My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
 
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Subscriptions My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners van My Loopbaan  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 615 9279

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore > Reis en Toerisme

 Back   Print  Bookmark


Toeriste-agent

Megan Alves is die direkteur van African Chapter Tours. Die besigheid spesialiseer in toere in die suider-Afrikaanse streek, van suider-Malawi tot Suid-Afrika, en is al vir vier jaar aan die gang. Megan was'n wildbewaarder vir 'n aantal jare voordat sy besluit het om hierdie opwindende veld te betree. Alhoewel haar droom is om fotograaf te word, is Megan baie lief vir haar werk en sê sy dat dit haar die vryheid gee om haar passie vir fotografie uit te leef. Sy het ons van haar beroep vertel. 

Fundamentele feite 

"'n Toeriste-agent is 'n toer operateur wat verskeie reisplanne verpak maar nie 'wiele' het nie. Ons verkoop ons groep teorie aan agente en, omdat ons op die web werk, aan 'n persentasie van die publiek. Jy kan verwag om sowat R6 500 as 'n konsultant toeriste-agent te verdien, maar die salaris kan wissel van R3 000 tot R15 000 'n maand," sê Megan. 

Werkbeskrywing 

"Konsultante handel met die reisbedryf, sowel as die publiek. Hulle hanteer finansies en organiseer toere, van akkommodasie en motorverhurings tot addisionele toeraktiwiteite. Hulle stel basies 'n reisplan vir kliënte saam en maak seker dat als reg verloop. Hulle hanteer ook die administrasie wat daarmee gepaard gaan," sê Megan. 

Voor- en nadele 

"Die voordele is om mense gelukkig te kan maak wanneer hulle 'n heerlike vakansie geniet het, om mense se vakansies te beplan en om soveel oor die bestemmings te leer en wat in hierdie gebiede aangaan," sê Megan.  

"Die nadele," sê Megan, "is die begrotingsbeperkinge, kliënte wat veeleisend is en nie regtig weet wat hulle wil hê nie, aandag aan detail en om die regte prys van die regte verskaffer te kry." 

Vereiste studies en ondervinding 

"Daar is talryke kursusse wat jy in reis en toerisme kan doen. Jy moet die besprekingstelsels ken, soos Galileo, Amadeus en Worldspan. Kennis van hoe die toerisme-bedryf werk, sowel as die bestemming wat jy wil verkoop, is ook belangrik," sê Megan. 

Persoonlikheidstipes 

Jy benodig sosiale vaardighede, ambisie, kreatiwiteit en die vermoë om veelvoudige take te verrig. 

'nGemiddelde dag 

"'n Gemiddelde dag is om navrae na te gaan, besprekings af te handel, met kliënte te skakel en met administrasie en gelde te werke. Jy moet ook alles opvolg waarmee jy besig is, reisplanne uitstuur en nuwe besprekings maak. Jy moet seker maak dat kliënte al hul dokumentasie voor hul vertrek het," sê Megan. 

Die beste aspek van die werk 

"Om te sien dat mense 'n goeie reis gehad het en om die komplimente te ontvang wanneer hulle terugkeer," glimlag Megan. Om suksesvolle reisplanne te voltooi en positiewe terugvoer en herhaalde besigheid te ontvang. 

Die slegste aspek van die werk 

"Om 'n ongelukkige kliënt te hê wat terugkom en oor die reis kla wanneer daar nie behoorlike organisasie was nie," frons Megan. 

deur Gabrielle Venter

 




OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore / Reis en Toerisme

| Hoof wildbewaarder | Toeriste-agent | Vliegtuig Vlug Beampte |



All content Copyright © 2010 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan