My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Vra die ghoeroe!  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  
Entrepen-Wys  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 610 7667

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Konstruksie & Ingenieurswese

 Back   Print  Bookmark


Senior Tegnikus in Lugreëling en Verkoeling

Almal van ons waardeer lugreëling en verkoeling tydens die warm somer maande, maar het jy al ooit daaraan gedink om 'n loopbaan in hierdie veld te volg?

Danny Rairane is 'n senior tegnikus in lugreëling en verkoeling by die Ifihlile Aircon Corporation. Hy het in hierdie beroep beland toe hy werk gesoek het. Hy het gehoor van werk in lugreëling en verkoeling, en besluit om die kans te waag. Hy het tegniese opleiding op hierdie gebied by die Ifihlile Training Academy ondergaan, en 'n senior tegnikus geword. Vandag, het hy ambisies om uiteindelik sy eie lugreëling en verkoeling maatskappy te begin.

Hierdie beroep behels die installering, herstel, inspeksie en diens van kommersiële en industriële verkoeling en lugreëling toerusting. Danny stel ook kwotasies vir kliënte op en hou toesig oor studente. Sy werkdae kan lank wees, en hy werk dikwels oortyd, as daar baie is om te doen. Danny installeer en herstel lugreëling eenhede in verskillende tipes geboue, soos huise, fabrieke, kantore en hospitale, en herstel yskaste in huise, restourante en winkels.

Om 'n senior tegnikus te word, moet jy goeie leierskapeienskappe aan die dag lê, as jy in 'n span werk, en goeie kommunikasievaardighede hê vir suksesvolle verhoudings met jou span en kliënte. Aangesien Ifihlile ook 'n opleidingsakademie het, hou senior tegnici dikwels toesig oor studente tydens hul praktiese opleiding. Danny sê dat jy baie geduld en verdraagsaamheid vir hierdie taak benodig.

Fisies, moet jy ook redelik sterk wees, aangesien lugreëling toestelle uiters swaar kan wees, en tegnici in spanne moet werk om eenhede suksesvol te installeer. Industriële lugreëling toestelle, wat vir fabrieke en groot geboue ontwerp is, kan soveel as 180 kg weeg. Eenkeer, toe hulle besig was om 'n groot toestel te installeer, was dit te swaar vir die muur, en het dit op een van Danny se kollegas geval en hom ernstig beseer. Werk omstandighede kan dikwels vuil, warm, stresvol en uitputtend wees.

Danny sê dat hierdie werk bevredigend is, wanneer hy weet dat hy 'n taak goed gedoen het en dat die kliënt tevrede is. Dikwels is die werk egter minder bevredigend as hy tot laatnag moet werk, moet teruggaan na kliënte om regstellings te doen en klagtes moet hanteer.

As jy belangstel in 'n beroep in lugreëling of verkoeling, moet jy eers Matriek behaal, met Wiskunde en Wetenskap. Jy kan dan by die Ifihlile Training Academy, in Midrand, langs die Ifihlile Hoofkantoor, in hierdie veld studeer. Daar is ook 'n akademie in Durban.

Tegniese opleiding in lugreëling en verkoeling word op NQF-vlakke 2 en 3 in Nasionale Sertifisering aangebied. Die kursus loop oor 24 maande en sluit teoretiese en praktiese werk in. Tydens hierdie kursus, leer jy basiese handvaardigheid, basiese elektrisiteit- en verkoelingstelsels, lugreëling, koel- en vrieskamers, verpakkingseenhede en sweiswerk.

Jy kan dan vlak 4 voltooi, 'n ses-maande kursus, wat die vereiste kwalifikasie is om jou as lugreëling en verkoeling tegnikus te bekwaam. Dan sal jy geregtig wees om toesig oor werkspanne te hou; installasies te doen; en meganiese/elektriese toerusting, lugreëling, en verkoeling- en ventilasie stelsels, asook koelkamers en vrieskaste, te herstel/te diens en in stand te hou. Met hierdie kwalifikasie, kan jy verwag om sowat R21 000 per maand as senior tegnikus te verdien.

Ten slotte, gee Danny die volgende raad aan die jeug van vandag: “Fokus heeltemal op als wat jy doen. Aan die einde van die dag is dit jou lewe.”

Jeanne du Plessis

Volg die skakel vir boeke met betrekking tot Tegnikus in Lugreëling

Gedruk in die digiale Augustus 2009 uitgawe van My Loopbaan







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Konstruksie & Ingenieurswese


| 'n Spesialis in Bestralingsbes | Aanlegingenieur | Argitek | Argiteksmodelbouer | Baanopsigter | Bouer/ Masselaar | Bourekenaar | Dorpsbeplanner | Elektriese Ingenier | Elektriese Ingenieur | Elektriese Ingenieur in Herbubare Energie | Elektrisiën | Fotografiese Produksie-assistent | Gereedskaps-, Stempel- en Vormmaker | Glasblaser | Grafiese Ontwerper | Hernubare Energie-ingenieur | Huishoudelike Toestel Tegnikus | Kontrakbestuurder | Landmeter | Loodgieter | Meganiese Tekenaar | Meubelmaker | Nywerheids Ontwerper | Ontwerp Ingenieur | Opleidingsakademie-lektor | Passer en Draaier | Perseel Agent | Pneumatiese of Lugdruk Ingenieur | Pompjoggie | Projekdirekteur | Sandspuiter | Senior Tegnikus in Lugreëling en Verkoeling | Siviele Ingenieur | Skrynwerker (ook timmerman) | Slotmaker | Spotprent Tekenaar | Stadsbeplanningskonsultant | Stoomketeloperateur | Strukturele-Ingenieur | Sweiser | Sweiser | Teëllêer | Tekenaar | Tekenaar | Terreinopsigter |



All content Copyright © 2014 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan