Ingenieurswese
Ingenieurswese raak elke faset van elke oomblik van ons lewens. Dit behels ontwerp, die maak en verbetering van dinge. Dit is die proses van 'n produk of stelsel of sisteem te produseer wat aan 'n spesifieke behoefte voldoen, en bevat baie dissiplines waaruit mens kan kies om 'n lonende en opwindende loopbaan te volg. Ingenieurs geleenthede sluit navorsing, ontwerp, ontleding, ontwikkeling, toets, en selfs verkoops posisies in. Daar is baie opsies vir almal beskikbaar wat in hierdie gebied belangstel, vanaf ontdekking van nuwe kennis as 'n navorsings ingenieur, tot waar jy jou verbeelding en kreatiwiteit as ontwerp ingenieur toepas. Indien jy daarvan hou om dinge uitmekaar te maak en weer aanmekaar te sit, sowel as om probleme op te los, en jy goed is om produkte in drie dimensies te sien, sal jy waarskynlik van hierdie werk hou. 'n Loopbaan in Ingenieurswese Die vyf grootste studie gebiede van ingenieurswese is chemies, siviele, elektriese, nywerheid en meganies. Daar is talle gespesialiseerde velde, soos lugruimte, oseanies, kern, biomedies en omgewings ingenieurswese. Poste in ingenieurswese Indien jy 'n nege- tot vyfuur pos in gedagte het, is ingenieurswese waarskynlik nie die werk vir jou nie. Alhoewel daar wél 'n paar "nege tot vyfers" is, sit ingenieurs selde heeldag by hulle lessenaars, maar gaan liewer na buite om dinge gedaan te kry. Ingenieurs word gewoonlik baie goed betaal, selfs op ingangsvlak. Siviele ingenieurswese behels die ontwerp, bou en onderhoud van strukture soos brûe en tonnels. Siviele Ingenieurs werk gewoonlik aan groot projekte as deel van 'n span, en doen die beplanning, ontwerp en konstruksie op die gebiede van vervoer (paaie, spoorweë, lughawens), sowel as natuurlike bronne (damme, opgaardamme) en nywerheid (pyplyne en nywerheids aanlegte). Myn ingenieurs dek die proses van ontginning van minerale bronne uit die grond. Myn ingenieurs berei die planne en prosedure voor vir die ontginning van die minerale. Hulle spoor op, verwyder en waardeer die minerale wat hulle uit die grond haal. Hierdie ingenieurs werk nou saam met geoloë en moet dus deeglike kennis dra van die sterkte van rotse, sowel as die gelogiese stabiliteit van die gebied wat ontgin moet word. Die myn ingenieur is ook verantwoordelik vir die herstel en rehabilitasie van die ontginning gebied. Metaalkundiges (Metallurgists) doen navorsing, kontroleer en ontwikkel prosesse wat gebruik word om metale uit hulle ertse te haal, en daarom benodig hulle uitstekende kennis van verskeie mineraal proses operasies. Metaalkunduges maak van natuurlike stowwe gebruik om nuwe materiale te skep wat sterker is en verwering weerstaan. Hulle werk nou saam met geoloë en myn ingenieurs om die korrekte roete vir behandeling vas te stel, en hulle is daartoe in staat om 'n doeltreffende verwerkings aanleg te bestuur. Elektriese ingenieurswese dek alles met betrekking tot elektriese toerusting, stelsels, en die gebruik van elektrisiteit. Elektriese ingenieurs ontwikkel en onderhou die elektriese toerusting wat ons elke dag gebruik. Die opwindende wêreld van elektriese ingenieurswese is verantwoordelik vir die ontdekking van die rekenaar, die silikoon skyfie, satelliet telekommunikasies en die internet. Meeste elektriese ingenieurs is passievol oor hulle loopbane, en wy hulle vrye tyd daaraan om praatjies oor nuwe uitvindings en ontwikkelings te gee. Hulle skryf artikels vir tydskrifte en koerante, en tree as beskernhere vir jong ingenieurs op. Baie elektriese ingenieurs tree ook as konsultante vir groot korporasies op, of is eienaars van hulle eie besighede. Die intleding en ontwerp van stelsels en prosedures vir die organisasie van komponente van produksie is die verantwoordelikheid van Industriële ingenieurs. Hulle organiseer mense, inligting, energie, materiale en masjiene wat in die produksie proses betrokke is. Die beginsels van tegnieke van ingenieurswese, industriële ekonomie en bestuur word gebruik om hierdie stelsels te ontwerp. Deel van hierdie ingenieurs se take is om die beste ligging vir die maatskappy se nuwe aanleg te vind. 'n Ontledende verstand word vir mense wat in hierdie beroep belangstel, benodig. Die opwindende gebied van lugvaartkundige ingenieurswese behels die ontwerp en ontwikkeling van vliegtuie, sowel as missiele, skeertuie, helikopters, vuurpyle en satelliete. Die werk van 'n Lugvaart ingenieur behels tegnologie en ontwerp, beheer en elektronika, vervaardigings ingenieurswese, vliegtuig ingenieurswese, onderhoud en ontwerp. Lugvaart ingenieurs is verantwoordelik vir die ontwerp van sommige van die wêreld se verstommendse masjiene. Lugvaart ingenieurswese is 'n gespesialiseerde en veeleisende beroep. Hierdie ingenieurs moet aanhoudend nuwe eise en nuwe probleme kan hanteer. Aandag vir detail en veiligheid is van uiterste belang. Ingenieurs Verenigings IRSA/ECSA Die Ingenieursraad van Suid Afrika (IRSA) is 'n wetlike liggaam wat in terme van die Ingenieurs Beroep Wet 2000 (Wet No. 46 van 2000) gestig is. Die hoofdoel is om veiligheid, gesondheid en openbare belange te bevorder met betrekking tot ingenieurswese en professionele optrede van persone wat by IRSA geregistreer is. IRSA se doel is om 'n "samewerkende proses van kwaliteit te verseker, dat persone wat die beroep betree, volgens breë aanvaarbare standaarde opgevoed en opgelei word om hulle in staat te stel om 'n professionele diens tot voordeel van die publiek, sowel as die land as geheel aan te bied." (http://www.ecsa.co.za) SAIEE Die Suid Afrikaanse Instituut van Elektriese Ingenieurs (SAIEE) is besorg oor die welvaart van die hele ingenieurs broederskap, en werk nou saam met die Ingenieursraad van Suid Afrika (ECSA) (http://www.saiee.org.za) ICMEESA Die doelwit van die Instituut van Gesertifiseerde Meganiese en Elektriese Ingenieurs, Suid Afrika (ICMEESA) is om die beeld van gesertifiseerde meganiese en elektriese ingenieurs deur aktiewe deelname en interaksie, sowel as gereelde kommunikasie tussen sy lede te handhaaf. (http://www.icmeesa.com) SINFSA/SEIFSA Die Staal en Ingenieurs Nywerhede Federasie van Suid Afrika (SINFSA) is 'n sonder-winsoogmerk liggaam wat 'n alomvattende reeks publikasies, opleidings kursusse, werkswinkels en seminare aanbied, en gee ook 'n maandelikse nuusbrief uit wat gratis onder alle lid maatskappye versprei word. (http://www.seifsa.co.za) Om ingenieurswese te studeer benodig mens 'n goeie matriek met Wiskunde, Wetenskap en een taal in hoër graad. Dus – as jy wiskundig aangelê is, daarin belangstel om lewenskwaliteit te verbeter, as deel van 'n span kan saamwerk, tegniese begrip het en met ander mense oor die weg kan kom, dan is hierdiedie ideale beroep vir jou! Chantelle Capper
|