Onderwys en opleiding
Onderwys is een van die mees waardevolle en bevredigende loopbane om te volg. Dit behels die voorbereiding van kinders vir die lewe in die werklike wêreld, sowel as ouer persone wat hulle akedemiese of lewensvaardighede wil verbeter, of selfs hulle loopbaan wil verander. Dit is werklik lonend om mense dop te hou en sien hoe hulle onder jou leiding groei en ontwikkel, en dan hulle toekomstige sukses waarneem. Diegene wat 'n loopbaan in onderwys en opleiding wil volg kan uit 'n aantal verskillende opsies kies. Jy moet min of meer besluit watter ouderdomsgroep jy wil onderrig, want 'n groep driejariges benodig natuurlik ander vaardighede en vermoëns as dié in hoërskole, of volwassenes. Dus moet jy 'n opsie kies wat by jou belange en vaardighede sal inpas. Hierdie loopbaan verg ook die vermoë om dissipline op 'n professionele wyse toe te pas, daar jy kan verwag om met 'n redelike aantal oproeriges in die klaskamer te doen sal kry. 'n Loopbaan in Onderwys en Opvoeding. Oor die algemeen lyk dit of daar 'n tekort aan opgeleide onderwysers in Suid Afrika is, dus is werksgeleenthede volop. Die behoefte vir volwasse onderwys, sowel as die vereiste vir voorskoolse onderwys het deur die jare aansienlik gegroei. Poste in Onderwys en Opleiding. Gevorderde (voertuig) bestuur instrukteurs voorsien oipleiding aan mense wat graag hulle bestuursvermoë en vaardighede wil verbeter. Hulle help mense om na 'n veiliger en meer genotvolle vlak van voertuig bestuur te vorder. Sommige gevorderde instrukteurs voorsien ook 'n diens aan departemente wat werkers het wat deskundige bestuur vaardighede benodig, soos die polisie, brandweer en ambulans owerhede. Bestuur instrukteurs trek voordeel uit die vryheid van buigbare werksure en 'n hoë inkomste potensiaal. Hierdie werk kan nie ligtelik opgeneem word nie – jy moet daaraan toegewyd wees om mense se bestuurs vaardighede te verberter, en dit moet op 'n professionele wyse geskied. 'n Herstelbare/Remediale terapeut (ook bekend as spesiale behoeftes leerkrag) werk hoofsaaklik met kinders wat leer – of bewussyns probleme - ondervind. Ondersteuning word dikwels aan leerlinge gegee wat probleme in areas soos lees, spelling, skryf en wiskunde ondervind. Maar remediale terapeute werk ook in 'n aantal ander areas wat van emosionele en gedrags probleme tot kinders met fisiese of geestes gebrekke wissel. Hierdie terapeute is ook daarvoor verantwoordelik om hulle studente aan te moedig om selfvertroue en onafhanklikheid te ontwikkel sodat hulle hulle volle potensiaal kan bereik. Dit kan 'n baie uitdagende loopbaan wees, beide fisies en emosioneel. 'n Goeie verhouding met die kind is nie slegs noodsaaklik nie, maar die terapeut moet ook die familie raad gee oor die bestuur van die besonderse probleme wat die kind ondervind. Dit is in alle gevalle noodsaaklik dat die terapeut met alle persone in die student se welvaart in verbinding bly – byvoorbeeld ouers, dokters en sielkundiges. Loopbaan vooruitsigte op hierdie gebied is goed, want daar is 'n groeiende aanvraag na remediale terapeute in beide private en staat skole. Onderwys en Opleiding Verenigings OVSA/EASA Die Onderwys Vereniging van Suid Afrika (OVSA) stel hom ten doel om die wetenskaplike studie van onderwys of opvoeding te bevorder; om opvoedkundige navorsings projekte van nasionale belang aan te moedig en te koördineer; om wetenskaplike publikasies op die gebied van opvoeding te vestig; om in 'n raadgewende kapasitiet oor sake wat onderwys en onderrig betref, op te tree; om kontakte met internasionale organisasies te vestig; om die Republiek van Suid Afrika tydens internasionale konferensies oor opvoeding en onderwys te verteenwoordig; om betekenisvolle bydraes tot opvoeding te erken; en uitstaande diens aan die vereniging te lewer. www.easa.ac.za VBOO/ABET Die Nasionale Volwasse Basiese Opvoeding en Onderrig (VBOO) Raad se doelwit is om volwasse ongeletterdheid te verminder deur: vrywillige dienste ter ondersteuning van 'n landswye letterkundige inisiatief te mobiliseer; om opleidings programme vir vrywillige opvoeders daar te stel; om leesstof en bronne materiaal te ontwerp, ontwikkel en aan te koop; om plaaslike letterkundige eenhede op te stel; om 'n data basis van leerders en voorsieners te vestig en onderhou; om na die behoeftes van leerders en opvoeders om te sien. www.info.gov.za/aboutsa/education.htm#abet VPVOOO/APPETD Die Vereniging van Private Voorsieners van Opvoeding, Opleiding en Ontwikkeling (VPVOOO) is daarop gemik om te verseker dat sy lede die hoë standaarde handhaaf wat met alle uitvloeisels vir alle sektore van onderwys en opvoeding vergelyk; dat alle gebruikers van private instansies die beste moontlik opvoeding en onderrig in hulle gekose gebiede ontvang; dat werkgewers erken dat 'n kwalifikasie deur 'n VPVOOO lid hulle van bekwame personeel voorsien; dat lede hulle instellings volgens die Kode van Etiek wat die Vereniging regeer, bestuur; dat die Vereniging self sy standaarde en etiek na alle gehore, insluitende voornemende studente, bemark; dat die Uitvoerende Komitee van VPVOOO jaarliks uit 'n liggaam van top besluitnemers vanuit Suid Afrika se leidende private voorsieners aangestel word; dat sy lede die hoë standaarde handhaaf wat met uitkomste vir alle sektore van opvoeding en onderrig vergelyk. www.appetd.org.za Chantelle Gradidge
|