My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Kontrakbestuurder

Bou en Konstruksie

Bou en Konstruksie Die bou- en konstruksiebedryf is geweldig groot en bied uitstekende werksgeleenthede aan mense wat op soek is na 'n beroep met 'n groot verskeidenheid opsies, eindelose belonings en geweldige werk tevredenheid. Biljoene rande word jaarliks in hierdie bedryf gestort en, met die talle bou- en konstruksieprojekte wat ver vooruit beplan word, sal werkers vir nog baie jare in hierdie veld in aanvraag wees.

As jy gedink het hierdie bedryf behels slegs uitgrawings en messelwerk, maak jy 'n groot fout. Daar is soveel verskillende soorte werk - en daar is net soveel maniere en opsies om by die bedryf betrokke te raak. Dit hang alles af van watter lyn jy wil volg. Jy kan, byvoorbeeld, vir 'n gespesialiseerde graad studeer, 'n kursus by 'n kollege aflê of in-diens opleiding ondergaan. 

Meeste werknemers in die bou- en konstruksiebedryf begin hul beroepe op die onderste rang van die leer en word uiteindelik leiers in die veld deur bevorder te word tot toesighouding- en bestuursposisies. Indien jy dit sou oorweeg om hierdie beroep te volg, kan jy egter van een ding seker wees: daar is baie maatskappye wat bereid is om hul werkers te help om te ontwikkel deur voortgesette opleiding aan te bied om vaardighede te verbeter wat nodig is om produktief in hierdie omgewing te bly.  

Werk in bou en konstruksie

Landmeters ontwerp, bestuur en gee advies oor land ontwikkelingsprojekte. Hulle berei alle data, kaarte, sketse, landkaarte, aantekeninge en dokumente voor wat verband hou met opnames en hou ook toesig oor hul voorbereiding. Hulle versamel, verwerk en ontleed ook inligting wat gewoonlik deur opmetingspanne ingesamel word. Hierdie spanne doen navorsing op seksies grond, ten einde geografiese inligting te bekom vir, onder andere, konstruksie-, kartografie- (kaarttekening), grondverdeling-, titel- en myn doeleindes.

Landmeters bepaal eiendomsgrense deur vir regsdokumentasie, vorige opmetingsoptekeninge, grondtitels, eiendomsregte, huurregte en ander wettige dokumente te soek. Hulle verseker ook dat bouprojekte aan regsvoorskrifte voldoen. Hulle is verantwoordelik vir die bevestiging van die akkuraatheid van opmetings, asook die optekening van resultate, byvoorbeeld, die ligging, hoogte en afmetings van grond of grondbakens. 

'n Landmeter moet gemaklik wees met besluitneming en probleemoplossing en rekenaargeletterd wees. Hy of sy moet ook oor goeie organiseringsvaardighede beskik vir die nougesette dokumentering en optekening van inligting. Landmeters kan kies om op sekere gebiede, soos beplanning, ontwerp, projekbestuur, opmetingsreg, navorsing, grondontwikkeling en onderverdeling, olie-eksplorasie en opmeting, met gebruik van Global Positioning Systems (GPS), te spesialiseer.  

Kontrakbestuurders is verantwoordelik vir alle aktiwiteite wat verband hou met kontrakte wat opgetrek word tussen die verskeie partye wat by 'n bouprojek betrokke is. Sommige van die verantwoordelikhede sluit in: advisering van individue en departemente oor kontraktuele regte en verpligtinge; die bedinging, administrasie, verlenging, beëindiging of herbedinging van kontrakte; die evaluering of monitering van kontrakuitvoering om die behoefte aan wysigings of verlengings van kontrakte te bepaal; en die hantering van alle kommunikasie tussen die maatskappy en subkontrakteurs. 

CIDB 

Die raad vir die ontwikkeling van die konstruksiebedryf (CIDB) is gestig om 'n regulerings- en ontwikkelingsraamwerk te bevorder vir die uitbouing van die vermoë van konstruksiedienslewering vir Suid-Afrika se sosiale en ekonomiese groei, en om 'n trots Suid-Afrikaanse konstruksiebedryf daar te stel wat diens lewer volgens internasionaal mededingende standaarde. 

Die fokus is op volhoubare groei, kapasiteitsontwikkeling en bemagtiging; verbeterde bedryfsprestasie en beste praktyk; 'n getransformeerde bedryf ondersteun deur konsekwente en etiese bemiddelingspraktyke; en verhoogde waarde vir kliënte en die samelewing. www.cidb.org.za 

MBSA 

Master Builders South Africa (MBSA) is 'n nasionale organisasie wat as spreekbuis vir sy lede, die verenigings van meesterbouers (MBA's), en gespesialiseerde, geaffilieerde lede optree. MBSA verteenwoordig kontrakteurs en werkgewers wat in die boubedryf betrokke is. Hul missie is: om gehalte en standaarde deur uitmuntende diens aan lede te bevorder; om nasionale beleid te ondersteun; en om 'n volhoubare en demokratiese boubedryf daar te stel. www.mbsa.org.za 

SAGI

Die Suid-Afrikaanse geomatiese instituut (SAGI) bestaan uit mense wat óf belang het by óf werk in een of meer velde van geomatika, soos, onder andere, landsopmeting, ingenieursopmeting, mynopmeting, fotogrammetrie, afstandgewaarwording, geografiese inligtingswetenskap, hidrografie en grondbestuur. www.sagi.co.za

Vir meer inligting oor werk in die bou- en konstruksiebedryf, kyk asseblief na die Augustus 2007-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

Deur Chantelle Gradidge

 


So, dink jy dat 'n loopbaan in bouwerk en konstruksie net daaruit bestaan om een steen op 'n ander te pak?  Wel, dis nie heeltemal so eenvoudig nie.  Hierdie sektor bied 'n uitgebreide verskeidenheid inspannende, alhoewel bevredigende loopbane aan wat die ontwikkeling, instandhouding, herstelwerk en verbetering van geboue behels.  Hierdie strukture sluit residensiële geboue (soos woonhuise), nie-residenslële geboue (soos winkels, kantore en skole), en ingenieurs of nywerheids konstruksies (soos paaie, snelweë, fabrieke en riole) in.

Baie werk in hierdie sektor kan fisies baie veeleisend wees, veral wanneer daar by die eintlike konstruksieterrein gewerk word, of om take te verrig wat ure se staan, buk, oplig en dra van swaar voorwerpe verg, of in eng spasies te werk.  Maar vir diegene wat egter verkies om in 'n lugverkoelde kantoor te sit sonder om jou hande vuil te maak, is daar ook baie geleenthede in die Bou en Konstruksie sektor.

Hierdie nywerheid bied geleenthede aan mense met diverse talente en opvoedkundige agtergronde.  Sommige van hierdie vooruitsigte sluit bestuur, kantoor administrasie, ingenieurswese, bestuur van vragmotors of ander swaar voertuie, bourekene (quantity surveying), skrynwerkery, loodgietery, winkelinrigting en sweisery in.

'n Loopbaan in Bouwerk en Konstruksie

Diegene wat hierdie sektor direk uit die skool betree, begin gewoonlik as assistente vir die meer gekwalifiseerde werkers wat op hierdie gebied werk.  Baie vaardighede kan tydens opleiding aangeleer word, maar diegene wat  oor 'n kombinasie van opvoeding (tegniese kollege of universiteit) beskik, sowel as die nodige praktiese ondervinding, sal natuurlik 'n beter kans staan wanneer hulle werk soek.

Gewilligheid om nuwe tegnieke aan te leer deur aan verskeie projekte in hierdie sektor te werk, sal hulle vaardigheide verder bevorder en tot moontlike geleenthede vir bevordering in aanmerking kom, soos byvoorbeeld bestuur, of opsigter posisies.

Poste in Bouwerk en Konstruksie

'n Bourekenaar is 'n professionele persoon wat binne die konstruksie nywerheid werk, en wat alle onkostes verwant aan 'n bouwerk projek beheer.  Hierdie persoon is daarvoor verantwoordelik om alle uitgawes tot 'n minimum te hou – vanaf die aanvanklike berekening tot die finale betaling – terwyl die geskatte kwaliteit en gevraagde standaarde bereik word.  'n Bourekenaar werk gewoonlik nou saam met argitekte, ingenieurs, bouers en verskaffers.  Die bourekenaar bestudeer die tekenplanne en spesifikasies van 'n projek, en berei 'n "Staat van Kwantiteite" voor waarin die komponente vir 'n spesifieke projek aangebring is.  Ander verantwoodelikhede sluit die nagaan van uitgawes wat deur onvoorsiene veranderings veroorsaak word; om uitvoerbare studies op 'n projek te onderneem, en as konsultant vir "buite" partye op te tree.

Baie mense glo dat 'n skrynwerker eenvoudig net hout saag en meubels bou.  In werklikheid is 'n skrynwerker egter gewoonlik in verskeie konstruksie projekte betrokke.  Hierdie projekte behels oprig, installering en herstel van strukture en bybehore wat nie selgs uit hout gemaak is nie, maar ook ander materiale soos staal.  Sommige aktiwiteite wat van 'n skrynwerker verwag word is die bou en installering van muurskeidings, versterrame, deure, kaste, sowel as om trappe te bou of steiers (scaffolding) op te rig.  Hulle maak van 'n groot verskeidenheid hand- en kraggereedskap gebruik, en voltooi hulle werk dikwels deur met 'n tekenplan te begin, die materiale te bekom, die akkuraatheid van hulle werk na te gaan, en enige nodige verstellings aan te bring. 

'n Loodgieter installeer en herstel dreinering en waterstelsels, sowel as loodgieterywerk soos storte, wasbakke en toilette, in private wonings sowel as in nywerheids- en handelsgeboue.  Loodgieters gebruik verskeie soorte materiale en tegnieke, afhangende van die projek waaraan hulle werk.  Sommige take sluit in om van tekenplanne en spesifikasies af te werk om die uitleg van loodgieterstelsels, sowel as materiale benodig, vas te stel;  plasing, montering, installering en beveiliging van pype; onderhoud en herstel van loodgieterstelsels, sowel as lyne volgens regulasies te toets.  'n Loodgieter moet praktiese werk geniet, moet goeie hand en oë ko-ordinasie hê, en goeie beweeglikheid om soms in nou spasies te werk.

Winkelinrigting (Shopfitting) bestaan uit die montering van uitrusting soos toonbanke, kaste, rakke, sitplekke en afskortings, gewoonlik vir handelseiendomme soos kantore, restourante, en natuurlik, winkels.  'n Winkelinrigter gebruik 'n wye reeks materiale om hierdie spesifieke items te bou.  Sommige van die materiale sluit die volgende in: hout, perspeks, plastiek, glas en metaal.  'n Winkelinrigter moet diagramme kan lees en interpreteer; met 'n wye reeks gereedskap kan werk; vinnig en akkuraat werk onderwyl hy onder druk verkeer en spertye moet nakom; fisies gesond wees en kreatiwiteit aan die dag lê.

Sweiswerk is die proses van metaal dele aanmekaar heg deur hitte te gebruik om die metaal te smelt.  .n Sweiser gebruik spesiale toerusting om 'n verskeidenheid take uit te voer, soos balke in die boubedryf aanmekaar te heg, of bruê te bou, of pype in pyplyne aanmekaar te sweis.  Alhoewel baie sweisers roetine werke verrig wat reeds beplan, en deur 'n meer bedrewe persoon uitgelê is, beplan professionele sweisers hulle werk gewoonlik deur na tekeninge of spesifikasies te kyk, die toerusting wat hulle benodig, uit te soek, die sweis taak te voltooi, en hulle werk nagaan om te verseker dat dit aan spesifieke standaarde voldoen.  Bedrewe sweisers word dikwels opgelei om verskillende materiale, bo en behalwe staal, te gebruik.  Dit sluit titaan, aliminium, en selfs plastiek soorte in.

Omdat sommige van hierdie soorte werk potensieël gevaarlik is, is dit belangrik vir werkgewers om veilige werkstoestande te skep en veilige werkgewoontes aan te moedig om die risiko van beserings uit te skakel.  Die gereedskap en toerusting wat in hierdie werk gebruik word, kan ernstige beserings veroorsaak, derhalwe moet werknemers dikwels veiligheids klerasie soos handskoene, harde hoede, sweis helms en ander toerusting dra om gesig en gehoor te beskerm.

Hierdie nywerheid skep ook vele geleenthede om jou eie besigheid te begin.  Die finansiële moontlikhede is gewoonlik redelik, en dan kan jy ook werksgeleenthede vir andere daardeur skep.

Bouwerk en Konstruksie Verenigings

GMBA

Die Gautengse Meester Bouers Vereniging (GMBA) is in 1996 geskep deur die samesmelting van die Pretoria Meester Bouers Vereniging (in 1903 gestig) en die Johannesburgse Meester Bouers Vereniging (in 1994 gestig).  Die GMBA is 'n werkgewers organisasie wat na die belange van sy lede in die bou- en verwante handelsnywerhede omsien.  (www.gmba.org.za)

NHBRC

Die "National Home Builders Registration Council" (NHBRC) was gestig om die belange van hul verbruikers te beskerm en om die huisbou nywerheid te reguleer.  Die NHBRC beywer hom om huis gebruikers te beskerm deur kwaliteit standaarde in die huisbou nywerheid te monitor, om hulp aan huis gebruikers te verleen, en om huis gebruikers en huis bouers oor hulle regte en verpligtinge op te lei, sowel as ander uitstekende kliënte dienste aan te bied.  (www.nhbrc.org)

IOPSA

Die "Institute of Plumbing South Africa" (IOPSA) is in 1989 deur 14 loodgieter maatskappye gestig, en wat reeds tot meer as 765 loodgietery maatskappye gegroei het wat meer as 3500 opgeleide loodgieters, sowel as meer as 10 000 halfgeskoolde werkers in die loodgietersbedryf verteenwoordig.  IOPSA se hoofdoel is om standaarde in die bedryf te handhaaf deur die gebruik van kwaliteits produkte en aanvaarbare installasie werk.  (www.iopsa.org.za)

SACQSP

"The SouthAfrican Council for the Quantity Surveying Profession" (SACQSP) se mikpunt is om vir die "registrasie van professioneles, kandidate en gespesfiseerde kategorieë in die bourekenaars bedryf te voorsien; om die verhouding tussen SACQSP en die Raad vir die Geboude Omgewing te reguleer en voorsiening vir verwante sake te voorsien."  Die webtuiste verduidelik ook die historiese agtergrond van die beroep, en voorsien 'n wyse van kommunikasie tussen bourekenaars en die publiek .  (www.sacqsp.org.za)

Chantelle Gradidge

 


Die bouwerk en konstruksie nywerheid is geweldig groot en bied werksgeleenthede aan mense wat 'n loopbaan met 'n wye verskeidenheid opsies, eindelose belonings en groot tevredenheid verlang.  Miljarde rande word elke jaar in die bouwerk en konstruksie nywerheid belê, en met die talle bouwerk en konstruksie projekte wat vir die toekoms beplan word, sal werkers in hierdie nywerheid vir baie jare in aanvraag wees.

Indien jy onder die indruk verkeer dat hierdie nywerheid slegs uit uitgrawings en die lê van stene bestaan,  is jy ver verkeerd.  Daar is soveel verskillende soorte werk – en daar is net soveel maniere en opsies om by hierdie nywerheid aan te sluit.  Dit hang alles daarvan af watter koers jy wil volg, maar die opsies kan daaruit bestaan om vir 'n gespesialiseerde graad te studeer, 'n kursus aan 'n kollege by te woon, of direkte opleiding by die werk te ontvang.

Meeste bouwerk en konstruksie nywerheid werknemers begin hulle loopbane op die onderste sport van die leer, en word later leiers op die gebied deur as opsigters en bestuurders bevorder te word.  Daar is egter een ding waarvan mens verseker kan wees – indien jy daaraan dink om hierdie loopbaan te volg is daar baie maatskappye wat bereid is om hulle werkers te help om hulle loopbane te ontwikkel deur aanhoudende opleiding te bied om die nodige vaardighede te bekom om op hierdie gebied produktief te bly.

Soorte poste in Bouwerk en Konstruksie

Opmeters of Landmeters gee raad oor, ontwerp en bestuur grond ontwikkelings projekte.  Hulle berei en hou toesig oor die voorbereiding van alle data, tabelle, planne, kaarte, verslae en dokumente wat aan opmetings verbonde is.  Hulle versamel ook, verwerk en ontleed inligting wat gewoonlik deur opmetingspanne versamel is.  Hierdie spanne voer navorsing op dele van grond uit om onder andere geografiese inligting vir konstruksie, kartering, grondverdeling, titels en mynbou te bekom.

Opmeters stel eiendoms grense vas deur regsverslae, vorige regsverslae, grondbewyse, transportaktes, huur ooreenkomstes en ander regsdokumente te soek.  Hulle verseker ook dat bouprojekte met wettige spesifikasies ooreenkom.  Hulle is daarvoor verantwoordelik om die akkuraatheid van opmetings, en die opteken van resultate, byvoorbeeld, die gebied, elevasie en dimensies van grond, of grond kenmerke, te bevestig.

'n Land- of opmeter moet gemaklik voel om besluite te neem, hy moet probleme kan oplos en rekenaar-geletterd wees, en moet oor goeie organisasie vaardighede beskik vir noukeurige opskrywing en dokumentering van inligting.  Opmeters kan kies om in spesifieke gebiede te spesialiseer, soos beplanning, ontwerp, projek bestuur, opmetingsreg, navorsing, grond ontwikkeling en onderverdeling, olie opsporing, en opmeting deur GPS (Global Positioning Systems) aan te wend.

Kontrak bestuurders is verantwoordelik vir alle aktiwiteite aangaande die kontrakte wat tussen partye in 'n bouprojek opgetrek word. Sommige verantwoordelikhede sluit die volgende in: raadgewing aan indiwidue en afdelings oor kontraktuele regte en verpligtings; onderhandeling, administrasie, uitbreiding, beëindiging, of heronderhandeling van kontrakte, evaluering of kontrole van kontrak optrede om die behoefte vir amendemente of uitbreiding van kontrakte vas te stel; en alle kommunikasie tussen maatskappy en onderkontrakteurs te hanteer.

Bouwerk en Konstruksie Verenigings

KNOR

Die Konstruksie Nywerheid Ontwikkelingsraad (KNOR) oftewel "The Construction Industry Development Board (CIDB)" is gestig om 'n regulerende en ontwikkelende raamwerk vir die geskiktheid van konstruksie lewering vir Suid Afrika se sosiale en ekonomiese groei te bevorder, asook vir 'n trotse Suid Afrikaanse konstruksie nywerheid wat volgens mededingende wêreld standaarde lewer. Die fokus is op volhoubare groei, kapasiteits ontwikkeling en bemagtiging, verbeterde nywerheids verrigting en beste praktyk; 'n getransformeerde nywerheid wat deur volgehoue en etiese verskaffings praktyke, en verbeterde waarde aan kliënte en gemeenskap lewer.

www.cidb.org.za

MBSA

Meester Bouers Suid Afrika (MBSA) is 'n nasionale organisasie wat as woordvoerder vir sy lede, die Meester Bouers Verenigings (MBV's) en gespesialiseerde verwante lede optree.  MBSA verteenwoordig kontrakteurs en werkgewers in die boubedryf.  Hulle doelwit is om kwaliteit en standaarde deur uitmuntende diens aan lede te bevorder; om nasionale beleide te ondersteun en om 'n volhoubare en demokratiese bou nywerheid te skep.  (www.mbsa.org.za)

SAGI

Die Suid Afrikaanse Geomatiese Instituut (SAGI) bestaan uit persone wat in een of meer gebied van Geomatika werk, of belang daarin het, onder andere soos landmetery, ingenieursopmeting, myn opmeting, fotogrammeterie, afstand waarneembaarheid, geografiese inligtings wetenskap, hidrografie en grond bestuur.  www.sagi.co.za

Vir meer inligting oor werk in die bou- en konstruksienywerheid, lees asseblief die 2007 uitgawe van "SA Career Focus" Tydskrif.

Chantelle Gradidge     







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan