Veiligheid en Sekuriteit
Ons is almal baie bewus van die uitdagings wat die land in die gesig staar wat misdaad betref en werksgeleenthede om misdaad te bekamp is dus volop. Aan die begin van die jaar (2007), is 'n ekstra R2.4 biljoen aan die polisie toegewys in 'n poging om veiligheid en sekuriteit in Suid-Afrika te verbeter deur die aantal polisiemanne aan diens te vermeerder en in verbeterde tegnologie en forensiese toerusting te belê. 'n Beroep in veiligheid en sekuriteit kan 'n baie opwindende, dog gevaarlike een wees, wat 'n spesiale soort mens vereis. In hierdie lyn, begin jy gewoonlik 'n beroep deur, byvoorbeeld, by die leër of polisie aan te sluit en dan jou weg na die posisie van speurder, gyselaar bemiddelaar, forensiese wetenskaplike, lyfwag of enige van die vele verbandhoudende poste op te werk. Beroepe in hierdie veld vereis gewoonlik vaardighede in analise, oplossing van misdaad en ondervraging, en die vermoë om in enige situasie kalm te bly. Werksgeleenthede in veiligheid en sekuriteit 'n Woordvoerder is verantwoordelik vir die skepping en handhawing van 'n gunstige openbare beeld van 'n organisasie, soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Hy of sy beplan en gee riglyne vir die kommunikasie van inligting oor aktiwiteite, geleenthede en ander relevante inligting wat betrekking op die organisasie het. 'n Woordvoerder berei artikels, foto's en ander inligting voor en versprei dit aan mediaverteenwoordigers wat inligting oor die organisasie wil bekend stel. Die woordvoerder bevorder goedgesindheid en verteenwoordig die werkgewer by gemeenskapsprojekte of openbare, sosiale en besigheidsverwante geleenthede. Hy of sy mag ook betrokke wees by ontwikkelingsprojekte soos fondsinsamelings- of openbare bewustheidsveldtogte. Die woord "forensies" beteken "betrekking op die reg". Deur die toepassing van wetenskaplike beginsels, soos chemiese en fisiese analise van bewyse wat by 'n misdaadtoneel ingesamel is, is 'n forensiese wetenskaplike dus betrokke by die oplossing van verwarrende regs- of kriminele kwessies. Wanneer 'n misdaad gepleeg is, probeer die polisie om die toneel, sowel as enige moontlike bewyse, te beskerm totdat 'n speurder elke bewysstuk versamel het. Bewyse kan hare, stukkies vesel, kledingstukke, wapens of koeëldoppies insluit. Al hierdie goed kan leidrade voorsien wat behulpsaam kan wees in die oplossing van die saak. Die bewyse word dan aan forensiese wetenskaplikes vir analise oorhandig. Verskeie wetenskappe, wiskundige beginsels en metodes van probleem-oplossing word in die analise gebruik. Dié van julle wat 'n beroep in forensiese wetenskap beplan moet ywerig en van nature nuuskierig wees, en die vermoë hê om onafhanklik te kan werk. Forensiese wetenskaplikes is baie afhanklik van wetenskap en wiskunde in hul werk. Een ding wat jy in gedagte moet hou is dat jy feitlik geen kans staan om hierdie veld te betree as jy 'n kriminele rekord het nie, hoe klein die oortreding ook al mag wees. So moenie eers daaraan dink om dwelms te neem of om te drink en te bestuur nie. Veiligheid- en sekuriteitsverenigings PSIRA Die privaat reguleringsgesag vir die sekuriteitsbedryf (PSIRA) is 'n statutêre reguleringsliggaam wat standaarde daarstel vir opleiding en streng registrasie van sekuriteitspersoneel. www.psira.co.za SANSEA Die Suid-Afrikaanse nasionale werkgewersvereniging vir die sekuriteitsbedryf (SANSEA) se doelstellings sluit in: om waghond van die sekuriteitsbedryf te wees; die aktiewe bevordering van die belange en beeld van die Suid-Afrikaanse lyfwag bedryf, en die bevordering van die ontwikkeling van 'n bedryf waar werknemers lonende werk sal vind; en om as spreekbuis vir lede te dien in die bedinging van lone en diensvoorwaardes. www.sansea.co.za SASSETA Die visie van die Suid-Afrikaanse veiligheid en sekuriteit SETA (SASSETA) is om 'n leier in vaardigheidsontwikkeling vir veiligheid en sekuriteit te wees. Sy missie is om 'n opvoedings- en opleidingsgesag te wees wat gehalte voorsiening van vaardigheids-ontwikkeling en kwalifikasies vir Suid-Afrikaanse burgers in die veiligheids- en sekuriteitsomgewing deur geskikte en doeltreffende vennootskappe verseker. www.sasseta.org.za ASIS ASIS International is toegewy aan die verbetering van die doeltreffendheid en produktiwiteit van sekuriteitspraktyke deur die ontwikkeling van opvoedings-programme en -materiale wat breë sekuriteitskwessies, soos ASIS se jaarlikse seminaar en uitstallings, sowel as spesifieke sekuriteitsonderwerpe, aanspreek. Deur aan lede en die sekuriteit gemeenskap toegang tot I volle reeks programme en dienste te verleen, en deur die enigste maandelikse tydskrif te publiseer wat streng op sekuriteitsake en - kwessies gerig is, Security Management, neem ASIS die leiding vir gevorderde en verbeterde uitvoering van sekuriteit. www.asis203.co.za Vir meer inligting oor werk in die Veiligheid- en Sekuriteitsbedryf, verwys asb. na die Ferbruarie 2007-uitgawe van SA Career Focus Magazine.
|