My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Eiendomswaardeerder

Eiendom

Om eiendom te koop is seker die grootste en beste belegging wat jy ooit sal maak. Maar voordat jy so 'n groot stap neem, is dit noodsaaklik dat jy soveel moontlik uitvind oor die toestand en waarde van die eiendom. Die rede hiervoor is dat jy enige probleme of teenstrydighede wat na vore mag kom nadat die eiendom gekoop is tot die minimum kan beperk of uitskakel. 

Eiendomsinspekteurs en eiendomswaardeerders versamel inligting en feite oor eiendom. Hierdeur stel hulle die koper of verkoper in staat om selfversekerde en verstandige besluite te neem met betrekking tot die koop of verkoop van eiendom.  

'n Beroep in eiendom

Met die bloeiende eiendomsmark, is daar deesdae beslis geen tekort aan werk in hierdie veld nie. Besighede, soos eiendomsagentskappe, finansiële instellings en regeringsdepartemente, sowel as individue wat 'n huis privaat koop of verkoop, benodig die dienste van eiendomsinspekteurs en -waardeerders.

Die algemene vereistes en vaardighede wat in hierdie lyn benodig word, is: bedrewenheid in kliëntediens; kennis oor bou en konstruksie; 'n kennis van ekonomie en boekhou, die betrokke wette, regskodes en regeringsregulasies; doeltreffende kommunikasievaardighede; analitiese denke - om verstandig te wees in die oplossing van probleme; en die vermoë om inligting akkuraat te dokumenteer of op te teken - in eiendomswaardering en -inspeksie word eintlik baie tyd op navorsing en die skryf van verslae spandeer. 

Eiendomsinspeksie behels die deeglike ondersoek van die toestand en struktuur van residensiële huise, kommersiële geboue, industriële strukture en omgewings-eiendomme. Die werk is basies dieselfde as opmeting. 'n Eiendomsinspekteur ondersoek die eiendom of gebou noukeurig van fondament tot dak en stel 'n verslag op wat enige probleme, asook die opknappings- en herstelwerk wat benodig word, beskryf.

Die inspekteur gaan die stelsels op die eiendom na, soos die loodgieterswerk en elektriese stelsels, sowel as potensiële brandgevare en probleme met peste soos termiete. Eiendomsinspekteurs voer ook energie-doeltreffende evaluerings uit en gee raad oor energiebesparing.

Mense wat hierdie tipe werk wil doen moet vertroud wees met die fundamentele beginsels van konstruksie en die behoorlike installering van die verskeie stelsels op eiendomme, asook 'n begrip hê van hoekom en hoe hierdie stelsels foutief raak. Inligting wat deur die inspeksie ingewin word, word gewoonlik vir die doel van koop of verkoop, assuransie, of nakoming van gesondheids- en veiligheidsregulasies gebruik.

Die volgende is basiese vereistes vir eiendomsinspekteurs: 'n uitgebreide kennis van bouregulasies en metodes en opmetingstegnieke; die vermoë om strukturele probleme te evalueer; uitstekende meet-, matematiese en boekhouvaardighede; rekenaargeletterdheid; goeie aanbiedings- en kommunikasievaardighede; en die vermoë om volgens streng riglyne te werk.

As jy 'n eiendomswaardeerder is, sal jy moet bepaal wat iemand vir 'n eiendom behoort te betaal deur die verskeie faktore op te weeg. Met 'n goeie kennis van eiendom en baie navorsing, is eiendomswaardeerders in staat om 'n baie akkurate en ingeligte raaiskoot te waag oor die markwaarde van 'n eiendom. 'n Waardeerder is ook behulpsaam met die struktuur van die finansiering van 'n eiendom; assesseer die lewensvatbaarheid en risiko van koop of verkoop; bestuur portfolio's; en hanteer die verkryging van eiendomme.

Die eiendomswaardeerder boekstaaf al die navorsing en aanmerkings en stel 'n uitvoerige verslag saam wat die beraamde waarde van die eiendom, sowel as 'n uiteensetting van die metodes en strategieë wat gebruik is om die raming te bereik, bevat.

Sommige faktore wat in aanmerking geneem word wanneer 'n evaluering gedoen word, is: moontlike afname in waarde van die eiendom; vergelykings met waardes van soortgelyke eiendomme; inkomste potensiaal van die eiendom; en kriteria van die buurt en ligging wat die waarde van die eiendom mag beïnvloed. 'n Deeglike kennis van finansies, ekonomie, eiendomswette en rekenaarvaardighede word vir hierdie beroep benodig.

Eiendomsverenigings

SAPOA

Die Suid-Afrikaanse eiendomseienaarsvereniging (SAPOA) is toegewy aan die beskerming van die belange van die kommersiële en industriële eiendom-sektore, in terme van eienaarskap, bestuur en ontwikkeling. SAPOA se mikpunte en doelstellings sluit in: die handhawing van 'n unieke organisasie wat sy lede aanmoedig om hul bedrewenheid te deel deur aktiewe deelname aan die vereniging; die bevordering van sleutel verhoudings terwyl hulle regeringsaanvaarding handhaaf; 'n uitmuntende bydrae aan opvoedings-programme en die daarstelling van kwaliteit standaarde; en die voorsiening van 'n doeltreffende forum vir reaksie op verandering.

Sedert sy ontstaan, beskou SAPOA opvoeding as sy hoeksteen en is die vereniging die voorloper in die ontwikkeling van kursusse in eiendom vir die onbevoorregte sektor van die Suid-Afrikaanse gemeenskap. Sy missie is: "Om namens ons lede te strewe om hul belange te bevorder sover dit kommersieel-gerigte eienaarskap van eiendom aangaan; opvoeding; ontwikkeling; bemarking; en bestuur." www.sapoa.org.za

The Property Association

The Property Association se primêre doelstelling is om die beeld van vaste eiendomsagente in Suid-Afrika verder te bevorder. Hulle help hulle deur verskeie inisiatiewe om te groei en te ontwikkel en uiteindelik die toppunt van sukses te behaal. www.propertyassociation.co.za

IEASA

Die missie van die instituut van eiendomsagente van Suid-Afrika (IESA) is "om ons lede in te lig en op te voed deur toegang tot betekenisvolle seminare, byeenkomste, literatuur en opleiding in besigheid te voorsien, ten einde hulle te help om voordelig en professioneel aan te pas by die kompeterende, vinnig veranderende en toenemend veeleisende besigheidsomgewing". www.ieasa.org.za

PVA

Die professionele waardeerdersvereniging (PVA) is 'n eksklusiewe, vrywillige vereniging van professionele eiendomswaardeerders. PVA bestaan en tree op tot voordeel van sy lede en streef om die hoogste wêreldklas-standaarde van professionalisme in die bedryf na te volg en te handhaaf. Sommige van die primêre doelstellings van die vereniging is: om die standpunte van sy lede te verteenwoordig; om eiendomsverwante belange te bevorder; om etiese gedrag aan te moedig; om die hoogste professionele standaarde te handhaaf; om druk uit te oefen vir wetlike hervorming; om netwerking aan te moedig en te fasiliteer; om fasiliteite vir lede te ontwikkel; en om internasionale strategiese verbintenisse daar te stel.  www.pva.co.za

deur Chantelle Gradidge

 







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan