My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Chemiese Analis

- Speletjie-ontwerper

- Statistikus

- Wiskundige

Wetenskap en Tegnologie

'n Wetenskaplike begrip van die natuurlike wêreld is die basis vir baie van ons tegnologiese vooruitgang. Wetenskap en tegnologie is dus baie nou geïntegreer – wetenskap hou verband met tegnologie, omdat tegnologie die produk van wetenskap is. Gevolglik, lei wetenskap en tegnologie saam na nuwe uitvindings, nuwe produkte, nuwe idees en beter maniere om dinge te doen.

Werk in wetenskap en tegnologie

Kosmologie vorm deel van die tak van sterrekunde. Kosmologie handel nie soveel oor individuele sterre of sterrebeelde nie, maar eerder met die eienskappe van die heelal as geheel. Kosmoloë bestudeer hoe die heelal tot stand gekom het (evolusie), hoekom dit lyk soos dit lyk, en wat die toekoms inhou vir die heelal. Hulle voer kosmologiese waarnemings uit, waardeur hulle baie jare in die verlede ondersoek, bronne van wetenskaplike begrip soek en teorieë uitwerk wat konsekwent en verklaarbare modelle verskaf oor die evolusie van die heelal – van die skepping daarvan tot die hede, en in die toekoms in. As jy belangstel in onderwerpe soos die grootte, vorm, ouderdom en oorsprong van die  heelal, die sterre en die sterrebeelde, en ons ligging in die heelal, sal hierdie beroepsvooruitsig jou verseker entoesiasties en gereed vir aksie maak.

'n Wiskundige se daaglikse roetine word bepaal deur die spesialisveld wat hy gekies het. Teoretiese wiskundiges werk met wiskundige teorie in sowel navorsings- as akademiese omgewings. Teoretiese wiskundiges is dus dikwels wiskunde professore of gegradueerde studente wat vergoeding of befondsing ontvang om aan wiskundige probleme te werk. Toegepaste wiskundiges pas wiskundige beginsels toe op praktiese probleme, soos geheimskrif en ekonomiese analise. Navorsing deur sowel teoretiese as toegepaste wiskundiges is belangrik, en vooruitgang in beide dissiplines het reeds tot groot deurbrake gelei. 'n Wiskundige agtergrond maak boonop baie deure oop vir ander beroepsrigtings, en dit is redelik algemeen vir wiskundiges om in aanraking te kom met 'n beroep wat hulle meer aanloklik vind (as onderwys, geheimskrif, of ekonomie), soos rekenaarprogrammering.

Statistiek is die wetenskaplike toepassing van wiskundige beginsels, wat ontwerp is vir die samestelling, ondersoek, en uitbeelding van numeriese data. Statistici pas hul wiskundige en statistiese kennis toe om opnames te ontwerp en eksperimente uit te voer, ten einde data in te samel, te prosesseer en te analiseer, en om die resultate te interpreteer. Akademiese en navorsing statistikusse werk met die opleiding van studente en statistiese navorsing in 'n gekose veld. Hulle besluit gewoonlik waar en hoe om data in te samel, bepaal die tipe en grootte van die monster-groep en ontwikkel die opname-vraelys of verslagvorm. Hulle berei dan instruksies voor vir die insameling en tabulering van die data en, uiteindelik, analiseer en  

interpreteer hulle die data en som dit op, met gebruik van rekenaar sagteware.

Toegepaste statistici is hoofsaaklik gemoeid met probleme van data interpretasie en werk gewoonlik in uiteenlopende velde, soos finansies, ekonomie, ingenieurswese, medisyne, sielkunde, sterrekunde, chemie, lewensversekering en landbou. Statistici moet die vermoë hê om met 'n wye verskeidenheid mense te kan omgaan, en moet in staat wees om hul bevindinge op 'n verstaanbare manier uit te beeld. Rekenaar geletterdheid is baie belangrik in hierdie beroep.

Wetenskap- en tegnologie-verenigings

SAASTA

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir wetenskaplike en tegnologiese vooruitgang (SAASTA) het ten doel om openbare bewustheid, waardering en die betrokkenheid van wetenskap, ingenieurswese en tegnologie in Suid-Afrika te bevorder. www.saasta.ac.za

SAASTEC

Die visie van die suider-Afrikaanse vereniging van wetenskap- en tegnologie-sentrums (SAASTEC) is om die ontwikkeling van 'n suider-Afrikaanse samelewing wat gegrond is op tegnologie te fasiliteer, wat 'n kompeterende voordeel in die wêreld ekonomie sal verseker. Sy missie is: om by te dra tot die verbetering van lewenskwaliteit van suider-Afrikaanse nasies deur wetenskaplike kennis en vaardighede te verhoog, deur middel van interaktiewe wetenskap- en tegnologie-ontdekkingsentrums; om kennis van wetenskap en tegnologie na die algemene publiek, en die jeug in besonder, te versprei, deur middel van verbeeldingryke en genotvolle interaktiewe uitstallings, tentoonstellings en programme, sodat hulle die toepaslikheid van wetenskap en tegnologie in hul daaglikse lewens kan waardeer; om as 'n katalisator vir die jeug te dien om hul kreatiwiteit te ontwikkel en hul belangstelling in verwante velde te kweek; om 'n sentrum van uitmuntendheid en innovering in nie-formele wetenskaplike opvoeding tot stand te bring; en om bevredigende beroepe aan die wetenskap- en tegnologie-sentrums se personeel te verskaf. www.saastec.co.za

AIMS

Die Afrika-instituut vir wiskundige wetenskappe (AIMS) is 'n opvoedkundige sentrum in Kaapstad. Die doelstellings van AIMS is: om wiskunde en wetenskap in Afrika te bevorder; om talentvolle studente en onderwysers te werf en op te lei; en om bekwaamheid te ontwikkel vir Afrika-inisiatiewe in opvoeding, navorsing en tegnologie. Deur sy nagraadse program en openbare uitreikingsinisiatiewe, tree AIMS op as 'n baken, wat keuses beïnvloed op skool- en universiteitsvlak en leergierige jongmense uit Afrika betrek by wiskundige en wetenskaplike beroepe. www.aims.ac.za

SASA

Die missie van die Suid-Afrikaanse statistiese vereniging (SAASA) is om die bevordering van statistiese kennis te fasiliteer, en toepassings van statistiese teorie in alle sfere van die lewe te bevorder, en hierdeur op 'n positiewe manier by te dra tot die ontwikkeling van Suid-Afrika. Die vereniging strewe daarna om hierdie missie te bereik deur: 'n forum daar te stel om statistici na Suid-Afrika te lok en hier te kweek en hul belange te bevorder; om aktief deel te neem aan geskikte prosesse en strukture wat 'n invloed op die Suid-Afrikaanse samelewing het; om openbare begrip van daardie statistiese begrippe te bevorder wat kritiese vernuf en doeltreffende burgerskap verhoog, en om openbare waardering van gesonde statistiese praktyk aan te wakker; om toeganklik te wees vir, en ondersteunend van, die gebruikers van statistiek in die breër gemeenskap; en om aktief saam te werk met organisasies en samelewings wat verbonde is aan dissiplines wat breedweg met statistiek te make het. www.sastat.org.za

ASSA

Die sterrekundige vereniging van suider-Afrika is 'n liggaam wat bestaan uit beide amateur en professionele sterrekundiges. Lidmaatskap is oop aan alle belangstellendes, afgesien van kennis of ondervinding. Die doelstellings van die ASSA is om die studie van sterrekunde in suider-Afrika aan te moedig en te stimuleer; om waarnemers en hul organisasies in die werk van sterrekundige observasie en navorsing te verenig; en om onlangse sterrekundige inligting te versprei, wat behulpsaam mag wees vir waarnemers en ander belangstellendes in sterrekunde. www.assa.saao.ac.za

Vir meer inligting oor werk in Wetenskap en Tegnologie, verwys asb. na die November/Desember 2006-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

Chantelle Gradidge







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan