My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Belastingkonsultant

- Finansiële Konsultant

- Ouditeur

Finansies en Bankwese

Werk in die finansiële sektor behels hoofsaaklik om besighede en ander organisasies, asook individue, te help om geld te maak. Die klem word dikwels geplaas op langtermyn finansiële beplanning.

'n Goeie begrip van die ekonomie, en dikwels die aandele-mark, is belangrik. Die vermoë om te kan werk met komplekse rekenaarprogramme is noodsaaklik. Ander belangrike vaardighede sluit in 'n aanleg vir syfers, kaarte en grafieke, en die bekwaamheid om inligting akkuraat te kan analiseer.

Werk in die finansiële en banksektor

Finansiële konsultante gee mense advies oor hoe om hulle geld te spandeer en hoe om hul geld te bestuur vir beide kort- en langtermyn spaar- en beleggingsplanne. Finansiële konsultante tree óf direk met individue in verbinding óf hou seminare of aanbiedings om meer kliënte te werf. Hulle bestuur gewoonlik baie kliënte terselfdertyd en ontmoet met verskeie kliënte op 'n daaglikse basis. Hulle help kliënte om sin te maak uit finansiële terminologie en inligting, en help hulle om op datum te bly met finansiële aangeleenthede soos, byvoorbeeld, die aandele-mark. 'n Finansiële konsultant moet duidelik kan kommunikeer, probleme maklik kan oplos, dit geniet om met syfers te werk, en bereid wees om saans te werk.

Ouditeure ondersoek en peil die finansiële state van 'n organisasie om te verseker dat die rekeninge die ware finansiële posisie van die besigheid weerspieël en dat die prosedures wat gevolg word, korrek is. Oudits word soms vir verskeie ander redes uitgevoer, byvoorbeeld, gedurende salaris hersienings, of om finansiële data te bestudeer vir tekens van korrupsie of ander onwettige aktiwiteite. Weens hul spesifieke opleiding, kan ouditeure baie ander dienste verrig, soos om raad aan kliënte te gee oor hul belasting of boedel-beplanningsportefeuljes. Ouditeure moet dit geniet om met mense te werk en die vermoë hê om die resultate van hul werk akkuraat te kommunikeer. Baie ouditeure het ontsaglike besigheidskennis en dit is dus nie ongewoon vir hulle om hul eie besighede oop te maak nie.

Kredietkontroleurs hou die debiteursgrootboek van 'n maatskappy in stand om te verseker dat alle inkomste wat geskuld word, ontvang word en rekenskap daarvan korrek gegee word. Hierdie werk behels dikwels om kliënte te kontak wat nie in staat is om hul skuld te betaal nie, of weier om dit te doen. Dit word skriftelik, telefonies of deur persoonlike besoeke gedoen. Indien kontroleurs se pogings nie suksesvol is nie, mag hulle die rekening na 'n insameling agentskap verwys of 'n prokureur aanstel om regsaksie teen die kliënt te neem. In hierdie soort werk, is dit belangrik om goeie kliënte-verhoudings te handhaaf. 'n Aangename persoonlikheid en voorkoms, asook die vermoë om goed te kan praat en skryf is dus noodsaaklik. Omdat krediet kontroleurs soms betaling moet eis vir agterstallige rekeninge, kan hierdie werk stresvol wees. 'n Krediet kontroleur moet die vermoë hê om taktvol maar ferm te wees, wanneer hulle met moeilike kliënte te doen het.

Finansiële en bankinstellings

Die instituut van bankiers SA

Sedert sy stigting in 1904, voorsien die instituut van bankiers SA (IOB) volgehoue professionele ontwikkeling binne die Suid-Afrikaanse finansiële dienstesektor. Die IOB bied die nuutste opvoedings- en opleidingsingrypings, wat toepaslik en betekenisvol is. Die visie van die IOB is om erken te word as 'n sentrum van uitmuntendheid, wat die standaarde van professionalisme, vaardighede en bekwaamhede verhoog vir 'n finansiële dienstesektor wat globaal kompeterend is. www.iob.co.za

Onafhanklike reguleringsraad vir ouditeurs

Die basiese doel van die onafhanklike reguleringsraad vir ouditeurs (IRBA) is om die finansiële belange van die mense van Suid-Afrika, en ander belanghebbendes, te beskerm deur dienste wat gelewer word deur geregistreerde rekenmeesters en ouditeurs. Die taak van die IRBA is: om die middele en die reguleringsraamwerk te voorsien vir die opvoeding en opleiding van 'n voldoende hoeveelheid bekwame en gedissiplineerde rekenmeesters en ouditeurs; om die behoeftes van Suid-Afrika te bedien; om voortdurend te strewe vir die handhawing en verbetering van standaarde vir geregistreerde rekenmeesters en ouditeurs; en om geregistreerde rekenmeesters en ouditeurs te beskerm en te ondersteun, wat hul pligte op 'n bekwame wyse, vreesloos en te goeder trou uitvoer.   

www.paab.co.za

Die instituut van risikobestuur SA

Die instituut van risikobestuur SA (IRMSA) verteenwoordig individue en maatskappye wat verbind is tot die verbetering van die dissipline van risikobestuur. Die instituut verteenwoordig die wese van hierdie beginsel in die lewering van 'n reeks dienste, insluitend: professionele akkreditering van individuele lede; 'n forum vir besprekings en interaksie oor aktuele risiko-kwessies; 'n geloofbare platform wat praktisyns in staat stel om oor sake te gesels wat die dissipline raak; navorsings- en projekontwikkeling; opvoeding en opleiding; en geleenthede vir netwerking en professionele ontwikkeling deur konferensies, voorligting en onderwerp-gefokusde werkwinkels.

www.irmsa.org.za

Die kredietburo-vereniging van SA

Die kredietburo-vereniging (CBA) is daarvoor aanspreeklik om die belange van die kredietinligtingsbedryf te verteenwoordig en die gedrag van sy lede te reguleer. Deur te verseker dat kredietinligting betroubaar, akkuraat, bygewerk en volledig is, is die CBA verbind tot die bevordering van gelykheid, sosiale geregtigheid en ekonomiese groei in die kredietmark. Die CBA se doelwitte is: om die doeltreffende bestuur van die neem van risiko's m.b.t. krediet en besigheid in Suid-Afrika te bevorder; om die werksaamhede van lede van die vereniging te monitor m.b.t. die aard en gehalte van inligting wat opgeteken, gestoor en weergegee word, en hul onderwerping aan die gedragskode van die vereniging; om met regeringsowerhede, bydraende verenigings of enige ander liggame te skakel en in konsultasie te tree, en aan hulle vertoë te lewer, ten einde te verseker dat die wetgewende en besigheidsomgewing in die land bevorderlik is vir 'n volhoubare en goed funksionerende kredietinligtingstelsel.

www.cba.co.za

Vir meer inligting oor werk in die finansiële en banksektore, sien asb. die Mei 2007-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

Chantelle Gradidge

 


 

Baie van ons beskou mense wat op die gebied van finansies werk as vervelige, sieldodende potlood-stoters wat almal dieselfde drag dra wat mens aan die algemene opvatting van "rekenmeesters se swart broeke," gestreepte hemde en vervelige dasse laat dink.  Inteendeel, finansiële personeel werk in 'n snel-veranderende omgewing waar take en omstandighede van dag tot dag wissel.  Hulle beskik oor die vermoë om twyfelagtigheid te hanteer, sowel as die kapasiteit om veelsydig, buigbaar en toegeeflik in hulle beroep te wees.

'n Pos in finansies verg vaardighede soos 'n goeie aanleg om probleme op te los, rekenaar-vaardigheid, veral sigblaaie, woordverwerking en aanbiedings pakkette; inisiatief; ontledende en interpersoonlike of menslike vaardighede; en natuurlik, die vermoë om rekening syfers te ontleed, of soos dit ook gestel word – 'n aanleg vir syfers.

'n Loopbaan in finansies en bankwese

Poste in finansies en bankwese is relatief stabiel solank jou pogings en werkverrigting sigbaar is.  Maatskappye waardeer langslewendheid en getrouheid in hierdie sektor van hul besigheid.  Dit mag miskien tyd neem om op hierdie gebied vooruit te beweeg wanneer jy daar begin werk, maar wees geduldig en leer by jou beskermhere, en voer jou take uitsonderlik goed uit na die beste van jou vermoë, en jy sal uiteindelik die geleentheid kry waarna jy streef.

Poste in finansies en bankwese

'n Boekhouer is iemand wat inskrywings van al die organisasie se finansiële transaksies hou.  Hulle hou sulke inskrywings van rekenings deur uitgawes te tabuleer, debiete en krediete te pos, produseer finansiële state, en berei verslae en opsommings vir toesighouers en bestuurders voor.  Hulle hou rekord van winste en verliese, en berei bank depositos voor.  Hulle kan ook lone hanteer, aankope doen, berei fakture voor en hou 'n oog oor agterstallige rekeninge.  Boekhouers moet rekenaar-vaardig wees om al die data te kan bereken en aan te teken.  Hulle moet deeglik en akkuraat wees, ordelik en detail-vaardig wees om foute te vermy en foute deur andere begaan, raak te sien en hulle reg te stel.  Dit is ook van uiterste belang dat 'n boekhouer diskreet en betroubaar is, daar hulle dikwels met vertroulike maatskappy dokumente in aanraking kom.  Omdat boekhouers elke dag vele berekings doen, moet hulle ook 'n goeie begrip van syfers hê.

Geoktrooieerde Rekeningkunde is 'n uitdagende en winsgewende loopbaan in 'n ekonomies-ontwikkelende land soos ons s'n.  'n Geoktrooieerde Rekenmeester (GR/CA) ontleed en evalueer finansiële inligting binne 'n organisasie, en neem besluite wat op hierdie inligting gebaseer is.  'n GR ouditeer 'n maatskappy se finansiële state om te verseker dat die besigheid 'n akkurate verslag van sy finansiële posisie toon.  Kliënte kan van private individue tot groot organisasies soos banke wissel.  Sommige gebiede van spesialisasie op hierdie gebied sluit ouditering, belasting, koste en regsake in.  Dit word van GR's verwag om op hoogte van immer-veranderde belasting wette op hoogte te bly.  'n GR moet eerlik en betroubaar wees, dit geniet om met mense te werk, oor goeie kommunikasie vaardighede beskik, 'n spanspeler wees, en oor die vermoë beskik om hindernisse en terugslae te oorwin.

'n Krediet Klerk hanteer die proses van krediet aansoeke deur inligting op aansoekvorms te bevestig.  Groot gedeeltes van die dag word op die internet of telefoon deurgebing om inligting by kredietburos, banke of krediet inrigtings te bekom om die kredietwaardigheid van private individue, of besighede wat om krediet aansoek doen, vas te stel.  Basies ondersoek die krediet klerk die aansoeker se krediet geskiedenis om te verseker dat daar 'n goeie moontlikheid bestaan dat die kliënt die geld wat hy leen, sal terugbetaal.  Fakturering en rekonsiliasie kan ook deel van 'n krediet klerk se pligte insluit.  Goeie telefoon etiket, aandag aan detail en uitstekende organisasionele en rekenaar vaardighede word in hierdie tipe werk vereis.

'n Ekonoom doen navorsing op sulke sake soos inflasie, rentekoerse, wisselkoerse, belastings, of werksvlakke.  Ekonome beraam metodes en prosedures om data in te samel, hulle ontleed die data; hulle monitor ekonomiese neigings en ontwikkel voorspellings.  'n Ekonoom berei verslae voor wat tabelle oor die resultate van navorsing insluit, en hulle presenteer ekonomiese en statistiese teorieë op 'n verstaanbare en logiese manier.  Ekonome kan in spesifieke gebiede soos mikro-ekonomie, nywerheids ekonomie, finansiële ekonomie of ekonometries spesialiseer.  Ekonome werk dikwels alleen wanneer hulle verslae skryf, of statistieke tabelle voorberei, maar soms werk hulle ook as 'n navorsing span.  'n Aanleg vir wiskunde en geskrewe kommunikasie vaardighede word in hierdie beroep vereis.

'n Aandele- of Effektemakelaar is iemand wat beleggings vir kliënte hanteer deur finansiële markte na te vors en kliënte op hoogte hou oor hulle beleggings.  Die kliënte kan private individue, maatskappye of groot organisasies wees.  Die makelaar koop en verkoop aandele en ander finansiële produkte met die doel om die beste winste vir sy kliënte te bekom.  Meeste van die onderhandeling vind telefonies, of op die Internet plaas.  Hierdie werk plaas baie druk op die persoon en is nie bedoel vir iemand wat besluiteloos is nie.  Makelaars moet onafhanklik en ontledend kan dink, en spoed is altyd noodsaaklik.  Onnodige foute in hierdie beroep kan baie nadelige gevolge hê..

Finansiële en Bankwese Verenigings

SAIPR/SAIPA

Die Suid Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters (SAIPR) speel 'n belangrike rol om te verseker dat sy lede die beste voordeel uit hulle Rekenmeesters praktyke trek, of waarde aan hulle werkgewers in die korporatiewe wêreld kan byvoeg, en daardeur bykomende rykdom vir die land en sy mense te skep. SAIPR is 'n liggaam van meer as 6000 professionele rekenmeesters.  Die meerderheid van lede is in publieke praktyke wat rekeningwese en ander verbonde dienste aanbied.  (www.saipa.co.za)

SAIGR/SAICA

Die Suid Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) het homself as een van die leidende institute van die wêreld ingestel en wat sy rol in 'n hoogs-dinamiese besigheidsektor speel.  Dit voorsien 'n groot verskeidenheid van ondersteuningsdienste aan sy lede, wat hulle in staat stel om 'n sleutelrol in die snel-veranderende Suid Afrikaanse ekonomie te speel.  Die doelwit van SAIGR is om na die belange van die Geoktrooieerde Rekenmeesters se beroep en gemeenskap deur professionele standaarde en integreteit om te sien, sowel as die voortreflikheid van Suid Afrikaanse Geoktrooieerde Rekenmeesters, nasionaal sowel as internasionaal.  (www.saica.co.za)

FDR/FSB

Die Finansiële Diensraad (FDR) is 'n onafhanklike instituut deur die wet gestig om toesig te hou oor die Suid Afrikaanse Nie-Bankwese Finansiële Dienste Nywerheid en openbare belang.  Die FDR word toevertrou tot regverdige optrede van beide verbruikers sowel as voorsieners van finansiële produkte en dienste in Suid Afrika. Die FDR se doelwit is om gesonde en doeltreffende finansiële institute en dienste vir belegger beskerming te bevorder in die markte waaroor edit toesig hou.  (www.fsb.co.za)

FBI/FPI

Die Finansiële Beplanningsinstituut (FBI) word as die leidende onafhanklike verteenwoordigende liggaam van professionsle finansiële beplanners in Suid Afrika gereken.  Die terrein is beskikbaar vir lede van die publiek en voorsien algemene inligting aangaande die Finansiële Beplanningsinstituut.  (www.fpi.co.za)

Chantelle Gradidge  







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan