My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Dorpsbeplanner

- Grafiese Ontwerper

- Stadsbeplanningskonsultant

- Tekenaar

Teken en Ontwerp

Ontwerpers op die gebied van tekenwerk is hoofsaaklik verantwoordelik vir die skepping van sketse in ingewikkelde detail. Hierdie sketse word óf per hand óf per rekenaar gedoen, alhoewel, met die gevorderde tegnologie van vandag, meeste van die werk in hierdie veld per rekenaar gedoen word, met gebruik van rekenaar-gesteunde ontwerp (CAD).

CAD stel ontwerpers in staat om drie-dimensionele tekeninge en beelde te skep wat op die skerm geroteer kan word – wat ontwerpers help om die finale resultaat of eindproduk beter te kan visualiseer. Enige veranderinge kan vinnig op CAD gedoen word, wat spoed en plooibaarheid tot die ontwerpproses voeg, en die tyd en koste van die projek verminder.

Ontwerpers lê hul sketse aan 'n kliënt of ontwerpspan voor en maak dan veranderinge, gebaseer op die terugvoer wat hulle ontvang. Wanneer almal gelukkig is met die sketse, word hulle in meer detail geskep, en soms word klein modelle of rekenaar nabootsings voorberei. Ontwerpers is dikwels ook verantwoordelik vir die voorbereiding van lyste van die materiale wat nodig is om projekte te voltooi, asook vir die koste-beraming van projekte.

Werk in tekening en ontwerp

'n Kaarttekenaar (kartograaf)is iemand wat landkaarte en ander gedetailleerde geografiese inligting vervaardig en verwerk, wat in baie gebruiksvelde gebruik word, soos kaarte, opnames en grafieke. Kartograwe mag op gebiede werk wat nog nooit gekarteer is nie, of hulle mag bestaande kaarte opdateer. Hulle gebruik die nuutste hoë-tegnologiese toerusting en tegnieke om geografiese inligting te versamel, soos om geografiese inligtingstelsels (GIS) te gebruik om landskap verskynsels te vorm en te analiseer, of digitale fotogrammetriese toerusting te gebruik om die hoogte en posisies van geografiese verskynsels vanuit lugfoto's te skets. Hulle maak ook gebruik van grafiese ontwerp en beeldmanipulasie-sagteware, soos tafelblad-publiseringspakkette en ander gespesialiseerde sagteware, om kaarte te vervaardig en persklaar te maak, en om die data te omskep tot visuele beelde en grafieke.

Tekenaars berei tekeninge of planne voor wat die tegniese detail van produkte en strukture aandui wat deur produksie- en konstruksiewerkers gebruik word. Hulle spesifiseer tipies presiese dimensies, materiale en prosedures wat gevolg moet word op die tekening. Tradisioneel, het tekenaars by tekenborde gesit en potlode, penne, kompasse, graadboë, driehoeke en ander tekentoestelle gebruik om per hand tekeninge voor te berei, maar deesdae word CAD-stelsels meestal gebruik.

Daar word egter steeds vir sommige projekte met die hand geteken en geskets en is dit dus 'n belangrike vaardigheid om in hierdie beroep te hê. Individue wat 'n beroep in tekenwerk beplan moet dit oorweeg om vakke soos Wiskunde, Tegniese Tekening, Rekenaartegnologie en Rekenaargrafika te neem. Meganiese vermoë en visuele aanleg is belangrik, asook die vermoë om netjies en akkuraat te kan teken. Tekenaars moet ook goeie interpersoonlike vaardighede aan die dag lê, omdat hulle nou saamwerk met ingenieurs, landmeters, argitekte en ander professionele persone.

Stadsbeplanners help om die ontwikkeling van dorpe en stede te beheer. In hierdie werk word gebruik gemaak van opmetingstegnieke, geografiese inligtingstelsels (GIS), rekenaar-gesteunde ontwerp, en data-analise sagteware om planne en voorleggings vir rade op te trek. Stadsbeplanners moet 'n balans skep tussen aanvraag vir behuising, besighede en vervoer, en ekonomiese en maatskaplike behoeftes van die gemeenskap, maar ook terselfdertyd natuurbewaring in ag neem. 'n Paar basiese verantwoordelikhede van 'n stadsbeplanner is: om behuisingsprojekte te beplan volgens faktore soos bekostigbaarheid en energie-doeltreffendheid; om die toename in verkeer te bestuur en mense aan te moedig om van openbare vervoer gebruik te maak; om die uitleg van strate te herontwerp om sekuriteit of die beheer van verkeer te verbeter; om grond op 'n volhoubare manier te ontwikkel en te bestuur; en om geskiedkundige geboue, argeologiese persele en gebied van plaaslike of nasionale belang te bewaar.  Om hierdie verantwoordelikhede na te kom, moet stadsbeplanners die potensiële impak uitwerk wat ontwikkelings op die sosiale, ekonomiese en omgewingsinfrastruktuur van 'n gebied mag hê. Stadsbeplanners is ook verantwoordelik daarvoor om kliënte te help met die beplanning van aansoeke of appèlle, en om namens hulle seker geskilpunte met die betrokke owerhede te onderhandel.

Teken- en ontwerpverenigings

Die Suid-Afrikaanse tekeninstituut

Die Suid-Afrikaanse tekeninstituut onderneem om die beroep van tekening te bevorder as 'n gespesialiseerde beroep wat regmatig aanspraak kan maak op die voorreg van professionele status. Die instituut probeer ook om te verseker dat die integriteit van die beroep volgens 'n streng Gedragskode gehandhaaf word deur sy lede.

Die instituut werk in noue samewerking met tegniese en afstandsonderrig-kolleges, ten einde die standaard van tegniese onderrig in Suid-Afrika te bevorder. Die doelwitte van die instituut is: om die wetenskap en professionele praktyk van teken te bevorder en te handhaaf; om die verbetering van tegniese kennis van tekenaars te verhoog en aan te moedig; om interaksie tussen die instituut en ander tegniese liggame te bevorder; om amptelike erkenning van tekenaars deur regeringsliggame, plaaslike owerhede, opvoedingsinstansies, nywerheid en die algemene gemeenskap te verkry; om die belange te bevorder van alle lede en alle professionele persone wat die raad vir die geboude omgewing (the Council for the Built Environment) uitmaak; om enige wet, wetsontwerp, ordonnansie of prosedure teen te staan wat direk of indirek die belange van die instituut benadeel; en om te verseker dat all lede van die instituut trou bly aan die Gedragskode.

www.draughting.co.za

ICA

Die missie van die internasionale kartografiese vereniging (ICA) is om die dissipline en beroep van kartografie binne 'n internasionale konteks te bevorder. ICA is die wêreld gesagsliggaam vir kartografie, die dissipline wat handel oor die voorstelling, vervaardiging, verspreiding en studie van landkaarte. Die doelstellings van die ICA is: om by te dra tot 'n begrip van en oplossings vir wêreldwye probleme deur die gebruik van kartografie in besluitnemingsprosesse; om die internasionale verspreiding van omgewings-, ekonomiese, sosiale en ruimtelike inligting deur kartografie aan te moedig; om 'n wêreldforum vir bespreking van die rol en status van kartografie daar te stel; om die oordrag van nuwe kartografiese tegnologie en kennis tussen nasies, en veral na ontwikkelende nasies, te fasiliteer; om multinasionale kartografiese navorsing uit te voer of te bevorder, ten einde wetenskaplike en toegepaste probleme op te los; om kartografiese opvoeding in die wydste sin te verhoog deur publikasies, seminare en konferensies; en om die gebruik van professionele en tegniese standaarde in kartografie te bevorder. www.icaci.org

Vir meer inligting oor werk in teken en ontwerp, sien asb. die Januarie 2007-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

 


Werkers in die veld van teken en ontwerp moet bereid wees om onafhanklik te werk, asook as deel van 'n span. Hulle behoort self-gemotiveerd en detail-georiënteerd te wees, en in staat om kreatief te dink. Goeie organisatoriese vaardighede en die vermoë om die druk van spertye te hanteer is van uiterste belang by hierdie beroepe. Goeie kommunikasievaardighede en die vermoë om konstruktiewe kritiek te gee en te neem is ook noodsaaklik by teken en ontwerp.

'n Gemiddelde dag in hierdie wêreld bestaan gewoonlik uit heelwat vergaderings – óf met kliënte óf met medewerkers – om projekte te bespreek. Hierdie vergaderings behels dikwels dinkskrums en die bespreking van planne met die hele span wat by die projek betrokke is. Voorheen, het beroepe in hierdie lyn teken met die hand op 'n "tekenbord" behels, maar met die toename in rekenaargesteunde ontwerp (CAD) sagteware, word die meeste teken- en ontwerpprojekte nou deur rekenaars geskep.

Werk in teken en ontwerp

Meganiese tekenaars berei gedetailleerde diagramme vir ingenieurs voor, wat spesifieke dimensies en ander ingenieursinligting insluit. Hulle bring instruksies en kommentaar op tekeninge aan om verskeie besonderhede te illustreer, en bereken wiskundige formules vir gedetailleerde spesifikasies, met gebruik van rekenaar-gesteunde toerusting. Wanneer tekenaars 'n ontwerp voltooi het, moet hulle in staat wees om dit duidelik te kommunikeer, mondelings sowel as in geskrewe dokumentasie, aan almal wat betrokke is by die projek. Tekenaars moet ook in staat wees om nougeset aandag aan detail te gee en goeie hand-oog koördinasie te handhaaf wanneer hulle aan projekte werk.

Grafiese ontwerpers gebruik hul kunstalent en -vaardighede om grafika vir verskeie maatskappye te ontwerp. Hierdie ontwerpers word in meeste sektore aangetref, en werk vir alle soorte besighede. Tipiese werkopdragte sluit in die ontwerp van advertensies, logo's, tekenborde, plakkate en pamflette. Hul werk is, oor die algemeen, om inligting op 'n interessante en opwindende wyse aan die publiek oor te dra. Grafiese ontwerp bied baie beroepsmoontlikhede, en baie ontwerpers begin hul eie besighede, weens die aanvraag in die bedryf. Dit is belangrik vir hierdie werkers om by te bly met ontwikkelings in nuwe tegnologie, aangesien rekenaarstelsels en sagteware elke dag verander.

Teken- en ontwerpverenigings

Die Suid-Afrikaanse Teken-instituut

Die Suid-Afrikaanse Teken-instituut beoog om die akademiese en tegniese kwalifikasies van tekenaars in alle dissiplines van tegniese teken en ontwerp te verbeter. Die instituut onderneem om die beroep van teken te bevorder as 'n gespesialiseerde beroep wat die reg het tot professionele status. Dit strewe ook om te verseker dat die integriteit van die beroep deur sy lede gehandhaaf word deur navolging van 'n streng gedragskode. Die instituut werk in noue samewerking met tegniese en afstandonderrig kolleges, ten einde die standaard van tegniese opvoeding in Suid-Afrika te bevorder.

www.draughting.co.za

SABS Ontwerpinstituut

Die SABS Ontwerpinstituut is gestig by 'n stigtingskonvensie, in April 1965. In 1990, het die instituut egter 'n gedaantewisseling ondergaan. 'n Nuwe era is betree, met die hooffokus op skakeling met die bedryf deur middel van toekenningsprogramme en opleiding in ontwerp. Op die gebied van opleiding in ontwerp, word die klem op projekte geplaas wat vorm aan leierskap in ontwerp gee.

Noue bande is met internasionale liggame gesmee, en dit het die weg gebaan vir groter internasionale samewerking en aanvaarding. Die ontwerpinstituut ondersteun nasionale ontwerpgebeurtenisse wat die voordele van goeie ontwerp in Suid-Afrika bevorder, soos, onder andere, ontwerptoekennings, uitstallings, seminare en werkwinkels.

www.sabs.co.za

"Think"

"Think", die Suid-Afrikaanse raad vir kommunikasie-ontwerp, is die enigste organisasie in hierdie land wat spesifiek gemik is op die bedryf van kommunikasie-ontwerp. Lede word die geleentheid gebied om hul mening te lug, nuwe modeneigings te skep en rigting aan die bedryf te gee.

www.think.org.za

Chantelle Gradidge







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan