Vliegtuig Vlug Beampte
Antoinette Masinga se dae is nooit vervelig nie. Hierdie senior kajuit kontroleur op British Airways se plaaslike roetes mag dalk ontbied word om 'n passasier by te staan wat aan vrees vir vlieg ly. Of, op 'n meer positiewe noot kan sy dalk 'n kind se eerste onbegeleide vlug deel. Sy was goed toegerus om by hierdie loopbaan in te stap nadat sy vyf jaar se opleiding in verpleegkunde ondergaan het. Wesenlik Titels anders as kajuit kontroleur is "(wil jy dit in kursiewe druk hê?) Kajuit-bediende,' ' vlug bemanningslid,' 'lugwaardin,' of 'vlug beampte.' Lugrederye verskil in die name wat gebruik word om hulle personeellede te beskryf. 'n Beginner verdien ongeveer R6000 per maand nadat aftrekkings geskied het. Daar word nie 'n dertiende tjek uitgereik nie, maar reis afslae is besonders goed. Werk beskrywing Antoinette se primêre funksie is veiligheidsoffisier aan boord. Sy is daar om te verseker dat passasiers veilig by hulle bestemmings aankom. Daarna hou sy hulle gemaklik, voorsien verversings en ander dienste soos benodig. Voor- en nadele Sy hou daarvan om mense uit alle oorde van die samelewing te ontmoet, hulle help om hulle uit hulle gemaksone te help. "'n Groot voordeel is om die land te sien," sê sy met geesdrif. "Ek kom vanaand in Kaapstad aan en môre doen ek inkopies by die Waterfront voordat ek weer terug vlieg." Passasiers is egter onvoorspelbaar. Mens kan onbeskofte kommentare nie persoonlik kop toe vat nie, want gebeur dit, verloor jy fokus op jou werk. "Wanneer ek 'n passasier nie kan tevrede stel of troos nie, aanvaar ek die stres," sê sy. "Ons maak ook op ander departemente staat. Indien 'n passasier byvoorbeeld 'n kosher maaltyd bestel, en die voedsel voorsieners laat my in die steek, reflekteer dit sleg op ons. Menslike foute kom voor, maar ek is die een wat daaroor uitgetrap word." Vereiste studies of ondervinding Matriek is absoluut noodsaaklik. Daarbenewens is drie jaar se werk ondervinding, of 'n diploma, of 'n graad aan te beveel. Opleiding is straf en intens. "Sommige kandidate dink dis 'n betowerende werk wat geen intelligensie verg nie," sê Antoinette. "Jy kan nie net sommer opdaag en goed lyk nie." 'n Kwalifikasie in reis en toerisme help indien jy as grond bemanningslid werk. "Jy kan nie vir ewig 'n vlug assistent wees nie," sê sy realisties, "dus is 'n kwalifikasie 'n goeie ding wanneer jou dae van rondvlieg verby is." Lengte beperkings van 1.58m tot 1.80m verseker dat personeel alle nood toerusting kan hanteer. Applikante ondergaan 'n keurings onderhoud waar hulle gemeet en geweeg word, en hulle vaardigheid in Engels, algemene kennis en persoonlike versorging getakseer word. Tipe persoonlikhede Hierdie tipe werk vereis uitgaande kandidate wat van mense hou. Jy moet 'n spanspeler wees om saam met bemanning te werk. Jy moet slim, gefokus en op-en-wakker wees, maar nie paranoiës nie. Meegevoel help baie in hierdie werk. 'n Gemiddelde dag Antoinette word tipies om 3.30 wakker, verlaat die huis teen 4.30 en teken in by die Kajuit Dienste Departement om 5.15 in. Sy vlieg tot 12.20 en is weer teen 13.00 tuis. Die voor-en nadele van vlug beampte te wees Antoinette is lief vir die buigbaarheid van haar werk. "Aan die einde van die maand gaan ek terug na die middel van die dag wanneer dit stil is." Sy sê haar grootste frustrasies lê buite haar beheer en gaan saam met die gebied. "Maar probeer gerus aan 'n omgekrapte passasier verduidelik dat weers omstandighede dit onveilig maak om te vlieg!!" Besluit oor hierdie werk. Antoinette het een skoolvakansie vanaf Swaziland na Johannesburg huis toe gevlieg. "Die klank van die vliegtuig het my totaal geïnspireer," sê sy, maar in daardie dae wou SAL Afrikaanse sprekers aan boord hê, dus het ek eers verpleging gaan studeer." Sy het gelukkig tot dusver geen werklike mediese noodgeval aan boord gehad nie, maar alle vlug beamptes ontvang noodhulp opleiding. Antoinette is lief vir haar huidige werk. "Dit is al wat ek ooit wou doen, maar wanneer my dae van vlieg verby is, is daar baie geleenthede vir my ontwikkeling binne die maatskappy. Miskien sal ek dan 'n mediese opleier word..."
|