Kos en Gasvryheid
Die Kos en Gasvryheid bedryf is groot en wisselend. Die lekkerte van hierdie prettige en opwindende loopbane is die vele paaie wat mens na jou droom loopbaan kan lei. Met soveel keuses van kos en gasvryheid, kan jy jou opsies aanpas en wysig om 'n weg te vind wat vir jou sal werk. Opleiding terwyl jy werk is baie algemeen in hierdie bedryf. Jy kan as booskapper of kelner in 'n restaurant begin werk, en jouself mettertyd na 'n bestuurspos opwerk. Onthou egter dat hoe hoër jy in 'n organisasie in hierdie bedryf klim, hoe hoër die verwagting dat jy 'n relevante graad bekom het. 'n Loopbaan in Kos en Gasvryheid. Die Gasvryheid nywerheid van vandag bestaan nie net uit hotelle en restourante nie – mens kan ook werk op passasierskepe, casinos en spas – om maar 'n paar op te noem – kry. Daar is geen tekort aan werk op hierdie gebied nie. Daar bestaan honderde soorte werk daar – die moontlikhede is eindeloos. Poste in die Kos en Gasvryheid Nywerheid 'n Banket Toesighouer of Opsigter is verantwoordelik vir alles wat voor, tydens en na 'n geleentheid of funksie plaasvind. Dit sluit toesig hou oor die totale opset van tafels, linne, middelstukke, versiersels en beligting; skedulering en toesig oor die betrokke personeel hou, vanaf skoonmakers tot kelners en tappers, sowel as die hele opruiming en skoonmaak na afloop van die funksie. Banket bestuurders is ook verantwoordelik vir huur en opleiding van banket personeel, en om te verseker dat almal gesondheids- en veiligheidsregulasaies nakom. Ondervinding as banket opsigter is 'n goeie agtergrond om in hierdie nywerheid te hê. Dit is 'n uitstekende werk vir diegene wat oor baie energie en geesdrif beskik. Tappers skink nie net drankies vir kliënte nie. Hulle verantwoordelikhede sluit ontvangs van geld van kliënte en beheer oor die kasregister in, opruiming nadat kliënte klaar is, kos aan kliënte bedien wat in die kroeg sit, en soms moet hulle voornemende kliënte se identifikasie nagaan om te verseker dat hulle die wettige ouderdom bereik het om alkoholiese drank te koop. Hy moet ook drank en kroeg benodigdhede aankoop, en moet toesien dat die kroeg altyd skoon en netjies is met bottels en glase netjies gerangskik. Tappers moet ook baie drank resepte ken, moet drankies vinnig en akkuraat, sonder verkwisting, kan voorberei, en moet oor 'n geaardheid beskik om kliënte op 'n vriendelike en hulpvaardige manier te bedien. Tappers word gewoonlik opgelei terwyl hulle aan diens is. Kos en Gasvryheid Verenigings. IGOSA/IHESA Die Instituut vir Gasvryheid Opleiding Suid Afrika (IGOSA) bedryf reeds die afgelope dertien jaar in Suid Afrika. Gegradueerdes is suksesvol met loopbaan geleenthede beloon, beide hier en in die buiteland. Die klem val op huidige en relevante loopbaan onderrig; koste-effektiewe opleiding; tyd doelmatigheid wat studente toelaat tot snelle vordering tot verdere opleiding; aanpasbare werk opvoeding inhoud en kursus programme wat studente toelaat om gelyk te werk en te studeer; tyd ekonomie sonder kompromie tot gehalte onderrig; en studente beweeglikheid, beide plaaslik en internasionaal. Die Instituut streef om studente in die kortste tyd moonlik voor te berei, en om studente met 'n markbare opvoeding op te lei. (www.ihesa.co.za) RVSA/RASA Die vyf doelwitte van die Restourant Vereniging van Suid Afrika (RVSA) is om die restourant bedryf te verteenwoordig; om die restourant nywerheid te bevorder; om toegang tot inligting in te samel en aan te bied; om met opleiding en werksmag ontplooiïng by te staan; om etiese besigheid en indiensneming praktyke binne die bedryf te bevorder; en om die plaaslike gemeenskappe te ondeersteun en ontwikkel. (www.restaurant.org.za)
|