My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Vra die ghoeroe!  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  
Entrepen-Wys  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 610 7667

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore > Eiendom

 Back   Print  Bookmark


Eiendomswaardeerder

Melanie Vallun is 'n professionele eiendomswaardeerder vir FNB Commercial Property Finance.  

"Jou sukses in hierdie beroep hang als af van jou reputasie in die bedryf," sê Melanie.

Sy het as waardeerder by 'n plaaslike owerheid begin, toe aanbeweeg na 'nfinansiële instelling en, uiteindelik, haar eie praktyk begin. Sy is egter onlangs 'n pos deur FNB aangebied en het haar privaat praktyk gestaak.

Daar is vier kategorieë van waardeerders: die eerste is die kandidaat- waardeerder, wat onder 'ntoesighouer moet werk voordat hy of sy na professionele geassosieerde waardeerder en dan na professionele waardeerder vorder. Die vierde kategorie is die enkel-residensiële eiendomsassessor.

Basiese inligting

Eiendomswaardeerders werk by 'n plaaslike owerheid, 'n finansiële instelling, in privaat praktyk, die Departement van Openbare Werke, of in plaaslike regering. Hulle kan in residensiële, kommersiële of plaaswaardasies spesialiseer. Melanie sê dat wanneer jy as 'n kandidaat-waardeerder begin, jy enigiets vanaf R60 000 per jaar kan verdien. As 'n professionele waardeerder, kan jy tot R1 miljoen 'n jaar, of selfs meer, verdien.  

Werkbeskrywing

Waardeerders doen ramings van markwaardes van eiendomme op 'n wetenskaplike basis. Hulle doen dit vir koop- en verkoopdoeleindes, huisverbande, onteiening, finansiële verslae en egskeidingskikkings, sowel as vir boedeldoeleindes en munisipale waardasieregisters vir die heffing van ramingkoerse. Die hoof taak van 'n  waardeerder is om die markwaarde van 'n eiendom te bepaal, met inagneming van die spesifieke besonderhede van die eiendom, die ekonomiese klimaat en ander markverwante faktore.

In een opsig is 'n waardeerder 'n ondersoekbeampte. Die waardeerder kombineer die kennis van 'n stadsbeplanner, ouditeur, ekonoom, eiendomsmakelaar, landmeter, bourekenaar, argitek, ingenieur en geoloog.

Voor- en nadele

"Die voordele is dat jy op kantoor en in die buitelug werk," glimlag Melanie. "Jy kan vir jouself 'n professionele naam maak, daar is werksbevrediging, en jy kry die geleentheid of verskillende soorte geboue, afwerkings en boumetodes te sien."

"Die nadele," sug Melanie, "is dat jy jou oor 'n mik werk, dat slegs die bestes oorleef as die werk min raak, en dat dit kilometers op jou motor sit."

"Al die reis kan óf 'n voordeel óf 'nnadeel wees," sê Melanie.

Vereiste studies en ondervinding

Om 'n waardeerder te word is die minimum kwalifikasie 'n Nasionale Diploma in Eiendomswaardering. Teen  2010, sal die minimum vereiste egter 'n vier-jaar graad wees. Terwyl jy studeer, moet jy by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Eiendomswaardeerdersprofessie (SACPVP) registreer, ten einde waardasiewerk te kan uitvoer. Wanneer jy 'n graad of diploma voltooi het, moet jy 'npraktiese werkskool bywoon en 'n eksamen deurkom.

Volgens Melanie, moet kandidaat-waardeerders ondervinding van alle aspekte opdoen, terwyl hulle onder 'n toesighouer of mentor werk, sodat hulle 'n beter besluit kan neem wanneer hulle moet besluit waarin om te spesialiseer. Melanie sê dat 'n aanleg in Wiskunde jou in hierdie beroep help.

Persoonlikheidstipes

"Jy moet die selfvertroue hê om jouself te bemark en te kommunikeer. Eerlikheid en integriteit is ook baie belangrik en, omdat die mark voortdurend verander, is daar altyd nuwe metodologieë en dit beteken dat jy moet aanhou leer en nuwe kennis opdoen."

'n Gemiddelde dag

"Wonderlik," sê Melanie. "Jy gaan na persele, doen opmetings, neem foto's, skryf verslae en kontak die verskillende betrokke partye."

"In plaaslike owerhede en finansiële instellings kan jy 'n agt-tot-vyf werk hê, maar dit hang alles van jou werkbeskrywing af. Ek weet van waardeerders wat baie meer as nege uur 'n dag werk. In privaat praktyk werk jy die heeltyd, veral as dit jou eie besigheid is. Daar is 'stil' tye in die eiendomsbedryf, wanneer jy 'n bietjie asem kan skep, maar daar is tye in die bedryf wanneer hoë volumes waardasies aangevra word. Wanneer dit gebeur, sit jy werklik baie tyd in jou werk."

Die beste aspek van die werk

"Om kliënte oor aspekte van eiendom waarvan hulle nie bewus was nie te kan inlig en om bewyse te kan lewer dat die waarde van die eiendom 'X rand' en nie 'Y rand' is nie," sê Melanie.

Die ergste aspek van die werk

"Die onbeskikbaarheid van belangrike inligting wanneer jy baie min tyd vir 'n waardering het," sug Melanie

deur Gabrielle Venter




OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore / Eiendom

| Eiendomsinspekteur | Eiendomswaardeerder |



All content Copyright © 2014 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan