My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Pasteisjef

Voedsel en Gasvryheid

 "One cannot think well, love well, sleep well, if one has not dined well."Virginia Woolf (1882-1941), Britse roman- en essay-skrywer

Opleiding is uiters belangrik vir die meeste beroepe in kookkuns en gasvryheidstudies. Baie besighede in die bedryf bied dus internskappe of ander in-diens opleiding aan, wat spesifiek op die beroep gerig is.

Beroepe in hierdie bedryf is nie beperk tot hotelle, restourante, bakkerye of so nie; daar is ook baie geleenthede in die reis- en kleinhandel bedrywe. Sommige van die meer populêre beroepe is dié van sjef, restourantbestuurder, hotelbestuurder, spysenier en koördineerder van gebeurtenisse. 'n Beroep wat nie so populêr is nie, is dié van persoonlike aankoper, waarskynlik omdat baie mense nie eens daarvan bewus is dat so 'n beroep bestaan nie! Lees aan …

Werk in voedsel en gasvryheid

Wanneer die lewe te stresvol raak, gaan baie van ons uit vir 'n bietjie "inkopie terapie". Maar, meeste van die tyd, is hierdie tydelike verligting nie so goed op die sak nie, en voeg dit net meer stres by ons lewens – koop nou, bekommer jou later!

Verbeel jou nou hoe dit sou wees om iemand anders se geld te spandeer EN daarvoor betaal te word … Ja, daar is so 'n werk!  'n Persoonlike aankoper begin 'n projek deur 'n onderhoud met 'n kliënt te voer om sy of haar behoeftes en persoonlike voorkeure te bepaal. Projekte strek van die koop van kruideniersware tot raad gee oor beeld en styl, en uitgaan om klere te koop. Sommige kliënte gaan saam met die persoonlike aankoper op 'n inkopie uitstappie, en ander los die inkopie uittog heeltemal in die persoonlike aankoper se hande. 'n Beroep in hierdie lyn sal jou in staat stel om jou talente te gebruik om 'n diens aan ander te lewer wat hulle (en jou) baie gelukkig sal maak. Hierdie glansryke en prettige beroep sal enigeen opgewonde maak om werk toe te gaan!

Daar is niks beter as watertand, vars-uit-die-oond brood, croissants, en heerlike warm tertjies nie. Pasteisjefs werk in bakkerye, kruideniersware winkels, restourante, hotelle en het selfs hul eie besighede. Hulle kan kies om op southappies of soet, heerlike nageregte te fokus, of albei. Pasteisjefs maak nie net watertand lekkernye nie, maar hulle het dikwels ook ander verantwoordelikhede, soos toesighouding oor kombuispersoneel, die bestelling van voorraad, die versiering en rangskikking van tertgebak en nageregte, en algemene organisering van die kombuis. Pasteisjefs moet kunstig en kreatief wees om tertjies en nageregte suksesvol te maak, sodat hulle net so goed lyk soos wat hulle smaak. Hierdie werk vereis dikwels lang ure op jou voete en vroeë oggendure, wat gewoonlik om en by 03:00 begin, maar die beloning van 'n beroep in hierdie lyn is beslis die tevredenheid van kliënte.

Verenigings vir die voedsel- en gasvryheidsbedryf

FEDHASA

Die gefedereerde vereniging vir die gasvryheidsbedryf van Suid-Afrika (FEDHASA) is die amptelike stem en drukgroep (waghond) vir die gasvryheidsbedryf. FEDHASA gee aan werknemers binne die bedryf direkte verteenwoordiging op CCMA-vlak en bied aan lede geleenthede vir netwerking by funksies, soos gholfdae. Daar is voorsiening om aan lede maklike toegang te bied tot belangrike skakels in die bedryf en inligting, en gereelde kommunikasie en nuus is ook beskikbaar aan lede, via e-pos, die webwerf, maandelikse nuusbriewe en lede-vergaderings, onder andere.

www.fedhasa.co.za

SAAFoST

Die Suid-Afrikaanse vereniging vir voedselwetenskap en -tegnologie (SAAFoST) is die vereniging vir voedselwetenskaplikes, tegnoloë en ander beroepsmense wat die voedsel- en verwante bedrywe in Suid-Afrika bedien. Die organisasie bied waardevolle geleenthede vir netwerking en die deel van kennis, asook publikasies, aan sy lede. www.saafost.org.za

Aanhalings:

"Pasteisjefs moet kunstig en kreatief wees om tertjies en nageregte suksesvol te maak, sodat hulle net so goed lyk soos wat hulle smaak."

"Verbeel jou nou hoe dit sou wees om iemand anders se geld te spandeer EN daarvoor betaal te word … Ja, daar is so 'n werk!"

Chantelle Gradidge

 







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan