My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


Kleinhandel

'n Beroep in die kleinhandel bedryf bied 'n uiteenlopende reeks werk- en besigheidsgeleenthede. Gebiede waarin kleinhandel bedryf word sluit in, onder andere, klere, juweliersware, kruideniersware, drank, sportgoedere en huishoudelike toestelle. Kleinhandel poste kan gevind word in bevoorrading, verkope, bemarking, advertensiewese, aankope, en administratiewe departemente. Kleinhandel bied werkgeleenthede aan alle soorte mense – van skoolverlaters tot pensionarisse, en van ma's wat van die huis af werk tot entrepreneurs of besigheidsmense.

Poste in kleinhandel is dikwels op die frontlinie – om die kliënt te bedien en verkope aan te wakker. 'n Passie om saam met mense te werk, ewewigtigheid, goeie vaardighede in probleemoplossing, en die vermoë om as deel van 'n span, sowel as onafhanklik, te werk, is noodsaaklik vir 'n suksesvolle beroep in hierdie bedryf. Kleinhandel-beroepe op die gebied van menslike hulpbronne sluit 'n verskeidenheid van ekstra verantwoordelikhede in, soos opleiding, die ontwerp van opleidingsprogramme, die bestuur van vergoeding en voordele, en versekering dat die wet nagekom word by werkverskaffingspraktyke.

Om deeltyds te werk terwyl jy jou studies voltooi sal jou die geleentheid gee om toepaslike praktiese ondervinding op te doen om jou kanse van werk te verbeter, wanneer jy gereed is om die beroepswêreld te betree.

Werk in kleinhandel

Of jy van die huis af wil werk, sonder om jou eie besigheid te begin; jou eie besigheid wil besit; of vir iemand anders wil werk,  'n beroep in raadgewing oor juweliersware sal aan jou vereistes voldoen. Jy kan kies om vir 'n direkte bemarkingsmaatskappy te werk, en geld verdien terwyl jy die buigsaamheid geniet om jou eie werkure te bepaal en jou eie kliënte te kies, soos werknemers by 'n groot maatskappy, of jy kan kies om verkope vanuit die gerief van jou eie huis aan familie en vriende te doen.

Alternatiewelik, kan jy jou eie lyn van juweliersware skep om te verkoop, of vir 'n juweliersmaatskappy met 'n goeie naam werk, waar jy juweliersware by 'n afdelingswinkel verkoop. Nog 'n voordeel van hierdie beroep is dat jy nie 'n universiteitsgraad nodig het nie. Die werkgewer of groothandelaar in juweliersware verskaf gewoonlik al die opleiding en ondersteuning, of jy kan privaat klasse bywoon om alles te leer wat jy moet weet oor die ontwerp van jou eie lyn van juweliersware.

'n Talent spesialis is 'n persoon of organisasie wat as bemiddelaar optree in die verhouding tussen iemand wat 'n wonderlike beroep soek en 'n besigheid wat 'n talentvolle individu soek. Talent spesialiste word dikwels gevind by instansies vir hoër opvoeding, beroepsvoorligting dienste en werwingsagentskappe. Die werk van 'n talent spesialis is meer as net om vir iemand 'n werk te vind. Hy of sy moet verstaan wat 'n persoon van 'n beroep wil hê, voordat hy of sy in 'n toepaslike beroep geplaas word binne 'n geskikte maatskappy. Die verantwoordelikhede van 'n talent spesialis sluit in om gekwalifiseerde kandidate te beoordeel en aan die werwingsmaatskappy wat hy of sy verteenwoordig voor te stel. Sommige vaardighede en talente wat in hierdie beroep vereis word sluit in organisatoriese vermoëns, 'n uitstekende vermoë om te prioritiseer, goeie besluitnemingsvermoë, professionalisme en vaardighede in tydbestuur.

Kleinhandelverenigings

IPM

Die instituut van mense-bestuur (IPM) is 'n nie-winsgewende organisasie wat meer as 60 jaar gelede gestig is met die doel om geskikte, toepaslike kennis en inligting te verskaf oor doeltreffende leierskap en mense-bestuur aan beroepsmense op menslike hulpbron-gebied, en bestuur, oor die algemeen. IPM wy sy pogings toe aan die verskaffing van kennis en gereedskap vir strategiese mense-ontwikkeling en leierskap, wat bydra tot groei, winsgewendheid, en die volhoubaarheid van besighede. Die instituut glo dat sy doeltreffendheid gemeet kan word en behoort te word deur toepaslikheid, toeganklikheid en die gehalte diens wat aan sy lede verskaf word. IPM se missie is om die professionele vereniging te wees wat vertrou word en agting geniet van menslike hulpbron praktisyns. www.ipm.co.za

RLC

Die kleinhandelaars se skakelkomitee (RLC) verskaf 'n maandelikse verslag van verkope aan alle groot nasionale kleinhandelaars in kos, huishoudelike ware en klere in die land. Kleinhandelaars van elk van die hoof verhandelingskategorieë besef die waarde van die RLC. Deur hul maandelikse verkoopsyfers aan 'n onafhanklike navorser te stuur om geanaliseer te word, tesame met dié van mededingers, ontvang hulle, op hul beurt, toepaslike en betroubare inligting oor verkope en groei. Die RLC maandelikse verslag wat aan elke lid gestuur word is 'n opsomming van inligting, en word uitgebeeld in grafiek- en tabel-formaat wat maklik is om te lees. Daar is twee lae van lidmaatskap van die RLC: volle lidmaatskap, wat vir Suid-Afrikaanse kleinhandel organisasies is, wat hulself daartoe moet verbind om hul maandelikse omset syfers in te dien, en 'n klein jaarlikse fooi moet betaal in ruil vir die maandelikse bedryfsanalise; en assessorlede, wat nie kleinhandelaars is nie, en fooie betaal wat hulle daarop geregtig maak om die maandelikse bedryfsanalise te ontvang. www.retlc.co.za

Die diamant- en juweliersfederasie van Suid-Afrika

Die diamant- en juweliersfederasie van Suid-Afrika is die beherende bedryfsliggaam wat die diamant- en juweliersbedryf verteenwoordig en bestaan uit die juweliersraad en die diamantraad, wat elkeen verskeie ambagsverenigings verteenwoordig wat binne daardie sektor val. Die federasie speel 'n uiteenlopende rol in die verteenwoordiging van die belange van die bedryf. Sy doelstellings is om as die stem van die kleiner diamant- en juweliersbedryf in Suid-Afrika te dien. Aktiwiteite sluit in plaaslike en internasionale bemarking; vertoë aan die regering; onderhandeling namens lede oor bedryfsverwante kwessies; seminare en opleidingskursusse; en die verspreiding van inligting aan die bedryf. www.jewellery.org.za

SAGRA

Die Suid-Afrikaanse werwersvereniging van gegradueerdes (SAGRA) is 'n organisasie wat uit lede bestaan wat die gegradueerde mark ondersteun, werf, in diens neem en ontwikkel, asook aan hulle dienste verskaf. SAGRA se missie is om toegewyd te wees aan die ondersteuning van maatskappye op alle vlakke van werwing van gegradueerdes. SAGRA se doelstellings is om 'n forum te bied vir bespreking oor alle kwessies wat toepaslik is vir die werwingsmark van gegradueerdes; om inligting en raad te verskaf oor huidige en toekomstige werwingsneigings van gegradueerdes; om beste praktyk te bevorder op alle vlakke van werwing van gegradueerdes; om navorsing op die gebied van opvoeding, beroepskeuse en werk te onderneem; en om die standpunte van sy lede te verteenwoordig aan beleidmakers, beroepsdienste en die media. www.sagra.org.za

Chantelle Gradidge







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan