My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


Bewaring

 

Bewaring

'n Loopbaan in bewaring is bedoel vir diegene wat werklik passievol oor die buitelewe voel, en wat vurig in die beskerming van die natuurlike bronne van ons planeet, en in die algemene gesondheid en welvaart van sy inwoners belangstel.  Met ander woorde, bewaarders strewe daarna om die omgewing, ons gesondheid en wildlewe te beskerm.  Hulle ondersoek omgewings aangeleenthede wat moontlik 'n negatiewe invloed op mense en die natuur kan hê, en vind die beste manier om enige probleme, soos bronne van besoedeling of gevare, die hoof te bied.

In vorige jare was werk in bewaring beperk.  Maar werksgeleenthede vermeerder deesdae met die toenemende bewustheid van die skadelike nagevolge van menslike aksies op die ekostelsel.  Die noodsaaklikheid om te monitor en die kwaliteit van die omgewing te verbeter, en om strategieë vir die herstel van die ekosisteem te ontwikkel, word nou toenemend noodsaaklik.  Daar is nou uitgebreide poste wat in baie areas van bewaring bestaan.  Sommige van hierdie areas sluit in wild bewaring, lug, water en grond kwaliteit beheer, sowel as omgewings opvoeding wat op die publiek gemik is om hulle oor sake soos die kritiese uitwerking van besoedeling op die omgewing bewus te maak.

'n Loopbaan in Bewaring

Vir diegene wat hierdie loopbaan wil volg, benodig mens meer as net fisiese uithouvermoë en 'n diep liefde vir die natuur.  'n Aanleg vir skryf en mondelingse kommunikasie is baie belangrik, daar dit dikwels van bewaring beamptes verwag word om verslae en voorstelle op te stel, en navorsings resultate na alle betrokke individue oor te dra.  Afhangende van die spesifieke werk, kan 'n persoon in hierdie lyn ook vir finansiële sake verantwoordelik wees, die bestuur van personeel, sowel as arbeid sake.  Goeie organisasie vaardighede is noodsaaklik.  Wiskunde, Wetenskap, Aardrykskunde en Biologie is skoolvakke wat vir hierdie loopbaan aanbeveel word.

Poste in Bewaring

Natuur bewaring is 'n baie gewilde loopbaan keuse vir diegene wat lief is om "in die bos" te wees, en wat werklik passievol oor diere is.  'n Wild bewaarder is verantwoordelik vir die algemene bestuur en beheer van diere en diere getalle in natuur reservate of wildplase.  Pligte kan die volgende insluit: vang, loslaat en herbevestiging van wild; die uitdunning van swak of ou diere (wanneer absoluut nodig) om die aantal diere in die reservaat te verminder; die volhouding van diverse navorsing oor wild en die omgewing; organisasie van begeleide toere op 'n wildplaas of reservaat; toepassing van bewarings regulasies, soos hoe om wildstropers te hanteer; en die voorbereiding en aanbied van omgewings bewustheid en opvoedkundige programme.

Indien jy op 'n loopbaan as Omgewing Gesondheids Offisier (OGO) besluit, sal jy 'n hoofrol speel om die gesondheid van die publiek te beskerm.  OGOs word dikwels deur regering sektore, soos gesondheid, landbou, omgewing of munisipale afdelings aangestel, maar daar is ook veel werksgeleenthede in die private sektore.  OGO's se pligte kan van werk tot werk wissel, maar hulle algemene pligte lê daarin om aanbevelings te doen en openbare gesondheid standaarde af te dwing.  Tipiese take kan inspeksie van persele vir veiligheid en aanvaarbaarheid van voedsel vir menslike gebruik insluit; monitering van die kwaliteit van drinkwater; omgewing besoedeling navorsing; beroeps gesondheid en veiligheid ondersoeke, en algemene gesondheid bevordering en opvoeding.

Natuur Bewaarders poog om ons natuurlike omgewing te verbeter en beskerm.  Daar is baie verantwoordelikhede, maar sluit oor die algemeen monitering van die omgewing, en enige kwelpunte wat mag voorkom, in; versameling en ontleding van inligting van data ontvang; en die beste oplossing te vind vir enige sake wat aandag benodig.  'n Paar voorbeelde van 'n natuur bewaarder se pligte is die beskerming en onderhoud van bosse en plantasies; bestryding van peste en siektes wat plante beskadig;  ontwikkeling van maniere om grond erosie te verhoed, of water bewaring te verbeter;  optreding en beheer van brande en afdwing van regulasies in beskermde gebiede, soos by kampering en sanitasie in natuur reservate.  Hierdie loopbaan verg ook 'n groot gedeelte administrasie werk, soos die dokumentasie en opteken van inligting.  Rekenaar stelsels word dikwels gebruik om data in te voer, of inligting te verwerk.  Mens moet in hierdie werk noukeurig wees wanneer data saamgestel of in kategorieë ingedeel word, of data bevestig vir bewaring van verslae, of voorbereidings rapporteer.

Ons weet almal dat water noodsaaklik is vir lewe op aarde, en dat ons groeiende bevolking geweldige druk op die aarde se baie beperkte water voorrade plaas.  Dus is loopbaan geleenthede in water bewaring besig om by die dag te vermeerder.  Poste in water bewaring kan verantwoordelikhede soos algemene navorsing en data insameling insluit; water bron beplanning; droogte en oorstroming ondersoeke, water ontleding en kwaliteit studies, om maar 'n paar op te noem.  Werksgeleenthede wissel van werk in regerings organisasies tot afval behandeling owerhede, en selfs in private maatskappye, insluitende die in veld ingenieurswese, hidro geologie en water projek beplanning en ontwikkeling.

Bewaring Verenigings/Liggame

GVSA

Die Grasveld Vereniging van Suid Afrika (GVSA) moedig die wyse gebruik van natuurlike en gekweekte weidingsbronne in Suidelike Afrika aan.  GVSA is betrokke in die wetenskap en praktyk van veld en weiveld bestuur.  Hierdie breë gebied behels primêr die gebruik en bewaring van natuurlike bronne.  Dit sluit toegepaste gebiede soos veeteelt, wild beheer, natuur bewaring, water opgaarding beheer en gebied, en mynhoop rehabilitasie in.  Die dissiplines sluit onder andere die volgende in: ekologie, plantkunde, soölogie, gebied en weiveld wetenskap, diere wetenskap, grond wetenskap en genetika.  Die GVSA het 'n multi-dissiplinêre basis en bevorder interaksie tussen omgewings praktisyns, wetenskaplikes en studente wat deur 'n wye gebied van inrigtings gebruik word, soos regering, universiteite, ontwikkeling, landbou, wildlewe en soortgelyke agenskappe. (www.gssa.co.za)

ALA

Aardlewe Afrika (ALA) is 'n organisasie vir omgewings aktiviste.  Hierdie organisasie is welbekend vir die fokus op omgewing onregverdigheid, en werk vir die bevordering van ekologiese voordelige alternatiewe soos "hernubare energie en bekwaamheid, organiese boerdery, en "geen afval" benadering tot nywerheids besoedeling en afval bestuur."  (www.earthlife.org.za)

JD

Justisie vir Diere (JD) glo dat wilde diere en die omgewing gerespekteer en beskerm moet word.  Hulle etiese bewarings filosofie staan teenstrydig met die "volhoubare gebruik" beweging wat fanaties "anti-diereregte" is.  Hierdie "anti-diere regte beweging" ondersteun aktiewe sport en trofee jag, handel in dooie en lewendige wilde diere, gevangenisskap en uitbuiting van wilde diere in dieretuine en sirkusse, sowel as kommersiële boerdery met wilde diere as 'n bron van voedsel, leer, ens.  Hierdie "beweging" glo dat indien wilde diere nie kommersiële waarde het nie, is hulle lewens waardeloos.  JD beoefen menslike bewarings beleide en etiese bronne van bewarings befondsing wat diere en die omgewing sal bevoordeel, sonder dat diere uitgebuit word, of die omgewing verniel of vernietig word. 

(www.justiceforanimals.co.za) (THIS URL IS NOT WORKING!!!!!)

Suid Afrikaanse Jagters en Wild Bewarings Vereniging  (SAJWBV) beywer hulle om jagters se belange te beskerm en bevorder deur 'n positiewe beeld van die jagter daar te stel, en tot die bewaring van die natuurlike erfenis van Suid Afrika by te dra.  http://www.sahunt.co.za

Chantelle Gradidge

 


 

"Om die omgewing te beskerm beteken terselftertyd maksimum beskerming van die mensdom.  Ons speel almal 'n waardevolle rol in bewaring.  Ons moet almal onthou dat bewaring, of beskerming, binne onsself begin.  Die rol wat iemand kies hang van die digtheid van iemand se gevoelens vir die omgewing af.  Daar is baie loopbane in bewaring; mens kan jou eie persoonlike belange in 'n loopbaan ontwikkel wat sal help."

Alhoewel ons elke dag met waarskuwings oor die potensiële gevaar van aardverwarming oorval word, of die tekort aan water en energie, of die uitsterf van wildlewe, is daar nogtans soveel te doen om mense te laat verstaan dat die omgewing dringende beskerming benodig.  Mense moet geleer word dat 'n poging om ons natuurlike bronne te bewaar, van elke persoon op hierdie aarde benodig word – dit is uiters waardevol vir die toekoms van die mensdom.

Poste in bewaring is dus gedurig aan die vermeerder, en daar is verskillende rigtings wat iemand kan volg, afhangende van die belange van elke individu.  'n Praktiese en prettige manier om uit te vind of jy 'n loopbaan in bewaring sal geniet, of nie, is om by bewaringsorganisasies op 'n vrywillige basis betrokke te raak.  Jy kan organisasies soos dieretuine, natuur reservate, of die botaniese tuine nader, om 'n paar op te noem.  Sommige van die veld opsies is: wildlewe bewaring, ekologie, energie bewaring, omgewings raadgewing, opvoeding en bestuur, berkerming van bosse, of water bewaring.

Poste in Bewaring.

As Energie Bewaarder sal jy verantwoordelik wees vir navorsing, en maniere implementeer om energie te bespaar met die doel om energie onkostes te verminder, en volhoubaarheid van die omgewing te bevorder.  Tipiese werksaktiwiteite kan die volgende insluit:  toestande identifiseer wat verkwisting van energie meebring; ontwikkeling van strategieë om energie verbruik te verminder; berading oor energie bekwaamheid; ontwikkeling van bevorderende aktiwiteite soos gebeurlikhede en werkswinkels om mense aan te moedig om energie te bespaar, byvoorbeeld om ligte af te skakel, energie-besparende gloeilampe te gebruik, of warmwater toestel komberse te gebruik; en die verspreiding van opvoedkundige materiale en inligting aan soveel mense moontlik, byvoorbeeld in die vorm van pamflette.

'n Water Bewaarder is daarmee bemoeid om maniere te vind om die belangrikste bron op aarde – water – te beskerm.  Die doel is om omgewings habitatte te beskerm en te bewaar wat van grondwater (soos die water uit boorgate) afhanklik is.  'n Water bewaarder se rol fokus gewoonlik òf op bestuur en bewaring van vleilande, òf op bestuur van die omgewings aanslag van ontwikkelings wat grondwater affekteer.  Laasgenoemde rol het in antwoord gegroei op 'n toenemende bewustheid van die kwesbaarheid van die omgewing as gevolg van soveel bouwerk en nywerheidsontwikkeling wat tans plaasvind.  Dus is dit uiters noodsaaklik dat die publiek van die belangrikheid van water bewaring bewus gemaak word.

Bewarings Verenigings.

IWR/IWN

Die doelwite van die Instituut van Water Navorsing (IWN) moet bydra tot kennis van, en die bevordering van, wyse gebruik van natuurlike waterbronne in Suidelike Afrika.  Hierdie doelwitte word bereik deur: navorsing in die struktuur, funksie en samestelling van natuurlike water stelsels; om projekte te kontrakteer wat daarop gemik is om spesifieke water-verwante probleme op te los; opleiding op alle vlakke te Rhodes Universiteit; verspreiding van inligting deur geskrewe artikels en openbare lesings; diens navorsing en bestuurs komitees buite Rhodes Universiteit; kapasiteit bou en gemeenskaps opvoeding vir die water sektor.    (www.ru.ac.za/institutes/iwr)

AfriWEA/AfriWEV

Die Afrika Wind energie Vereniging (AfriWEV) bevorder en ondersteun wind energie ontwikkeling op die Afrika vasteland deur uitruil van politieke en tegniese inligting te vergemaklik, vaardigheid, en ondervinding in die wind energie sektor.  Die strewe daarna is om wind energie belange van Afrika in besonder te bevorder, en lande oor die algemeen te ontwikkel.  AfriWEVstreef daarna om streek samewerking te bevorder deur kommunikasie en samewerking tussen ander Afrika wind energie en hernubare energie komitees te bevorder, met die doel om hernubare energie beleids doelwitte te bevorder wat tot ekonomiese ontwikkeling moet bydra; verligting van armoede, beskerming van die omgewing, en lewenskwaliteit vir mense in Afrika te verbeter.  www.afriwea.org

SANEA/SANEV

Die Suid Afrikaanse Energie Vereniging (SANEV) verteenwoordig 'n bron vir uitreik van energie-verwante inligting tussen Suid Afrikaners en Suid Afrika en spelers op internasionale vlak deur die Wind Energie Raad se netwerk.  Daardeur stimuleer SANEV oorspronklike idees en kataliseer transformasie van die Energie Sektor.  Hulle doelwit is om die volhoubare voorraad en gebruik van energie te bevorder.  Hulle visie is om die erkende fasiliteerder van energie inisiatiewe in Suid Afrika gesien te wees.   www.sanea.org.za

SESSA/VESA

Die Volhoubare Energie Vereniging van Suidelike Afrika (VESA) is toegewyd tot hernubare energie en energie doeltreffendheid.  Hernubare Energie tegnologieë sluit alle son-gebaseerde energieë soos fotovoltiake in,  termale verhitting en verkoeling, wind, biomassa en hidro, om maar 'n paar te noem.  Ander gebruiks moontlikhede van hierdie hoofbron van energie is in passiewe bouontwerp en energie doeltreffendheid.  Die tussen-dissiplinêre aard van VESA trek die lidmaatskap van nywerhede, wetenskaplikes, navorsers, ontwikkelaars en die algemene publiek – die enigste kwalifikasie is 'n sterk belang in hernubare energie, en die verbruik daarvan om 'n volhoubare energie toekoms te verseker.  www.sessa.org.za

Chantelle Gradidge







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan