My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- BASE-spring

- Biokinetikus

- Dieëtkundige

- Fiksheidsinstrukteur

- Sportbestuurder

Sport en Ontspanning

 Jy hoef nie noodwendig 'n professionele sportman of -vrou te wees om 'n beroep in sport en ontspanning te volg nie – daar is 'n wye verskeidenheid van werk binne hierdie sektor wat oop is vir baie mense, afgesien van vaardighede, hoedanighede of vermoëns "op die veld".

Behalwe om 'n gewone afrigter, instrukteur of professionele speler te wees, kan jy ook kies om ander velde te betree, soos die bemarking van sportprodukte, administrasie, die koördinering van kaartjieverkope, die organisering van ontspanning op 'n toerskip, en so aan.

As jy belangstel in 'n beroep in hierdie lyn, maar nie noodwendig die vaardighede het nie of onseker is of dit werklik die beroep vir jou is, kan jy begin deur as vrywilliger te help by 'n organisasie wat, byvoorbeeld, sport of ontspanningsprogramme vir kinders gedurende vakansies aanbied, of 'n professionele sportman of -vrou vir 'n ruk volg om te sien wat so 'n beroep werklik behels.

Werk in sport en ontspanning

As 'n fiksheidsinstrukteur, sal jy breedvoerige kennis en vaardighede moet opdoen oor die algehele welstand van mense. 'n Fiksheidsinstrukteur moet 'n verantwoordelike houding teenoor gesondheid en veiligheid hê en 'n goeie kennis van voeding en dieet. Die vermoë om mense te motiveer en aan te moedig om 'n gesonde lewenstyl te volg en hul hoogste fiksheid potensiaal te bereik is baie belangrik. Sommige pligte van 'n fiksheidsinstrukteur sluit in: die toets van kliënte; die ontwerp van persoonlike opleidingsprogramme; die hou van groep oefening klasse; en miskien selfs die bemarking en bestuur van jou eie besigheid om welstand te bevorder. Fiksheidsinstrukteurs met die toepaslike kwalifikasies werk soms op gespesialiseerde gebiede, soos met bejaardes, diabete of kinders met gestremdhede.

Lewensredders verseker dat swemmers veilig is in swembaddens, die see, of enige ander stuk water. Hulle word opgelei om altyd op die uitkyk te wees en voortdurend bewus te wees van potensieel gevaarlike situasies. Swembad-lewensredders hou swemmers noukeurig dop om moontlike verdrinking te verhoed. Hulle spreek moeilikheidmakers aan of maak mense touwys met die gebruik van duikplanke of "super tubes". Lewensredders op die strand identifiseer gevaarlike situasies en neem voorkomingsmaatreëls om die veiligheid van baaiers te verseker, soos om baaiers te versoek om binne 'n afgebakende gebied te swem wat die veiligste geag word. Lewensredders moet intensiewe fisiese opleiding ondergaan, asook deeglike opleiding in eerstehulp en ander lewensreddingstegnieke. Hulle moet uitstekende waarnemers wees met die vermoë om vir lang tydperke te kan konsentreer. Die vermoë om kalm te bly in noodsituasies en moeilike mense taktvol en ferm te hanteer is belangrik.

Sportadministrateurs se rolle en verantwoordelikhede verskil aansienlik, afhangende van die tipe en grootte van die organisasie vir wie hulle werk. Hierdie organisasies kan skole, kolleges of sportklubs wees. Tipiese verantwoordelikhede sluit in die skedulering van wedstryde; die organisering van proewe en keurings; die samestelling van fiksheids- en oefenprogramme; die dissiplinering van spelers; die nagaan van toerusting; die aanstelling van assistente; die bestuur van die spel; die motivering en berading van spelers; en leidinggewing aan spelers. Sportadministrateurs moet vaardig wees in die beraming van wedstrydplanne en -strategieë, goeie organisatoriese en kommunikasievaardighede aan die dag lê, en geduldig, dog volhardend wees.

Sport- en ontspanning-verenigings

Lewensredding Suid-Afrika

Lewensredding Suid-Afrika is die erkende nasionale gesag vir waterveiligheid, wat beteken dat dit 'n diens- en sportorganisasie is wat toegewy is aan die lewering van lewensreddingsdienste en die ontwikkeling van watervaardighede in alle gemeenskappe in Suid-Afrika. Dit is 'n verenigde, veelrassige vereniging en word erken as die nasionale gesag vir lewensredding en lewensreddingstegnieke, en opleiding in waterveiligheidsopvoeding in Suid-Afrika. Die visie van die organisasie is om erken te word as die wêreld se hoof waterveiligheidsorganisasie, wat vir alle gemeenskappe toeganklik is, en om aan die spits van die ontwikkeling van watervaardighede te wees, wat gemeet word aan kompetisie, dinamiese leierskap en bemarkingswaardigheid.

In Lewensredding Suid-Afrika, word die aspekte van die veilige gebruik van die see reeds vanaf agtjarige leeftyd aan tjokkertjie-lede (Nippers) geleer. Wanneer hulle 14-jarige ouderdom bereik, betree hierdie jongmense die junior range van die vereniging, waar hulle, onder andere, vir hul Junior Lewensreddingstoekenning die basiese beginsels van lewensredding en resussitasie leer. Hulle leer hoe om simptome van nood te herken, hoe om die pasiënt veilig vas te bind om hom of haar vinnig uit die water op droë grond te kry, en hoe om vir lewenstekens te toets en, waar nodig, basiese resussitasie toe te pas. Hulle gee addisionele opleiding tot hierdie basiese kennis wanneer die junior lewensredder op 16-jarige ouderdom wil voortgaan om vir sy volle Lewensreddingstoekenning te kwalifiseer. Ander toekennings is sowel binne as buite die beweging beskikbaar om verder op hierdie basiese kennis uit te brei.

www.lifesaving.co.za

SAMSA

Die doelwitte van die Suid-Afrikaanse meester sportvereniging (SAMSA) is: om meester sportmanne en -vroue byeen te bring in gemeenskappe om hul sport te beoefen en die filosofie te bevorder van "SPORT VIR DIE LEWE"; om transformasie-inisiatiewe, anti-rassisme en anti-seksisme onder mede-meesters in ons land te bevorder; en om toepaslike inligting aan sy lede te versprei deur sy amptelike maandelikse nuusbrief, The Masters Voice.

www.samaster.co.za

SRSA

Sport en ontspanning Suid-Afrika (SRSA) is die nasionale regeringsdepartement wat verantwoordelik is vir sport en ontspanning. Sy visie is vir Suid-Afrika om 'n aktiewe, wennasie te word in die sfeer van sport en ontspanning, en sy missie is om die lewensgehalte van alle Suid-Afrikaners te verbeter deur 'n omgewing te skep wat bevorderlik is vir maksimum toeganklikheid tot deelname aan sport en ontspanning, sowel as deur gasheer en deelnemer te wees van wêreldklas-geleenthede om nasiebou te versterk.

www.srsa.gov.za

DISSA

Die hoofdoel van gestremdheid-sport Suid-Afrika (DISSA) is om kompeterende deelname aan sportaktiwiteite, asook deelname vir ontspanning, van gestremde persone in die Republiek van Suid-Afrika te bevorder, te bestuur, te administreer en te koördineer. Hul visie is "uitmuntendheid deur spanwerk", en hul missie is om aan alle persone met 'n gestremdheid in Suid-Afrika toegang tot sport en ontspanning te verskaf, wat hulle in staat stel om hul potensiaal te bereik.

www.dissa.co.za

Vir meer inligting oor werk in sport en ontspanning, sien asb. die September 2006-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

 







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan