My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Geofisikus

- Hidrogeoloog

Mynboubedryf

Suid-Afrika is 'n wêreldleier in die mynboubedryf. Die land is die wêreld se grootste produsent van goud en platinum en het die vierde grootste diamantbedryf in die wêreld. Hierdie sukses kan sekerlik toegeskryf word aan 'n kombinasie van hoë vlakke van kundigheid en vaardigheid in die bedryf, toewyding aan uitgebreide navorsing en die gebruik van hoogs ontwikkelde tegnologie en toerusting. 

Mynbouprojekte spruit gewoonlik uit die ontdekking van kosbare stowwe. Eksplorasie in hierdie bedryf het 'n komplekse en duur taak geword, veral met die gebruik van hoë-tegnologie toerusting. Wanneer kosbare afsettings gevind word, begin die voorbereiding vir ontginning.  

Voorbereiding vir vlak mynbou behels die afstroop van die bolaag (die term wat in mynbou gebruik word om materiaal te beskryf wat bo-op die stof wat gemyn word lê, byvoorbeeld, rots of grond); en voorbereiding vir ondergrondse mynbou behels die konstruksie van ondergrondse tonnels en deurgange, sowel as die ontwikkeling van ondergrondse afvoer- en lugtoevoerstelsels.  

Werk in die mynboubedryf

Geofisici voer eksplorasie- en navorsingsaktiwiteite uit om hul kennis van die struktuur, samestelling en prosesse van die aarde uit te brei. Die data wat uit hierdie navorsing verkry word help die geofisikus om feite te bepaal, soos die vorm van die aarde, die samestelling en struktuur van die aarde se binneste, die vloeipatroon van oseaan getye en strome en die fisiese eienskappe van die atmosfeer. Die data help ook met die opsporing van stowwe soos petroleum en mineraal-afsettings. 

Geofisici ondersoek ook die oorsprong en aktiwiteite van gletsers, vulkane en aardbewings. Hulle kan werk kry in petroleum- en mynboumaatskappye; raadgewende geologie-, geofisika- en ingenieursfirmas; regeringsdepartemente en opvoedingsinstellings; of hulle mag hul eie besigheid bedryf. 'n Goeie kennis van rekenaars en elektroniese toerusting, en 'n aanleg in ingenieurswese en tegnologie, fisika, wetenskap en geografie is noodsaaklik vir hierdie beroep.  

Hidrogeoloë bestudeer en teken inligting op wat verband hou met die verspreiding, vloei en fisiese eienskappe van ondergrondse en oppervlak water. Hulle bestudeer die ontwikkeling en intensiteit van afsetting, die spoed waarmee dit die grond binnedring, afsetting se beweging deur die aarde en die terugkeer na die oseaan en atmosfeer. 

In die mynboubedryf is 'n hidrogeoloog daarvoor verantwoordelik om oortollige water wat met mynbouprosedures mag inmeng weg te keer; om maniere te vind om die deurdringing van ondergrondse water in myne te verminder; en om potensiële besoedeling van oppervlak en ondergrondse water weens mynbou-aktiwiteite te beheer. Hidrogeoloë het ook die belangrike taak om nuwe ondergrondse waterbronne te vind en die gehalte en hoeveelheid van sulke bronne te handhaaf. 

Mynbouverenigings 

SAGA

Die Suid-Afrikaanse geofisiese vereniging (SAGA) is in 1977 gestig om die ontwikkeling van geofisika in Suid-Afrika te bevorder en aan te moedig. SAGA hou gereelde maandelikse praatjies, versprei 'n aktuele nuusbrief, bied jaarlikse kort kursusse aan en hou tweejaarlikse tegniese vergaderings. SAGA handhaaf ook 'n toetsterrein waar nuwe geofisiese toerusting uitgetoets word en studente/tegnici opgelei word. www.sagaonline.co.za 

SAAG

Die Suid-Afrikaanse vereniging vir geotegnologie (SAAG) handhaaf die standpunt dat geotegnologie "die jongste lid van die geologie-familie is en deel vorm van die sewe hoofstroomtakke, naamlik: geologie, geofisika, geochemie, geohidrologie, geotegnologie, ingenieursgeologie, en mynbou- en eksplorasie geologie".  

Die vereniging se visie is om te strewe om 'n gesogte vereniging vir mense in die geotegniese werk rigting te wees en om 'n hoof rolspeler in die geologiese gemeenskap te word. Sy missie is om 'n hoë vlak van internasionaal aanvaarbare professionalisme en etiese gedrag te handhaaf en te verseker; om in die behoeftes van die mynboubedryf en die groter gemeenskap te voorsien; en om gehaltediens aan sy lede te bied. 

Hierdie diens word deur middel van voortgesette opleiding; nuusbriewe en publikasies; die bevordering van die bedryf; studente-aktiwiteite; die bevordering van professionalisme; en die toepassing van tegnologie in harmonie met omgewingsbewustheid, gebied. www.saag.co.za 

Mintek

Mintek is Suid-Afrika se nasionale organisasie vir mineraal navorsing en een van die wêreld se toonaangewende tegnologie-organisasies, wat spesialiseer in mineraal prosessering, ekstraktiewe metallurgie en verwante gebiede. Mintek werk nou saam met die bedryf en ander navorsings- en ontwikkelingsinstellings en voorsien dienstoetswerk; prosesontwikkeling en -optimalisering; konsultering; en innoverende produkte aan kliënte wêreldwyd. 

Mintek se doelstellings is om nuwe en verbeterde tegnieke vir die prosessering, ekstraksie, affinering en gebruik van minerale en mineraalprodukte na te vors, te ontwikkel en na die bedryf oor te plaas; om die mededingendheid van Suid-Afrika se mineraalbedryf op die wêreldmark te verbeter; om plaaslike mynbou- en ingenieursmaatskappye by te staan om internasionaal uit te brei; en om werkskepping, ekonomiese groei en streekontwikkeling te bevorder. www.mintek.co.za 

DME

Die Departement van Mineraal- en Energiesake (DME) se missie is om die mineraal- en energie sektore te reguleer en te bevorder tot almal se voordeel, en om dienste te lewer vir doeltreffende transformasie en beheer van die mineraal- en energiebedryf vir ekonomiese groei en ontwikkeling, en 'n beter lewenskwaliteit vir almal. www.dme.gov.za 

Vir meer inligting oor werk in die mynboubedryf, kyk gerus na die Augustus 2007-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

deur Chantelle Gradidge







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan