My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Vra die ghoeroe!  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  
Entrepen-Wys  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 610 7667

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Regte, Veiligheid & Sekuriteit

 Back   Print  Bookmark


Prokureur vir Menseregte

Vir jare lank, het baie mense geen menseregte gehad nie en, as gevolg daarvan, baie gely.

In vandag se samelewing is daar egter verskeie mense wat veg vir menseregte, veral dié van minder bevoorregtes. Jacob van Garderen is so 'n persoon, in sy kapasiteit as 'n prokureur vir menseregte. Hy is ook die direkteur van Lawyers for Human Rights (prokureurs vir menseregte). Hy het met ons gesels oor die beroep van 'n prokureur vir menseregte.

As 'n prokureur vir menseregte, kan jy in die regering, vir privaat firmas, by universiteite en vir nie-winsgewende organisasies werk. "Geld is nie die grootste motivering vir 'n prokureur vir menseregte nie," sê Jacob. Die salaris begin by sowat R9 000 per maand en kan styg tot 'n onbeperkte bedrag.

"Ons beraadslaag basies met mense wie se regte geskend is, verleen regshulp en raad en, indien nodig, verteenwoordig ons hulle in litigasie en kry die howe om uitsprake te lewer om hul regte te beskerm. Ons rol is dié van 'n waghond en ook om voorleggings aan die Parlement te maak oor hoe om beleid te verander. Daar is ook 'n bietjie toegepaste navorsing, wat deel is van die werk."

"Die voordele," sê Jacob, "is dat dit 'n baie opwindende omgewing is; dat kreatiewe prokureurs baie ruimte het om kreatiewe oplossings te vind; jy met 'n interessante groep mense werk; jy met nuwe sake werk wat voor die hof verskyn; jy dikwels sake hanteer wat 'n presedent skep; daar geleentheid is om 'n positiewe bydrae te maak, en dat jy nie beperk is tot suiwer regsverteenwoordiging nie. Die nadele, aan die ander kant, is dat ons nie so goed befonds is soos handelsreg nie en dat dit 'n moeilike werk kan wees vir mense wat in 'n gestruktureerde omgewing wil werk."

Om 'n prokureur vir menseregte te wees, moet jy 'n LLB by 'n Suid-Afrikaanse universiteit behaal. As dit eers voltooi is, moet jy jou twee jaar leerlingkontrak ondergaan, voordat jy kan begin praktiseer.

As jy 'n maatskaplike bewussyn het, empaties is, en jou besorgdheid in aksie kan omskep, dan mag hierdie die beroep vir jou wees. Sommige vaardighede wat jou sal help is goeie skryfvaardighede, 'n goeie leesvermoë, die vermoë om abstrakte regsbeginsels op 'n spesifieke praktiese situasie toe te pas, sterk probleemoplossingsvermoë, onafhanklikheid, inisiatief, kommunikasievaardighede, volharding, geduld, en die gawe om 'n goeie openbare spreker te wees.

"Op 'n gemiddelde dag," sê Jacob, "gaan ek eers deur die afspraak register. Daarna, ontmoet ek nuwe kliënte, beoordeel sake en neem die nodige aksie. As ek by 'n hof aangeleentheid betrokke is, sal ek 'n saak indien, dan vir die hof voorberei, en uiteindelik hof toe gaan."

"Die beste aspek van die werk is dat jy iemand se probleem kan oplos deur die reg en die regstelsel te gebruik. Die slegste aspek van die werk is dat die reg en die regstelsel 'n onwrikbare bees is. Die proses kan frustrerend wees en lank vat. Daar is dikwels geen spoedige resultate nie."

"Dit is belangrik om SA Career Focus te lees," lag Jacob. "Jy moet ook jouself aan soveel nuwe werkondervinding as moontlik blootstel, en so oop-kop as moontlik wees. Studeer en leer oor allerhande dinge, nie net beroepsgerigte goed nie."

Gabrielle Venter

Volg die skakel vir boeke met betrekking tot Prokureur vir Menseregte







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Regte, Veiligheid & Sekuriteit


| Arbeidsregspraktisyn | Bestralings-Beskermingsbeampte | Bom Tegnikus | Brandweerman | Forensiese Analis | Hofklerk | Konsultant in Beroepsgesondheid en Veiligheid | Lugvaartlitigasie Prokureur | Omgewings-prokureur | Onderskrywer | Patent Saakwaarnemer | Polisie Offisier | Prokureur vir Menseregte | Regskundige Sektretaresse | Sipier of Tronkbewaarder | Skadebeheer Fasiliteerder | Staatsaanklaer | Staatsadvokaat | Suid-Afrikaanse Polisie-woordvoerder | Vrywillige Lewensredder |



All content Copyright © 2014 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan