Aard Wetenskappe
Aard Wetenskaplikes kyk na die aarde se prosesse in aksie en pas hulle uitgebreide kennis toe om die verlede te herbou, en die toekoms te voorspel. Aard Wetenskaplikes ondersoek die aarde, sy gronde, sy oseane en die atmosfeer. Hulle voorspel die weer, verken ander planete en die sonnestelsel, stel omgewing skokke vas, en vind nuwe bronne van nuttige aard materiale. Hierdie wetenskaplikes voorsien noodsaaklike inligting vir die beskerming van die omgewing, openbare gesondheid en veiligheid. Hulle is gedurig nuuskierig oor die aarde en sonnestelsel, bevraagteken gedurig die moontlikheid van lewe op ander planete, en soek ook na antwoorde vir – byvoorbeeld – klimaatsveranderings, die uitsterf van dinosourusse, en wat veroorsaak dat 'n vulkaan uitbars. 'n Loopbaan in Aard Wetenskappe. As Aard Wetenskaplike word dit van jou verwag om data oor die aarde en ander planete te versamel en te vertolk. Daar is baie loopbane op hierdie gebied, daar dit so wyd en verskillend is. Die hoof aard wetenskap dissiplines is geologie, geofisika, hidrologie, oseanografie, marine wetenskap, atmosferiese wetenskap, planitêre wetenskap, meteorologie, omgewings wetenskap en grond wetenskap. Indien jy daarvan hou om buitemuurs te werk, om te reis, probleme op te los en die omgewing te beskerm, lees dan verder. Poste in Aard Wetenskappe Vir diegene wat oor Job se geduld, goeie kommunikasie en interpersoonlike vaardighede beskik, en dit geniet om myle te stap, wat oor ietwat meer woema as meeste van ons beskik, kan jy dalk in 'n loopbaan as argeoloog belangstel. In hierdie loopbaan sal jy artefakte, of kunsstukke, uit die verlede bestudeer om 'n prentjie te vorm van hoe mense in vroeëre kulture en gemeenskappe geleef het. Jy sal baie interessante plekke besoek om veld ondersoeke te doen, soos om gereedskap, kuns, wonings en menslike oorskot uit die verlede op te grawe om hulle sosiale gebruike, boerdery en jag praktyke, sowel as hulle godsdienstige gelowe te bestudeer. Vooruit beplanning verg baie tyd, sowel as ontleding en optekening van die fondse. Argeoloë kan in 'n verskeidenheid rigtings spesialiseer, soos fisiese argeologie – om te sien hoe mense oor 'n tydperk verander het – om te ondersoek hoe 'n gemeenskap georganiseerd was. Argeoloë werk ook daaraan om argeologiese gebiede vir toekomstige studie te beskerm en bewaar. Hierdie beroep is 'n boeiende een, maar die werk kan stadig en nougeset en deeglik wees. Dit kan maande neem om duisende klein stukkies oeroue breekgoed of klipbyle te ondersoek. Argeoloë kan werk by byvoorbeeld universiteite, museums en private maatskappye as konsultante, administreerders, navorsers of opvoeders vind. Aanvang salarisse is geneig om ietwat laag te wees, maar vermeerder met ondervinding. Geoloë bestudeer die materiale, prosesse, produkte, fisiese aard en geskiedenis van die aarde. 'n Loopbaan in Geologie is baie interessant indien jy nuuskierig is oor waarvan die aarde gemaak is, en hoe dit met verloop van tyd verander het. Geoloë werk in 'n verskeidenheid plekke soos natuurlike oorsprong maatskappye, omgewings konsultant maatskappye, regerings agentskappe, sonder-wins organisasies en universiteite. Geoloë kan ook veldwerk doen, of in laboratoriums, of as leerkragte in 'n klaskamer. Steenkool Geoloë bestudeer steenkool op dieselfde manier as wat ander geoloë verskeie ander rotse bestudeer. Maar instede daarvan om na die minerale te verwys waaruit die rots bestaan, verwys hulle na "makerale" waaruit steenkool bestaan. Die rede hiervoor is dat daar geen minerale in steenkool is nie – slegs stukke organiese materiaal. Hulle bestudeer die fisiese en chemiese hoedanighede van steenkool, sowel as steenkool petrologie (formasie). Die ouderdom en voorkoms van steenkool vorm ook deel van steenkool geologie. Indien jy oor atmosferiese eienaardighede en die weer nuuskierig is, dink aan die boeiende loopbaan van meteoroloog. Meteoroloë gebruik hulle uitgebreide kennis en navorsing bevindings om die weer te voorspel. Hulle maak van wetenskaplike beginsels gebruik om te verduidelik, verstaan, op te let en die aarde se atmosferiese eienaardigehede te voorspel, sowel as te bepaal oor hoe die atmosfeer die aarde, en lewe op die planeet affekteer. Satelliete verskaf geduring vars beelde wat inligting oor weerpatrone oor die aarde voorkom. Hierdie beelde word deur meteoroloë gebruik om inligting oor temperature, winde, humiditeit, atmosferiese druk en reën patrone te verkry. Hulle doen ook navorsing om ons te help om sulke gebeurlikhede soos orkane, tornado's en aard verwarming te verstaan. Hulle verskaf inligting aan lugbeheer en ander agentskappe oor gebeurlikhede soos donderstorms, ontstuimigheid, oorstromings en ander weer-verwante sake. Meteoroloë kan by weer-konsulterende firmas, die media, omgewings groepe en opvoedkundige fasaliteite aangestel word. Hulle kan in gebiede soos lugbesoedeling, globale klimaatsverandering of voorspelling spesialiseer. En vir diegene wat tussen meteorologie en kilmatologie deurmekaar raak, alhoewel hulle deel van dieselfde dissipline is, is meteorologie die studie van dag-tot-dag weer patrone en sinoptiese toestande, waaras klimatologie die studie van langtermyn klimaat neigings is (die gemiddelde weerpatrone oor 'n verlengde tydperk). Hierdie is 'n prettige en opsindende loopbaan keuse wat jou waarskynlik die geleentheid sal gee om sommige van Moeder Natuur se wildste weer te voorspel – vanaf hittegolwe tot sneeustorms. Dit sal jou beslis op en wakker hou! Aard Wetenskap Verenigings RGW/CGS Die Raad vir GeoWetenskap (RGW) fokus op groei en ontwikkeling in Suid Afrika. Hulle mikpunt is om deskundige aard-wetenskap inligting en dienste te verskaf vir die bestuur van natuurlike bronne en die omgewing om 'n beter lewe vir almal te verseker. (www.geoscience.org.za) GVSA/GGSA Die Geologiese Vereniging van Suid Afrika (GVSA) is een van die grootste en oudste verenigings van sy soort in Afrika. Dit bevorder die studie van die aard wetenskappe, vergemaklik die professionele ontwikkeling van sy lede, en bevorder ook die gebruik van geowetenskap in die akademiese, professionele en openbare sektore. (www.gssa.org.za) Die Suid Afrikaanse Argeologiese Vereniging Die Suid Afrikaanse Argeologiese Vereniging het ongeveer 1000 lede (individue, sowel as universiteite, museums en biblioteke) in meer as 30 lande oor die wêreld. Hulle doelwit is om mense van die publiek, amateurs en beroeps argeoloë bymekaar te bring om hulle aan te moedig en tevredenheid in alle aspekte van argeologie te verkry. Hulle bied gereelde praatjies en uitstappies na belangrike terreine aan, sowel as geleenthede vir eerstehandse ondervinding met opgrawings, en die verwerking van argeologiese vondse. Hulle poog om lidmaatskap fooie so laag moontlik te hou, en daar bestaan 'n spesiale gesubsidiëerde tarief vir studente. (www.archaeology.org.za) Chantelle Gradidge
|