Lugvaart
Wanneer ons hoor van beroepe in lugvaart, is ons geneig om slegs aan loodse en die vlug beheerspan te dink. Die waarheid is dat daar soveel meer werkgeleenthede in die wêreld van lugvaart beskikbaar is. Dit, gepaard met die verskeidenheid van werk, verseker dat feitlik enigeen 'n pos by 'n lughawe of op 'n vliegtuig kan vul. Moontlikhede strek van skoonmakers, tuiniers, kaartjie-agente en portiers, tot avionika tegnici, lugvaart meteoroloë, lugvaart prokureurs en vlieginstrukteurs. Om 'n lyn van werk wat jy geniet, by 'n lughawe te vind, is betreklik maklik, en daar is baie werk beskikbaar wat geen spesifieke opleiding of ondervinding vereis nie. Vir sommige poste by 'n lughawe word in-diens opleiding aangebied en geleenthede vir bevordering is hoogs waarskynlik, as jy jouself kan bewys. Meeste werk by lugrederye betaal goed en bied goeie voordele en aansporings. Werk in lugvaart Die oomblik wat jy uit jou motor klim by die lughawe, of met 'n vlug by die lughawe aankom, kan jy jou tot 'n lughawe-portier wend om hulp. Die portier se verantwoordelikheid is om passasiers te help met die laai, aflaai en dra van bagasie. Hy is ook opgelei om algemene vrae te beantwoord oor vlugskedules en terminaal aktiwiteite. Hy ken die lughawe goed en kan passasiers lei waar hulle moet gaan. Hierdie werk kan behels om vir lang tydperke te staan of redelik lang afstande te stap, so fiksheid is belangrik. Vriendelikheid en goeie vaardighede in kommunikasie en kliëntediens is ook belangrik, as jy groot fooitjies wil verdien! Vliegtuigskoonmakers gaan gewoonlik gebuk onder tydsbeperkings – hulle het dikwels slegs sowat 30 minute om die binnekant van 'n hele vliegtuig skoon te maak. Hierdie skoonmakers werk gewoonlik in spanne van vier – drie skoonmakers en 'n toesighouer. Pligte sluit in die skoonmaak van skinkborde; verwydering van rommel uit sitpleksakke; seker maak dat veiligheidsinstruksies in die sitpleksakke geplaas is; netjiese rangskikking van sitplekgordels; stofsuig; en die skoonmaak van toilette en voedselvoorbereidingsareas. Meer uitgebreide skoonmaak word uitgevoer wanneer die vliegtuig oornag geparkeer is. Vliegtuigskoonmakers moet vinnig kan werk en terselfdertyd ook gehaltestandaarde nakom. Hulle moet ook met ander spanlede, soos die kajuitspan en spyseniers, kan kommunikeer. Hulle moet goed versorg en netjies wees, en altyd skoon uniforms dra. Formele kwalifikasies word nie gewoonlik vereis nie, maar werkers moet goeie gesondheid geniet en fisies in staat wees om die werklading te hanteer. Verenigings SACAA Die Suid-Afrikaanse gesag vir siviele lugvaart (SACAA) het ten doel om 'n veilige en sekuur siviele-lugvaart omgewing in Suid-Afrika te bevorder en te handhaaf deur die bedryf te reguleer en te administreer op 'n doeltreffende, koste-doeltreffende, volhoubare en kliante-vriendelike manier. Die gesag word beheer deur 'n raad van direkteurs, wat deur die Minister van Vervoer aangestel is en verteenwoordigend is van die lugvaartbedryf, die bestuur en besigheidsvaardigheid. Deur 'n werkverrigting ooreenkoms met die minister, is die raad verantwoordbaar vir die werkverrigting van die gesag in die uitvoering van sy statutêre funksies en die bereiking van doelwitte. www.caa.co.za BARSA Die raad van verteenwoordigers van lugrederye van Suid-Afrika (BARSA) word bedryf as 'n besigheidsvereniging om die kommersiële en professionele belange van sy lede binne die Republiek van Suid-Afrika te fasiliteer, te bevorder, te verteenwoordig en te beskerm. Die vereniging het ten doel om 'n erkende medium van kommunikasie tussen lede-lugrederye en statutêre en ander organisasies te wees, wie se belange en handelinge lede-lugrederye en die lugvaartbedryf beïnvloed of raak. Sy doel is om aandag aan sake te gee wat die lugvaartbedryf in Suid-Afrika raak en om 'n enkele doelbewuste stem daar te stel oor beleid en ander sake, wanneer met die regering en ander lugvaartbedryf belanghebbendes onderhandel word. www.barsa.co.za Chantelle Gradidge
Lugvaart is waarskynlik een van die mees bekende en opwindende nywerhede waarvoor enigiemand kan werk. Ons kan ons almal verbeel hoe moeilik die lewe sonder lugvaart sou wees, en daarom speel die verskillende aspekte van hierdie sektor 'n al hoe meer groter rol in ons lewens. Die instelling van begrotings lugdienste in Suid Afrika het hierdie sektor op 'n meer besige en belangrike roete geplaas, veral as mens die belangrikheid van die 2010 Wêreldbeker oor die volgende paar jaar in ons lewens in ag neem. Met die wêreld wat ook toenemend kleiner word, en lugvaart 'n belangrike rol daarin speel om voorheen vergete plekke met mekaar te skakel, maak dit ook vir 'n opwindende ondersoekende loopbaan waar jy plekke en mense kan besoek wat min mense om jou dieselfde voorreg sal geniet. 'n Loopbaan in lugvaart Het jy al ooit van verafgeleë plekke gedroom? Wit sand, sneeubedekte berge, palmbome of donker, vergete plekke? Indien jy nie die tipe mens is wat in 'n groef wil vasval nie, en wil gaan ondersoek instel, sal lugvaart dalk net die regte loopbaan vir jou wees. Die sektor loop oor met geleenthede, vanaf in die lug as loods opstyg, tot meer wêreldburgerskap posisies soos Vlug Begeleier, tot die meganiese sy daarvan soos Vlug Ingenieur. Daar is 'n groot verskeidenheid geleenthede en loopbane waarin jy kan betrokke raak, soos byvoorbeeld: Loods – moontlik die "goue ster" loopbaan van almal. Ons droom almal om 'n vliegtuig te loods – dit is so alledaags soos om ruimtevaarder, brandweerman of polisieman te wees. Maar om egter loods in beheer van 'n massiewe straler op 'n transkontinentale vlug te wees, is werklik iets wonderliks. Bo en behalwe die voordele daarvan om die wêreld te sien en rond te reis, is dit 'n manier om 'n droom te bewaarheid, en of dit nou 'n enkel-skroef vliegtuig, of groot straler is – diegene wat dit reeds gedoen het, weet te vertel dat geen ander loopbaan daarmee kan vergelyk nie. Vlug Begeleier – waarskynlik die ondankbaarste werk in die lugvaart bedryf, maar bevat darem die voordele om te reis en die wêreld te sien. Indien jy iemand is wat daarvan hou om met mense te werk en hulle tuis te laat voel, is hierdie die werk vir jou. 'n Vlug begeleier groet mense en wys hulle sitplekke aan, verduidelik die gebruik van veiligheidstoerusting en bedien maaltye tydens 'n vlug. Hulle sal ook bagasie in die oorhoofse kompartemente help laai. Operasionele Bestuurder – Hierdie persoon verseker dat alle SAL vliegtuie betyds vertrek, en los probleme op wat daaglikse operasies mag affekteer. Dit sluit in die omruil van vliegtuie wanneer daar tegniese probleme opduik; kleiner vliegtuie met groter vliegtuie vervang indien daar 'n toename in aanvraag is; vliegtuie herlei indien weersomstandige by eindpunte onguur is; vliegtuie herlei indien daar nie brandstof by 'n lughawe beskikbaar is nie; besluitneming of 'n vliegtuig sal vertrek, al dan nie indien daar politieke tweespalt by eindbestemmings is. Vlugte kan vertraag, of gekanselleer word as gevolg van 'n moontlike tekort van personeel, of nie genoeg vrag nie; om te verseker dat alle rolspelers die vliegtuig nasien, byvoorbeeld Lug Sjefs, skoonmakers, laai van bagasie, toediening van brandstof, en om te verseker dat vlugte betyds vertrek. Lugverkeer Beheerder – vanuit 'n veiligheids oogpunt beskou is dit vandag een van die belangrikste loopbane in lugvaart. ATC's, soos hulle algemeen bekendstaan, verleen toestemming aan vliegtuie om in te kom, te land, opstyg, of deur die toepaslike lugruimte te beweeg. Daarbenewens voorsien hulle ook soek- en reddingsdienste in 'n noodgeval, sowel as lugvaart inligtings bestuur (vlug beplanning). Vlug Laaimeester – min mense is bewus van die uitgebreide beplanning wat 'n vlug laaimeester se werk behels. Hy is verantwoordelik vir baie meer van die meer tegniese gebiede van 'n vlug, ingesluit die versekering dat bagasie reg gelaai word, en die gewingsverhouding aan standaarde voldoen wat deur die nywerheid bepaal is. Lugvaart tegnici – Hierdie is vliegtuig werktuigkundiges, om dit so te stel. Hulle sal probleme aan die vliegtuig bymekaarmaak en hulle uitsorteer, data ontleed wat as gevolg van tegniese haakplekke ontstaan en sulke haakplekke herstel, en stelsels en toerusting in vliegtuie installeer wanneer dit benodig word. Lugvaart Inspekteurs – Die woord "inspekteur" is die sleutelwoord hier, daar hulle roetine, en soms lukraak toetse op vliegtuie uitvoer om te verseker dat veiligheid, en ander onderhouds kwessies gereeld uitgevoer word. Hulle sal verseker dat 'n vliegtuig nie oor sy vasgestelde maksimum ure vlieg alvorens dit gediens moet word nie, en hy sal die vliegtuig ook vir enige tekens van probleme, of moontlike foutwerk van toerusting nagaan. Organisasies in Lugvaart in Suid Afrika. BLO Die grootste regulerende liggaam in die nywerheid, en die een wat die meeste saak maak is die Burgerlike Lugvaart Owerheid (BLO). Die BLO is op 1 Oktober 1998 gestig, gevolg op die verordening van die Suid Afrikaanse Burgerlike Lugvaart Owerheid Wet, No. 40, in September dieselfde jaar. Die Wet maak voorsiening vir die vasstelling van 'n alleenstaande owerheid wat met die taak opgelê is om burgerlike lugvaart veiligheid en sekuriteit te bevorder en te reguleer. BLO dek nie minder nie as nege gebiede van oorsig, volgens hulle webtuiste, insluitende Lughawe oorsig, lugvaardigheid, sertifikasie, personeel (toets, lisensiëring en opleiding van lugvaart personeel). Hulle monitor ook operasies en lugspasie, en ondersoek ongelukke. (www.caa.co.za) LND Lugverkeer en Navigasie Dienste (LND) is hoofsaaklik betrokke in die voorsiening van Lugverkeer en Navigasie Dienste, en die onderhoud van die Lugverkeer Navigasie infrastruktuur in Suid Afrika se gebied van verantwoordelikheid. Ander operasies in die maatskappy sluit die voorsiening van Lugvaart Inligtingsdienste, tegniese onderhoud en lughawe dienste, tesame met die opleiding van geregistreerde Lugverkeer Beheerders en Vliegtuig Tegniese Personeel in. Die LND Maatskappy vul ook verskeie bykomende rolle in wat van kritiese belang vir die lug vervoer nywerheid in Suid Afrika is. Sy uitgebreide invloed in die nywerheid het ook betrekking op sy uitgebreide komplimentêre lugdienste in: Lugvaart raadpleging, Kommunikasie dienste, Soek en Red, Lugvaart inligtingsdienste en Lugvaart gebied opmeting. (www.atns.co.za) Handels Lugvaart Vereniging van Suid Afrika (HLVSA) is 'n professionele Vereniging waarvan lidmaatskap tot mense in handels lugvaart betrokke is, of mense wat 'n handels belang in lugvaart het, of 'n onderneming wat aan handels lugvaart verbonde is. Volgens sy webtuiste, is HLVSA se doelwit om "te dien, te bevorder, toesig hou oor, bevorder en gesamentlik die belange van persone wat in lugvaart betrokke is, te beskerm, en om as skakel tussen sulke persone en die Suid Afrikaanse Regering op te tree, sowel as ander openbare liggame binne of buite die Republiek van Suid Afrika. HLVSA dien in besonder diegene wat in handels lugvaart belangstel." (www.caasa.co.za)
|