My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Vra die ghoeroe!  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  
Entrepen-Wys  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 610 7667

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Skoonheid & Mode

 Back   Print  Bookmark


Naeltegnikus

As enige van julle nog die ou advertensie vir die geelbladsye onthou, met die vrou se hand wat rond "loop", sal julle weet dat die meeste vrouens deesdae hul naels versorg deur middel van 'n pedikuur of 'n manikuur. Die persoon wat manikure en pedikure doen staan bekend as 'n naeltegnikus, en hy of sy werk slegs op mense se naels.

Angie Viljoen is 'n naeltegnikus en eienaar van Hair Art 2 haarsalon. In 2006, was sy in die top tien van die Beauty Africa Show. "My ma het eintlik my beroep vir my gekies, en dit was nie maklik nie, omdat dit sowat twee jaar neem om in hierdie bedryf in te kom, voordat jy begin om dit te geniet."

'n Naeltegnikus kan sowat R4 000 'n maand verdien, met sowat 35% kommissie, en kan by 'n verskeidenheid plekke werk, soos haar- en skoonheidsalonne, privaat huise, winkelsentrums, toerskepe, apteke en selfs hotelle.

Die pligte van 'n naeltegnikus behels die verf van kliënte se naels (vingers en tone), die aanwending van punte of permanente naels, die vyl van naels, die massering van kliënte se hande en bo-arms, asook die aanwending van nael kuns. 'n Belangrike deel van die werk is kliënte-verhoudings, Wanneer die naeltegnikus pedikure doen, sal sy met voete moet werk en hulle masseer, as deel van die algehele diens.

"Die voordele," sê Angie, "is die mense, om 'n sielkundige vir sommige kliënte te wees, en die 'voor' en 'na' voorkoms van 'n mens se hande. Die nadeel is om 'n sielkundige vir jou kliënt te wees, aangesien dit soms net te veel raak om al jou kliënte se probleme op jou skouers te neem."

Jy sal moet 'n kwalifikasie behaal, soos 'n diploma van 'n betroubare skoonheidsalon, as jy hierdie lyn wil volg. Ook, as jy oorsee of by 'n professionele maatskappy wil werk, sal jy 'n ambag toets moet voltooi.

As jy sprankelend, oop-kop, spraaksaam, vriendelik, akkommoderend, professioneel en netjies is, dan mag hierdie die regte beroep vir jou wees. Jy moet ook 'n ferm hand hê, selfversekerd wees, die verskillende soorte fungi ken, kan kommunikeer, en altyd in beheer wees.

"Ek werk van 08:00 tot 18:00, Maandae tot Vrydae, en 07:30 tot 14:30 op Saterdae. Deur die dag, sien ek sowat 15 tot 18 kliënte. Om punte aan te wend, wat my hoof taak is, neem sowat 30 tot 45 minute. Ander dinge wat ek doen is hervulling, die aanwending van nuwe punte en die herstel van gebreekte naels. In die somer, doen ons baie pedikure."

"Die beste aspek van die werk is die mense, omdat daar elke 30 minute 'n nuwe persoon is met 'n nuwe storie om te vertel," glimlag Angie. "Die slegste aspek van die werk is wanneer 'n kliënt een nael breek en ek net die een nael moet herstel. Dit breek gewoonlik my ritme."

Angie se advies vir jongmense daar buite is: "Wees seker van jouself en onthou dat skoonheid nie 'n maklike beroep is nie. Neem 'n oorbruggingsjaar en gaan oorsee voordat jy op 'n beroep besluit."

Gabrielle Venter

Volg die skakel vir boeke met betrekking tot Naeltegnikus







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Skoonheid & Mode


| Aromaterapeut | Barbier | Beeld en Kleur Konsultant | Dosent in Fisiatrie | Haarproduk Konsultant | Haarverlengingspesialis | Juwelier | Kuns- en Ontwerp- fasiliteerde | Mode Redaktrise | Modeontwerper | Naeltegnikus | Natuurlike Parfumeur | Somatoloog | Terapeutiese Refleksioloog | Verfspuit Sonbrand Spesialis | Verslanking Terapeut | Werker in Kleuringfabriek | ‘The Make-Up Issue’ |



All content Copyright © 2014 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan