My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Filosoof

Sosiale Wetenskap

Sosiale wetenskap is 'n breë term wat van toepassing is op die studie van die samelewing en hoe mense daarbinne funksioneer, byvoorbeeld, menslike gedrag, hoekom mense misdaad pleeg, hoe ons leer om te praat, en so aan. 'n Graad in Sosiale Wetenskap kan deure oopmaak na soveel beroepe – in antropologie, argeologie, linguistiek, politieke wetenskap, sosiologie, kriminele reg, en in meer besonderse velde, soos gerontologie (die studie van probleme wat met veroudering verband hou), en grafo-analise (handskrifontleding).

Werk in hierdie sektor strek van die uitvoering van navorsingsprojekte, tot meer praktiese werk wat direkte kontak met mense behels, gewoonlik in die vorm van terapie of berading. Werkgeleenthede op die gebied van sosiale wetenskap kan gevind word by skole, regeringsorganisasies, navorsingsinstellings en gesondheidsorg fasiliteite. Meeste werk in hierdie sektor bied die geleentheid om ook in privaat praktyk te werk.

Werk in sosiale wetenskap

'n Psigometrikus ontwikkel, administreer en interpreteer sielkundige metingstegnieke soos toetse en vraelyste, wat gewoonlik onder toesig van 'n geregistreerde sielkundige voltooi word. Hulle leer meer oor mense se persoonlikheid, aanlegte, belangstellings en vermoëns, ten einde hulle te keur en te evalueer vir verskeie doeleindes, byvoorbeeld, hul geskiktheid vir 'n werk. Voornemende psigometrici moet 'n belangstelling in mense en menslike wetenskap hê, en die vermoë om verskeie tale te praat is 'n groot voordeel.

Vriendelikheid, behulpsaamheid, verdraagsaamheid, taktvolheid, empatie, stabiliteit, betroubaarheid, 'n verantwoordelikheidsin, inisiatief, en die vermoë om te organiseer en met mense oor die weg te kom is belangrike persoonlikheidseienskappe vir hierdie werk. Werk kan gevind word in regeringsdepartemente, sowel as in privaat maatskappye – en dikwels op 'n konsulterende basis, soos wanneer personeel van 'n groot organisasie getoets word.

Filosowe bestudeer mense en die wêreld deur te dink en vrae te vra oor kwessies soos godsdiens of wetenskap. Die tak van filosofie moedig basies "vrye denke" aan. Werk vir filosowe kan in die regering, besigheid, die reg, en baie ander sektore gevind word (en hou gewoonlik verband met een of ander soort navorsing wat uitgevoer moet word), maar die meeste werk in filosofie word by universiteite en ander opleidingsinstellings gevind.

Filosowe het die vermoë om hard, kreatief en krities te kan dink oor hul begrip van sake en die waarnemings van ander. Hulle moet 'n aanleg hê om goed te kan luister, om voortdurend inligting te verorber, te dissekteer, te analiseer en te beoordeel, en om idees en bevindinge duidelik en bondig te kommunikeer. Filosowe is baie bekwaam in probleemoplossing, die verwerking van inligting en besluitneming, en beskik ook oor redeneringsvermoë.

'n Filosoof moet goed georganiseerd wees en bo-gemiddelde kommunikasievaardighede hê – mondelings en geskrewe – en die vermoë om verskeie kwessies deeglik na te vors. Hy of sy moet ook kan bydra tot, of teorieë kan voorlê vir, die aard van waardes, kultuur en die samelewing. Filosofiese vaardighede is noodsaaklik wanneer verskynsels wat verband hou met sosiale wetenskap nagevors word.

Ontspanningsterapie verskaf behandeling aan mense met siektes, of wat geestelike, fisiese en emosionele gestremdhede het. Hierdie terapie is gerig of die hervestiging en rehabilitering van individue, ten einde funksionering en onafhanklikheid te verbeter, asook die negatiewe uitwerking van die siekte of gestremdheid te verminder of uit die weg te ruim. Ontspanningsterapeute werk as lede van 'n interdissiplinêre span. Die betrokke inligting oor die pasiënt of kliënt word ingesamel uit beoordelings en mediese rekords, of van mediese personeel  en familielede, en individuele behandelingstrategieë en -programme word ontwikkel volgens die behoeftes, vermoëns en belangstellings van die individu. Die ontspanningsterapeut ontwikkel aktiwiteite en metodes wat gebruik word om die fisiese, geestelike en emosionele welstand te behandel of te handhaaf van diegene wat bystand benodig. Hierdie ingrypings help individue om 'n optimale vlak van persoonlike onafhanklikheid te bereik en fisiese, kognitiewe en sosiale funksionering te verbeter.

PSSA

Die filosofiese vereniging van suider-Afrika (PSSA) is die professionele vereniging wat die belange van die akademiese filosofiese gemeenskap in suider-Afrika verteenwoordig. Die primêre doelstelling van die vereniging is om die professionele belange te bevorder en te verhoog van die gemeenskap van filosowe wat dit bedien. Dit word bereik deur die bevordering van die instelling van ryk filosofiese dialoog tussen lede van die hele filosofiese gemeenskap van suider-Afrika en die bevordering van uitmuntendheid in navorsing en opvoeding.

www.pssa.ac.za

SASA

Die Suid-Afrikaanse sosiologiese vereniging (SASA) is verbind tot 'n demokratiese Suid-Afrika, waar almal ekonomiese, politiese en sosiale geregtigheid, en vryheid van alle vorms van diskriminasie op die basis van godsdiens, nasionaliteit, ras en geslag geniet. Die vereniging bevorder die dissipline en beroep van sosiologie; navorsing, opleiding en debat oor die samelewing; en die samewerking op nasionale, streeks- en internasionale vlak van persone wat betrokke is by die studie van die samelewing. Die SASA is verbind tot die ontwikkeling van 'n lewendige sosiale wetenskap-gemeenskap in suider-Afrika, wat 'n betekenisvolle bydrae kan lewer tot die analise van die samelewing in die konteks van veranderinge en uitdagings, met die doel om 'n regverdige en billike samelewing te ontwikkel.

www.sasaonline.org.za

CODESRIA

Die doelstellings van die raad vir die ontwikkeling van sosiale wetenskaplike navorsing (CODESRIA) is om die voortbrenging van navorsing en kennis in Afrika te bevorder en te fasiliteer, met gebruik van 'n holistiese, multidissiplinêre benadering; om die beginsel van onafhanklike denke en die akademiese vryheid van navorsers in die voortbrenging en verspreiding van kennis te bevorder en te verdedig; om die ontwikkeling van vergelykende navorsing in Afrika aan te moedig en te ondersteun, met 'n kontinentale perspektief en 'n sensitiwiteit vir die spesifieke hoedanigheid van die ontwikkelingsproses in Afrika; om die publikasie en verspreiding van die resultate van navorsing wat deur vakkundiges in Afrika onderneem is te bevorder; en om die institusionele basis van die voortbrenging van kennis in Afrika te versterk deur ander navorsingsinstellings en hul netwerke van vakkundiges proaktief te betrek en te ondersteun binne die raad se programme van aktiwiteite.

www.codesria.org

Vir meer inligting oor werk in sosiale wetenskap, sien asb. die Oktober 2006-uitgawe van SA Career Focus Magazine.


Om Sosiale Wetenskappe as 'n sektor te definieer, sou die waarheid so 'n klein bietjie buig. Sosiale Wetenskappe is eintlik 'n groep akademiese dissiplines waardeur ons die invloed wat ons as mense op onsself, die mense om ons en ons omgewing het, ontleed.

Sosiale Wetenskappe beoog om die menslike natuur en sy aspekte te bestudeer en te verstaan. Deur middel van die studie van die kunste en menswetenskappe, is ons in staat om 'n beter begrip van onsself te kry.

As 'n beroepsveld, behels Sosiale Wetenskappe baie verskillende aspekte van menslike betrokkenheid by die samelewing. Hierdie aspekte behels hulp met die verbetering van lewenstyle, die verskaffing van inligting aan mense, die leer van vaardighede en die bestuur van 'n uiteenlopende menslike ras. 

Sosiale Wetenskappe is uiters belangrik vir ons land, vir die ontwikkeling van sosiale en ekonomiese bande tussen sy mense en besighede.

Algemene sosiale wetenskappe

Antropoloog

Antropologie kom van die Griekse woord, anthropos(menslik) en logia (studie). Eenvoudig gestel, beteken Antropologie die studie van die mensdom. Die studie strek van die begin van die mensdom tot ons hedendaagse bestaan.

Opsommend, strewe antropoloë om te ontdek wie ons is, hoe ons geword het wie ons is, en probeer hulle bepaal wat die toekoms inhou vir die mensdom.

Daar word gesê dat ons almal "amateur" antropoloë is. Ons vra almal, op een of ander stadium, vrae oor die lewe. Die faktor wat ons skei van die professionele mense is egter dat hulle 'n metode gebruik, die vergelykende metode, wat, soos die naam voorstel, die vergelyking is van 'n mens se handelinge met menslike gedrag oor die algemeen. In die veld van Antropologie, sien ons twee soorte antropoloë. Een is die fisiese of biologiese antropoloog, en die ander, die sosiale of kulturele antropoloog. Die fisiese of biologiese studie kyk na die genetiese en evolusionêre kant van mense, en laasgenoemde ondersoek ons lewens binne 'n gemeenskap, of dit nou in die veld van godsdiens, landbou of ons ontwikkeling van materiale is.

Etnoloog

Etnologie het sy oorsprong in die Griekse woord ethnos, wat beteken "mense". Etnoloë bestudeer mense. (Sien antropoloë).

Om meer presies te wees, bestudeer etnoloë die verskillende aspekte van mense, soos  die mitologie, en gebruike en gelowe van verskeie kulture en samelewings. Hulle neem navorsing wat deur etnograwe gedoen is, wat studies saamstel oor individuele groepe mense, en vergelyk hul bevindinge met dié oor ander groepe en publiseer die inligting in die vorm van handboeke of studie materiaal.

Filosoof

"Filosofie: die studie van die basiese aard van kennis, realiteit en bestaan." – The Oxford Dictionary.

Filosowe poog om vraagstukke te beantwoord waarvolgens ons elke dag lewe. Vrae soos, "Wat is die betekenis van die lewe?" en "Hoe onderskei 'n mens reg van verkeerd?" Filosofie is 'n lewenslange ondersoek, waardeur ons probeer om sin uit dit als te maak.

Skole en Opvoeding

Opvoeder

'n Opvoeder spesialiseer in die teoretiese sy van opvoeding.

Opvoeders strewe daarna om die vlak van opvoeding te verbeter deur nuwe en verbeterde onderwysmetodes uit talle bronne te vind en onderwysliggame daaroor in te lig.

Skoolberader

Die hoof verantwoordelikheid van die skoolberader is om onderwysers, leerders en ouers te help om belangrike besluite te neem oor vak- en beroepskeuses.

Leerders met leerprobleme skakel met beraders om metodes aan te leer om hul akademiese resultate te verbeter.

In kort, poog skoolberaders om stabiliteit binne 'n leeromgewing te ontwikkel.

Spraakterapeut

Die spraakterapeut verskaf uitgebreide terapie en behandel pasiënte met taal- en motoriese mondkwale deur taalverbeteringsprogramme en -dienste te verskaf.

Interessant genoeg, verskaf spraakterapeute ook terapie aan individue met sluk-afwykings.

Hulle werk nou saam met ander beroepsmense in die veld, insluitend dokters, sielkundiges, fisioterapeute en ander opvoedkundige deskundiges.

Sielkunde

Sielkundige

Beskou as óf 'n klinikus óf 'n wetenskaplike, bestudeer sielkundiges menslike aspekte wat as abnormaliteite of probleme beskou word.

Hierdie aspekte strek van geestelike afwykings tot gedragskomplikasies. Sielkunde word verdeel in 'n wye reeks dissiplines, van kindersielkunde (hieronder bespreek) tot mediese, skool- en navorsingsielkunde.

Kliniese sielkundige

Ook bekend as 'n psigoterapeut, hanteer en behandel 'n kliniese sielkundige individue met kognitiewe (geestelike) en emosionele afwykings.

Kliniese sielkunde is die grootste studiegebied en het die grootste aantal sielkundiges in die bedryf.

Kindersielkundige

Die kindersielkundige, soos ander sielkundiges, voer navorsing uit op menslike ontwikkeling. In hierdie geval, is die pasiënte minderjarig.

Die kindersielkundige strewe daarna om negatiewe gedagtes, ontwikkelingsprobleme en gedrags- en gesinsprobleme by kinders te voorkom, te identifiseer en te genees.

Parapsigoloog

Die hoof werkbeskrywing van 'n parapsigoloog is dat hy of sy vreemde sielkundige verskynsels bestudeer. Hy of sy doen navorsing oor, onder andere, die paranormale sy van mense, soos telepatie, ESP (buite-sensoriese persepsie), heldersiendheid en psigo-kinetika.

Bedryfsielkundige

Ook bekend as 'n organisatoriese sielkundige, bestudeer 'n bedryfsielkundige die gedrag van werknemers in die werkplek. Hy of sy stel resultate saam en rapporteer bevindinge aan die organisasie, ten einde stappe te bepaal om produktiwiteit en werkbevrediging te verbeter.

Tuis

Berader in gesinsbeplanning

As 'n eufemisme vir geboortebeperking, behels gesinsbeplanning metodes van voorkoming van ongevraagde swangerskappe. Beraders gee raad aan paartjies oor opsies vir geboortebeperking, en help hulle met die tydsbepaling van swangerskappe, of hoe om die aantal kinders wat hulle wil hê, te beperk.

Beraders help hierdie paartjies deur hulle te laat sien dat intimiteit 'n manier is om liefde uit te druk en 'n verhouding te versterk, eerder as net 'n manier van reproduksie.

In die bedryf

Menslike hulpbronnebestuur

Dit is vanselfsprekend dat elke besigheid werknemers nodig het om sake doeltreffend te kan bedryf. Hierdie werknemers moet vaardig wees in wat hulle doen en gelukkig wees wanneer hulle dit doen.

'n Bestuurder in menslike hulpbronne verseker dat daar aan hierdie vereistes voldoen word. Hy of sy bestuur die indiensneming van 'n werkmag, opleiding en die produktiwiteit van werknemers.

Statistikus

Statistici help ons om areas in ons wêreld te sien wat verbeter moet word of wat meer aandag moet geniet.

'n Statistiese analis versamel data en stel dit saam in 'n verstaanbare opsomming. Die data wat versamel word, strek van indiensnemingsyfers tot hoeveel mense troeteldiere besit. 

Sosiale wetenskapverenigings

RGN

Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) is 'n navorsingsliggaam wat spesialiseer in sosiale wetenskappe. Die raad se primêre doel is die verligting van armoede binne Suid-Afrika en die res van Afrika.

(www.hsrc.ac.za)

SASA

Die Suid-Afrikaanse sosiologiese vereniging (SASA) is verbind tot die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse sosiale wetenskappe, met die doel om 'n regverdige en onpartydige samelewing te skep deur die uitroeiing van diskriminasie teen ras, geslag, godsdiens en nasionaliteit.

(http://generalupdate.rau.ac.za/sasa/Default.htm)

PAAA

The Pan-Afrikaanse antropologiese vereniging (PAAA) is 'n professionele liggaam, waarvan die hoof doel is om toesig te hou oor die ontwikkeling van antropologiese bekwaamheid binne Afrika.

(www.upe.ac.za/paaa)

HPCSA

Die gesondheidsberoepsraad van Suid-Afrika (HPCSA) is verbind tot die bevordering van die gesondheid van Suid-Afrikaanse burgers, die opstel van standaarde vir professionele opleiding en die handhawing van 'n goeie standaard binne professionele praktyke.

(www.hpcsa.co.za)

Justin Augustine


Om Sosiale Wetenskap as 'n sektor te definieër, beteken dat die waarheid net so effe "gebuig" word.  Die Sosiale Wetenskappe is inderdaad 'n groep akademiese dissiplines waardeur ons die effekte wat ons op ons self as mense, op diegene rondom ons en op ons omgewing het, kan ontleed.

 

Sosiale Wetenskappe strewe daarna om die menslike natuur en sy aspekte te bestudeer en te verstaan.  Deur die studie van die kunste en menslikhede kan ons 'n beter insig oor ons self verkry.

Sosiale Wetenskap as 'n loopbaan gebied, sluit baie verskillende aspekte van menslike betrokkenheid in die gemeenskap in.  Hierdieaspekte help om lewensstyle te verbeter, mense in te lig, die leer van vaardighede en bestuur van 'n veelsydige menslike ras in.  Sosiale Wetenskappe is noodsaaklik vir ons land vir die ontwikkeling van sosiale en ekonomiese bande tussen sy mense en besighede.

ALGEMENE SOSIALE WETENSKAPPE

Antropoloog

Antropologie is afkomstig van die Griekse woord, ANTHROPOS ("menslik" ) en LOGIA ("studie).  Dus beteken Antropologie eenvoudig die studie van die mensdom.  Hierdie studie strek vanaf die begin van die mensdom se bestaan tot vandag toe.

Kortliks streef Antrolpoloë om uit te vind wie ons is, hoe dit gebeur oor wie ons is en te probeer uitvind wat die toekoms vir die mensdom inhou.

Daar word gesê dat ons almal 'amateur' antropoloë is.  Op een of ander stadium stel ons almal vrae oor die lewe.  Maar wat ons egter van die professioneles skei , is dat hulle 'n metode gebruik wat hulle Vergelykende Metode noem wat – soos die naam aandui – die vergelyking is van iemand se menslike aksies teenoor 'n massa van menslike gedrag.  Ons sien twee tipes Antropoloë op die gebied van Antropologie.  Een is die Fisiese of Biologiese Antropoloog, en die Sosiale of Kulturele Antropoloog.  Die Fisiese of Biologiese studie kyk na die genetiese en evolusionêre sy van mense, en in laasgenoemde ondersoek ons lewens binne 'n gemeenskap, hetsy dit godsdiens, landbou, of ons ontwikkeling van materiale is.

Etnoloog:

Etnologie het sy oorsprong uit die Griekse woord ETHNOS, wat "mense" beteken, en dit is presies wat Etnoloë doen – hulle bestudeer mense – sien Antropoloë

Om meer presies te wees, bestudeer Etnoloë die verskillende aspekte van mense, soos mitologie, gebruike en gelowe van verskeie kulture en gemeenskappe.    Hulle neem navorsing deur Etnograwe, wat studies op individuele groepe mense doen, en vergelyk hulle bevindings tot ander groepe en publiseer die inligting in die vorm van handleidings (teksboeke) of studie materiaal.

Filosoof

Filosofie:  Die studie van die fundamentele natuur van kennis, realiteit en bestaan.

Oxford Woordeboek

Filosowe probeer vrae waarby ons elke dag leef, te beantwoord.  Vrae soos "wat is die betekenis van die lewe?"  en "wat bepaal reg van verkeerd?"  filosofie is 'n lewenslange ontdekkingsreis waar ons poog om sin uit alles te maak.

SKOLE EN OPVOEDING

Opvoedkundige

'n Opvoedkundige spesialiseer in die teoretiese sy van opvoeding/opleiding.  Opvoedkundiges strewe daarna om die vlak van opvoeding te verbeter deur nuwe en verbeterde opvoedkundige metodes vanuit verskeie bronne te bekom, en die opvoedkundige liggame daarvan in kennis te stel.

Skool Raadgewer:

'n Skool Raadgewer se hoof verantwoordelikheid is om leerkragte, leerlinge en ouers by te staan om belangrike besluite aangaande vak- en loopbaankeuses te neem.

Leerlinge met studie probleme skakel met raadgewers om metodes te vind om hulle akademiese uitslae te verbeter.  Kortlike, Skool Raadgewers streef daarna om stabiliteit binne 'n opvoedkundige omgewing te ontwikkel.

Spraak Terapeut:

Die Spraak Terapeut verskaf uitgebreide terapie om pasiënte met spraak en mondelingse motor probleme te behandel deur taal verbeteringsprogramme en dienste te verskaf.

Interessant genoeg verskaf Spraak Terapeute ook terapie vir mense wat probleme ondervind om te sluk.

Hulle werk nou saam met ander professioneles op die gebied wat dokters, psigoloë, psigoterapeute en ander opvoedkundige deskundiges insluit.

PSIGOLOGIE/SIELKUNDE

Psigoloog/sielkundige

Hetsy 'n klinikus of wetenskaplike, 'n sielkundige bestudeer menslike aspekte wat as abnormaliteite of probleme beskou word.

Hierdie aspekte wissel van geestelike steurings tot gedrags komplikasies.  Sielkunde word in 'n reeks dissiplines ingedeel, bv. Kinder-, (hieronder bespreek). Medies, Skool- en Navorsings Psigologie, om maar 'n paar te noem.

Kliniese Sielkundige:

Ook bekend as 'n Psigoterapeut, behandel 'n Kliniese Sielkundige individue met bewussyns en emosionele kwale.

Kliniese Sielkunde is die grootste studiegebied en beskik ook oor die grootste aantal werkende psigoloë.

Kinder sielkundige:

Die kinder sielkundige, soos ander sielkundiges, doen navorsing op hierdie gebied van menslike ontwikkeling.  In hierdie geval is kinders die pasiënte.

Hulle strewe om 'n kind se negatiewe gedagtes, hulle ontwikkelings probleme en gedrag, sowel as gesins probleme te identifiseer en te genees.

Parapsigoloog:

Die hoof taak van 'n parapsigoloog is om vreemde of buitengewone verskynsels te ondersoek.  Hulle doen navorsing op die paranormale sy van mense wat as Psionika bekend staan.  Dit is die studie en beoefening deur die bewussyn te gebruik om parnormale verskynsels soos telepatie, telekinese, heldersienenheid en ander werkinge te veroorsaak.

Nywerheid Psigoloog:

Ook bekend as Organisasie Psigoloë, bestudeer Nywerheid Psigoloë die gedrag van werkers in die werksplek.  Hulle stel hulle uitslae saam en rapporteer hulle bevindings by die organisasie om stappe te evalueer om produktiwiteit en werknemer tevredenheid te verbeter.

TUIS

Gesinsbeplannings Raadgewer:

'n Mooi woord vir geboorte beperking of beheer, sluit gesinsbeplanning metodes in om ongewenste

swangerskappe te vermy.  Raadgewers adviseer paartjies oor voorbehoedmiddel opsies en help hulle om die tyd vir swangerskappe te reël, of hoe om die aantal kinders te beperk wat hulle wil hê.

Raadgewers help hierdie pare deur intimiteit as 'n wyse van liefde, en versterking van 'n verhouding uit te druk, en nie as 'n manier van reproduksie nie.

IN DIE NYWERHEID

Menslike Bronne Bestuur

Dit is duidelik dat elke besigheid werknemers benodig om effektief te werk.  Werknemers wat bedrewe is in wat hulle doen, is gelukkig wanneer hulle dit doen.

'n Menslik Bron Bestuurder verseker dat aan hierdie vereistes voldoen word.  Hy of sy is in beheer van 'n werksmag, die opleiding en produktiwiteit van die werknemers.

Statistikus:

Statistieke help ons om areas in ons wêreld te sien waar verbetering, of meer aandag, benodig word.  'n Statistikus ontleed versamelde data en stel dit saam in 'n verstaanbare opsomming.  Die data wat ingesamel word, wissel van werksgetalle tot hoeveel mense troeteldiere aanhou.

Sosiale Wetenskappe Verenigings

MWNR (HSRC)

Die Menslike Wetenskappe Navorsingsraad is 'n navorsingseenheid wat aan die Sosiale Wetenskappe verbonde is.  Die hoofdoel is verligting van armoede binne Suid Afrika en die res van Afrika.  (www.hsrc.ac.za)

SASV (SASA)

Die Suid Afrikaanse Sosiologiese Vereniging is aan die ontwikkeling van die Suid Afrikaanse Sosiale Wetenskappe toegewyd, met die doel om 'n regverdige en billike gemeenskap te skep deur die uitroeiïng van diskriminasie teen ras, geslag, geloof en nasionaliteit.

(http://generalupdate.rau.ac.za/sasa/Default.htm)

PAAV (PAAA)

Die Pan Afrika Antropologiese Vereniging (PAAV) is 'n professionele entiteit met die hoofdoel om toesig oor ontwikkeling van antropologiese bekwaamheid binne Afrika te hou.www.upe.ac.za/paaa

GPRSA (HPCSA)

Die Gesondheids Professie Raad van Suid Afrika (GPRSA) wy hom daaraan toe om die gesondheid van Suid Afrika as bevolking te bevorder, en stel standaarde vir professionele opleiding en handhawing van 'n hoë standaard binne professionele beroepe.  (www.hpcsa.co.za)







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan