My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Java-ontwikkelaar

Inligtingstegnologie

'n Beroep in Inligtingstegnologie (IT) behels die ontwerp, ontwikkeling, installasie, implementering en toetsing van inligtingstelsels en toepassings wat verband hou met elektroniese rekenaars en rekenaar sagteware.

Inligtingtegnologie (IT) is deel van ons alledaagse lewe; of ons die Internet gebruik om 'n e-pos of elektroniese groete-kaartjie te stuur; SMS'e van ons selfoon stuur; teater- of lugdienskaartjies aanlyn bespreek; rekenaarspeletjies oor die Internet speel met veelvoudige deelnemers; 'n simuleringspakket gebruik om 'n huis te ontwerp; of gebruik maak van sagteware om musiekbiblioteke op te bou of video's op ons eie rekenaars te maak. 

Daar is baie opwindende en hoogs betaalde beroepsgeleenthede in die inligtingstegnologie-bedryf. Byna elke sektor in die besigheidswêreld bied talle en belowende vooruitsigte vir diegene wat die veld van IT wil betree. Om die waarheid te sê, maak ons elke dag van ons lewens soveel staat op hierdie gevorderde tegnologie, dat selfs diegene wat nie spesifiek 'n beroep in IT gekies het nie, heel waarskynlik baie situasies in hul werk sal teëkom waar hulle gebruik moet maak van rekenaartegnologie. 

Die vereiste opleiding vir 'n werk in IT verskil volgens die spesifieke beroep wat jy kies. In sommige werke, kan 'n mens wegkom met 'n kits kursus en in-diens opleiding maar, oor die algemeen, vereis 'n gespesialiseerde werk in die IT-bedryf 'n paar jaar opleiding. Omdat tegnologie daagliks verbeter en verander, word daar ook van IT-werkers verwag om tyd te spandeer om voortdurend hul kennis op datum te hou en nuwe vaardighede aan te leer. 

IT-werk behels dikwels die doodslaan van brande, spanwerk en bystand aan ander werknemers met rekenaarprobleme. Kommunikasievaardighede en die vermoë om inligting akkuraat oor te dra is dus baie belangrik. 

Werk in inligtingstegnologie 

Toetsing van sagteware is 'n noodsaaklike aspek van die ontwikkeling van sagteware en is direk verwant aan die gehalte van sagteware. Die doel is om aspekte of vermoëns van 'n program of stelsel op te weeg en te bepaal of dit sy doel bereik. Toetsing word nie net vir gehalte-versekering uitgevoer nie, soos om foute op te spoor en hulle reg te stel nie, maar ook in bekragtigings- en bevestigingsprosesse en betroubaarheidsbeoordelings.  

Daar is talle toetsingmetodes, maar daar is 'n paar beperkinge, soos die kompleksiteit van sagteware en die uitgawes verbonde aan toetsing. Ten spyte van die hoeveelheid instrumente en tegnieke wat beskikbaar is, is die toetsing van sagteware nie heeltemal akkuraat nie, en baie afhanklik van die toetser se kreatiwiteit, ondervinding, kennis en insig. 

Java is 'nprogrammeringstaal wat spesifiek vir die Internet ontwerp is- dit is ook die primêre rede waarom Java die populêrste keuse in rekenaar-programmeringstale is - en wêreldwyd en in elke groot bedryf gebruik word. 

'n Java-ontwikkelaar gebruik die Java-taal om toepassings te skep wat jou toelaat om aanlyn-speletjies te speel, met mense van regoor die wêreld te gesels of na 3D-beelde te kyk. 'n Java-ontwikkelaar kan ook toepassings en programme vir selfone of enige ander digitale instrument skep. Java-ontwikkelaars of programmeerders skryf instruksies vir rekenaars om te volg, om seker funksies uit te voer.

Die aanvraag vir Java-programmeerders is baie groot en, alhoewel daar baie instellings is wat kursusse aanbied in Java-programmering, vermeerder die behoefte aan Java-opleiers ook teen 'n vinnige spoed. Baie besighede neem individue in diens om in die werkplek self Java-opleiding aan IT-werkers te gee, of om 'n inligtingstegnologie-werknemer se bevorderingsmoontlikhede binne sy beroep te verhoog. 

Inligtingstegnologie-verenigings 

CSSA 

Die rekenaarvereniging van Suid-Afrika (CSSA) is die verteenwoordigende liggaam van praktiserende professionele persone in die rekenaarbedryf. Die doelstelling van die CSSA is: om 'n liggaam van individue te wees wat konformeer aan 'n gedefinieerde vlak van professionele bevoegdheid en gedrag; om standaarde van opvoeding en betrokke ondervinding daar te stel en te handhaaf; om 'n etiese gedragskode vir lede daar te stel en te handhaaf en om voorsiening te maak vir dissiplinêre prosedures teen oortreders; om beroepsmoontlikhede te definieer en te bevorder en om beroepsvoorligting aan voornemende lede te voorsien; om geleenthede te bied vir die voortgesette opvoeding van lede en vir die uitruil van kennis en ondervinding; om die algemene publiek se bewustheid van die basiese beginsels van inligtingstegnologie te stimuleer; om skole en ander opvoedingsinstansies by te staan en te ondersteun met rekenaarverwante opvoeding en opleiding; om finansiële en administratiewe prosedures te handhaaf wat die bereiking van die doelstellings ondersteun; en om die beskerming van die privaatheid van inligting te bevorder. www.cssa.org.za 

Inligtingsbedryf van Suid-Afrika 

Die Information Industry of South Africa is 'b vereniging van verenigings, wat kommunikasie fasiliteer tussen belanghebbendes in die Suid-Afrikaanse inligtings-, kommunikasie-tegnologie- en elektroniese (ICTE) bedrywe, en wat die groei van die sektor en die ontwikkeling van vaardighede bevorder. www.informationindustry.org.za 

ITA 

Die inligtingstegnologie-vereniging van Suid-Afrika (ITA) staan op die vooraand van 'n nuwe tydvak vir die plaaslike inligtings-, kommunikasie- en tegnologie- (ICT) sektor. Hierdie verteenwoordigende liggaam, in samewerking met sy ledetal en bedryfsgenote, is spronggereed om 'n deurslaggewende rol te speel in die groei en ontwikkeling van die sektor, asook om te dien as 'n geloofwaardige, doeltreffende kanaal van kommunikasie tussen verskeie belanghebbendes. www.ita.org.za 

SACLA  

Die Suid-Afrikaanse vereniging vir rekenaarlektore (SACLA) is 'n relatiewe informele vereniging van mense wat betrokke is by die dosering van rekenaarwetenskap en inligtingstelsels by universiteite dwarsoor suider-Afrika. Die hoof aktiwiteit van SACLA is die jaarlikse konferensie, waar kwessies rondom die dosering en navorsing van inligting, kommunikasie en tegnologie in suider-Afrika bespreek word. Die doelstellings van die vereniging is om samewerking tussen Suid-Afrikaanse en suider-Afrikaanse universiteite te bevorder, spesifiek ten einde die metode en inhoud van universiteitsopvoeding op die gebied van rekenaars te bevorder. www.sacla.org.za

deur Chantelle Gradidge

 


 

Inligtingstegnologie (IT) en Kommunikasie het vroeër onder twee sektore geval, maar het nou saamgesmelt.  Ons het vroeër rekenaars en telefone gehad, maar nou beskik ons oor Persoonlike Data Assistente (PDA's) wat telefone is wat met rekenaar aanwendings toegerus is.  Aan die ander kant het ons mobiele/draagbare rekenaars waarop jy iemand kan bel deur stem oor 'n draadlose Internet verbinding te gebruik.

Die IKT sektor in Suid Afrika het oor die afgelope vyf jaar met rasse skrede gegroei, met inkomste toenames in hierdie sektor wat groter as die gemiddelde groei syfers vir die land (meer as dubbeld) is.  Daar is posisies in die land vir nuwe deelnemers tot die mark, sowel as vir gesoute professionele mense.  Nuwe deelnemers sal miskien egter die mark binnetree deur leerlingskappe of internskappe.  Daar is ook 'n hoë wêreldwye aanvraag vir mense met vaardighede in die IT sektor.

Poste in Inligtingstegnologie

Hieerdie sektor is vir mense wat bedrewe in wiskunde en wetenskap is, en wat gretig is om die mag van nuwighede, met rekenaars en kommunikasies gemeng, te beïnvloed om produkte en dienste daar te stel om die land te verbeter. 

IKT vaardighede is vandag in alle nywerhede nuttig en wat hierdie vaardighede 'n goeie keuse vir werk sekuriteit en skepping daar stel, en wat tussen nywerheidsektore vervoerbaar is.  Die finansiële diens sektor, regering, telekommunikasie en gesondheid sektore is hoof verbruikers van hierdie vaardighede.

Poste in Stelsel Ontwikkeling.

'n Besigheidsontleder verseker dat die besigheid se behoeftes as vereistes opgeteken word.  Hulle raadpleeg met verbruikers en tegniese IT personeel (stelsel ontleders, ontwikkelaars, toets ontleders).

Toetsers voer stelsel/sisteem toetse uit wat deur Toets ontleders ontwerp is.  Toets bestuurders skakel met ander departementele hoofde, en beplan en beheer toets personeel en projekte.  Toets spesialiste (bv. sekuriteit, werkverrigting en bruikbaarheid spesialiste) het uitgebreide ondervinding op hulle gebiede van vaardigheid, en word gebruik om probleme in hierdie areas te ontleed en op te los.

Stelsel ontleders help om die sagteware en hardeware oplossings wat aan besigheids behoeftes voldoen, te ontwerp.

Data Basis Administrateurs (DBAs) beheer en onderhou die verskillende databasisse wat deur ontwerp- en operasionele personeel gebruik word. 

Leier ontwikkelaars help om die logiese struktuur van sagteware oplossings te ontwerp, en verseker dat die programme wat deur individuele ontwerpers gebou is, sal werk wanneer hulle in die totale stelsel wat gebou word, geïntegreer word.

Ontwikkelaars, ook as programmeerders bekend, skep sagteware programme wat aan die besigheids behoeftes voldoen.

Stelsel Ingenieurs is verantwoordelik vir die ontwerp en installering van groot harde- en sagteware infrastrukture om stelsel oplossings te huisves.

Projek bestuurders verseker dat projekte met planne in lyn voortgaan en dat die korrekte balans van tyd, uitgawes en kwaliteit vir die maatskappy gehandhaaf word.

Programbestuurders verseker dat groot programme - wat dikwels deur verskillende projek bestuurders beheer word en wat oor twee of meer vastelande strek – effektief werk.

Konsultante gee raad, of lei senior maatskappy amptenare oor tegniese, kwaliteit, of bestuur sake.

Hoof Inligtingsbeamptes bestuur of gee rigting aan IT afdelings en verteenwoordig IT behoeftes en belange op raadsvlak.

Sekuriteits Bestuurders help om rekenaar veiligheids beleide vir die maatskappy te skep en te handhaaf.

Web Ontwerpers (wat dikwels oor grafiese ontwerp vaardighede, sowel as tegniese web vaardighede beskik), Web ontwikkelaars (wat oor tegniese web-bou vaardighede beskik) en Webmeesters (wat oor besigheids bestuur vaardighede beskik) werk saam om te verseker dat 'n maatskappy se webtuistes operasioneel is en dat hulle aan besigheids behoeftes voldoen.

Konfigurasie bestuurders verseker dat 'n maatskappy se sagteware, hardeware, dokumente en omgewings goed gedefiniëer en beheer word.

Beskikbaarstelling Bestuurders verseker dat veelvuldige sagteware onder ontwikkeling gebou, en werking in verskillende operasionele tuistes goed gedefinieër is, en op 'n georganiseerde manier op datum gehou word. 

Tegniese skrywers help om tegniese dokumentasie, insluitend spesifikasies, ontwerpe, handboeke en aan-lyn hulp instruksies vir sagteware toepassings te skryf.

Administrateurs versorg prosesseer dokumentasie, foute en verheffings verslae, liasseer en herkryging van dokumente, skedulering van vergaderings en afneem van notules, sowel as ander administratiewe take.

Ouditeure gaan verskillende maatskappy prosesse na teen gedefinëerde standaarde, en rapporteer oor die graad van nakoming van hierdie standaarde.

Kwaliteit Versekerings beamptes of verteenwoordigers verseker dat sagteware stelsels (dokumentasie, kode en hardeware) volgens erkende standaarde gebou word.  Hulle verteenwoordig kliënt, of binneshuise maatskappy belange en poog om aanvaarbaarheid volgens verskillende standaarde te verstaan, en om kwaliteit te verbeter deur sagteware, hardeware en proses gebreke of mislukkings te verbeter, en bring veranderings aan om sulke gebreke in die toekoms te vermy.

Poste in IT Tegniese Ondersteuning

Netwerk Spesialiste installeer en onderhou interne maatskappy kommunikasies en hulle verbinding met eksterne netwerke.

Fasiliteits bestuurders verseker dat hardeware, sagteware en bou behoeftes aan 'n maatskappy se rekenaar gebruikers voldoen.

Operasie Bestuurders verseker dat operasionele rekenaar dienste die maatskappy se daaglikse sake dienslewering, ooreenkomste, kwaliteit en onkoste teikens bereik word.

Inligting en Kommunikasie Tegnologiese Organisasies

ICASA/OKOSA

ICASA (www.icasa.org.za) is deur die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van Suid Afrika Wet No. 13 van 2000 gestig.  OKOSA reguleer kommunikasie bandwydte en dienslewering deur middel van lisensie maatskappye in die sektor, mits hulle verskeie bandwydte en diens voorwaardes nakom.

SITA

Die Staats Inligting Tegnologie Agentskap staan die regering by met IT opleiding, dienste en produkte.  (www.sita.co.za)

ISETT SETA

Die Inligting Stelsels, Elektroniese en Telekommunikasie Tegnoloë (ISETT) Sektor Opvoeding en Opleidings Owerheid (SETA/SOOO) was gestig om vaardighede in die IT en kommunikasie sektore te bevorder (www.isett.org.za)

ISO

Die Internasionale Standaarde Organisasie oudit maatskappye in hierdie sektor om te verseker dat die minimum standaarde toegepas word en dat proses verbeterings aangemoedig word.  (www.iso.org)

IEEE

Die Instituut vir Elektroniese en Elektriese Ingenieurs bevat standaarde om goeie ICT praktyke, wat internasionaal aanvaarbaar is, te lei.  (www.ieee.org)

RGVA

Die Rekenaar Vereniging van Suid Afrika bemoedig professionele ontwikkeling binne die ICT sektor deur spesiale belangegroepe in verskillende ICT dissiplines soos toets, besigheids ontleding en projek bestuur aan deur as gasheer hiervoor op te tree.  (www.icdl.co.za)

Hulle bevorder ook eindgebruiker vaardigheid sertifikasie aan deur die ICDL ("International Computer Drivers Licence") sertifikasie program (www.icdl.co.za)

Wayne Mallinson    







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan