Joernalistiek, taal en kommunikasie
'n Liefde vir skryf en die vermoë om jouself duidelik uit te druk – woordeliks, sowel as op papier – is hulpvaardige eienskappe indien jy die wêreld van joernalisme, taal en kommunikasie wil betree. 'n Deeglike kennis van openbare sake, 'n breë algemene kennis en 'n voortdurende belang in die nuutste verwikkelinge en huidige gebeurlikhede is absoluut noodsaaklik. Jy moet ook onder druk kan werk om spertye na te kom, eties in jou werk te wees, self-gemotiveerd en skeppend. Baie poste in hierdie lyn benodig ook 'n sekere vlak van vaardigheid met tegnologie, soos elektroniese toerusting en rekenaar sagteware pakkette. Baie van die werk word in kantore gedoen, alhoewel daar ook die moontlikheid bestaan om na verskillende plekke in die wêreld te reis. Deur moderne tegnologie te gebruik kan baie mense in hierdie beroep ook tuis werk, of enige ander plek waar dit moontlik is om 'n skootrekenaar te gebruik. Praktiese ondervinding in hierdie werk kan ook aangeleer word, byvoorbeeld deur vir 'n hoërskool of universiteits publikasie te skryf. Dit sal mens in staat stel om ondervinding op te doen om navorsing te doen, onderhoude te voer en skryf tegnieke aan te leer, sowel as die vele verskillende aspekte van die beroep aan te leer. 'n Loopbaan in Joernalistiek, Taal en Kommunikasie Daar is baie keuses wat mens met 'n graad in joernalisme, taal of kommunikasie kan maak. Sommige van die loopbaan opsies sluit areas van bemarking en reklame in, òf as kommunkasie konsultant, òf as kritikus of resensent, 'n taalkundige, uitgewer, verslaggewer, redakteur, en leerkrag (daar bestaan baie geleenthede om Engels in die buiteland te doseer). Mens kan ook kies om in 'n gespesialiseerde gebied van skryf te werk, soos byvoorbeeld modes, die reg, finansies, of mens kan selfs kies om romans of biografieë te skryf. Poste in Joernalistiek, Taal en Kommunikasie 'n Aktiewe verbeelding en 'n slag met woorde noop mense gewoonlik om pen op papier te sit. Indien dit soos jy klink, kan jy dalk 'n loopbaan as skrywer, of outeur, oorweeg. Die beste element van skrywer is dat jy die vryheid het om enitiets te kies waaroor jy wil skryf. Alhoewel geleenthede vir fiksie skrywers beperk is, indien jy buitengewoon kreatief is en oor die vermoë beskik om 'n karakter soos Harry Potter op te tower, is jy verseker van sukses op hierdie gebied. Nie-fiksie skrywe, of die skryf van spesialiteitsboeke oor onderwerpe soos kuns, self-help, kindersorg of tuinbou, kan 'n beter-betalende keuse wees, daar jy altyd self kan uitgee om daardie "voet in die deur" te kry – hopelik sal iemand jou op hierdie manier raaksien sodat jy 'n naam vir jouself op die gebied van uitgewery kan maak. Nie-fiksie werk verg gewoonlik intensiewe navorsing, en skrywers moet oor selfvertroue beskik om hulle werk voor te berei en aan die teiken gehoor voor te stel. Die vermoë om relevante feite uit te soek en hierdie feite akkuraat oor te dra en hulle te beklemtoon, is noodsaaklik. Maar indien jy met 'n ryk, lewendige verbeelding geseënd is, moet nie terughoudend wees om jou kreatiewe merk in die wêreld van fiksie af te druk nie!!! 'n Voorbeeld van 'n gebied waarin 'n redakteur kan spesialiseer is dié van mode redakteur. Mode redakteurs koördineer die prosedure in die skepping, ontwikkeling en aanbieding van die inhoud in – byvoorbeeld – 'n mode tydskrif. Hierdie lyn van werk verg gewoonlik vaardigheid in organisasie en beplanning, en mens moet oor uitsonderlike interpersoonlike en bestuursvermoë beskik. So 'n persoon moet spertyd-aangedrewe ingestel wees en moet onder stres kan werk. Uitstekende joernalistieke vaardighede is natuurlik 'n vereiste, sowel as 'n breë kennis van die mode nywerheid, asook 'n belang in die nuutste mode neigings. Mode redakteurs fokus soms net op een spesifieke gebied, soos klere of bykomstighede. Vergete is die dae toe die bibliotekaresse as 'n vervelige, ouerige oujongnooi met haar hare in 'n bolla gedraai, voorgestel word, terwyl sy jou oor haar bril, op die punt van haar neus gebalanseer, jou beloer. Met al die nuutste ontwikkelings in tegnologie, is bibliotekarisse nou besig om inligtings- programme te ontwikkel en ontwerp, sowel as stelsels vir die publiek om te verseker dat die inligting georganiseerd is, en op 'n verbruikers-vriendelike manier uitgestal word. Biblioteke is nie langer sommer net plekke waar mens boeke bekom nie. Ons het nou toegang tot CD-ROMs. Die Internet en feitelike biblioteke – 'n immer-groeiende versameling van inligtings bronne. Bibliotekarisse help lesers nie net om die inligting te vind waarna hulle soek, en hulle te wys hoe om die inligting te bekom nie, hulle beskik ook oor 'n breë verskeidenheid van bykomstige pligte, wat die basiese administrasie van die biblioteek insluit, sowel as uitsoek en aankoop van materiale vir die biblioteek, en selfs programme koördineer, soos stories vir kinders, lees van poësie, en praatjies oor boeke. Geen vervelige tye daar nie! 'n Ingebore neiging tot buitengewone nuuskierigheid sal tot jou voordeel in die loopbaan van nuus verslaggewer, oftewel, "nuushond" tel. Verslaggewers samel inligting in deur nuus wenke op te volg, stories voor te berei, en hierdie inligting aan die publiek oor te dra. Verslaggewers moet daartoe in staat wees om hulle stories op 'n akkurate en onpartydige manier aan te bied. Lewendige uitsendings vanaf die toneel van 'n nuuswaardige insident is dikwels verpligtend, en verslaggewers het gewoonlik min tyd om vir die uitsending voor te berei. Lang ure en ongereelde werkskedules is algemeen in hierdie soort werk. Individue wat hierdie loopbaan wil volg moet in onbekende plekke gerus voel, asook gemaklik tussen 'n verskeidenheid mense optree. 'n Aangename stem en netjiese voorkoms, vasberadenheid, inisiatief, bedaardheid en vindingrykheid sal tot voordeel in hierdie beroep wees. Alhoewel 'n digter selde genoeg geld inbring om al die rekenings te betaal en elke dag 'n bord kos op tafel te hê, is dig iets wat mens as 'n tydverdryf kan begin. Die digkuns is geweldig mededingend as loopbaan, daarom is dit moeilik vir voornemende jong digters om die mark te betree en as 'n talentvolle digter erken te word. Maar indien jy oor 'n buitengewone talent beskik om gedigte te skryf, en die swierigheid het om daarmee saam te gaan, moet jy probeer om soveel gedigte, of poësie opvoerings moontlik by te woon. Op hierdie manier kan jy mense op daardie gebied leer ken en eindelik jou eie lesings of opvoerings begin reël. Nooi die meer bekende individue om aan jou lesings deel te neem – hulle kan dalk met jou werk beïndruk wees en vra dat jy aan hulle lees konvensies deelneem. Onthou, dit is WIE jy ken! Is jy kunstig, self-gemotiveerd en floreer jy op humor? Indien wel, sal jy dalk 'n loopbaan as spotprenttekenaar aanloklik vind. Om in hierdie veld te werk kan ongereelde inkomste beteken, maar indien jy in jouself glo, en onafhanklik kan dink, jou eie oordeel vertrou en die humoristiese sy van alles in die lewe sien, sal jy hierdie werk prettig en ontspannend vind. Dit is 'n baie bevredigende loopbaan waarin jy jou eie unieke styl en karakters kan skep, en jy is totaal in beheer van jou eie werk. Die sleutel tot sukses as spotprenttekenaar is om baie te lees, veral oor onderwerpe omtrent die menslike natuur en gebeure. Humor is op gebeurlikhede in die werklike lewe gebaseer – hoe meer jy oor mense weet (hulle vele verskillende en dikwels bisar karaktertrekke), hoe meer sal jy hê om vanaf te werk, en hoe meer suksesvol sal jy wees. Joernalistiek, Taal en Kommunikasie Verenigings. MISA Die Media Instituut van Suid Afrika (MISA) is 'n nie-regerings organisasie wat primêr daarop fokus om vry, onafhanklike en meervoudige media te bevorder. MISA soek maniere om die vry vloeiïng van inligting and samewerking tussen media werkers te bevorder as 'n beginsel om demokrasie en menslike regte te troetel. MISA se rol is hoofsaaklik een van koördineerder, fasiliteerder en kommunikator, en om hierdie rede strewe MISA om met alle gelyk-denkende organisasies en individue saam te werk om 'n werklike vrye en meervoudige media in Suid Afrika te bereik. (www.misa.org) SATSV/SASWA Die Suid Afrikaanse Teksskrywers Vereniging (SATSV) strewe daarna om om die status van teksskrywers in Suid Afrika op te hef; om opleiding aan aspirant teksskrywers te voorsien en op die vaardighede van werkende teksskrywers op te gradeer; om vir beter werkstoestande te onderhandel; om vryheid van spraak te bevorder; rassisme, seksisme en alle vorms van diskriminasie in Suid Afrika te beveg; om inligting oor opleidings geleenthede inisiatiewe te versprei – nie slegs aan aspirant en werkende teksskrywers nie maar ook aan ander gemeenskap-gebaseerde Kuns en Kultuur organisasies; om teksskrywers aan te moedig om gereeld bymekaar te kom en hulle werk te bespreek. (www.saswa.org.za) BKVSA/FCASA Die Buitelandse Korrespondente Vereniging van Suid Afrika (BKVSA) is 'n sonder-wins organisasie wat die belange van internasionale joernaliste wat in Suid Afrika gebaseer is, te beskerm. Die vereniging reël gebeure deur die jaar met nuusmakers, en dien ook as waghond vir pers vryheid, en strewe daarna om te verseker dat sy lede deur die gebied kan werk sonder om geïntimideer of getreiter te word. Die webtuiste voorsien 'n aantal dienste aan lede en beskoekende joernaliste. Gebruikers sal skakels na regerings- en sonder-wins organisasies, lugredery maatskappye en plaaslike koerante daar vind, asook kontakte vir mede-joernaliste en fotograwe, sowel as inligting betreffende visum en reis benodigdhede in die lande van Suidelike Afrika. (www.fcasa.co.za) Chantelle Gradidge
|