My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Eerste Assistent-regisseur

- Kringtelevisie

- Regisseur

Film, TV en Radio

Uitsaaitelevisie is die grootste bedryf in die film-, TV- en radiosektor - gevolg deur die radiobedryf, en dan die filmbedryf. Die filmbedryf is die kleinste maar mees kompeterende bedryf in hierdie sektor. Die meeste werkers in hierdie sektor word op 'n vryskut basis in diens geneem; mondelingse aanbevelings is dus kritiek wanneer 'n mens werk soek.  

Dit maak nie saak watter rol of werkbelange jy het binne die film, TV en radiosektor nie, werkondervinding is tot groot voordeel wanneer jy werk soek, en jy behoort dus elke moontlike kanaal te gebruik om jou voet in die deur te kry - selfs al beteken dit dat jy heel onder moet begin, of in areas van die bedryf wat minder kompeterend is. Jy kan, byvoorbeeld, op 'n filmstel begin werk as 'n hardloper, of selfs by 'n radiostasie as 'n ontvangsdame of administratiewe assistant.  

Dit verg vindingryke strategieë, volharding, uithouvermoë en wilskrag  om als in jou vermoë te doen om ondervinding in hierdie lyn op te doen. Moenie moed opgee tot jy 'n geleentheid kry nie! 

Dit is 'n wêreldwye bedryf en daar is dus baie geleenthede om werk dwarsoor die wêreld te kry maar, ongeag waar jy gaan, is dit 'n baie kompeterende sektor om te betree. Dit kan ook baie veeleisend wees om in hierdie bedryf te werk - met lang werkure en lang tydperke weg van die huis af, afhangende van jou spesifieke werk. 

Werk in film, TV en radio 

'n Eerste assistant-regisseur is basies die direkteur se regterhand. Hy of sy neem verantwoordelikheid vir verskeie belangrike sake, sodat die regisseur vry is om op die kreatiewe proses van filmproduksie te konsentreer. Eerste assistent-regisseurs werk ook baie nou saam met produksiebestuurders op 'n filmstel. Hulle help met alle produksie-aktiwiteite op die stel, soos om die span en toneelgeselskap te organiseer en oor hulle toesig te hou, en om net oor die algemeen te help verseker dat produksie glad verloop. 

Alhoewel hierdie die hoof verantwoordelikhede van 'n assistant-regisseur is, kan hy of sy ook verantwoordelik wees vir baie ander take op die stel. Dit mag insluit om te verseker dat al die nodige toerusting vir produksie in orde is; voorbereiding van ontleding van die draaiboek en skiet-skedules; die monitering van weerverslae vir skiet-toestande wanneer verfilming buite geskied, en toesighouding van skare-beheer. 

Die assistent-regisseur is dikwels ook verantwoordelik vir die kontrolering van die visie-menging (die ineenvloei van die prentjies wat die kyker sien). Tipiese werkaktiwiteite van 'n visie-menger sluit in om na beelde te kyk wat uit 'n verskeidenheid bronne (kameras, digitale video's, grafiese werk en uitsaai-materiaal van buite) afkomstig is; die seleksie van beelde om te gebruik; en die kombinering van die seleksie van beelde om die gladde oorgang tussen die verskeie skote vir die finale produk te verseker. 

Filmregisseurs neem algehele verantwoordelikheid vir alle tegniese en kreatiewe detail van filmproduksie. Hul werk begin gewoonlik deur 'n draaiboek deur te gaan (tensy hy of sy die draaiboekskrywer is, wat dikwels die geval is) en dan hul idees uit te druk teenoor almal wat betrokke is by die produksie van die film. 'n Filmregisseur moet dus tot die fynste detail 'n baie duidelike prentjie hê van die film wat geproduseer gaan word, sodat hy presies aan die res van die span kan oordra wat hy wil hê, wanneer dit kom by die soek van geskikte plekke vir buite-opnames, die aanstelling van akteurs wat spesifieke karakters kan speel, die ontwerp van stelle en toesighouding van beligting en ander tegniese aktiwiteite. Al kan filmregisseurs astronomiese bedrae geld verdien, put hulle hul grootste genot en 'n geweldige gevoel van genoegdoening uit die voltooide projek, wanneer hulle terugsit om daarna op 'n skerm te kyk.  

Film, TV en radio-verenigings 

SABC

Die South African Broadcasting Corporation (SABC) is Suid-Afrika se nasionale openbare-diens uitsaaikorporasie. Dit voorsien 'n omvattende reeks besonderse programme en dienste om in te lig, op te voed en te vermaak, asook kultuur en opvoeding te ondersteun en te ontwikkel; en sover moontlik, regverdige en gelyke behandeling te beskerm vir die verskeie kultuurgroepe in die land. www.sabc.co.za 

SARL

Die Suid-Afrikaanse radio liga (SARL) het ten doel om alle aktiwiteite wat verband hou met amateur radio, draadlose kommunikasie, rekenaar-wetenskap en radio-wetenskap aan te moedig, te ontwikkel en te bevorder; aan lede 'n kanaal te voorsien vir onderhandeling met owerhede; aan lede die voordeel van kollektiewe verteenwoordiging en beheer te gee by alle sake wat verband hou met amateur radio; om amateur radio-frekwensie toekennings te beskerm; om internasionale welwillendheid en begrip te bevorder; om erkenning vir amateur radio op alle terreine van die samelewing in Suid-Afrika te bevorder; en om tydens ramptoestande noodkommunikasie te voorsien deur middel van amateur radio. www.sarl.org.za 

NAB

Die nasionale vereniging van uitsaaikorporasies (NAB) is die stem van Suid-Afrika se uitsaaibedryf. Hul visie is om 'n omgewing te skep waarin Suid-Afrikaanse radio en televisie-uitsaaikorporasies kan bloei - deur gehore te bedien en by te dra tot ontwikkeling en diversiteit. Hulle strewe daarna om 'n uitsaaistelsel te bevorder wat aan gehore keuse en diversiteit bied; I gunstige klimaat te skep vir uitsaaikorporasies om in te werk; en om 'n uitsaaibedryf daar te stel wat gegrond is op die beginsels van demokrasie, diversiteit en vryheid van uitdrukking. www.nab.org.za 

Vir meer inligting oor werkgeleenthede in Film, TV en Radio, kyk asb. na die Junie/Julie 2007-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

deur Chantelle Gradidge







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan