My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Balletdanser

- Oorklankingskunstenaar

Uitvoerende Kunste

Die vooruitsig om in die uitvoerende kunste-bedryf te werk is vir baie mense aanloklik; maar slegs I paar entoesiastiese voornemende uitvoerende kunstenaars behaal ooit sukses in hierdie glanswêreld van sang, dans en toneelspeel. Die vermaakbedryf kan uiters moeilik wees om te betree en baie vermaakkunstenaars moet dikwels op 'n ander bron van inkomste staatmaak  totdat hulle meer ondervinding opgedoen het en in die bedryf herken word. 

Maar as jy voel dat jy regtig égtig deel van hierdie opwindende wêreld móét wees, selfs as jy nie glo dat jy die nodige talent het om groot roem te verwerf nie, onthou net dat die vermaaklikheidswêreld baie groot is, en al kry jy nie die geleentheid om in die kalklig te wees nie, daar baie ander werke is om uit te kies, soos dié van direkteur, choreograaf, grimeerkunstenaar, beligtingstegnikus en musiekpromotor.  

Alhoewel kreatiewe talent en vaardigheid belangriker as kwalifikasies in hierdie bedryf is, gebeur dit selde dat iemand met slegs 'n aangebore talent, sukses in uitvoerende kunste behaal. Daar is geen vasgestelde akademiese vereistes vir 'n beroep in uitvoerende kunste nie, maar ondervinding is van uiterste belang.  

Om dus vroegtydig in jou lewe by skoolproduksies of ander geleenthede of werkswinkels betrokke te raak is 'n baie groot voordeel - nie net in terme van ondervinding nie, maar ook om kontakte in die bedryf op te bou. As jy besluit om drama, musiek of dans dwarsdeur tot tersiêre vlak te studeer, sal dit jou natuurlik help om 'n sukses van jou beroep te maak. 

Werk in uitvoerende kunste 

Balletdansers voer dansreekse uit - alleen, met 'n maat of in 'n groep - om 'n gehoor te vermaak. Hulle kan op een gebied van dans optree of spesialiseer, byvoorbeeld, klassiek, modern of akrobaties, en harmoniseer verskillende liggaamsbewegings op die maat van verskeie soorte musiek. Intense daaglikse repetisies vorm deel van die lewe. Die reeks van beweging word gewoonlik deur 'n choreograaf geskep, maar sommige balletdansers choreograaf uiteindelik hul eie dansroetines. Sommiges mag ook sing of ander vorme van vermaak verskaf. 

'n Agtergrondstem-kunstenaar werk vir TV- en radio-advertensies, promosies, dokumentêre programme, film-vertellings, audio-boeke, film-oorklanking en nog baie meer. 'n Agtergrondstem-kunstenaar moet 'n sterk stem, die vermoë om op 'n natuurlike manier te praat en goeie leesvermoë hê. Om 'n agtergrondstem te wees kan baie betalend wees, met tantieme wat dikwels oor lang tydperke uitbetaal word maar, soos met ander beroepe in hierdie bedryf, mag jy op 'n tweede inkomste moet staatmaak totdat jy kontakte in die bedryf opgebou het en bekend is. 

BCEI

Die missie van die bedingingsraad vir die vermaaklikheidsbedryf van Suid-Afrika (BCEI) is: om, waar moontlik, vrede en stabiliteit in die bedryf te beskerm en te handhaaf; om, waar moontlik, behulpsaam te wees met die bevordering van besighede in die vermaaklikheidsbedryf; om geskille op te los; en om 'n neutrale forum daar te stel vir onderhandelinge tussen werkgewers en werknemers. www.bcei.co.za 

RISA

In April 2000, is daar besluit dat die "Association of the South African Music Industry (ASAMI)" 'n nuwe naam moet kry. Die organisasie se lede het besluit op die naam, "The Recording Industry of South Africa" (RISA). Met 'n nuwe naam en 'n vars uitkyk, het die organisasie sy verbintenis tot die verbetering van die stand van die Suid-Afrikaanse plate-bedryf  en die bevordering en beskerming van die belange van alle platemaatskappye wat lede is, herbevestig.  

RISA is in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en die land hoofsaaklik bekend vir twee hoë-profiel aktiwiteite: die jaarlikse Suid-Afrikaanse Musiektoekennings en die nasionale eenheid wat ongeoorloofde toe-eiening ("piracy") bekamp, wat geheel en al deur die bydraes van RISA se lede befonds word. www.risa.org.za 

NAB

Die nasionale vereniging van uitsaaiers (NAB) is die stem van Suid-Afrika se uitsaaibedryf. Die visie is vir 'n omgewing waarin Suid-Afrikaanse radio- en televisie-uitsaaikorporasies kan floreer - gehore bedien en tot ontwikkeling en diversiteit bydra.www.nab.org.za 

SARRAL 

Die Suid-Afrikaanse Vereniging Beperk (SARRAL) is 'n nie-winsgewende vereniging wat na die regte van komponiste van musiekwerke omsien, waar ook al daar opnames van sulke musiekwerke gemaak word. 

SARRAL se doel is om, sover moontlik, komponiste se regte te beskerm, uit te voer en te versterk. Komponiste se regte moet beskerm en versterk word, omdat hulle hul brood deur hul musiekskeppings verdien. SARRAL verseker dus dat hulle nooit die reg verloor om hul skeppings te beheer nie. Komponiste verdien hul brood deur tantieme uit 'n verskeidenheid van bronne dwarsdeur hul leeftyd te ontvang, en hul erfgename erf hierdie regte vir 'n verdere 50 jaar na die einde van die jaar van hul dood.  www.sarral.org.za 

Vir meer inligting oor werk in die uitvoerende kunste, sien asb. die Junie/Julie 2007-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

deur Chantelle Gradidge







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan