My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Vra die ghoeroe!  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  
Entrepen-Wys  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 610 7667

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Besigheid, Admin & Finansies

 Back   Print  Bookmark


Belastingkonsultant

Almal betaal belasting, of hulle daarvan hou of nie. Maar wat is belasting? Belasting is geld wat burgers van 'n land aan die regering betaal. Sonder die inkomste van belasting, kan die regering nie sy werk doen nie. Die geld van belasting word gebruik om maatskaplike en ekonomiese programme te befonds, en om openbare goedere en dienste te verskaf, soos skole, universiteite, hospitale, klinieke en paaie, asook verdediging en sekuriteit.

Die belastingbedryf is 'n snelbewegende en dinamiese een om in te werk. In Suid-Afrika, het ons verskeie soorte belasting, soos byvoorbeeld, inkomstebelasting, belasting op kapitaalwins (CGT), belasting op toegevoegde waarde (BTW), doeanebelasting, aksynsbelasting, hereregte, boedelbelasting, seëlreg, ongesertifiseerde effektebelasting, bekwaamheidsontwikkeling heffing (SDL), die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) en lugpassasierbelasting.

Clare Abraham is al vir ses jaar in die finansiële bedryf. Sy is 'n belastingkonsultant en ouditbestuurder. Sy het op hierdie beroep besluit toe sy 12 jaar oud was, toe haar niggie, wat tien jaar ouer as sy is, 'n geoktrooieerde rekenmeester geword het. Na haar besluit, het sy 'n bietjie navorsing gedoen en uitgevind dat sy dit werklik geniet om belasting te doen. Haar droom-werk sou wees om vir SARS in die Inkomstebelasting Oudit-afdeling te werk, maar Clare hou van waar sy nou is, en het ons 'n bietjie meer oor hierdie betalende beroep vertel.

Basiese feite

"'n Belastingkonsultant kan sowat R30 000 en opwaarts verdien, afhangende van waar jy bly en of jy jou CA en M.Com. het," sê Clare.

Werkbeskrywing

Wat belasting betref, doen sy opgawes van individue en maatskappybelasting, en gee raadgewing oor belasting en blastingbeplanning. Clare beantwoord navrae van SARS oor belastingopgawes, gaan belastingaanslae na, en berei besware voor en teken hulle aan, waar van toepassing. Clare analiseer belastingrekenings namens verskeie kliënte en gee aandag aan korrespondensie wat van SARS ontvang is. Aan die oudit kant, bestuur Clare spanne, beplan die werk van spanlede, gaan hul werk na, en maak seker dat hulle hul sperdatums bereik.

Voor- en nadele

"Die voordele," sê Clare, "is dat ek dit geniet, goed is met syfers, en dat daar 'n definitiewe gevoel van bevrediging is wanneer jy 'n probleem uitsorteer het."

"Die nadele is dat mense nie besef hoeveel kliënte jy het nie, en dat hulle dink dat jy hul enigste kliënt is. Hulle verstaan nie die werk wat agter die skerms aangaan nie. Nog 'n nadeel is die werk met junior personeel, veral dié wat hul leerkontrakte doen ('article clerks'), wat nie met soveel ywer deelneem aan die leerproses soos die ander nie," beklemtoon Clare.

Vereiste studies en ondervinding

Clare het 'n BCom in Rekeningkunde Wetenskap op universiteit behaal, gevolg deur 'n honneurs graad en 'n CTA (Certificate in Theory Accounting). Sy het haar leerkontrak, raadseksamen ("QE"-eksamens) en 'n nagraadse oudit diploma voltooi, en is 'n gekwalifiseerde en geregistreerde CA(SA). Sy het ook 'n M.Com.-graad in belasting behaal. "Dit is 'n goeie ding om te hê, as jy in belasting wil ingaan," sê Clare. Sy sê egter dat jy met minder kwalifikasies 'n belastingkonsultant kan word. "Ek het dit op hierdie manier gedoen, aangesien my primêre doel was om 'n CA te word, maar ek het later besluit om in belasting te spesialiseer".

Persoonlikheidstipes

"Jy moet van mense hou, gaande wees oor syfers en geduld hê," glimlag Clare.

'n Gemiddelde dag

"Ek gaan gewoonlik 07:00 in kantoor toe en vertrek so 19:00. Daar is besige en stil tye in die jaar; ons is gewoonlik baie besig met belasting in Julie, terwyl Januarie en Februarie gewoonlik stil is, " sê Clare. "Die ander besige tye is April, Mei en Augustus tot November."

Die beste aspek van die werk

"Ek geniet dit ontsettend, ek doen waaroor ek dol is en wat ek nog altyd wou gedoen het," giggel Clare.

Die slegte aspek van die werk

"Om met moeilike mense te werk," sug Clare.

Gabrielle Venter

Volg die skakel vir boeke met betrekking tot Belastingkonsultant







OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Besigheid, Admin & Finansies


| Besigheids Ontleder | Aankopebestuurder | Administratiewe Assistent | Aktuaris | Begrotingsrekenmeester | Belastingaanslaer | Belastingkonsultant | Besigheids Eenheid Kontroleur | Beursmakelaar (Effektemakelaar) | Boekhouer | Eiendomsagent | Eiendomsbestuurder | Eiendomsinspekteur | Eiendomswaardeerder | Ekonoom | Finansiële konsultant. | Forensiese Ouditeur | Fotokopieërder-Tegnikus | Geoktrooieerde Rekenmeester | Geoktrooieerde Rekenmeester | Handelsreisiger | Hoof-uitvoerende Beampte | Juwelierskonsultant | Kleinhandel Assistent | Marknavorser | Mediese Ontvangsdame | Mode Aankoper | Onthaalkoördineerder | Openbare Betrekkinge Bestuurder | Ouditeur | Persoonlike Assistent | Produkbestuurder | Reklamebestuurder | Risiko Bestuur Spesialis | Takbestuurder | Uitstallingskunstenaar | Versekeringsmakelaar | Voorraad Kontroleur | Winkel Bestuurder |



All content Copyright © 2014 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan