Versekering
'n Werk in die stimulerende en betalende omgewing van versekering bied ongelooflike geleenthede vir sukses en welvaart. Diegene wat betrokke is by hierdie bedryf bied lewensversekering en risiko-versekering aan maatskappye en individue op, byvoorbeeld, die gebiede van eiendom en gesondheid. 'n Beroepspersoon in versekering help kliënte om die tipe en vlak van versekering wat nodig is te identifiseer, en die beste polis vir hierdie behoeftes te kies. Tipiese verantwoordelikhede in hierdie werk sluit in die voorbereiding van verslae en die onderhouding van rekords; die werwing van nuwe kliënte; hulp aan polishouers met versekeringseise; en die aanbieding van finansiële beplanningsadvies aan kliënte, soos aftrede-beplanning of hulp aan maatskappye met die opstel van pensioenplanne. 'n Kwalifikasie in besigheid en ekonomie, en goeie verkoopsvermoë sal in jou guns tel as jy in hierdie bedryf werk. Werk in versekering Risiko-bestuur speel 'n baie belangrike rol in die versekeringsbedryf. Risiko-bestuurders gebruik hul vaardighede en kennis om finansiële risiko's vir hul kliënte te identifiseer en te verminder deur, byvoorbeeld, besigheidsprosesse te evalueer en operasionele risiko te analiseer. Werkgeleenthede in risiko-bestuur is beskikbaar dwarsoor die finansiële dienste-bedryf, byvoorbeeld, in banke, beleggingsmakelaarfirmas, beleggingsfondsbesighede, en versekeringsmaatskappye. Alhoewel daar baie verskillende soorte werkgeleenthede in risiko-bestuur is, in verskillende soorte besighede, is die primêre taak van 'n risiko-bestuurder om potensiële risiko's te monitor, te identifiseer en vas te stel, en om dan stappe te neem om die waarskynlike risiko te wysig of te verminder. Dit verg goeie finansiële kennis, asook 'n in-diepte kennis van die talle produkte en opsies wat beskikbaar is van die vele versekeringsmaatskappye. Ten einde die bedryf te betree, is dit belangrik om 'n sterk wiskunde en finansiële agtergrond te hê. Die versekeringsmakelaar is daardie middelman wat besigheid bemiddel tussen kliënte en versekeringsmaatskappye. Kliënte kan individue, besighede of organisasies wees. Makelaars gebruik hul alomvattende kennis van risiko en die versekeringsbedryf om geskikte versekeringspolisse te vind en te organiseer, volgens die behoeftes van elke persoon of maatskappy. Versekeringsmakelaars bied produkte en polisse aan van meer as een versekeringsmaatskappy, om te verseker dat kliënte die beste bedeling en dekking kry. 'n Versekeringsmakelaar sal inligting moet versamel van kliënte om hul spesifieke behoeftes te bepaal; risiko-profiele vas te stel; sterk verhoudings met kliënte op te bou en te handhaaf; die aard van die kliënt se besigheid of lewe te verstaan, ten einde vooruit te kan beplan vir toekomstige versekeringsbehoeftes. Hulle vors ook versekeringsmaatskappye na om die geskikste versekering vir kliënte te vind; bestaande polisse te hernu of te wysig; kliënte oor eise te adviseer; produkte te bemark en nuwe kliënte te werf; en administratiewe take uit te voer, soos papierwerk, korrespondensie, die hou van gedetailleerde rekords, die insameling van versekeringspremies en die prosessering van rekeninge. En in 'n beroep soos hierdie, is dit beslis die beste om 'n reguit paadjie te loop! Versekeringsverenigings IISA Die doelwitte en oogmerke van die versekeringsinstituut van Suid-Afrika (IISA) is om 'n sentrale organisasie te bied vir die bevordering van doeltreffendheid, vooruitgang, welsyn, kennis en algemene ontwikkeling van mense in die versekeringsbedryf; om die studie van versekering te bevorder en by te staan; om beheer uit te oefen en toesig te hou oor die professionele standaarde van lede; om te poog om die professionele status van gekwalifiseerde praktisyns te verbeter; en om die belange, welsyn en vordering van lede oor die algemeen te bevorder. Dit word tot stand gebring deur professionele lidmaatskap op verskeie vlakke aan te bied; met die betrokke verskaffers te skakel om te verseker dat die programme wat aangebied word van 'n toepaslike standaard is en toepaslike inhoud bevat; 'n basis van intellektuele eiendom vir verkope aan kliënte te handhaaf; 'n elektroniese matriks te administreer om leerders by te staan in die identifisering van opleidings- en opvoedingsmoontlikhede; internasionale skakeling te ontwikkel om te verseker dat plaaslike praktyk in lyn is met beste praktyk; die jaarlikse bedryfskonferensie te organiseer; die aanbieding van bedryfsrelevante seminare/nie-krediet kursusse, wat gerig is op die skepping van voortgesette professionele ontwikkelingsgeleenthede en die aanmoediging van bewustheid van die bedryf en vaardighede in die bedryf; en interaksie met die betrokke liggame wanneer bystand verleen word met die ontwikkeling van vaardighede en professionalisme in die bedryf. www.iisa.co.za SAIA Die Suid-Afrikaanse versekeringsvereniging (SAIA) verteenwoordig byna al die korttermyn versekeringsmaatskappye in Suid-Afrika en is gemagtig om namens hulle te onderhandel. Die kernfunksies van die SAIA is die verteenwoordiging van sy lede se belange by die publiek op 'n proaktiewe wyse; die verteenwoordiging van sy lede se belange by die regering op alle vlakke; die daarstelling van 'n forum vir die bespreking van gemeenskaplike belange in die korttermyn versekeringsbedryf; die fasilitering van die vloei van inligting tussen sy lede; en interaksie met alle verenigings wat binne die versekeringsbedryf werk, sowel plaaslike as internasionaal. www.saia.co.za IRMSA Die instituut vir risikobestuur is daargestel deur die samesmelting van die vereniging van risikobestuurders (SRM) en die Suid-Afrikaanse risiko- en versekeringsbestuurdersvereniging (SARIMA). Doeltreffende risikobestuur is die hoeksteen vir die bou van 'n kragtige en suksesvolle besigheidstrategie, ongeag die grootte van die organisasie. Die instituut vergestalt die wese van hierdie beginsel deur die lewering van 'n reeks dienste, insluitend professionele akkreditasie van individuele lede; 'nforum daar te stel vir bespreking en interaksie oor deurlopende risiko-kwessies; 'n geloofwaardige platform te wees wat praktisyns in staat stel om oor sake te praat rakende dissipline; navorsings- en projekontwikkeling; opvoeding en opleiding; en geleenthede vir netwerking en professionele ontwikkeling deur konferensies, voorligting en werkwinkels oor spesifieke onderwerpe. www.irmsa.org.za Chantelle Gradidge
|