My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Vra die ghoeroe!  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  
Entrepen-Wys  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 610 7667

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore

 Back   Print  Bookmark


- Apteker

- Arbeidsterapeut

- Aromaterapeut

- Brilmaker

- Dokter

- Patoloog

Medies

Voor jy 'n spesifieke mediese beroep betree, moet jy jouself vrae afvra soos: Hoeveel wil ek met mense te doen hê? Kan ek lewe-en-dood situasies hanteer? Kan ek noodtoestande en groot verantwoordelikheid hanteer? Kan ek stres hanteer? Wil ek normale kantoorure werk, of is ek bereid om baie lang ure te werk?

As jy eerder 'n werk met gereelde werkure en minder mediese krisisse wil hê, is daar steeds heelwat bevredigende beroepe in gesondheidsorg om uit te kies. En as jy nie 'n sosiale persoon is nie en verkies om baie min kontak met pasiënte te hê, kan jy 'n beroep oorweeg soos, byvoorbeeld, dié van laboratorium tegnikus.

Maar, as jy dit geniet om met mense te werk en 'n warm, bedagsame soort mens is, kan jy werk as verpleegster, kinderarts of arbeidsterapeut oorweeg. Daar is 'n dringende behoefte aan gesondheidspraktisyns in ver afgeleë en landelike gebiede in Afrika – die aanvraag is geweldig en die moontlikhede eindeloos.

Meeste beroepe in gesondheidsorg vereis bekwaamheid in vakke soos Wetenskap, Wiskunde, Chemie, Fisika en Biologie, en goeie werkers in gesondheidsorg is daaraan toegewy om op datum te bly met die nuutste ontwikkelings op mediese gebied, wat beteken jou studies hou nie op wanneer jy gekwalifiseerd is nie – jy leer voortdurend, dwarsdeur jou beroep.

Werk in die mediese veld

Aptekers resepteer medisyne wat deur mediese dokters en ander gesondheidspraktisyns voorgeskryf is, en voorsien belangrike inligting aan pasiënte oor die medikasie, soos die moontlike newe-effekte of interaksie met ander medisyne. Hulle moet 'n deeglike begrip hê van die gebruik, kliniese uitwerking en samestelling van medisyne, insluitend die chemiese, biologiese en fisiese eienskappe. Deesdae raak aptekers ook al hoe meer betrokke by die verskaffing van inligting oor medisyne wat oor die toonbank beskikbaar is en die maak van aanbevelings oor terapeutiese medisyne. Hulle monitor ook pasiënte se gesondheid en die vordering van hul reaksies op terapeutiese medisyne, om die veilige en doeltreffende gebruik van medikasie te verseker.

Sommige aptekers verskaf gespesialiseerde dienste om pasiënte te help om toestande te bestuur, soos diabetes, asma, rook of hoë bloeddruk, en sommiges het ook klinieke waar inentings toegedien word,  babas geweeg word en raad aan moeders wat borsvoed gegee word. Verdienste in hierdie beroep is gewoonlik redelik hoog, maar daar word dikwels van aptekers verwag om baie lang ure te werk, insluitend nagte, naweke en vakansies, en hulle spandeer die meeste van hul werkdag op hul voete.

Patoloë is dokters wat gefassineer is deur die proses van siekte en wat gretig is om mediese geheime te ontsyfer deur die gebruik van gesofistikeerde gereedskap en prosedures van laboratorium wetenskap. Patoloë werk saam met kliniese laboratorium tegnici om mikro-organismes te identifiseer wat infeksies kan veroorsaak, soos bakterieë, virusse, fungi en parasiete, sodat die doeltreffendste behandeling gekies kan word vir elke besondere geval.

Hulle ondersoek liggaamsweefsel, gaan die noukeurigheid van laboratoriumtoetse na en interpreteer resultate, ten einde die pasiënt se diagnose en behandeling te vergemaklik. Hulle werk nou saam met die pasiënt se ander dokters en speel 'n belangrike rol in die pasiënt se gesondheidsorg span. Daar is verskeie gebiede van patologie wat 'n mens kan betree, byvoorbeeld, 'n kliniese patoloog hou toesig oor laboratoriumtoetse wat op liggaamsvloeistowwe uitgevoer is; 'n anatomiese patoloog help chirurge tydens operasies deur onmiddellike diagnose op biopsies te voorsien; en 'n forensiese patoloog gebruik laboratorium wetenskap om vrae te beantwoord oor bewysstukke wat vir kriminele sake ingesamel is.

Sommige patoloë wy hul beroepe aan navorsing in patologie, en ontwikkel nuwe toetse en nuwe instrumente om die akkuraatheid van die diagnose van siektes te verbeter. Patoloë doseer dikwels mediese studente en ander wat hulself voorberei vir ander laboratorium-beroepe.

Daar is twee tipes radiografiste – 'n diagnostiese radiografis en 'n terapeutiese radiografis.

Diagnostiese radiografiste hanteer pasiënte wat 'n verskeidenheid beserings en siektes het. Hulle doen toetse op pasiënte deur gebruik te maak van gesofistikeerde toerusting wat beelde produseer om te help met die diagnose van 'n besering of siekte, byvoorbeeld, deur x-strale te neem. Diagnostiese radiografiste werk gereeld snags en gedurende naweke en hoofsaaklik in hospitaal radiologie-departemente.

Terapeutiese radiografiste maak deel uit van 'n span wat bestralingsbehandeling aan kankerpasiënte toedien. Hulle werk nou saam met die mediese span om behandeling te beplan; om die behandeling aan die pasiënt te verduidelik en om moontlike newe-effekte te bespreek; om ioon bestraling te gebruik om akkurate dosisse van bestraling aan die tumor toe te dien; en om dwarsdeur die behandeling en opvolg die pasiënt te beoordeel en te monitor. Terapeutiese radiografiste werk hoofsaaklik in radioterapie- of onkologie-sentrums wat spesiaal toegerus is. 'n Radiografis behoort vaardig te wees in die hantering van ingewikkelde hoë-tegnologie toerusting; akkuraat te werk met aandag aan detail; bedagsaam en empaties te  wees en die vermoë hê om pasiënte gerus te stel; 'n vurige belangstelling in wetenskap te hê; en oor die algemeen besorg te wees oor die gesondheid en welstand van mense.

SAMA

Die Suid-Afrikaanse mediese vereniging (SAMA) is 'n professionele vereniging vir mediese praktisyns in die openbare en privaat sektor. SAMA se aktiwiteite fokus op die professionele en besigheidsaspekte van mediese praktyk. Hulle glo dat dokters 'n positiewe invloed op mediese praktyk kan hê deur: veranderinge in gesondheidsbeleid teweeg te bring en te beïnvloed; koste-stuiting te bevorder; en lewenslange toewyding aan voortgesette professionele ontwikkeling te handhaaf. Hul missie is om dokters te bemagtig om gesondheid aan die nasie te bring.

www.samedical.org

 

HPCSA

Die Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika (HPCSA) het ten doel om die publiek en alle verbruikers van gesondheidsorgdienste te beskerm, en om aan praktisyns riglyne te verskaf oor opvoedings-, professionele en etiese kwessies. Hulle strewe voortdurend om die visie te volbring van "gehalte- standaarde vir gesondheidsorg vir almal" deur gehalte te verhoog en strategiese beleidsraamwerke te ontwikkel vir die doeltreffende koördinasie en leidinggewing van hul 12 professionele rade. Ten einde dit te bereik, stel die raad gesondheidsorg standaarde op vir opleiding en dissipline in die beroepe wat geregistreer is; verseker die raad voortgesette professionele bekwaamheid; en bevorder dit nakoming van daardie standaarde.

www.hpcsa.co.za

 

RSSA

Die radiologiese vereniging van Suid-Afrika (RSSA) is die professionele vereniging van radioloë in Suid-Afrika en Namibië, wat omsien na die professionele, etiese en tarief-verwante belange van radioloë in openbare diens en privaat praktyk. Die RSSA is toegewyd aan die verbetering van die gehalte van sorg aan pasiënte deur die interaktiewe ondersteuning van lede, pasiënte en geaffilieerde organisasies wat gesondheidsorg bied.

www.rssa.co.za

 

Vir meer inligting oor werk in die mediese bedryf, verwys asb. na die November/Desember 2006-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

 

Die mediese en gesondheidsorgbedryf verskaf baie werkgeleenthede, nie net aan dokters en ander hoogs gekwalifiseerde professionele persone nie, maar ook aan mense sonder gespesialiseerde opleiding. Sommige gesondheidsorg instellings verskaf in-diens opleiding aan mense wat in verskeie beroepe in gesondheidsorg wil ingaan, wat slegs 'n matrieksertifikaat vereis.

Mense wat 'n beroep in die gesondheidsorgbedryf oorweeg moet 'n brandende begeerte hê om ander te help, 'n egte besorgdheid oor die welsyn van ander, 'n gawe om met mense van uiteenlopende agtergronde om te gaan, en die vermoë om stresvolle situasies te hanteer.

Werk in die mediese bedryf

Aromaterapie verskaf die plesier om genesing uit die natuur te beleef deur gebruik te maak van aromatiese olies wat uit kruie, blomme, bome en vrugte uitgehaal is. Aromaterapie kan gebruik word in medisinale omgewings, soos hospitale en klinieke, of by gesondheid spa's, en kan tesame met ander aanvullende behandelings, soos refleksologie, toegepas word.

Tipies, sluit die verantwoordelikhede van 'n aromaterapeut in om 'n gedetailleerde mediese geskiedenis van 'n kliënt te neem, en die inligting te gebruik om geskikte olies uit te kies en te gebruik vir die kliënt se besondere mediese toestand. Die spesifieke olies word dan daarvolgens vermeng en by metodes van massering en inaseming gebruik. Daar word van 'n aromaterapeut vereis om 'n opgawe te hou van die behandelings en mengsels van olies wat gebruik is. Baie aromaterapeute werk vir hulself en werk vanaf 'n stil kamer in hul huis, waar kliënte gemaklik kan lê en na sagte musiek luister om hulle te help ontspan. Aromaterapeute moet omgee vir ander, en goeie kommunikasie- en luistervermoëns hê, asook die vermoë om te identifiseer wanneer 'n kliënt na 'n gekwalifiseerde mediese dokter verwys moet word.

Brilmakers werk gewoonlik in optiese winkels, waar hulle lense en rame verkoop. Sommiges word egter in diens geneem deur oogkundige vervaardigingslaboratoriums, oogkundiges of oogartse. Brilmakers werk volgens voorskrifte wat deur die oogkundige of oogarts uitgereik is, en maak aanbevelings vir rame en lense. Hulle help om mates te neem van 'n kliënt se oë, soos die afstand van die lens na die oogoppervlak, of van appel tot appel, en gaan die kliënt se lêer na om inligting te verifieer. Brilmakers is ook daarvoor verantwoordelik om te verifieer dat die voltooide produk al die spesifikasies van die voorskrif nakom, en dat die bril op die kliënt se gesig pas, deur die raam te buig om te verseker dat dit die kliënt gemaklik pas. Om kontaklense ordentlik te pas en kliënte op te lei om self die lense in te sit is 'n lang proses wat geduld en presiesheid vereis. Brilmakers word ook opgelei om toerusting te bedryf wat lense slyp en poleer.

Mediese verenigings

SAMA

Die Suid-Afrikaanse mediese vereniging (SAMA) is 'n professionele vereniging vir mediese praktisyns in die openbare en privaat sektor. SAMA se aktiwiteite fokus op die professionele en besigheidsaspekte van mediese praktyk, en die vereniging glo dat dokters 'n positiewe invloed op mediese praktyk kan hê deur beleidsveranderinge in die gesondheidsektor vooruit te loop en te beïnvloed, koste-inperking te bevorder, en lewenslange toewyding aan voortgesette professionele ontwikkeling te handhaaf. Die vereniging se missie is om dokters in staat te stel om gesondheid na die nasie te bring. Die primêre doelstellings is om dokters met gesag en geloofwaardigheid te verteenwoordig by alle sake wat hul belange in die arena van gesondheidsorg raak; om mediese opvoeding, navorsing en akademiese uitmuntendheid te bevorder; en om betrokkenheid by die bevordering van gesondheid en gesondheidsopvoeding aan te moedig. www.samedical.org

MTA

Die masseringsterapie-vereniging (MTA) is in 1989 gestig om te strewe na die professionele erkenning van terapeutiese masseringsterapie in Suid-Afrika. Die hoof fokus van die MTA was nog altyd die welstand van sy lede. Die primêre doelstellings van die MTA is: om lede by te staan met registrasie by die Geallieerde Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika (AHPCSA); om ondersteuning te bied aan lede m.b.t. alle aspekte van hul beroep; skakeling met die AHPCSA om regverdige verteenwoordiging vir lede te verseker; om voortgesette opvoedingsprogramme te voorsien in die veld van terapeutiese masseringsterapie; om professionele opvoedkundige en opleidingstandaarde te verseker; om die beroep by ander gesondheidsberoepe en die publiek te bevorder; en om toekomstige leiers in die beroep voor te berei. www.mtasa.co.za

ASOSA

Die aromaterapie-vereniging van Suid-Afrika (ASOSA) is gestig in 1997. Sy missie is om die professionele status van terapeutiese aromaterapeute te verhoog en hul belange as lede van die vereniging te beskerm. Die vereniging se doelstellings is: om die belange van terapeutiese aromaterapie te bevorder deur druk uit te oefen en voorspraak te maak; om lede ingelig te hou oor ontwikkelings m.b.t. registrasie en akkreditasie; om lede op hoogte te hou van ontwikkelings in die veld van terapeutiese aromaterapie; om 'n lewenslange kultuur van leer onder lede aan te moedig deur voortgesette professionele ontwikkeling te bevorder; om groter waardering vir die voordele van terapeutiese aromaterapie onder die Suid-Afrikaanse publiek te bevorder en aan te moedig; en om te help met verwysings van kliënte deur 'n netwerk van geregistreerde terapeute in stand te hou.

AHPCSA

Die Geallieerde Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika (AHPCSA) is gestig ten einde alle geallieerde gesondheidsberoepe te beheer, wat insluit Ayurveda, Sjinese medisyne en akupunktuur, chiropraktyk, homeopatie, natuurgenesing, osteopatie planteterapie, terapeutiese aromaterapie, terapeutiese masseringsterapie, terapeutiese refleksologie en Unani-Tibb. Die AHPCSA se mandaat is om die gesondheid van die publiek te bevorder en te beskerm; om beleidsplanne wat verband hou met die beroepe wat met die AHPCSA geregistreer is, te bestuur, te administreer en tot stand te bring; om klagtes te ondersoek wat verband hou met die professionele gedrag van praktisyns, inwonende praktisyns en studente; om die registrasie van persone wat onder die gesag van die AHPCSA val, te administreer; en om standaarde te stel vir die opvoeding en opleiding van voornemende praktisyns. www.ahpcsa.co.za

SAOA

Die Suid-Afrikaanse oogkundige vereniging (SAOA) se hoof doel is om die belange van die beroepe wat verband hou met oogkunde, en die publiek, te bevorder en te beskerm. Sommige van die doelstellings sluit in: om oogkundiges met gesag en geloofwaardigheid te verteenwoordig by alle sake wat betrekking het op hul belange in die gesondheidsorg arena; om die integriteit en beeld van die oogkundige beroep te bevorder; om aan oogkundiges kennis te verskaf wat verband hou met die eise van hul praktyk; om die oogsorg omgewing te beïnvloed om aan die behoeftes en verwagtinge van die gemeenskap te voldoen deur verbeterings aan beleid en wetgewing oor gesondheidsorg te bevorder; en om betrokkenheid by oogsorg reklame en opvoeding aan te moedig. www.saoa.co.za

 

Vir meer inligting oor werk in die mediese bedryf, sien asb. die November/Desember 2006-uitgawe van SA Career Focus Magazine.

 

 







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore


| Aard Wetenskappe | Admin en Kantoor | Bemarking | Bewaring | Biologie en Lewenswetenskappe | Botaniese Plant- en Terreinaanleg | Bou en Konstruksie | Buitelandse Dienste | Dier- en Veeartsenykunde | Eiendom | Film, TV en Radio | Finansies en Bankwese | Handvaardigheid en Fisiese Arbeid | Ingenieurswese | Inligtingstegnologie | Joernalistiek, taal en kommunikasie | Kantoor en Administrasie | Kleinhandel | Kos en Gasvryheid | Kuns en Kreatiwiteit | Kuns en kultuur | Landbou en boerdery | Lugvaart | Maatskaplike en Gemeenskapswerk | Maatskaplike Ontwikkeling | Media en Joernalisme | Medies | Mode en Bykomstighede | Mynboubedryf | Onderwys en opleiding | Opvoeding- en Opleidingsektor | Plaaslike Regering | Regte | Reis en Toerisme | Skoonmaak en Huishouding | Sosiale Wetenskap | Sport en Ontspanning | Tegnies | Teken en Ontwerp | Tuinontwerp | Uitvoerende Kunste | Veiligheid en Sekuriteit | Versekering | Voedsel en Gasvryheid | Voertuigoperateur | Wetenskap en Tegnologie |



All content Copyright © 2014 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan