help mense om ten goede te verander terwyl hulle die omgewing in ag neem.

'n Maatskaplike werker sal uitdagings aanvaar wat van armoede en werkloosheid wissel, tot seksuele mishandeling, asook (dwelms en drank) verslaafdheid.  Maatskaplike werkers spesialiseer gewoonlik in gebiede soos kinders en gesinne, gemeenskappe, oues van dae, medies, nywerheid en skole.

'n Gemeenskaps werker doen soortgelyke werk as dié van 'n maatskaplike werker, en baie mense sal sê dat dit 'n gespesialiseerde tak van maatskaplike werk is.  Gemeenskaps werkers het te doen met gemeenskappe wat probleme ondervind.  Hulle probeer mense bemagtig, opvoed en ondersteun deur hulle te help om hulle gemeenskaplike omgewing te verander.  Gemeenskaps werkers is meestal betrokke in benadeelde gemeenskappe, en kan met gesinne, groepe, of hele gemeenskappe werk.  Hulle werk gewoonlik alleen, of as deel van 'n groter span.

Poste in voorligting

'n Priester, ook bekend as pastoor of predikerPriesters werk in verskeie gelowe, maar almal het hulle eie titels in hierdie gelowe.  Volgens die Oxford Woordeboek is 'n priester 'n "verordende prediker van die Katolieke, Ortodokse of Anglikaanse Kerk, bevoeg om sekere rites uit te voer en sekere sakramente te bedien, of 'n persoon wat seremonies in 'n nie-Christelike geloof uitvoer."  'n Priester se werk word dikwels gesien as iemand deur God geroepe, of 'n roeping eerder as 'n beroep.

'n Raadgewer is iemand wat advies lewer oor sulke sake soos gesinsbeplanning, opvoeding, werk, maatskaplike situasies en finansies.  Raadgewers is gewoonlik mense met kennis wat oor empatie beskik, en is oor ander mense en hulle situasies besorg.

Ander beroepe in die sektor.

'n Tolk is iemand wat oor goeie kennis oor twee of meer tale beskik.  Tolke moet die vermoë hê om van een taal na 'n ander binne sekondes te vertaal.  Tolke werk gewoonlik met vreemdelinge wat nie van 'n taal kennis dra nie, maar nogtans nodig het om te kommunikeer.

'n Lykbesorger is ook bekend as begrafnis ondernemer.  Die Concise Oxford Woordeboek definiëer 'n lykbesorger as "'n persoon wie se taak dit is om lyke vir begrafnis of verassing voor te berei, en reëlings vir 'n begrafnis of verassing te tref."  'n Lykbesorger, of ondernemer, sorg vir al die begrafnis reëlings van af die optel van die lyk, die hele begrafnis te reël, die lyk nà die diens na die begrafplaas of krematorium te vervoer.  Die bemarking van die onderneming en die administrasie, soos hantering van die dood sertifikaat, is ook deel van die ondernemer se werk.  Meeste ondernemers of lykbesorgers is ook opgelei om balseming te doen.

Meer soorte werk

Daar is meer soorte werk in hierdie sektor wat met ander nywerheid sektors saamval.  Sommige van die ander werke is tuis ekonoom, gesinsbeplanning raadgewer, landbou uitbreiding en verpleegster.

Maatskaplike Ontwikkelings Verenigings.

SARMDP      ("SACSSP")

Die Suid Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diens Professies is 'n wetlike liggaam wat die maatskaplike diens professies beheer.  Alle maatskaplike werkers en studente wat maatskaplike werk studeer moet by hierdie raad geregistreer word.  www.sacssp.org.za

NRKW  ("NACCW")

Die Nasionale Raad van Kindersorg Werkers is 'n nie-regerings organisasie wat oplei, venootskappe ontwikkel, ondersteun,  en ontwikkel mense wat met jong mense onder risiko werk .  www.naccw.org.za

PRKJW en PRG   ("PBCYC and PBSW")

Die Professionele Raad vir Kinder- en Jeugsorg Werk, en die Professionele Raad vir Gemeenskapswerk is nuwe professioneole rade wat in 2005 geskep is om die beroep te bevorder, standaarde te bepaal en onder andere kriteria vas te stel. 

www.sacssp.org.za/html/pbcyc.html and www.sacssp.org.za/html/pbsw.html

Gabrielle Venter         (817 Woorde)







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan