My Loopbaan


Email: info@sacareerfocus.co.za

Help | Order (0 Items)
My Loopbaan
 My Loopbaan My Loopbaan Company Profile My Loopbaan Enquiries My Loopbaan Contact Us
 
My Loopbaan Search

 
 
Career Makeover  
Vra die ghoeroe!  
Loopbane volgens bedryfsektore  
Loopbane A - Z  
Boekstoor en boekresensies  
Oorbruggingsjaar  
Ongewone Beroepe  
Onderwerpe van Belang  
Deeltyds  
In die Kollig  
Bestuur jou eie Besigheid  
Sport  
Stokperdjie  
Tegnologie by die werk  
Ek  
Adverteerders en ondersteuners  
Borge  
SA Career Focus - Uitgawe-kalender  
SA Career Focus Bladsyvoorbeelde  
Oor ons  
Entrepen-Wys  

My Loopbaan Contact Details
 
LINKS
SITEMAP
TERMS AND CONDITIONS


Bookmark and Share

Your Order

  Items:   View >>
  Total: R Excl. VAT

My Loopbaan Contact Details
 
MY LOOPBAAN

Tel: 0860 699 675 (MYWORK)
Fax: 086 610 7667

Physical Address:

Cradocklaan 299,
Lyttelton,
0157
Centurion

Postal Address:

Posbus 14138,
Lyttelton
0140
Centurion
South Africa

My Loopbaan Contact Details
 






   
   

HOME > Loopbane volgens bedryfsektore > Bedryfsektore > Skoonmaak en Huishouding

 Back   Print  Bookmark


Huishulp

Elsie Mthimunye werk as 'n huishulp in Moreletapark, oos van Pretoria. "Toe ek jonger was, het my ouers nie baie geld gehad nie. Terwyl ek op skool was, het ek besluit om my studies eenkant toe te skuif en werk te kry. Ek wou dit doen, sodat ek my ouers kon help – om die lewe vir hulle makliker te maak. Die maklikste werk om op daardie stadium te kry was dié van huishulp".

"Geleerdheid is gewoonlik nie 'n vereiste as jy 'n huishulp wil word nie, maar die vermoë om te lees en skryf is 'n voordeel wanneer jy werk soek. Elke werk is anders, omdat werkgewers daarvan hou dat dinge op 'n sekere manier gedoen word, wat dikwels verskil van dié van 'n vorige werkgewer. Diefstal is altyd 'n oorweging by individue wat huishulpe in diens neem. Daarom verkies mense om ouer huishulpe in diens te neem, wat meer ondervinding het en verwysings van vorige werkgewers kan gee," sê Elsie.

"My pligte sluit gewoonlik in om die huis skoon en netjies te hou, en die wasgoed te was en stryk. Ek woon nie in by my werkplek nie; dus word daar nie van my verwag om te kook of kinders te versorg nie. As my werkgewer se baba by die huis is, speel ek met haar en hou haar besig, maar sy gaan meeste van die tyd crèche toe." Elsie se werkure is van 7:30 tot 15:00, Maandae tot Vrydae, en sy verdien R2 200 per maand.

"Om 'n huishulp te wees is nie 'n maklike werk nie. Dit vereis 'n hardwerkende persoon en iemand wat fiks en sterk is. Baie mense dink dat huishulpe dom is, maar die waarheid is dat meeste van ons in staat is om ander werk te doen. Ons nadeel is dat ons nie in staat is om kwalifikasies te kry nie. Kwalifikasies of aanbevelings is deesdae baie belangrik. As jy nie 'n sertifikaat, diploma of graad het nie, het jy nie baie kans om 'n meer opwindende werk te kry." Sommige gesinne stuur hul huishulpe op kursusse, soos eerstehulp of kook klasse.

Elsie se raad vir die jeug van Suid-Afrika is: "Gaan skool toe en kry 'n opvoeding. Ek sou nie hierdie beroep gekies het, as ek die geleentheid gehad het om verder te studeer nie. My droom was om eendag my eie besigheid oop te maak, maar ek is nou besig om my twee kinders deur universiteit te sit, so ek kan nie bekostig om ook te studeer nie. 'n Opvoeding sal jou toelaat om 'n beter toekoms te hê en om jou drome te volg".

Tabitha, wat vir 'n gesin in Equestria werk, sê dat sy dit geniet dat sy die lewe vir haar werkgewer makliker kan maak. "My werkgewer is 'n enkel ouer wat voltyds werk en wat baie besig is. Ek is dankbaar dat sy my werk gegee het, en ek voel geëerd dat sy my vertrou met haar huis en haar kinders. Om 'n huishulp te wees hoef nie in 'n negatiewe lig gesien te word nie. Alhoewel dit harde werk is, weet ek dat ek help om iemand anders se lewe makliker en minder stresvol te maak. Dit is die lonendste deel van my werk. Ek is baie lief vir die gesin vir wie ek werk en ek beskou hulle as deel van my uitgebreide familie. God is goed vir my en het my met 'n tweede gesin geseën".

Aanhalings:

"Geleerdheid is gewoonlik nie 'n vereiste as jy 'n huishulp wil word nie, maar die vermoë om te lees en skryf is 'n voordeel wanneer jy werk soek."

"God is goed vir my en het my met 'n tweede gesin geseën".

Boks:

Salaris: R1200+ per maand

Kwalifikasies: geen, maar afhangend van wat die werkgewer vereis

Werkure: ure verskil en sluit dikwels naweke in

Werkplekke: privaat huise

Chantelle Gradidge




OTHER: Loopbane volgens bedryfsektore / Bedryfsektore / Skoonmaak en Huishouding

| Huishulp |



All content Copyright © 2014 My Loopbaan


 
     

 
Develop, host, maintain and market your business successfully on the internet
with
PAD WEBSITE SOLUTIONS : Fast! Affordable! Forward Thinking!
Admin: My Loopbaan