Admin en Kantoor
Alle besigheids bedrywighede benodig goed-georganiseerde kantoor, administratiewe en bestuur ondersteuning om effektief te kan funksioneer. Alhoewel die funksies, pligte, rolle en verantwoordelikhede van kantoor personeel grootliks verskil, moet hierdie werknemers nogtans oor 'n breë kennis van kantoor vaardighede beskik, sowel as persoonlike buigbaarheid om by potensiële veranderings, of loopbaan bevordering binne die organisasie se struktuur te kan aanpas. Dit kan ook bykomende formele opvoeding insluit. Diegene wat 'n loopbaan op die gebied van administrasie oorweeg, kan verwag om in gemaklike kantore te werk. Dit sal voordelig wees om oor 'n basiese kennis van rekenaar vaardighede te beskik, sowel as 'n algemene kennis van hoe om kantoor toerusting soos faksmasjiene en fotokopieërders te gebruik. Sterk kommunikasie vaardighede, die vermoë om as deel van 'n span te werk, vaardighede om probleme op te los, leierskap vermoë, vasberadenheid, getrouheid en aanpasbaarheid is almal voordelige eienskappe vir 'n loopbaan in bestuur. 'n Loopbaan in administrasie en kantoor, besigheid en bestuur. Poste vir kantoor en administrasie ondersteuning en bestuur word in feitlik elke nywerheid aangetref. Die grootste aantal van hierdie poste kan in maatskappye met 'n groot administratiewe werkmag gevind word, byvoorbeeld banke, sake dienste, gesondheid sorg en opvoedkundige fasiliteite en assuransie maatskappye. Van liassering, of data in 'n rekenaar terminaal invoeg, tot opsigter en bestuurs posisies, is opsies en geleenthede op hierdie gebied wyd en wisselend. Poste in Administrasie en Kantoor, Besigheid en Bestuur. Omdat maatskappye oor snelgroeiende hoeveelhede inligting beskik wat aangeteken en verwerk moet word, is data inname klerke in meeste sektore van die sakewêreld broodnodig. Data inname klerke voer inligting soos kliënte se persoonlike besonderhede, mediese rekords en lidmaatskap lyste in die rekenaarstelsel in. Baie maatskappye het opleidingsprogramme vir verskeie rekenaar sagteware toepassings wat binne die maatskappy gebruik word. Hierdie werk is perfek vir mense met hoë- snelheid tik vaardighede en hoë vlakke van akkuraatheid, en wat hulle "voet in die deur" wil kry en dit as oorgang gebruik om hulle potensiaal vir bevordering te bewys, of na 'n beter-besoldigde pos wil vorder met verhoogde verantwoordelikhede. Persoonlike assistente werk nou saam met senior personneellede soos bestuurders of direkteure, om hulle werklading te verlig en hulle dag te organiseer. 'n Goeie PA beskik gewoonlik oor uitgebreide kennis van die maatskappy en personeel, het uitstekende kommunikasie en organisasie vaardighede, en kan ook diskreet bly, hoe en wanneer nodig. Baie PA's begin in junior administrasie posisies en werk hulle pad na bo deur harde werk en ondervinding wat hulle in die werk opdoen. 'n PA se pligte is veelvoudig en kan enigiets insluit vanaf notules afneem tot aanbiedings skep, en kan selfs spesiale funksies vir die maatskappy reël. Daar is vele geleenthede op die gebied van tak bestuur indien jy oor die regte opvoeding, vaardighede en ondevinding beskik. 'n Tak Bestuurder benodig sterk mense bestuurs vaardighede en die vermoë om 'n span te ontwikkel. Kliëntediens en besigheids ontwikkeling vaardighede is ook onontbeerlik. Die grootte van die besigheid bepaal gewoonlik die verantwoordelikhede van 'n tak bestuurder, maar die tak bestuurder is normaalweg verantwoordelik vir alle aspekte van die tak, vanaf sekerheid tot om ontevrede kliënte tevrede te stel. In 'n neutedop – tak bestuurders is verantwoordelik vir die bestuur van personeel, ontwikkeling van die besigheid en die groei en voordeeligheid van die besigheid. Daar is gewoonlik uitstekende vooruitsigte om na hoër posisies binne die organisasie te beweeg. Winkel bestuurders is verantwoordelik vir die algehele bestuur van 'n winkel. Hulle hoofrolle sluit die volgende in: om seker te maak dat teikens bereik word en winste vermeerder; kliënte diens sake word flink hanteer; gesondheid, veiligheid en sekuriteit word op die korrekte manier hanteer; toesig oor voorraad beheer; en personeel bestuur – wat onderhoude, werwing en opleiding insluit. 'n Winkel bestuurder moet self-gemotiveerd wees, 'n goeie spanleier wees, duidelik kan kommunikeer, iemand wat vinnig kan dink en besluite neem, en moet aan die kliënt se behoeftes toegewyd wees. 'n Aanleg vir verkope en 'n goeie sin vir besigheid is ook baie belangrik. Lang, ongereelde werksure is algemeen in hierdie werk, veral gedurende vakansies, besige inkopie ure en voorraad opnames. 'n Magasynmeester (storeman) is in beheer van 'n spesifieke gebied wat groot hoeveelhede voorrade bevat. Die magasynmeester beheer die dag tot dag beheer van die stoorkamer of magasyn, en is verantwoordelik vir 'n verskeidenheid pligte soos om goedere na aanvraag uit te soek, goedere te versend en opvolg van aflewerings, beheer van personeel in die stoorkamer, en oor die algemeen seker te maak dat die beplanning, organisasie en bestuur van die stoor glad verloop. Mens moet oor goeie organisasie vaardighede beskik, moet hoflik teenoor kliënte en verksaffers optree, en moet verantwoordelikheid aanvaar indien items verkeerd uitgereik, of by die verkeerde adres of persoon afgelewer word. Administrasie en kantoor, besigheid en bestuurs Verenigings IAH/IAC Die Instituut vir Administrasie en Handel (IAH/IAC) handhaaf 'n register van lede en pas sy kode van etiek en professionele gedrag toe. Dit bevorder formele opvoeding en poog om standaarde van professionale uitnemendheid te handhaaf. Die IAH bevorder die hoogste professionele standaarde van doeltreffendheid en integriteit van lede, sowel as doeltreffendheid en etiese gedrag onder sy lede. Hulle bereik dit deur hoë standaarde van waardebepaling in besigheids- en openbare bestuurs kwalifikasies in Suidelike Afrika. (www.iacsa.co.za) BMF Die "Black Management Forum" (BMF) staan vir die ontwikkeling en bemagtiging van bestuurs leierskap, primêr onder swartes en wesenlik binne korporasies. Die BMF het 'n rol gespeel om ekonomiese geleenthede vir swart mans en vrouens te skep deur sy pogings om die Arbeid Billikheids Wet en die stigting van die Swart Ekonomiese Bemagtigings Kommissie (SEBK/BEEC) te vestig. (www.bmfonline.co.za) SASK/SACOB Die Suid Afrikaanse Sakekamer is die grootste besigheids organisasie in die land. Deur sy samestellende kamers het dit 'n ledetal van tot 40 000 besighede, waarvan meeste klein tot middelslag is. Ongeveer 150 van die grootste besigheidskorporasies in Suid Afrika is direkte lede van SASK/SACOB, en byna 50 nasionale verenigings is verwante lede. SACOB dien op nywerheidsrade en regerings liggame, en in hierdie kapasiteit maak dit aanbevelings as die besigheidstem aan regering en ander nywerheid rolspelers. www.sacob.co.za – URL NOT WORKING – PLEASE RECHECK! NBI Die Nasionale Besigheids Inisiatief (NBI) is as sonder-winsoogmerk, besigheids-gebaseer, openbare belange organisasie gestig, met meer as 180 leidende Suid Afrikaanse en Internasionale maatskappye as lede. Sy fokus is op die bydrae van die sake gemeenskap tot sosio-ekonomiese lewering, werkskepping en lewering van basiese dienste binne regeringstrukture gevestig. (www.nbi.org.za) Chantelle Gradidge
|