Biologie en Lewenswetenskappe
Dit kan geweldig lonend en opwindend wees om 'n loopbaan in biologie te volg. Die studie van Biologie leer mens oor hoe lewendige dinge werk, hoe hulle op mekaar reageer, en hoe hulle ontwikkel. Dit kan die studie van selle onder 'n mikroskoop insluit, insekte in 'n reënwoud, virusse, plante, en selfs leeus in die bosveld. Hierdie loopbaan vergroot ons begrip van die natuurlike wêreld, en help ons om kwessies soos vernietiging van die omgewing, of moontlike gesondheids risikos, te verstaan. 'n Loopbaan in Biologie en Lewenswetenskappe Daar bestaan 'n wye verskeidenheid van gespesialiseerde gebiede waaruit mens 'n keuse in lewenswetenskappe kan kies. Alhoewel baie lewenswetenskaplikes hoofsaaklik in navorsing en ontwikkeling betrokke is, sowel as laboratorium werk, is daar ook baie ander opsies, soos in bestuurs gebiede, administrasie, onderrig, skryf, illustreer of fotografie. Werksgeleenthede in hierdie studieveld kan by dieretuine, museums, akwaria, botaniese tuine,skole, biblioteke, plase en navorsing stigtings gevind word. Werk in Biologie en Lewenswetenskappe Bioloë bestudeer mense, diere, plante en die omgewing, en verkry kennis oor lewe, en vind maniere om die klein probleme aangaande die lewe op te los. Hulle fokus op spesifieke gebiede van spesialisasie waartoe hulle aangetrokke voel. Sommige voorbeelde van hierdie gebiede van spesialisasie is entomologie (insekteleer), biochemie en dierkunde. Bioloë hou van hulle werk en bestee dus 'n groot deel van hulle tyd in die laboratorium of in die veld, en woon ook baie konferensies en lesings oor hierdie onderwerpe by waaroor hulle so passievol voel. Miskien oorweeg jy dit om entomologie as jou loopbaan te kies. Wat doen entomoloë? 'n Entomoloog bestudeer insekte (GOGGAS!!!) Dit sluit in die klassifikasie, lewernssiklus, verspreiding, fisiologie, gedrag en ekologie van insekte. Entomoloë kan navorsers, onderwysers of konsultante wees, en mag dalk vir private maatskappye werk, of vir universiteite, of regerings agentskappe. Om metodes vir insek bestryding te ontwikkel is 'n baie belangrike voorbeeld van 'n baie belangrike fase van navorsing. Ander werk in entomologie sluit byeboerdery in, en regulasies en kwarantyne af te dwing, om insek navorsing te doen, en selfs insekdoders te verkoop. En indien jy besluit dat GOGGAS nie deel van jou loopbaan keuse moet wees nie, maar hulle nogtans interessant vind, is daar vele geleenthede vir entomologiese studie as 'n lewenslange stokperdjie. Hoor mens die term "Marine Bioloog," dink ons onmiddellik aan die afrigting van dolfyne. In der waarheid steek daar baie meer in marine biologie as om dolfyne af te rig! Indien elke persoon wat daaraan gedink het om dolfyne te bestudeer, sover gekom het, sou elke dolfyn sy eie persoonlike mensevriend hê! Daarom moet mens jou opsies oophou. Marine bioloë bestudeer die ontwikkeling, funksies en omgewing van plante en dierelewe in die see met die doel om hierdie see organismes te beskerm en te beheer. Sommige take van marine bioloë sluit hengel regulasies in, en bepaal die uitwerking van besoedeling op seelewe. Hierdie loopbaan verg baie opleidng en toewyding, maar indien jy die seelewe wil verstaan en red, gaan gerus voort! Mikrobioloë ondersoek mikroskopiese organismes, of mikrobes, soos bakterië, virusse, fungusse, alge, protozoa, suurdeeg en skimmels. Hierdie wetenskaplikes probeer bepaal hoe hierdie organismes mense, diere, plante en die omgewing affekteer. Spesialisasie gebiede sluit navorsing, medisyne, gesondheid sorg, voedsel, farmaseutika, biotegnologie, landbou en die omgewing in. Mikrobioloë werk in 'n wye verskeidenheid omgewings, maar meeste van die werk word in 'n laboratorium gedoen. Paleontologie behels die studie van die geskiedenis en ontwikkeling van lewe op aarde, hoofsaaklik deur die studie van fossiele. Paleontoloë bestudeer die fossiele van plante en diere en soek na getuienis van veranderings op aarde in 'n poging om evolusie en ontwikkeling van 'n vorige lewe op te spoor. Hulle is die mense wat uitgaan om na beendere en fossiele te gaan soek, hulle versamel, en neem hulle huis toe om te bestudeer. Fossiele word ook gebruik om voorhistoriese omgewings en uitgestorwe diere soos dinosorusse te herkonstrueer – elke klein seuntjie se droom loopbaan! Soöloë, oftewel Dierkundiges, bestudeer die oorsprong, gedrag, siektes en lewensprosesse van diere. Daar is verskeie vertakkings van soölogië, en word geklassifiseer volgens die dieregroep wat bestudeer word, soos mammalogie (soogdiere), of herpetologie (reptiele). Om soöloog te wees beteken nie om slegs met lewende diere te werk nie, maar dit behels ook die ontleding van dooie diere om hulle strukture te bestudeer. Sommige take in soölogie sluit laboratorium tegnici, veeartse, diere opleiers of telers en wildlewe bioloë in. Persoonlikheids karaktertrekke vir hierdie werk verg 'n liefde vir die natuur en wildlewe. Jy moet ook oor die vermoë beskik om in uiterste weerstoestande en moeilike omgewings te kan werk, en 'n algemene vermoë om met die natuur te skakel. Indien jy daarin belangstel om in enige van bogenoemde rigtings te studeer, sal dit voordelig wees om vakke soos Wiskunde, Wetenskap en Biologie as skoolvakke te kies. Biologie en Lewenswetenskap Verenigings AOCA AfriOceans Conservation Alliance (AOCA) (AfriOseane Bewarings Alliansie) is 'n sonder-winsneming organisasie wat in Kaapstad gebaseer is. Hulle doelwit is om die bewaring, beskerming en volhoubare gebruik van marine bronne te bevorder. AOCA is aktief in programme en produkte wat verbeterde sienswyses en verhoudings met die oseane van Afrika bevorder, insluitende bewaring van haaie en opvoeding en opleiding. (www.aoca.org.za) NISC The National Inquiry Services Centre (NISC) (Nasionale Navrae Dienssentrum) publiseer inligtings data basisse, akademiese tydskrifte en boeke wat water wetenskap, water tegnologie, boerdery, visserye en lewenswetenskappe dek. Die bronne sluit tydskrif artikels, oorsigte en nuus items uit tydskrifte en joernale, met 'n mate van dekking van boeke en verslae in. (www.nisc.co.za) NRF The National Research Foundation (NRF) (Nasionale Navorsing Stigting) is 'n dinamiese, kwaliteit-gedrewe organisasie wat leierskap in die bevordering en ondersteuning van navorsing en navorsings kapasiteit bied in die ontwikkeling van natuurlike, sosiale en menslike wetenskappe, sowel as Ingenieurswese en tegnologie, om nasionale en wêreldwye uitdagings die hoof te bied. Die NFR se visie is om 'n "sleutel instrument in die skep van 'n nuwe, kennis-gedrewe gemeenskap te wees waar alle burgers bemagtig word om tot 'n globale mededingende en voorspoedige land by te dra." (www.nrf.ac.za) PUB Public Understanding of Biotechnology (PUB) (Openbare Begrip van Biotegnologie) is 'n dinamiese en nuwe openbare kommunikasie program wat mik om breë openbare bewustheid, en 'n duidelike, gebalanseerde begrip van die wetenskaplike beginsels en potensiaal van biotegnologie te verskerp, en om betekenisvolle geleenthede vir openbare dialoog en debat rondom biotegnologie en sy toepassings binne ons gemeenskap te skep om ingeligte besluitneming in staat te kan stel. (www.pub.ac.za) Chantelle Gradidge
|